• No results found

Die semantiese betekenisnuanses van modaliteit binne die linguistiek

Hoofstuk 3 Modaliteit

3.3 Linguistiese Definisies Van Modus En Modaliteit

3.3.2 Die semantiese betekenisnuanses van modaliteit binne die linguistiek

In hierdie afdeling staan die betekenisaard van modaliteit in al sy skakerings voorop. Teen die agtergrond van die modale logika en verskeie linguistiese studies wat daaruit spruit, word daar vervolgens ʼn ondersoek ingestel na die ‘verskillende betekenisse’ van modaliteit vir die vaslegging van ʼn omvattende begrip van die konsep modaliteit.

108 Modaliteit word op meer as een wyse uitgedruk (Van der Auwera & Diewald, 2012). Afhangende van die linguistiese of buite-linguistiese konteks, vertoon die modaal onder bespreking sekere betekenisskakerings.

Traugott (2011:381) verwys na modaliteit as ʼn superkategorie wat leksikaal of grammatikaal uitgedruk kan word. Sy sien modale uitdrukkings as:

• Nie-feitelik (irrealis),

• Verbandhoudend met die idee van moontlike wêrelde (soos deur Kratzer genoem), en

• dat dit die spreker se idee oor die noodsaaklikheid of moontlikheid van die stand van sake is.

Traugott (2011) verwys ook na die betekenisparameters van *waarskynlikheid7,

*moontlikheid, *noodsaaklikheid en *verpligting wat deur verskillende

grammatikale of leksikale merkers uitgedruk word.

[3.5] Jy moet na die lesing gaan. {verpligting}

[3.6] Dit is noodsaaklik dat jy na die lesing toe sal gaan. {noodsaaklikheid}

[3.7] Jy moet bly wees oor die uitslae. {waarskynlikheid}

[3.8] Ek lei af jy is bly oor die uitslae. {moontlikheid}

Albei gevalle (in sin 5 en 7) van moet is grammatikale merkers en die gebruik van

noodsaaklik en aflei is leksikale merkers. Modaliteit kan uitgedruk word deur

grammatikale merkers (modale hulpwerkwoorde) maar ook leksikale merkers soos werkwoorde byvoorbeeld glo of veronderstel, adjektiewe soos moontlik en

noodsaaklik en bywoorde miskien en regtig. Leksikale items soos werkwoorde,

bywoorde en selfstandige naamwoorde vertoon ook modale betekenis (Huddleston 2002:173). Die uitdrukking van modaliteit deur middel van leksikale werkwoorde, adjektiewe of bywoorde is buite die raamwerk van hierdie studie en daar sal nie verder

7 In hierdie afdeling sal alle betekenisskakerings van modaliteit met ‘n asterisk* aangedui word om

109 hieroor uitgebrei word nie. Vir die doel van hierdie studie word dit nie bespreek nie maar net hier genoem:

Leksikale uitdrukkings van modaliteit:

Engels Afrikaans Nederlands

perhaps possibly necessarily probably certainly surely dalk/miskien moontlik noodwendig waarskynlik sekerlik sekerlik misschien mogelijk noodzakelijkerwijs waarschijnlijk zeker zeker

Tabel 3.1 Modale bywoorde in Engels, Afrikaans en Nederlands

Engels Afrikaans Nederlands

insist permit require aandring toelaat vereis aandringen toelaat vereisen

Tabel 3.2 Modale hoofwerkwoorde in Engels, Afrikaans en Nederlands

Engels Afrikaans Nederlands

possible necessary likely probable bound supposed moontlik noodsaaklik waarskynlik waarskynlik verplig veronderstel mogelijk noodzakelijk waarschijnlijk waarschijnlijk gebonden vermeend

110

Tabel 3.3 Modale adjektiewe in Engels, Afrikaans en Nederlands

Engels Afrikaans Nederlands

possibility necessity permission moontlikheid noodsaaklikheid toestemming mogelijkheid noodzakelijkheid toestemming

Tabel 3.4 Modale selfstandige naamwoorde in Engels, Afrikaans en Nederlands

Die fokus van hierdie studie is grammatikale uitdrukkings in die vorm van modale hulpwerkwoorde en vervolgens sal leksikale merkers van modaliteit nie verder bespreek word nie.

