• No results found

Perspektiewe op standaard en dinamiese assessering

3.3 Opvoedkundige assessering as tradisionele meting binne spesiale onderwys 1 Die aard van statiese en standaard assessering

3.3.4 Die verskil tussen standaard en dinamiese assessering

Sternberg en Grigorenko (aangehaal deur Amod & Seabi, 2013:127) maak die stelling dat alle toetsing dinamies is. Hierdie stelling word egter betwis deur Tzuriel asook Haywood (aangehaal deur Amod & Seabi, 2013:127), via die argument dat daar ‘n verskil is tussen DA en dinamiese toetsing. Statiese toetse is dinamies in die sin dat daar uit elke toets “iets” geleer word, maar die dinamika van DA is totaal anders omdat hierdie tipe assessering inligting vanuit verskeie bronne (statiese toetse ingesluit) neem. DA fokus op mediasie as strategie om leer te konstrueer. Elke mediasie-strategie bou op die vorige een en skep nuwe kognitiewe vaardighede wat lei tot beter beplanning en organisatoriese vaardighede en beter geheuestrategieë. Passig, Tzuriel en Eshel-Kedmi (2016:297) sluit hierby aan as hulle skryf dat DA fokus op meting van die leerder se vermoë om kognisie te modifieer met hulp van “in-toets” onderrig. Die idee van die prosedure is om die veranderinge wat die individu ondergaan te observeer as indikator van kognitiewe modifiëring wat gebeur binne die individu. Met die konvensionele statiese prosedure kan slegs die reeds gemanifesteerde vlak van prestasie en

vaardigheid gemeet word sonder enige poging van intervensie tot verbetering en modifiëring van kognisie. Mediasie skep dus geleentheid om antwoorde verby die eerste response te neem en belê in insig en metakognisie deur ‘n proses van vraagstelling. Die interaksie tussen assesseerder en toetsling tydens DA is ook baie meer intensief as met statiese toetse. Volgens Haywood en Lidz (2007:4) bestaan statiese toetse binne die model van gebrek waar DA eerder op sterk- en swakpunte fokus om prestasie met intervensie te verbeter vir optimale leer. Murphy (2011:9) sluit hierby aan deur te skryf dat die verhouding tussen assesseerder en toetsling in statiese assessering streng neutraal is en by DA ‘n meer interaktiewe en minder formele verhouding bestaan. Die belangrikste punte van verskil - aangepas vanuit Haywood en Lidz (2007:6) - word in die tabel hieronder uitgelig:

Tabel 3.1: Verskil tussen standaard assessering en dinamiese assessering (Haywood & Lidz, 2007:6).

Wat word vergelyk? SA DA

Vraagstelling Hoeveel het hierdie persoon reeds geleer/of nie? Hoe vergelyk die persoon se vlak van vaardigheid met ander van dieselfde chronologiese ouderdom?

Hoe leer die persoon in nuwe situasies? Hoe en hoeveel kan sy vaardigheid verbeter? Watter hindernisse tot optimale leer bestaan? Uitkoms

Normatiewe tabelle en huidige vlak van funksionering.

Leerpotensiaal en hoe funksioneer die persoon met die hulp van ander? Hoe kan hulpprogramme opgestel word om hindernisse uit die

Die doel van SA en DA verskil omdat statiese toetse klassifiserend van aard is en DA fokus op vermindering of verwydering van klassifiserende faktore. Haywood en Lidz (2007:11) verduidelik dat DA se kerndoel is om nie te kategoriseer nie en beskryf statiese toetse as nomoteties van aard wat staatmaak op universele reëls en wette van gedrag en ontwikkeling. Dit herinner baie sterk aan modernisme waarin die realiteit staties is en kategorisering tot gevolg het. Dieselfde outeurs verduidelik dat DA daarenteen idiografies van aard is omdat daar gefokus word op prestasie sonder om dit te meet aan andere. In DA word persone dus nie met ander persone vergelyk nie, maar kry elkeen die geleentheid tot intra-individuele vergelyking. Die individu vergelyk dus sy eie prestasie en verbetering of verswakking daarvan met homself. Salas, Gonzalez en Assael (2013:218) het ook bevind dat standaard toetse se struktuur van so ‘n aard is dat dit nie modifiëring kan meet nie, omdat daar nie tegnieke gebruik word wat intervensie tydens die toets moontlik maak nie.

weg te ruim? Assesseringsproses Standaard, dieselfde vir almal. Individueel, die

verandering van strategie.

Interpretasie van uitslae Identifikasie en klassifikasie en aanbeveling vir verdere assessering en moontlike intervensie en hulpverleningsprogramme. Identifikasie sonder klassifikasie. Hipoteses van hindernisse tot leer en onmiddelike intervensie deur mediasie.

Rol van die assesseerder

Neutraal, klinies, diagnostiese verslaggewing. Waarneming van leerhindernisse, onderrig meta- kognitiewe strategië, moedig verandering deur interaksie aan.

‘n Volgende punt van verskil tussen statiese assessering en DA is die manier waarop data geïnterpreteer word. Data van statiese toetse word volgens ‘n normtabel geïnterpreteer en vergelykings word deur byvoorbeeld persentielrange getref. Die data van DA word individueel geïnterpreteer en die individue se eie prestasies word met mekaar vergelyk. Data van DA word by uitstek gebruik om spesifieke vrae te probeer beantwoord. Volgens Haywood en Lidz (2007:13) kan DA die volgende vrae beantwoord:

v Wat is die huidige vlak van prestasie, met of sonder hulp?

v Wat is die observeerbare hindernisse tot beter leer en prestasie?

v Hoeveel en watter tipe intervensie behoort plaas te vind om die hindernisse te verminder?

v Wat is die reaksie op intervensie?

v Hoe kan langtermyn sukses verseker word?

Nog ‘n verskil tussen SA en DA is die persone wat die toetse mag uitvoer. Leerondersteuners en onderwysers mag slegs sekere standaard toetse doen, wat beperkings veroorsaak ten opsigte van ‘n volledige en holistiese beeld van die leerder. Dit mors ook kosbare tyd omdat die leerder dan verwys moet word na ander professionele persone om verdere toetse uit te voer. DA mag egter deur enige professionele persoon uitgevoer word en gee die leerondersteuner sowel as die onderwyser die geleentheid om meer volledig en holisties te assesseer.

3.4 Dinamiese assessering as vernuwende wyse van assessering en intervensie