• No results found

Hoofstuk 3 Modaliteit

3.5 Dispute Oor Die Tipes Modaliteite

3.5.7 Voorloper: Semantiese Kaarte

Van der Auwera en Plungian (1998:80) het aangedui dat modaliteit en sy tipes gedefinieer en benoem kan word op verskeie wyses, waarvan nie een meer korrek is as die ander nie. Die linguis moet egter baie duidelik wees oor sy/haar terminologie en werkswyse. Modaliteit lê volgens hulle binne die domein van noodsaaklikheid en

159 moontlikheid as paradigmatiese variante. Modaliteit konstitueer dus twee keuses naamlik noodsaaklikheid aan die een kant en moontlikheid aan die ander. Hulle het modaliteit se betekenisparameters uitgedruk in vier domeine op ʼn semantiese kaart. Die eerste domein is interne-deelnemer modaliteit. Dit verwys na ʼn noodsaaklikheid of moontlikheid wat intern is tot die betrokke agent of deelnemer in die stand van sake. In die geval van moontlikheid is die deelnemer/agent se kapasiteit of vermoë geaktiveer, byvoorbeeld:

[3.84] Boris can get by with sleeping five hours a night. Boris kan wegkom met vyf ure se slaap per nag.

In die geval van noodsaaklikheid is die deelnemer se interne behoefte op die voorgrond.

[3.85] Boris needs to sleep ten hours every night for him to function properly. Boris moet elke aand tien ure slaap vir hom om behoorlik te

funksioneer.

Die tweede domein waarin moontlikheid en noodsaaklikheid kontrasteer is die van eksterne-deelnemer modaliteit. Dit verwys na omstandighede wat ekstern is tot die betrokke deelnemer/agent (indien daar wel ʼn betrokke agent betrokke is). Dit maak die stand van sake moontlik of noodsaaklik, byvoorbeeld:

[3.86] To get to the station you can take bus 66.

Om by die stasie te kom kan jy bus 66 neem. {moontlikheid] [3.87] To get to the station you have to take bus 66.

Om by die stasie te kom moet jy bus 66 neem. {noodsaaklikheid}

In sin [3.86] is die moontlikheidsparameter geaktiveer aangesien die agent/ aangesprokene deur eksterne omstandighede (ʼn eksterne deelnemer) die opsie het om bus 66 te neem na die stasie. In sin [3.87] is bus 66 die enigste opsie wat die betrokke aangesprokene of deelnemer het om tot by die stasie te kom.

Die derde domein is deontiese modaliteit. Dit is ʼn subdomein of spesiale geval van deelnemer-eksterne modaliteit. Deontiese modaliteit is vroeër in hierdie hoofstuk reeds bespreek, maar ek verwys tog na wat Van de Auwera en Plungian (1998:89-90)

160 hieroor te sê het, naamlik dat dit eksterne instaatstellende of verpligtende omstandighede is, wat deur iemand, dikwels die spreker, op die deelnemer/agent toegepas word. Die spreker of ander sosiale of etiese norme laat die deelnemer/agent toe of verplig die persoon om betrokke te raak by ʼn sekere stand van sake, byvoorbeeld:

[3.88] John may leave now. John mag nou gaan. [3.89] John must leave now. John moet nou gaan.

In sin [3.88] het die deelnemer – John – toestemming om te vertrek. Die spreker het die een of ander vorm van outoriteit oor John wat hom in staat stel om te vertrek. Toestemming is ʼn geval van deontiese moontlikheid. Sin [3.89] druk deontiese noodsaaklikheid of verpligting uit, en John se vertrek word vanuit hierdie oogpunt verplig.

Die laaste domein in die semantiese kaart is epistemiese modaliteit en dit verwys na die beoordeling van ʼn spreker oor ʼn proposisie se status as onseker of moontlik:

[3.90] John may have arrived. John mag/kon gearriveer het. [3.91] John must have arrived. John moes gearriveer het.

In sin [3.90] is die spreker onseker of John gearriveer het. Hierdie onsekerheid verwys na epistemiese moontlikheid. In sin [3.91] is die spreker taamlik seker, op grond van sekere gegewe inligting dat John gearriveer het en die betekenis is dus relatief waarskynlik. Sekerheid en ʼn relatiewe hoë graad van waarskynlikheid verwys na epistemiese noodsaaklikheid.

Van der Auwera en Plungian (1998:83) gebruik die terminologie epistemies en deonties in die tradisionele sin van die woord (soos deur Palmer, 2001:9-10) en verwerp Bybee (1994) se gebruik van die terme agent-georiënteerd en spreker-

161 georiënteerd, aangesien die spreker nie in alle gevalle die verpligting of toestemmingsagent is nie, soos gesien kan word in:

[3.92] I can be bribed easily.