Die semantiek van modale hulpwerkwoorde

Bes moontlik is die belangrikste kenmerk waarvolgens die verskeie modale betekenisse saam gegroepeer word, die bestaan van ʼn kenmerkend kruislinguistiese tendens van tale om te beskik oor ʼn groep grammatikale uitdrukkingsvorms wat bekend staan as modale hulpwerkwoorde. Hierdie modale hulpwerkwoorde druk die betekeniskategorieë soos omskryf in 3.5 uit. Nog meer opmerklik is die feit dat hierdie groep modale hulpwerkwoorde ook in ʼn kruis-linguistiese, sistematiese, ontwikkelingsverhouding bestaan – hulle ontwikkel op ʼn taamlik gesistematiseerde, spesifieke roete van dinamies tot deonties tot epistemies (kyk na 3.5 vir definisies). Hierdie roete is diachronies van aard (Bybee, 1985; Goossens, 1982, 1999; Nuyts, 2001, 2007; Shephard, 1982; Traugott, 2006). Van Ostayen en Nuyts (2004) het hierdie hipotese op die diachronie van kunnen getoets en bevind dat hierdie ontwikkeling van dinamiese tot deontiese modaliteit en geleidelik vandaar af tot epistemiese betekenisse moontlik gebeur deur metonimiese prosesse wat sterk beïnvloed word deur kontekstuele faktore. Hierdie proses is nie noodwendig liniêr nie aangesien sommige epistemiese betekenisse direk uit die dinamiese betekenisse

111 ontstaan het, maar daar is heelwat gevalle waar modale betekenisse van dinamies na deonties tot epistemies ontwikkel het.

Die Longman Grammar of Spoken and Written English (1999) onderskei nege sentrale

modale hulpwerkwoorde in Engels: can, could, may, might, shall, should, will, would en must. Hierdie modale hulpwerkwoorde gaan die negatiewe partikel ‘not’ vooraf, en word voor die subjek in ja/nee-vrae geplaas. In Engels word modale hulpwerkwoorde gevolg deur ʼn enkel spilwerkwoord, byvoorbeeld:

[3.9] Can see

[3.10] Would go

Volgens die ANS (Algemene Nederlandse Spraakkunst) het Nederlands (ans.ruhosting.nl/e-ans/index.html) die volgende klassieke modale hulpwerkwoorde:

kunnen, moeten, (be)hoeven, mogen, willen, zullen met imperfektumvorms kon/ konden, moest/moesten, mocht/mochten wilde/wilden, zou/zouden.

In Afrikaans verskil De Villiers en Ponelis ten opsigte van hulle onderskeid tussen Modale hulpwerkwoorde. Ponelis (1979:246) onderskei vier hooftipes modale hulpwerkwoorde:

(a) Durf, kan, wil, wou, sal, sou, kon, moet, moes (b) Behoort en hoef

(c) Die modale partikel te (d) ʼn resgroep met blyk

(a) Durf, kan, mag, moet, sal en wil verbind direk met die hoofwerkwoord:

[3.11] Durf/kan/mag/moet weggaan

Die modale hulpwerkwoorde kan, moet, sal en wil het preteritale fleksie naamlik kan

-kon; moet -moes; sal-sou en wil-wou. Die preteritale vorm van mag – naamlik mog

is ongebruiklik.

Die preteritale vorms het temporele (naamlik in die verlede tyd) en hipotetiese waarde:

112

*Temporeel:

[3.12] Toe ek jonger was kon ek die myl onder vyf minute draf.

*Hipoteties:

Hierdie preteritale vorms is teenfeitelik

[3.13] As ek jou kon help, sou ek.

[3.14] Enigiets kon gebeur het, maar gelukkig het alles goed afgeloop.

In die volgende voorbeelde word die preteritale vorms met groter omsigtigheid gebruik:

[3.15] Sal jy my kan help?

[3.16] Sou jy my kon help?

[3.17] Meneer Botha sal so iets wil voorstel.

[3.18] Meneer Botha sou so iets wou voorstel.

(b) Ponelis dui behoort en hoef ook aan as modale hulpwerkwoorde. Dit sou

moontlik gesien kan word as quasi-modale soos Collins (2009) en De Haan (1997) daarna verwys. Behoort, hoef, blyk en skyn tree op met die modale partikel te en figureer as infinitiefsinne sonder om.

[3.19] Behoort te weet.

[3.20] Hoef niks te doen nie.

