• No results found

Hoofstuk 3 Modaliteit

3.5 Dispute Oor Die Tipes Modaliteite

3.5.6 Agent-gebaseerde v spreker-gebaseerde modaliteit

Bybee et al. (1985:116, 1991:23, 1994) het weer na nog ʼn model vir die tipes modaliteit verwys, en dit word soos volg gekategoriseer:

1. agent-gebaseerde,

2. epistemiese,

3. spreker-gebaseerde modaliteit,

4. subordinate/ondergeskikte modaliteit.

Epistemiese modaliteit sluit hier ook betekenisse van moontlikheid en waarskynlikheid in, maar Bybee et al. (1994:180) sluit onder hulle model van epistemiese modaliteit ook die betekenisparameter van afgeleide sekerheid in, byvoorbeeld:

[3.78] There must be some way to get from New York to San Francisco for less than $600.

Daar moet ʼn manier wees om van New York na San Francisco vir minder as $600 ter reis. {gevolgtrekking / afgeleide sekerheid}

Ondergeskikte modaliteit verwys na modaliteit in onderskikkende klause soos gesien in betekenisse van die konsessiewe (toegeeflike) although/alhoewel en doelbewuste

sodat (De Haan, 2006:8). Een eksponent van die ondergeskikte modus is die

subjunktief. (Hierdie tipe modaliteit het nie betrekking op modale hulpwerkwoorde nie, en word dus nie ingesluit in hierdie studie se teoretiese model nie.)

156 Agent-gebaseerde modaliteit verwys na die gevalle van modaliteit waar die agent waarna verwys word in die klaus, om een of ander rede gedwing word/verplig word om iets te doen.

Agent-oriented modality reports the existence of internal and external conditions on the agent with respect to the completion of the action expressed in the main predicate. (Bybee et al., 1994:177).

Sekere tipes agent-gebaseerde modaliteit is:

i) Noodsaaklikheid (eksterne faktore bestaan wat die agent dryf om ʼn aksie te doen)

[3.79] All students must obtain written permission from the dean.

Alle student moet skriftelike toestemming van die dekaan verkry.

ii) Verpligting (die bestaan van fisiese omstandighede wat die agent dryf)

[3.80] I need to hear a good loud alarm in the morning to wake up. Ek moet ʼn goeie alarm in die oggend kan hoor om wakker te word.

iii) Vermoë (daar bestaan interne-agent instaatstellende vermoëns)

iv) Begeerte (daar bestaan interne-agent begeertevermoëns)

Agent-gebaseerde modaliteit soos wat Bybee (1985) dit aandui, kan losweg

gesien word as deontiese modaliteit volgens Traugott (2011:384), maar met die betekenisse vermoë en begeerte dek dit ook dinamiese modaliteit se parameters. ʼn Belangrike tipe agent-gebaseerde modaliteit volgens Bybee et al. (1994) is kern- modaliteit, wat verband hou met vermoë maar eksterne faktore word ook in

berekening gebring. ʼn Voorbeeld van kernmodaliteit is:

[3.81] I actually couldn’t finish it because the chap whose shoulder I was reading the book over got out at Leicester Square (Bybee et al.,1994:178; Coates, 1983:114).

157 Ek kon egter nie klaarmaak nie want die ou oor wie se skouer ek die boek gelees het, het uitgeklim by Leicester Square.

Die couldn’t of kon dui nie op die agent se interne onvermoë nie, maar op faktore buite die agent se beheer wat ʼn rol gespeel het om nie die aksie te voltooi nie.

Spreker-gebaseerde modaliteit dui op daardie gevalle van modaliteit waar die

spreker die ‘instaatstellende kondisie’ is. Dit is daardie gevalle waar die spreker aan ʼn aangesprokene ʼn opdrag of toestemming gee. Hierdie modaliteit maak voorsiening vir direktiewe, imperatiewe, verbiedinge, negatiewe imperatiewe, optatiewe, waarskuwings en toestemming. Binne die agentgebaseerde en sprekergebaseerde modaliteitsteorie, word onderskei tussen wortelmodaliteit of dinamies/deontiese modaliteit. In Bybee et al. (1994) se model berus die deurslaggewende faktor op wie of wat ook al die instaatstellende faktor is. As dit die spreker is, dan verwys ons na sprekergebaseerde modaliteit en as dit die agent is, dan verwys ons na agentgebaseerde modaliteit (De Haan, 2006:9).

Verskeie teoretici het die konsepte agentgebaseerde/ sprekergebaseerde modaliteit verfyn deur na interne deelnemer en eksterne deelnemerskap (Van der Auwera & Plungian, 1998:80-86) of selfs na deelnemergeoriënteerde modaliteit (Hengeveld, 2004) te verwys.

Interne deelnemermodaliteit is basies dieselfde as dinamiese modaliteit aangesien dit ook na vermoë en behoefte verwys, byvoorbeeld:

[3.82] John needs a book John benodig ʼn boek

Eksterne-deelnemermodaliteit op sy beurt word weer onderverdeel in deontiese en nie-deontiese eksterne-deelnemermodaliteit. Deontiese modaliteit is ʼn subtipe eksterne-deelnemer modaliteit. Dit sluit toestemming en verpligting in (hetsy van die spreker of ʼn ander bron). Nie-deontiese modaliteit sluit moontlikheid en noodsaaklikheid in. Dit verwys na eksterne omstandighede buite die situasie, byvoorbeeld:

158 [3.83] To get to the station, you can take Bus 66 [Van der Auwera & Plungian

1998:80].

Om by die stasie te kom, kan jy Bus 66 neem.

In hierdie gevalle is daar geen nut vir sprekergebaseerde modaliteit nie, aangesien dit opgevang word deur deontiese modaliteit.

Van der Auwera en Plungian (1998:90) dui egter aan dat hulle moet erken dat hulle nie tevrede is met die benaming deelnemergeoriënteerde modaliteit nie, aangesien dit te vaag is want ʼn klaus kan meer as een deelnemer hê. Hulle oorweeg die term subjek- georiënteerde modaliteit, maar verwerp hierdie nosie aangesien hulle reken dit word nie kruis-linguisties aanvaar nie (De Haan, 2006:10). Traugott (2011:383) dui ook aan dat sprekergebaseerde en ondergeskikte modaliteit eerder as uitdrukkings van die modus gesien moet word. Daarom verwerp hierdie studie van meet af aan hierdie twee onderskeie konsepte as tipes modaliteit.

In Traugott (2011:385) se bydrae tot die ‘tipe-modaliteit’-debat wys sy daarop dat die oorsprong van hierdie debat moontlik bestaan vanweë die kruis-linguistiese verskille tussen tale. Modale hulpwerkwoorde as evidentials (bewyslike modaliteit) kom byvoorbeeld slegs voor onder sekere Germaanse tale soos Duits en Nederlands, byvoorbeeld Nederlandse moeten enkodeer indirekte evidensialiteit (De Haan, 2005). Sekere modale gebruike is dus geografies beperk. Van der Auwera en Amman (2005) het byvoorbeeld die geografiese beperking van die polisemiese aard van epistemiese, deontiese en dinamiese modale onder slegs Europese tale bespreek. Om tipologiese verbande en oorvleuelings tussen tale aan te dui, is semantiese kaarte soos veral deur Van der Auwera en Plungian (1998) gebruik.