• No results found

Hoofstuk 2 Van Grammatikalisering tot Konstruksiegrammatika en

2.4 Konstruksionalisering en Grammatikalisering: Die Konstruksionalisering Van

2.4.2 Konstruksionalisering

Die kline of roete van konstruksionalisering

In Konstruksiegrammatika verskil konstruksies van mekaar op grond van hulle posisie op twee aparte klines/roetes. Een kline strek vanaf die onkomplekse of atomiese tot die komplekse en die ander strek van volledig geleksikaliseerd of substantief tot en

85 met leksikaal ongespesifiseerd of skematies (Sien Noël, 2013, wat verwys na Goldberg, 2003:20; Croft & Cruse, 2004:248). Soos wat leksikale items, byvoorbeeld

say/sê, grammatikaliseer vorm hulle deel van bestaande grammatikaliseringklines

(roetes).

Wanneer klines na vorm verwys, verwys hulle gewoonlik na atomiese skematiese konstruksies (tradisioneel verwys dit na leksikale en funksionele kategorieë). Volgens Trousdale (2012:174) is dit die kernprobleem met die standaardkonseptualisering van 'n kline, want daar word nagelaat om aandag te skenk aan die groter konstruksionele veranderinge waarbinne mikroveranderinge van die leksikale en funksionele kategorieë lê.

Die tradisionele grammatikaliseringsteorie sal byvoorbeeld aandui hoe die Ou Engelse

sceolde sekere eienskappe bevat soos dat dit 'n nominale kompliment kan mobiliseer

en dit kan in nie-finiete vorms voorkom wat suggereer dit was eerder 'n werkwoord as 'n hulpwerkwoord. Die tradisionele verduideliking sal dan aandui hoe should oor tyd heen ander eienskappe aanneem en sekere ander verloor wat dit minder werkwoordagtig maak. Dit kom ook meer algemeen voor in paradigmatiese posisies wat deur komplemente soos if/of afgewissel kan word of selfs dieselfde funksie kan verrig as if/of.

'n Konstruksiebenadering sal hierdie verandering anders aandui. Wat met should gebeur het, is dalk sekondêr tot wat met kondisionele konstruksies in die geskiedenis van Engels gebeur het. Die moontlikheid bestaan dat sprekers oor tyd heen bestaande konstruksies gebruik en aangepas het om semantiese kategorieë op verskeie wyses te enkodeer. Addisioneel tot die overte markering van voorwaardelikheid met konstruksies wat if en should bevat, is dit nou byvoorbeeld moontlik om hierdie te kodeer met woord/klauswoordorde alleenlik (you snooze, you lose) sonder die gebruik van if en should in die betrokke pragmatiese konteks. Wanneer daar op hierdie manier oor grammatikalisering gedink word – met ander woorde dat grammatikalisering die proses is waardeur grammatika geskep word (volgens Croft 2006:366) dan word ander begripsmoontlikhede oor die grammatikaliseringsroete/kline oopgebreek.

86 As die wese van die kline dus heroorweeg word, moet mens ook die eenrigtingpad van grammatikalisering heroorweeg.

Die roete of eenrigtingpad van konstruksies

Fischer (2007:182-5) dui aan dat klines/roetes in grammatikalisering in terme van (a) morfologiese tipe, (b) diskoersfunksies en (c) kombinasie vorm-funksie ontspring en verder ontwikkel.

a) Leksikale werkwoord ˃ vektorwerkwoord ˃ hulpwerkwoord ˃ klitiek ˃ affiks ˃ niks /zero

b) Proposisioneel ˃ tekstueel ˃ ekspressief/ houdingsgebonde/ interpersoonlik

c) Leksikale werkwoord ˃ basismodaal ˃ epistemiese modaal ˃ subordinaat/subjunktief.

