• No results found

Hoofstuk 2 Van Grammatikalisering tot Konstruksiegrammatika en

2.3 Radikale Konstruksiegrammatika

2.3.2 Hoe lyk konstruksies?

Konstruksies is skematiese en simboliese eenhede wat bestaan uit ʼn vormlike en funksionele komponent. Die vormlike elemente bestaan uit een of meer morfosintaktiese elemente, en dit dra ʼn spesifieke betekenis wat bestaan uit een of meer semantiese komponente (Croft, 2001:6).

60

Figuur 2.1 Die simboliese struktuur van ʼn konstruksie (Croft 2001: 18)

Konstruksies se betekenis is gekonvensionaliseerd (kyk 2.3.3 vir bespreking hiervan) en hierdie konvensies sluit die omstandighede, die diskoers en die pragmatiese situasie van ʼn proposisie in (Croft, 2001:19). Dit behels dat die betekenis van die proposisie nie opsigself slegs betekenis dra nie, maar die uiting is gekoppel aan sekere konteksgebonde en diskoerskonvensies. RKG beskou die simboliese verband tussen sintaksis/vorm en semantiek/funksie as intern tot die konstruksie teenoor tradisionele sintaktiese teorieë wat die verband as ekstern tot die konstruksie beskou.

61

Figuur 2.2 Die verband tussen vorm en funksie in tradisionele komponensiële sintaktiese teorieë (Croft, 2001: 19 – eie vertaling)

In tradisionele sintaktiese teorieë is die verband tussen sintaktiese komponente en semantiese komponente van ʼn proposisie afsonderlik bestudeer en die simboliese verband is beskou as ekstern tot die afsonderlike betekenisse. Hierdie verband word grafies uitgedruk in figuur 2.2. In die tradisionele komponensiële model word sintaktiese strukture onafhanklik van die ooreenstemmende semantiese strukture gerangskik, soos voorgestel deur die langwerpige raampies waarin die sintaktiese en semantiese elemente afsonderlik gerangskik is. Die komponensiële model se sintaktiese strukture is heeltemal onafhanklik van die semantiese strukture gerangskik en ondersoek.

62

Figuur 2.3 Die verband tussen vorm en funksie in konstruksiegrammatika (Croft, 2001: 9)

In konstruksiegrammatika is die grammatikale eenhede simbolies en as simboliese eenhede gerangskik soos gesien in figuur 2.3. Die sintaktiese en semantiese strukure is gesamentlik in vierkantige boksies geplaas om die interafhanklike verband uit te hef. Die grammatikale eenhede is ʼn vereniging van grammatikale vorm (die sintaktiese vorm) en die ooreenstemmende betekenis of semantiese struktuur. Die grammatikale eenhede is ʼn vereniging van grammatikale vorm (die sintaktiese vorm) en die ooreenstemmende betekenis of semantiese struktuur. Die verband tussen vorm en funksie staan voorop en hulle word as geheel geïnterpreteer, en nie as afsonderlike komponente beskou soos met tradisionele teorieë nie. Die verband tussen vorm en funksie is ʼn simboliese verband. Konstruksiegrammatika verwys na die afsonderlike

Pred =Predikaat NS=Naamwoordstuk WS=Werkwoordstuk Kwant: Kwantifiseerder Pred(verbaal) =Verbale ww Qx: Vraagwoord

Woord Pred Pred(verbaal) Kwant N Qx: Pred (x) Grammatika KONSTRUKSIE

63 dele van die sintaktiese struktuur as elemente, en dele van die semantiese struktuur word komponente genoem.

Konstruksies is die basiese eenhede van sintaktiese representasie, en kategorieë word bepaal volgens die konstruksies waarbinne hulle voorkom. Kategorieë staan sekondêr tot die primêre funksie van die konstruksie wat as geheel betekenis dra. Konstruksies bestaan byvoorbeeld uit die kategorieë woordsoorte en sintaktiese rolle – en dit word benoem – maar die konstruksie as geheel dra betekenis en nie die onderskeie kategorieë waaruit dit bestaan nie. Die meronomiese deel-geheelstruktuur behels dat daar nie ondersoek ingestel word na elke afsonderlike element in die konstruksie nie, maar na die konstruksie as geheel se betekenis.