De Villiers (1971) onderskei behoort, hoef, kan, mag, moet, sal en wil as modale hulpwerkwoorde sonder om durf hierby te betrek.

113

Afrikaans Engels Nederlands

Kern Modale Hulpwerkwoorde

Kan/kon Can/could Kunnen/konden

Sal/sou Shall/should Zullen/zouden/ Wil/wou (Want to) Willen/wouden Moet/moes must Moeten/moesten Mag/mog may Mogen/mocht/mochten

(be)hoeven

Kwasi- Modale

Hulpwerkwoorde

Behoort (te) Ought to

Hoef (te) Need/need to Blyk (te), skyn (te),

durf

seems Blijken, schijnen, durven

Tabel 3.5 Modale hulpwerkwoorde in Afrikaans, Engels en Nederlands

Tabel 3.5 benoem al die modale hulpwerkwoorde in ʼn die drie Germaanse susterstale Afrikaans, Engels en Nederlands. ʼn Volledige tipologiese bespreking en vergelyking van die vorm en funksie van Afrikaans, Engels en Nederlandse kern modale hulpwerkwoorde word in Afdeling B aangebied.

ʼn Grammatikale kategorie wat met modale oorvleuel is *temporele uitdrukkings. Modaliteit, tempus en aspek is veral in die verlede as gesamentlike oorhoofse kategorie, naamlik die TAM-kategorie bestudeer. Die moderne tendens is dat hulle as afsonderlike, selfstandige entiteite hanteer word en hierdie studie sluit hierby aan. Die funksionele verhouding tussen hierdie drie kategorieë kan egter nie ontken word nie, aangesien hulle semantiese en sintaktiese ooreenkomste vertoon. Hierdie drie kategorieë staan sentraal ten opsigte van die spreker se kwalifisering van die status van omstandighede en die uitdrukking daarvan in taal (Squartini, 2016:52). Tempus, aspek en modaliteit deel ook sekere leksikale en grammatikale merkers, byvoorbeeld

114 infleksiemerkers, hulpwerkwoorde en partikels stem dikwels ooreen. Wanneer tempus (tense) as objektiewe bestemming op die tyd-aksis geplaas word, staan dit onafhanklik van modaliteit. Aangesien modale houdings egter bydra tot begrondingspredikasies, behoort modale merkers en tyd tot dieselfde kognitiewe dimensies en kan hulle direk in verband staan met mekaar (Patard & Brisard, 2011; Squartini, 2016:52). Modaliteit word gesien as konsepte wat op ʼn skaal lê tussen moontlikheid en noodsaaklikheid (van der Auwera & Plungian, 1998) en dui ook nie-feitelikheid aan (Narrog, 2005). Gevolglik kan die noue verband met tempus (tense) nie ontken word nie.

Modale hulpwerkwoorde kan die toekomende tyd aandui (Traugott, 2011:384; Squartini, 2016:53) en aangesien enige deikties toekomende proposisie nog nie plaasgevind het nie (byvoorbeeld in die geval van sal), kan hierdie proposisie slegs tot die domein van moontlikheid behoort. Ook nie-feitelike uitdrukkings hou verband met sowel die toekomende tyd as modaliteit aangesien die feitelikheid van die uitdrukking bevraagteken word. Die moontlike modale betekenisse van modale hulpwerkwoordkonstruksies vir die toekomende tyd is deur verskeie studies ondersoek. In terme van Engelse will is die debat al gevoer (Depraetere & Williams, 2010) oor die insluiting van will as modaal of nie met die argument dat die nie-feitelike betekenisnuanse van will ʼn modale ondertoon het. In terme van Afrikaans, het Kirsten (2016) in haar proefskrif die verband tussen sal en gaan ondersoek, maar die fokus van haar studie was nie modaliteit as sodanig nie. Alhoewel haar bevindings gebruik sal word, sal die modale hulpwerkwoorde in hierdie studie aan ʼn groter korpuslinguistiese analise blootgelê word. Op soortgelyke wyse sal die modale hulpwerkwoorde could/kon; might/mag; should/sou en would/wou se betekenisse as

suiwer verlede tyd-tempusaanwysers of as modale hulpwerkwoorde ondersoek

word.

Kyk byvoorbeeld na die volgende voorbeelde:

[3.21] I knew I would put on weight.

115

[3.2] In 1971 he knew he could help his brother in his illnesses by writing

about their childhood.

