• No results found

Hoofstuk 2 Van Grammatikalisering tot Konstruksiegrammatika en

2.2 Grammatikalisering

2.2.5 Tradisionele model van grammatikalisering

Wanneer die agtergrond en die ontstaan van definisies en studies oor grammatikalisering ontleed word, is dit opvallend dat daar nie 'n vaste model is wat bepaal hoe hierdie proses plaasvind nie. Narrog en Heine (2011) het in die Oxford

Handbook of Grammaticalization dieselfde afleiding kon maak:

Going through the chapters of this volume (Oxford handbook) the reader will notice that grammaticalization is far from being a uniform concept, and various definitions have been proposed. [. . .] Still, when controversies arise many scholars agree in drawing attention to the classic definition by Kuryłowicz to help settle the issue of what should be subsumed under the rubric of grammaticalization. (Narrog & Heine 2011: 2-3)

Norde (2013:391) verwys daarna dat heelwat navorsing gebruik maak van saamgestelde teorieë en op arbitrêre wyse ʼn seleksie maak van die wye aanbod teorieë en definisies beskikbaar:

Instead, an arbitrary subset of features is generally considered to be sufficient to call a change an instance of grammaticalization. Not only do predefined lists of properties run the risk of being circular (e.g. grammaticalization has the properties A, B, and C; hence, property A+B+C is a case of grammaticalization), they may also lead to misconceptions and mismatches.

52 Hierdie seleksie is egter nie sonder grondige redes aangepak nie, aangesien baie grammatikale morfeme nie dieselfde kenmerke het nie, en verskillende prosesse plaasgevind het om morfeme te ontwikkel. So verskil modale hulpwerkwoorde se kenmerke van infleksie s’n, maar albei is grammatikale elemente. Die primêre prosesse waartydens hulle tot stand gekom het, verskil egter. Voorafgedefinieerde kategorieë en beginsels van grammatikalisering is dus ontmoontlik. Een van die sleutelprobleme binne grammatikaliseringteorieë is daarom die feit dat nie alle grammatikale items dieselfde eienskappe bevat nie vanweë die individuele verskille.

Grammatikalisering vind in verskillende grade plaas en is 'n komplekse

makroproses wat verstaan kan word in terme van veranderinge op sekere

paradigmatiese, semantiese, morfologiese en sintagmatiese vlakke (Drobnjakovic, 2010:39). Verskillende benaderings word gevolg om te verwys na die proses van grammatikalisering. Die oorspronklike benadering is deur Lehman (1985) daargestel en hy het verwys na parameters van veranderingeine het oorspronklik die term

meganismes van verandering gebruik (2003), maar het mettertyd ook na parameters verwys (Heine en Kuteva, 2007), terwyl Hopper (1991) na beginsels of

maatreëls van grammatikalisering verwys het. Hierdie meganismes of parameters word gebruik as gereedskap waarmee grammatikalisering geïdentifiseer en beskryf word.

Daar is heelwat interpretasies en benaderings ten opsigte van die verskillende parameters wat grammatikalisering beskryf en identifiseer (byvoorbeeld: Lehmann, 1985; Norde & Beijering, 2013) Traugott (2010) en Heine en Kuteva (2007) het 'n sintese gemaak van verskeie benaderings en prosesse, en gevolglik maak hierdie studie gebruik van Heine en Kuteva se vier parameters (Heine & Kuteva, 2007:34):

• Grammatikalisering as uitbreiding

• Grammatikalisering as semantiese verbleking • Grammatikalisering as dekategorisering

• Grammatikalisering as erosie (fonetiese reduksie of verlies)

53 • Grammatikalisering as reduksie/verandering

• Grammatikalisering as heranalise

Elkeen van Heine & Kuteva (2007:37) se vier parameters teiken ʼn afsonderlike aspek van die vier linguistiese strukture of taalgebruike. Erosie verwys na verandering in fonetiese strukture, semantiese verbleking het te make met items se betekenisfunksies en gebruike, uitbreiding verwys na die veralgemening van konteks waarbinne items gebruik word en is dus die pragmatiese aspek van taal wat aangespreek word, en dekategorisering verwys na verandering in morfosintaktiese aspekte van items. Traugott het (2010) ook reduksie en heranalise ingesluit wat onder al vier taalaspekte ingesluit kan word.