Ek kan maklik omgekoop word. [3.93] I need to be left in peace today.

Ek moet vandag in vrede gelaat word.

Van der Auwera en Plungian (1998) verkies om in hierdie gevalle te verwys na interne- deelnemer wat gekontrasteer kan word met eksterne-deelnemer. Alhoewel hulle reken dat hierdie terme nie spesifiek genoeg is nie, het hulle steeds berus by hierdie benamings.

Van der Auwera en Plungian (1998:90) erken dat hulle modale kaart beperkend is en nie voorsiening maak vir alle betekenisskakerings van die begrip modaliteit nie. Begeerte (volition) sowel as bewysende modaliteit is nie hierby in berekening gebring nie. Interne-deelnemer-moontlikheid maak egter voorsiening vir dinamiese modaliteit en eksterne-deelnemer-noodsaaklikheid vir die behoeftebetekenis. Hulle verwys na ander teoretici wat ook hierdie twee tipes modaliteite uit hulle teorieë weggelaat het. Vergelyk Anderson (1986), De Haan (1997), en Nuyts (1994) wat begeerte uit hulle spektrum gelaat het en Anderson (1986), Bybee et al. (1994), Bybee en Fleischmann (1995), en Nuyts (1994) wat bewyslike modaliteit uit hulle teorieë gelaat het. Al ontken Van der Auwera en Plungian (1998) nie die bestaan van begeerte en bewysende modaliteit nie, het hulle besluit om die semantiese kaart te beperk om die afsetgebied eenvoudig te hou; hulle wil spesifiek fokus op dié gebruike waar moontlikheid kontrasteer met noodsaaklikheid, aangesien hierdie twee pole die kern van modaliteit behels.

162

Moontlikheid

Nie-epistemiese moontlikheid Epistemiese moontlikheid Interne-deelnemer Eksterne-deelnemer moontlikheid onsekerheid moontlikheid Nie-deontiese Deontiese moontlikheid Dinamiese moontlikheid moontlikheid toestemming vermoë, kapasiteit Nie-deontiese

Deontiese

noodsaaklikheid Interne-deelnemer noodsaaklikheid verpligting noodsaaklikheid Eksterne-deelnemer noodsaaklikheid

behoefte Epistemiese noodsaaklikheid

Nie-epistemiese noodsaaklikheid waarskynlikheid

Noodsaaklikheid

Figuur 3.9 Diagrammatiese voorbeeld van modaliteitstipes volgens Van der Auwera en Plungian (1998)

G

Figuur 3.10 Semantiese Kaart 1 – oorspronklike semantiese kaart

Interne-deelnemer moontlikheid Eksterne- deelnemer moontlikheid Eksterne- deelnemer noodsaaklikheid Deontiese moontlikheid Deontiese noodsaaklikheid Epistemiese moontlikheid Epistemiese noodsaaklik- heid Premodale betekenis op pad na moontlikheid Premodale betekenis op pad na dit wat vaag is tussen moontlikheid en noodsaaklik- heid Premodale betekenis op pad na noodsaaklik- heid Postmodale betekenis verkry van moontlikheid Postmodale betekenis verkry van óf moontlik- heid óf noodsaaklik -heid Postmodale betekenis soos verkry van noodsaaklik -heid Interne-deelnemer noodsaaklikheid deelnemer noodsaaklikhe id

163 Van der Auwera, Kebayov en Vittrant (2009:298) het hierdie semantiese kaart ‘heroorweeg’ en ʼn verandering aangebring wat voorsiening maak vir verworwe/aangeleerde modaliteit wat die roeterigting tussen interne-deelnemer en eksterne-deelnemer modaliteit beïnvloed het. Vir die doel van hierdie studie sal hierdie tweede heroorweging nie in aanmerking geneem word nie, aangesien aangeleerde modaliteit nie as modale hulpwerkwoord voorkom nie. Sien Figuur 2.7 as demonstrasie van hierdie ‘heroorweging’.

Omdat my studie poog om ʼn omvattende beeld van modaliteit weer te gee, sal ek meer modaliteitstipes in my kaart weergee. Die kritiek wat ek teen Van Auwera en Plungian (1998) se kaart het, is dat dit nie voorsiening maak vir al die betekenisnuanses van modaliteit nie. Die kaart of model van ondersoek wat ek hier aanbeveel, is ʼn meer volledige afbeelding van meeste van modaliteit se betekenisskakerings en tipes.