• No results found

Die rol van die leerondersteuner as veranderingsagent in postmoderne assessering

Die eertydse remediërende onderwyser se rol het verander na dié van leerondersteuner. Binne die Suid-Afrikaanse inklusiewe onderwyskonteks is dit veral die leerondersteuner wat planne moet uitwerk vir leerders, onderwysers en ouers om diversiteit te akkommodeer en hulp te verleen waar nodig. Leerders met leerhindernisse word by die leerondersteuner aangemeld en omdat leerondersteuners nie die prerogatief het om vaardigheidstoetse te doen nie, moet leerders verwys word na ander professionele persone. Hierdie proses mors baie tyd waar die leerder al terapie of heronderrig kon ontvang het. Meeste van die tyd kry die leerondersteuner tellings en diagnostiese verklarings terug in die vorm van verslaggewing, maar te min inligting word verskaf ten opsigte van hulpprogramme. Die leerondersteuner se rol het verander maar leer- ondersteuners is nie noodwendig voldoende bemagtig om hierdie nuwe rol in te neem nie.

Die leerondersteuner is in die meeste gevalle die persoon wat inklusiwiteit binne die skoolkonteks laat realiseer deur diskoers. In Suid-Afrika vind onderrig en leer in baie gevalle plaas in ‘n taal wat nie die leerder se moedertaal is nie. As gevolg daarvan kan daar kommunikasiegapings of misverstande plaasvind. Die leerondersteuner kan met belangrike agtergrondinligting van leerders die onderwyser bemagtig om ondersteuning te bied as leerders nie goed verstaan nie. Volgens Vygotsky is dialoog, diskoers en kommunikasie sentraal tot die proses van kenniskonstruksie. Taal is die sleutel- instrument om betekenisvolle interaksie en dieper verstaan te bewerkstellig asook die primêre mediator om kennis oor te dra (Woolfolk, 2010:18). Hierin speel die leerondersteuner ‘n belangrike rol tussen die onderwyser, leerder en ouer.

Hay (2003:135) vra die vraag hoe inklusiewe onderwys ten volle geïmplementeer kan word, maar steeds Afrika-relevant kan bly? Hierdie is waarskynlik in ‘n groot mate die werk van die leerondersteuner wat binne ‘n postmoderne raamwerk fokus op diversiteit, vloeibaarheid asook diskoers en samewerking ten opsigte van akkommodering. Gibson (2006:315-316) argumenteer dat “voice as discourse” met spesifieke verwysing na die

“stem” van dié wat geëtiketteer word as geremd of “spesiaal” deur “iemand” oorgedra moet word en hierdie “iemand” is waarskynlik die leerondersteuner. Die leerondersteuner is in kommunikasie-/diskoers-hoedanigheid betrokke by leerders, ouers en onderwysers. Die ouers het sekere verwagtings en behoeftes ten opsigte van hulle kind wat soms ongemaklik is om aan die onderwyser oor te dra. So ook het die onderwysers behoeftes ten opsigte van die leerder met spesiale behoeftes wat weer oorgedra moet word aan ouers. In hierdie kommunikasieproses speel die leerondersteuner ‘n kardinale rol sodat alle partye die diskoers “reg” interpreteer en daar ‘n samewerkingsooreenkoms gestig kan word, wat op sy beurt weer kardinaal is vir die volledige ondersteuning vir die leerder. Gibson (2006:317) stel voor - “once silenced and

excluded voices needed to be listened to as integral components of due processes such as assessment of learning needs, devising appropriate teaching and learning programmes, establishing, evaluating, monitoring and revising Individual Education Plans”. Leerders moet deur dialoog hulle eie vordering kan monitor en ook insette kan

lewer. Denkpatrone, persepsies en die uitruil van ondervinding is ‘n kategorie van inklusiwiteit waarin die leerondersteuner dus ‘n sleutelrol speel. Hay (2012:137) beweer dat die sukses van die inklusiewe onderwyssisteem in Suid-Afrika grootliks afhang van Opvoedkundige Ondersteuningsdienspersoneel (ESS) wat noodsaaklike paradigma- skuiwe moet maak in hulle kop asook in hul werk.

2.7 Samevatting

“The success of the implementation of inclusive education will greatly depend on the

quality and transformation of education support services… It is suggested that support services in South Africa are struggling to change their paradigms and mostly operate within an (outdated) exclusive, placement paradigm with a Eurocentric focus.” (Hay, 2003:135).

Dit het duidelik vanuit die literatuur geblyk dat die transformasie vanaf spesiale onderwys en modernistiese denkrigtings na ‘n meer postmoderne inklusiewe sisteem nog nie volledig plaasgevind het nie. Inklusiewe onderwys is meer as ‘n paar tegnieke van integrasie en transformasie. Herkonseptualisering is nodig ten einde inklusiwiteit ‘n

realiteit in Suid-Afrika se onderwyssisteem te maak. Vir die volledige implementering van inklusiwiteit wat diversiteit aanmoedig en akkommodeer is dit dus nodig om ‘n paradigmaskuif te maak vanaf moderne na postmoderne sienings in assessering binne die inklusiewe onderwyssisteem om etikettering en uitsluiting te oorbrug. Inklusiewe onderwys en diversiteit is volgens Phasha (2010:179) radikaal en stimuleer die gedagte van behoort aan en in solidariteit met - omdat dit elke individu oproep tot respek vir diversiteit. Laher en Cockroft (2013:6) skryf dat kognitiewe toetse in Suid-Afrika met agterdog bejeën word as gevolg van die misbruik in die verlede vir die regverdiging van rasse-segregrasie. Alhoewel hierdie psigo- en edumetriese toetse verouderd en nie van toepassing is op die totale Suid-Afrikaanse bevolking nie, word dit steeds algemeen gebruik (Laher & Cockroft, 2013:6). Die oplossing lê waarskynlik daarin om alternatiewe assessering vir die identifisering van leerhindernisse te vind en te gebruik. Hierdie assessering moet die inklusiewe etos ondersteun. Die assessering moet sterk- en swakpunte van leerders kan uitwys en geskik wees om onderrig prakties te begelei. Laastens moet hierdie tipe assessering kan help in die opstel en ontwikkeling van individuele hulpprogramme en die leerder se potensiaal kan uitwys.

In die volgende hoofstuk word spesifiek na dinamiese assessering gekyk as moontlike alternatief vir die identifisering van leerhindernisse en wat beter belyn is met die inklusiewe onderwysideologie as standaard assessering.

Hoofstuk 3

Perspektiewe op standaard en dinamiese