In 1971 het hy geweet hy kan/kon sy broer in sy siekte help deur oor hulle kinderjare te skryf.

Biber et al. (1999:484) verduidelik dat hierdie sinsvoorbeelde nie soseer die aanduiding is van tyd nie, maar die spreker se houding word eerder uitgedruk. Modale geassosieer met die verlede tyd druk meestal *hipotetiese situasies uit (net soos Ponelis (1979) daarna verwys het) en ondertone van beskaafheid en voorlopigheid kan hierdeur uitgedruk word:

[3.23] Could I sit here a minute, Joyce?

(Kan ek vir ʼn minuut hier sit, (asseblief) Joyce?) [3.24] Could you sign one of these too? Would you mind?

(Kan jy een van hierdie ook teken? Sal jy omgee?)

Let op dat die direkte Afrikaanse vertaling van could na kan nie hierdie betekenisonderskeid van could het nie. ʼn Tipologiese ondersoek tussen die ooreenkomste en verskille tussen Afrikaanse en Engelse en Nederlandse modale hulpwerkwoorde volg in Afdeling B.

Biber et al. (1999:485) beveel aan dat modale ongemerk is vir tyd, maar dit verskil van Traugott (2011) en Depraetere en Williams (2010). Die verband tussen modale en tyd word hier verder ondersoek.

Die verband tussen *kondisionele voorwaardelike sinne en modale betekenis bestaan ook in Engels (Traugott 2011:384) aangesien hierdie sinne ook nie-feitelik kan wees. Tyd, kondisionele en modaliteit kombineer in die teenwoordige tyd teenstellende kondisies en in Engels kom dit veral voor met kombinasies van had

116 [3.25] If you had sent me your paper on modality I would have cited it.

As jy aan my jou artikel oor modaliteit gestuur het, sou ek dit aangehaal het.

In Afrikaans is dit die voegwoord as en die verlede tydsvorm gestuur het sowel as die modale hulpwerkwoord sou waaruit hierdie voorwaardelike konstruksie bestaan. Ondersoek na hierdie tipe konstruksies sal in Afdeling B plaasvind aangesien dit nog nie in Afrikaans gedoen is nie. ʼn Volledige tipologiese bespreking van die ooreenkomste en verskille tussen Engels, Nederlands en Afrikaanse modale hulpwerkwoorde vind in Afdeling B plaas.

Modale hulpwerkwoorde en Kwasi-modale hulpwerkwoorde

Biber et al. (1999:484) verwys na marginale hulpwerkwoorde. In Engels is die marginale hulpwerkwoorde:

Need (to) –

Ought (to) – (Behoort…te) Dare (to) (durf…om te) Used (to)

In Engels is need en dare sonder die infinitief to negatief, met die to-infinitief is die gebruik ook positief.

Let op die gebruik van hierdie modale in die infinitiewe konstruksie. Hierdie quasi- modale neem ook net soos die vol modale hulpwerkwoorde negativering en ja/nee vraag-inversie.

Daar kom ook ʼn paar idiomatiese uitdrukkings voor wat dieselfde funksie as modale verrig en hierdie frases sowel as die bogaande marginale hulpwerkwoorde staan bekend as kwasi-modale, quasi-modale of perifrastiese modale:

Had better Have to

117

Got to

Be supposed to Be going to

Anders as die kern modale hulpwerkwoorde kan sommige van die kwasi-modale in Engels vir tyd en persoon gemerk word en hulle kan as nie-finiete vorms voorkom. In die infinitiewe vorm kan kwasi-modale met ʼn sentrale modale werkwoord of ʼn ander kwasi-modaal voorkom:

[3.26] He had to call the police.

[3.27] The county council will have to ask colleges to bid for money on its behalf.

[3.28] Maybe she needs to grow up a bit more.

[3.29] You might need to get back quick.

Benewens hierdie paar voorbeelde is daar ook ander uitdrukkings wat modale betekenisse vertoon soos byvoorbeeld: want to, be able to, be obliged to, be likely to en be willing to. Hierdie uitdrukkings verskil egter van bogenoemde kwasi-modale in die opsig dat die dele waaruit hierdie frases opgebou is onafhanklik staan tot die oorhoofse betekenis van die frase (Biber et al., 1999:484).