Daar bestaan geen universele kode vir konstruksies nie soos verduidelik in die definisie van Bergs en Diewald (2008:2):

This of course stems from the different approaches themselves, but it is also one of the credos of constructional approaches and construction grammar in particular (Ostman & Fried, 2004; Boas & Fried, 2005). While often being highly formal, these do not require a strict, uniform notation, on the contrary. Constructional approaches begin with the data and the phenomena and only then develop the necessary formalism on the basis of what they find and deem necessary.

Dit behels dat die navorser self besluit oor die notasie van ʼn konstruksie en die gepaardgaande semantiese ontleding daarvan, net solank daar aan die leser verduidelik word hoe hierdie konstruksie saamgestel is en wat die betekenis daarvan is. In hierdie studie is die annotasiekonvensie soos volg:

1. Die heel basiese formaat onderskei tussen vorm en funksie soos uiteengesit in:

Konstruksie: [Vorm] ↔ [Funksie]

Die sintaktiese elemente word in die linkerhakie verpak en die semantiese aspek word gevolglik in die regterhakie verduidelik.

64 2. Tweedens word die konstruksie soos wat dit op mikrovlak daar uitsien geannoteer met die sintaktiese gegewens in die linkerhakie en die betekenis daarvan regs:

Konstruksie: [SUBJEK + mag + nie + WW + nie] ↔ [subjek word verbied om ʼn aksie uit te voer]

3. Derdens word sekere van die konstruksies toegepas op spesifieke proposisies soos gesien in die volgende voorbeeld:

[2.4] Tydens die maal mag daar ook nie rusie gemaak word nie. Ook mag jy

die kos nie kritiseer nie. Dit is nie net onhoflik nie, jy versteur ook die

verdere karmatiese proses. [HK 266: 2008 Fiksie (Kladboek 'n hibridiese roman, Joan Hambidge). {Jy + Mag +Neg + Objek + Verbale ww}

Konstruksie: [jy] SUBJEK [mag] MODAAL [die kos] OBJEK [nie] NEG [kritiseer] VERBALE WW

[nie] NEG ↔ [jy word verbied om die kos te kritiseer.]

Die annotasiekonvensie wat in hierdie studie gebruik word behels dat daar tipografies onderskeid getref word tussen vaste leksikale items en skematiese items binne die konstruksie se vorm. In die geval van hierdie studie se konstruksies is die vaste item dikwels die modale hulpwerkwoord self en die skematiese elemente kan van konteks tot konteks en voorbeeld tot voorbeeld wissel. Die vaste item, byvoorbeeld die spesifieke modale hulpwerkwoord aan bod, word in kleinletters geskryf. Die skematiese of wisselvorme soos byvoorbeeld woordsoorte (die afwisselende woordsoorte, of tipes subjekte, of tipes modale bywoorde) word in hoofletters geskryf. Die semantiese pool word in gewone sinne geformuleer om die betekenis weer te gee. Konstruksies vorm ʼn gestruktureerde inventaris van ʼn spreker se kennis oor die konvensies van sy/haar taal. Hierdie gestruktureerde inventaris word voorgestel deur ʼn taksonomiese netwerk (Croft, 2001: 25). Elke konstruksie verteenwoordig ʼn node in die taksonomiese netwerk van konstruksies. Elke konstruksie wat uniek en idiosinkraties is (hetsy dit ʼn spesifieke sintaktiese, semantiese, pragmatiese, diskoers- of morfologiese funksie verrig) sal afsonderlik as node in die netwerk van konstruksies

65 aangedui word. Al die konstruksies in ʼn netwerk word in ʼn taksonomiese hiërargie weergegee.