• No results found

Navorsingsontwerp en metodologie

Hoofstuk 5 Beskrywing van die data en bevindinge

24 Vitality and awareness

5.5 Bespreking van bevindinge 1 Inleiding

Opvoedkunde is in wese ‘n sosiale konstruk en die werklikheid binne opvoedkunde word dus sosiaal gekonstrueer. Nie net is dokumentêre bronne belangrik nie, maar ook die sienings en persepsies van die rolspelers binne die opvoedkundige konteks. Daar sal nou aan die hand van die resultate wat verkry is vanuit dokumentêre bronne asook verbatim vanaf die rolspelers temas uitgelig word deur ‘n bespreking van die bevindinge aan te bied.

5.5.2 Temas wat na vore tree uit bevindinge 1. Persepsie oor SA

SA speel tans steeds ‘n belangrike rol in die onderwyskonteks en word as waardevol deur die onderwysers geïnterpreteer. Dit het waarde in die bepaling van vaardigheid teenoor chronologiese ouderdom asook vir vergelyking binne die ouderdomsgroep, maar is steeds syfers uitgedruk op ‘n normtabel en gee nie voldoende inligting rondom spesifieke probleme of potensiaal van ‘n leerder nie; dit maak die onderwysers skepties en skep wantroue ten opsigte van die betroubaarheid daarvan. Die onderwysers het veral verwys na die statiese aard daarvan en getwyfel of SA die “ware beeld” weergee van ‘n leerhindernis. Beide SA en DA kan gebruik word om sekere afleidings te maak: ‘n voordeel van die SA is dat dit minder tyd neem om te administreer. As daar egter ‘n

holistiese tydsaspek aan SA en DA gekoppel moet word, is die argument dat SA wel minder tyd neem, maar dat daar met DA vinniger terapeuties ingegryp kan word. Met standaard assessering moet die leerder eers verwys word na byvoorbeeld die Distrikgebaseerde Ondersteuningspan, waarna daar gewag moet word vir ‘n verslag, en dan is die onderwyser moontlik onseker oor wat die aanbevelings is en of die aanbevelings haalbaar is in die klas. Verdere gesprekvoering moet plaasvind en dan kan eers hulpverlening plaasvind. Met DA kan daar dadelik met hulpverlening begin word wat na regte heelwat tyd spaar.

Met nadere ondersoek van die data is dit duidelik dat DA die SA verryk in terme van die inligting wat dit voorsien. Hierdie bykomende inligting is belangrik as onderwysers en ander professionele persone assessering wil aanpas by die sosiaal-kulturele model omdat alle faktore wat aanleiding gee tot die leerhindernis ondersoek word, soos byvoorbeeld of die leerder se moedertaal ook die assesseringstaal is; dit kan ‘n beduidende rol speel in die prestasie of telling soos veral waargeneem by L4. Die SA alleen is nie voldoende kurrikulumgerig nie en bevat ewekansige vrae soos byvoorbeeld verdubbeling; halvering word gevra as getalpatrone en nie as ‘n vraag op sigself nie, waar dit in die klas as kernwoorde in ‘n vraag uitgelig word; die gevolg is dat onderrig en assessering verwyderd van mekaar raak. SA verskaf nie veel inligting wat aangewend kan word vir die opstel van hulpprogramme nie. SA verskaf egter betroubare inligting ten opsigte van reeds verworwe vaardigheid en kennis, maar dui nie die prosesse aan hoe die leerder by die antwoord uitkom nie en dui ook nie aan wat die leerder se potensiaal of modifieerbaarheid is nie. Die indruk van SA oftewel “ware beeld” verander dus met tyd en maak die lesing eintlik irrelevant. Leerders sal dan oor en oor getoets moet word om te bepaal of daar wel verandering in vaardigheid plaasvind terwyl daar met DA binne die tweede of derde keer wat dieselfde vraag voorkom al waargeneem word of die leerder besig is om te verbeter of nie. Daar kan dus geargumenteer word dat statiese toetse wel ‘n plek en doel het, maar arm is in terme van die hoeveelheid inligting wat dit verskaf - veral vir die onderwysers wat in inklusiewe kontekste met diverse leerders werk en hulpprogramme wil opstel.

2. Persepsies oor DA

Een van die primêre funksies van DA is om die volgende stap van leer uit te wys. ‘n Voorbeeld hiervan is as daar waargeneem word ‘n leerder ken nie die spelreëls van kort en lang vokale nie, dan word dit onderrig, en volgende moet hy/sy woorde met lang en kort vokale in meervoudsvorm en verkleiningsvorm plaas en dan moet hy/sy die woord in sinne gebruik. Daar kan telkens waargeneem word waar die leerder vashaak en hy/sy kan dadelik met hulp op die regte spoor geplaas word. DA gee dus inligting wat gedurig verander soos die denkprosesse van die leerder verander wat aanleiding gee tot die interpretasie dat leerders se kognitiewe prosesse ontwikkel en nie staties bly nie. Die bevindinge dat DA die potensiaal van die leerder spesifiek en akkuraat kan bepaal deur die persentasie hulpverlening wat hy/sy nodig gehad het, uit te werk, help onderwysers om die leeromgewing en leerinhoud te transformeer om by die leerder se behoefte aan te pas. Die DA is volgens kurrikuluminhoude opgestel en daar is gevind dat die intervensiestrategieë deur leerders gebruik is om soortgelyke kurrikulumvrae te beantwoord. Intervensiestrategieë wat dieselfde prosesse en funksie verrig wat die leerder nodig het om soortgelyke kurrikuluminhoud te bemeester sal die sone van proksimale ontwikkeling verbeter en uitbrei sodat die leerder later dieselfde vrae kan beantwoord sonder intervensie. DA word dus gesien as ‘n effektiewe en belangrike instrument om leerhindernisse te identifiseer omdat daar ‘n nouer verband tussen die assessering, intervensie, onderrig en kurrikuluminhoud bestaan omdat dit dieselfde benadering en materiaal bevat. Die onderwysers het self die geleentheid gehad om die DA te analiseer en leerhindernisse te identifiseer. Dit is dus nie nodig om die resultate in ‘n verslag aan die onderwysers te kommunikeer en aanbevelings te maak wat dikwels nie vir die onderwysers in sy klas uitvoerbaar is nie. Om net die geskrewe DA toets aan die onderwysers beskikbaar te stel maak die proses om kognitiewe funksies te verbeter klaar makliker. Die onderwyser kry die geleentheid om kreatief te wees in die beplanning van hulp en hy/sy weet wat in sy/haar klas haalbaar is. Hierdie is ‘n bydraende faktor tot die positiewe persepsie wat onderwysers oor DA het al weet hulle relatief min daarvan. Hul voel bemagtig en kan die leerprosesse identifiseer eerder as die leerprodukte. Hierdie bemagtiging vervul oënskynlik die behoefte van die postmoderne onderwysers ten opsigte van hulpverlening, akkommodering en aanpassing in metodiek. Daar word

slegs verwys na aspekte van heronderrig en herhaling of aanpassing in metodiek sodat inhoud by die leerder en die leerder by die inhoud uitkom. Die persepsie van die leerders oor die DA is dat dit ‘n “lekker” toets is om te skryf en hulle het die assesseerder vriendeliker gevind, waarskynlik omdat hulle kon vra vir hulp en die toetssituasie minder klinies voorgekom het. Daar is bevind dat spesifieke areas geïdentifiseer kon word waarin die leerder hulp benodig - en kon daar gepaste intervensie aangebied word.