Hierdie bespreking oor Engelse kwasi-modale kan nie met ʼn bespreking oor Afrikaanse kwasi-modale (behoort, hoef, blyk, skyn, durf) aangevul word nie aangesien daar nog nie ʼn studie daaroor in Afrikaans gedoen is nie. Ponelis (1979: 246) en De Villiers (1971:28) het hierdie modale wel benoem, maar nie bespreek nie en dit word ook uit hierdie studie se besprekings weggelaat.

Sommige hulpwerkwoorde se betekenisaarde druk modaliteit uit soos gesien in die voorbeeldsinne:

[3.30] The prime minister must have thought about the problem.

Die eerste minister moes oor die probleme gedink het.

[3.31] The prime minister may have thought about the problem. Die eerste minister mag/kon oor die probleme gedink het.

118 In die eerste voorbeeld glo die spreker dit is *hoogswaarskynlik dat die eerste minister oor ʼn bepaalde probleem gedink het. Moes druk die spreker se bepaalde indruk of waarheidspersepsie oor die eerste minister se gedagtes ten opsigte van die probleem uit wat in hierdie geval dui op ʼn hoë graad van sekerheid oor die feitelikheid van sy uitdrukking. In sin 31 het die spreker minder sekerheid oor die eerste minister se gedagtes en die proposisie as sodanig druk dus minder feitelikheid of geloofwaardigheid uit. Uit hierdie voorbeelde kan afgelei word dat modaliteit in verskillende situasies uitgedruk kan word.

In die voorbeeldsinne:

[3.32] You must solve the problem.

Jy moet die probleem oplos.

[3.33] You may solve the problem. Jy mag die probleem oplos.

is dieselfde modale hulpwerkwoorde naamlik moet en mag hier onder bespreking maar die betekenisaarde verskil.

In sin 32 dra moet die betekenis van *verpligting en mag se betekenisonderskeiding is *toestemming. Dit verskil van die betekenisnuanses *waarskynlik,

*geloofwaardig en *onsekerheid soos gesien in sin 33.

Die verhouding tussen vorm en funksie staan hier op die voorgrond aangesien sekere vorms/modale hulpwerkwoorde polisemies is en verskillende betekenisskakerings vertoon, maar ook omdat die merkers kontrasterende betekenisse in ander tale toon.

Can en may kan sinonimies in verskeie omstandighede optree, maar nie volledig nie

– net soos wat can in Engels, kan in Afrikaans, kunnen in Nederlands en können in Duits soortgelyke betekenisse in sekere omstandighede maar ook kontrasterende betekenisse in ander kontekste dra (Van der Auwera & Diewald, 2011:3). Hierdie verskillende betekenisse wat lê in dieselfde woorde/vorms moet en mag/kan word gesien as uitdrukkings van modaliteit en hulle dra elk verskeie semantiese funksies (Van der Auwera & Diewald, 2011).

119 De Villiers (1971:81) verwys na modaliteit as die kwaliteit of karakter van ʼn sin in soverre dit ʼn feit, ʼn begeerte of veronderstelling uitdruk. Die terme modaal en modaliteit word gebruik vir onfeitelike uitings byvoorbeeld *bevele (imperatief),

*wense (*subjunktief), *veronderstellings en *moontlikheidstellings teenoor

feitelike bewerings as neutrale vorms sonder die betekenisskakering van modaliteit.

Biber et al. (1999:485) verdeel modale en kwasi-modale onder drie kategorieë afhangende van hulle kernbetekenis.

1. *toestemming/*moontlikheid/*vermoë

2. *noodsaaklikheid/*verpligting

3. *begeerte/*voorspelling

Volgens Biber et al. (1999) kan elke modaal twee verskillende tipes betekenisse hê, wat as *intrinsieke en ekstrinsieke modaliteit geklassifiseer word. Intrinsieke modaliteit verwys na deontiese en dinamiese modaliteite en ekstrinsieke modaliteit na epistemiese modaliteit, kyk 3.3 vir ʼn bespreking van hierdie onderskeid. Intrinsieke modaliteit verwys na aksies en gebeure wat mense of ander agente direk kan beheer: betekenisse wat verband hou met *toestemming, *verpligting of *begeerte

(*intensie). Ekstrinsieke modaliteit verwys na die logiese status van gebeure wat

gewoonlik verband hou met ʼn assessering van *waarskynlikheid: *moontlikheid,

*noodsaaklikheid of *voorspelling. Daar is gewoonlik twee strukturele korrelate van

modale werkwoorde met intrinsieke betekenisse: (a) die subjek/onderwerp van die werkwoordfrase verwys gewoonlik na ʼn mens – die agent van die hoofwerkwoord; (b) die hoofwerkwoord is gewoonlik ʼn dinamiese werkwoord, met ander woorde ʼn aktiwiteit of gebeurtenis word aangedui wat beheer kan word. Daarenteen kom modale werkwoorde met ekstrinsieke betekenis meestal met nie-menslike onderwerpe voor en hoofwerkwoorde het ʼn statiewe betekenis.