Trousdale (2012:175) verwys na Bybee, Perkins en Pagliuca (1994), Himmelman (2004), Traugott (2007; 2008) en Trousdale 2008, wat die volgende hipotese ontwikkel het ten opsigte van die noodsaaklike en voldoende omstandighede vir grammatikale konstruksionalisering:

a) Verhoogde algemeenheid van die konstruksie – die konstruksie kom algemeen in die spraakgemeenskap voor.

b) Verhoogde produktiwiteit van die konstruksie - die konstruksie is toenemend meer produktief.

c) 'n Vermindering/verlaging in die komposisionaliteit van die konstruksie. (hierdie terme is volledig verduidelik onder 2.7.3).

Trousdale (2012) gebruik die grammatikalisering van modale hulpwerkwoorde om hierdie hipotese verder te verduidelik. Oudengelse sculan en cunnan was werkwoorde en die kategorie W (werkwoord) se vorm het van Oudengels na Middelengels verander tot die teenwoordigetydwerkwoorde sculeƥ en cunneƥ. Daarteenoor het die hulpwerkwoordkonstruksie egter ook in dieselfde tyd begin grammatikaliseer en die

87 gebruik daarvan het meer algemeen, meer produktief en minder komposisioneel

geraak. (sien vroeër in hierdie hoofstuk ʼn bespreking oor elke konsep)

Die ontwikkeling van die hulpwerkwoordkonstruksie het begin met die ontstaan van 'n reeks konstrukte waarvan onderlinge formele gedrag verskil en uiteenlopend is maar tog semantiese koherensie vertoon – dit het gekristaliseer tot 'n reeks mikrokonstruksies. Soos wat hierdie mikrokonstruksies saamloop, het die mesokonstruksie (die modale algemene en skematiese konstruksie) ontstaan; soos wat 'n onderstel mesokonstruksies (modale, perfek, progressief, passiewe konstruksie) begin saamloop het, het die makrokonstruksie – die hulpwerkwoordkonstruksie onwikkel.

Hierdie meso en makrokonstruksies het 'n reeks uitbreidings of verlengings vertoon soos gesien in:

Be going to as modaal Get as passief

Sat as progressief

Kristallisering van verskeie mesokonstruksies het vinniger plaasgevind as ander konstruksies- soos byvoorbeeld die Perfektumkonstruksie wat vinniger as die Modale konstruksie gekristalliseer het.

In terme van Trousdale (2012:181) se model van konstruksionalisering sluit hy aan by Traugott (2007) wat verwys na die kristallisering van verskillende konstruksies tydens grammatikalisering. Hierdie kristallisering behels 'n ingewikkelde reeks oorvleuelings in die konstruksionele netwerk soos wat taalgebruikers sekere ooreenkomste en verskille tussen onderliggende konstruksievorms gebruik en ondersoek om hulle kommunikatiewe behoeftes uit te druk.

Om weer terug te kom na Langacker se verwysing na konstruksionalisering as die

graad waartoe die konstruksie se algemeenheid, produktiwiteit en die komposisionaliteit verander, het Trousdale en Norde (2013:33) daarop gedui dat ten

88 opsigte van grammatikalisering die algemeenheid en produktiwiteit van konstruksies verhoog, terwyl die komposisionaliteit verlaag. Daarteenoor is daar 'n verlaging in algemeenheid en produktiwiteit in leksikale konstruksionalisering met 'n gebrek aan of verlies aan komposisionaliteit.

Trousdale en Norde (2013:36) bevestig egter ook dit wat Noël (2007) gesê het en dit is dat alle voorbeelde van konstruksionalisering nie gesien kan word as grammatikalisering as sodanig nie aangesien daar ook leksikale konstruksionalisering en degrammatikale konstruksionalisering bestaan (sien Trousdale & Norde, 2013: 36 vir verdere besprekings oor leksikale en degrammatikale konstruksionalisering). Konstruksionalisering is prosesse van konstruksionele verandering en hierdie veranderinge kan in leksikalisering, grammatikalisering en degrammatikalisering voorkom. Let wel dat konstruksionele verandering en die oorkoepelende konsep konstruksionalisering nie een en dieselfde betekenisverband beslaan nie. Konstruksionalisering is 'n innoverende proses waarin nuwe konstruksies tot stand kom en die gevolglike stap vir stap-veranderinge wat in die proses plaasvind is