• No results found

Navorsingsontwerp en metodologie

Hoofstuk 5 Beskrywing van die data en bevindinge

24 Vitality and awareness

5.4 Bevindinge 1 Inleiding

5.4.4 Resultate uit leerdervraelyste en onderhoude

Die onderstaande tabel dui segmente en frases uit die vraelyste en onderhoude van leerders aan.

Tabel 5.8: Vraelyste van leerders (L) Leerder Vraelys SA Vraelys

DA

Onderhoude

1 3 2 “ Juffrou was hulpvaardig.”

“Dan kan jy meer konsentreer en en reg spel en reg skryf.”

“Umm hulle moet my net bietjie help met die spelling en so.”

2 2 1 “As Juffrou my help.”

“Ek gaan beter doen, want as ek ‘n fout maak kan Juffrou met help met iets of as ek nie weet wat om te doen nie kan Juffrou my help.” “Klein bietjie bang.”

“Ek sê so want as ek nie by Juffrou leer wat om te doen nie het ek niks geleer nie.”

“Ek dink ons moet umm om kinders beter te werk in wiskunde toetse in somme dan moet jy ‘n honderdkaart gee om uit te werk en speltoetse kan die Juffrouens nie help nie, maar hulle kan vir jou die as jy nie mooi gehoor het nie weer sê, en miskien net die begin en die einde sê.”

3 2 3 “Ek stres nie as Juffrou my help.”

4 3 1 “Ek kry baklei oor die spel.”

“Juffrou se gesiggie toets gaan ek goed doen.”

5 3 1 “Goed, watter een van daai toetse

dink jy het jy die beter punte gekry?” (Navorser)

“Die help ene.”

6 2 1 “Ok, het jy iets by my toetse geleer

wat jy nie voorheen geweet het nie?” (navorser)

“Ja Juffrou.” “Soos wat?”

Juffrou van die etjie en….(verwys na geheuetegniek by

verkleinwoorde).

“Juffrou by die toetse by die toetse wat daar drie gesiggies is as ons nie verstaan nie dan help Juffrou ons.”

7 0 0 “Jou toets gaan my die beste leer

spel.”

“Dit is beter as jy my help.”

“Jou toets is beter want ek leer by jou toets.”

8 0 2 “Want eers kry ek dit nie reg nie, maar Juffrou is vriendelik.”

“Ja nou kry ek alles reg.”

9 1 2 “Dit is beter as jy my help.”

10 2 0 “Die een toe Juffrou my gehelp het Want Juffrou het vir my bietjie

verduidelik as ek gesukkel het en dit was ‘n bietjie makliker as die ander een.”

“Umm ek kan net nie dit goed mooi lees nie en van dit verstaan ek nie.” Die vraag oor wat is vir jou lekker in die skool?

“en as ons by Juffrou kom, want Juffrou help ons met die werk wat ons nie in die klas verstaan nie.”

11 0 0 “Die een toe Juffrou my help,

Juffrou help my baie.”

“Ek ken nou my maal somme.”

12 1 2 “Die kinders pla my Juffrou, hulle

raas die heeltyd.” “Ek kan goed spel.”

“Juffrou se toets is lekkerder.”

13 0 2 Geen onderhoud.

14 0 1 “Want daar was ‘n paar wat ek nie

verstaan het nie en Juffrou het my gehelp, toe verstaan ek dit.” “Nogals bietjie bang.”

15 0 1 “Juffrou partykeer in Engels en

Afrikaans dan sukkel ek om woorde te spel.”

“Dit is gewoonlik met my spelling toetse dan stress ek dan maak ek foute.”

“Juffrou het my baie gehelp met die toets.”

“So dink jy jy gaan beter punte kry vir my toets of vir die ander mense

se toets?” (navorser) “Vir Juffrou se toets.”

“As ek toets skryf dan bekommer ek oor die punte wat ek gaan kry.” “Ek het hom meer verstaan en goed wat ek kon onthou het.”

Leerders moes in die vraelyste met ja/nee reageer waar ja as positief en nee as negatief geïnterpreteer is. Bostaande tabel is ‘n opsomming van die negatiewe en positiewe antwoorde ten opsigte van hoe die leerders die SA en die DA ervaar het asook segmente vanuit die onderhoude. Uit die data van die vraelyste is bevind dat leerders nie hulpverlening tydens assessering hoog ag nie. Die waarskynlikste rede hiervoor is dat hulle nie gesien het watter verskil daar in hulle prestasie is nie, omdat die assesserings na bepunting nie aan die leerders beskikbaar gestel is nie. Die eerste twee kolomme dui die getal aan vir positiewe ervaring vir die SA en die DA. Leerders het die SA en die DA emosioneel op dieselfde vlak ervaar met ‘n totaal van 19 positiewe punte vir beide die SA en die DA. Vanuit die vraelyste sou dit dus veilig wees om te argumenteer dat ‘n assessering ‘n assessering bly en leerders druk en soms angs tydens enige assessering ervaar ongeag of dit tradisioneel en staties of DA is. Daar moet egter in gedagte gehou word dat die leerders op primêre skoolvlak nie op ‘n kontinuum sou kon aandui hoeveel druk en angs hulle by die verskillende assesserings ervaar nie, bloot omdat hulle abstrakte denke nog nie op daardie vlak funksioneer nie. Dit sou ‘n baie interessante navorsingsonderwerp gewees het, maar as gevolg van tyd kon die navorser nie verder hierop ingaan nie.

Die leerders se grootste behoefte blyk egter hulpverlening tydens toetse te wees. Alhoewel die vraelyste aangedui het dat daar nie meer of minder emosionele druk op die leerders is met ‘n SA of DA nie, het hulle almal tydens die onderhoud aangedui dat die DA “lekkerder” was om te skryf. “Die een toe Juffrou my gehelp het was die lekkerste om te skryf, want Juffrou het vir my bietjie verduidelik as ek gesukkel het en dit was bietjie makliker as die ander een” (L10). L9 het in sy SA vraelys aangedui dat skool

nie lekker is nie, maar op die DA vraelys dat skool wel lekker is. Tydens die onderhoud is hy uitgevra en sy antwoord was “want dis lekker om dit te doen”. Die bedoeling hiermee is waarskynlik dat die DA lekkerder was en dat skool in die algemeen dan sommer vir hom lekkerder is as daar hulpverlening aangebied word tydens toetse. Hierdie bevindinge word ook gesteun deur die observasiebladsye met mekaar te vergelyk. Tydens die SA was daar steeds leerders wat hulp gevra het selfs al het hulle geweet dat daar nie interaksie of hulpverlening gegee mag word nie. Met die DA het selfs die leerders wat tydens die SA nie hulp gevra het nie, ook die behoefte tot interaksie gehad en maklik hulp gevra. Hierdie resultaat bevestig dus die behoefte aan hulpverlening tydens assessering.