120

Intrinsieke betekenis

[3.34] You can’t mark without a scheme. You must make a scheme.

{verpligting}

Jy (agent) kan nie sonder ʼn skema merk nie. Jy moet ʼn skema maak.

[3.35] We (agent) shall not attempt a detailed account of linguistic categories in this book, but will use as far as possible those which are well enough known.

Ons sal nie poog om ʼn gedetailleerde weergawe van linguistiese kategorieë in hierdie boek te maak nie, maar sal sover moontlik daardie gebruik wat bekend genoeg is. {*intensie}

Ekstrinsieke betekenis

[3.36] You must have thought that you must have so much time. Jy moes gedink het dat jy soveel tyd moet hê {stellend:

noodsaaklikheid}

[3.37] But in other cases his decisions will seem more radical.

Maar in ander gevalle sal sy besluite meer radikaal blyk te wees.

{stellend: hoogswaarskynlik}

Huddleston & Pullum (2002:173) druk die domein of areas van modaliteit uit soos volg:

1. Spreker se houding tot die feitelikheid or aktualisering van die

proposisie/klaus

Modaliteit dui veral die spreker se houding teenoor die feitelikheid of die aktualisering van die situasie aan soos uitgedruk in die klaus. ʼn Klaus soos byvoorbeeld:

[3.38] He wrote it himself. Hy het dit self geskryf.

121 vertoon geen modale betekenis nie. In normale gebruik is die spreker verbind aan sy uiting sonder enige kwalifisering of spesiale klem.

Die sin:

[3.39] He must have written it himself. Hy moes dit self geskryf het.

is egter gemodaliseerd. Die spreker is steeds verbind tot die feitelikheid van die uitdrukking, maar die verbintenis word gekwalifiseer in die sin dat die waarheid oor die proposisie nie aangebied word as direkte onvoorwaardelike kennis nie, maar as kennis wat *afgelei (ook afgeleide sekerheid) is van sekere gegewens. Die aktualiserende betekenis van modaliteit word gesien in die voorbeeld:

[3.40] You must help him. Jy moet hom help.

Hier is dit nie feitelikheid as sodanig nie, maar die *aktualisering van ʼn toekomstige situasie waar die aangesprokene iemand moet help, as betekenisskakering. Die betekenisonderskeiding van *verpligting staan hier voorop.

2. Noodsaaklikheid en moontlikheid

*Noodsaaklikheid en *moontlikheid is kernbegrippe binne modaliteit. Modale

moontlikheid word byvoorbeeld uitgedruk soos volg:

[3.41] He may/might have written it himself. Hy mag/mog dit self geskryf het.

Die *moontlikheid dat die subjek/onderwerp iets self geskryf het word uitgedruk. ʼn Oop houding teenoor die waarheid van die proposisie word uitgedruk.

Soortgelyk sal die sin:

[3.42] You may help her. Jy mag haar help.

122 In die tweede of derde persoon die moontlikheid uitdruk dat die aangesprokene iemand mag help en die betekenisnuanse van *toestemming kom hier na vore; die verwydering van ʼn moontlike hindernis tot die aktualisering van die situasie word aangedui.

3. Verlenging verby die spreker se subjektiewe houding.

In die eerste instansie is modaliteit ʼn kwessie van die *spreker se houding/opinie teenoor die proposisie, maar inherent verleng hierdie houdingsaspek ook tot ander persone wat in die klaus voorkom. In die sin:

[3.43] Kim thinks he must have written it himself. Kim dink dat hy dit self moes geskryf het.

verwys moet na Kim se houding, nie na die spreker s’n nie, maar ons druk dit steeds uit as modale noodsaaklikheid. Modaliteit wys ook nie slegs na die *subjektiewe