Hierdie studie se invalshoek is nie grammatikalisering nie aangesien die fokuspunt van die studie, modale hulpwerkwoorde, reeds die primêre fase van grammatikalisering voltooi het. Dit is die veranderinge wat hierna plaasgevind het wat voorop staan en dit is vanuit ʼn konstruksiegrammatikaperspektief wat hierdie taalveranderinge ondersoek word. Aangesien daar tog na grammatikalisering verwys word sal daar kortliks net bespreek word wat gebeur tydens die proses van grammatikalisering deur Heine en Kuteva (2007) se parameters in breë trekke op te som.

Uitbreiding

Uitbreiding het ʼn sosiolinguistiese, semantiese en pragmatiese komponent. Eerstens ontstaan grammatikalisering as innovering binne ʼn sosiolinguistiese omgewing wanneer ʼn individu sy/haar innovering uitbrei en ʼn hele spraakgemeenskap geleidelik die innovasie of nuutskepping begin toepas. Dit gee aanleiding daartoe dat die nuwe variant in nuwe en in meer kontekste gebruik word, dus is die uitbreiding ook kontekstueel van aard. Derdens is die uitbreiding semanties van aard want semantiese verruiming van ʼn woord het plaasgevind. Die betekenis het verruim deur middel van reduksie van sekere gebruike maar ook die heranalise van die woord en nuwe gebruike daarvan in meer kontekste (Heine & Kuteva, 2007: 35-37).

54

Semantiese verbleking/desemantisering

Semantiese verbleking is ʼn direkte gevolg van pragmatiese/semantiese uitbreiding. Aangesien die items nuwe gebruike vertoon en in nuwe kontekste optree, verloor dit sekere van die oorspronklike kenmerke. Hierdie verlies van sekere gebruike en betekenisse is semantiese verbleking.

Dekategorisering

Wanneer ʼn leksikale item desemantiseer/verbleek, dan verloor die item sekere van die oorspronklike betekenisse, maar ook morfosintaktiese kenmerke. Nuwe grammatikale elemente soos byvoorbeeld ʼn modale hulpwerkwoord, kan nie meer gekategoriseer word as ʼn aksiewerkwoord of mentale werkwoord nie, want die gebruik daarvan het so verander dat die item of woord heeltemal anders gekategoriseer word. Hierdie meganisme neem baie lank om plaas te vind; die proses is nie oornag nie.

Erosie

Erosie beteken dat ʼn item wat gegrammatikaliseer het, oor tyd heen sekere fonetiese en morfologiese kenmerke verloor het. Hierdie meganisme vind heel laaste plaas in die grammatikaliseringsproses. Die woord se vorm verander dus, en nie net die gebruik nie, maar ook hoe die woord lyk, is veel anders. So het die modale hulpwerkwoord sal morfologies maar ook foneties van die oorspronklike sculan, tot

zullen, tot Afrikaanse sal ontwikkel.

Hoe elke modale hulpwerkwoord gegrammatikaliseer het van die oorspronklike, leksikale gebruik daarvan as werkwoord tot en met die grammatikale item, die hulpwerkwoord, word in elke hulpwerkwoord se afsonderlike hoofstuk onder die etimologieafdeling5 bespreek.

Die meganismes van grammatikalisering is egter nie die invalshoek waarop sekondêre grammatikalisering in modale hulpwerkwoorde ondersoek word nie. Die basiese

55 agtergrond en konsepte van grammatikalisering word steeds gebruik, maar taal as sodanig word op ʼn vernuwende wyse benader. Grammatikalisering bejeën taal en uitinge, sowel as konsepte soos sintaksis, semantiek, fonetiek, morfologie en pragmatiek, steeds as afsonderlike komponente wat afsonderlik bestudeer moet word. Daarteenoor is die idee van konstruksionalisering meer geïntegreerd, en die onderafdelings word nie as afsonderlike komponente bestudeer nie, maar as ʼn geheel betrek by die ondersoek van taal en taalverandering. Konstruksionalisering gebruik dus steeds heelwat van die tradisionele strukture van grammatikalisering en gevolglik is dit ook waarom hierdie studie dit betrek het: konstruksionalisering vind plaas en word ondersoek teen die agtergrond van die tradisionele metodes van grammatikalisering, maar al die verskillende taalkomponente word saam betrek en nie afsonderlik ondersoek nie. Die grammatikalisering van konstruksies, oftewel, konstruksionalisering, word binne Croft (2001) se benadering van Radikale Konstruksiegrammatika hanteer.

Voorts ʼn inleidende bespreking van Radikale Konstruksiegrammatika, gevolg deur ʼn volledige bespreking oor konstruksionalisering en konstruksionele verandering.