• No results found

Hoofstuk 2 Van Grammatikalisering tot Konstruksiegrammatika en

2.3 Radikale Konstruksiegrammatika

2.3.4 Hoe lyk ʼn konseptuele ruimte?

Die konseptueleruimtebenadering ten opsigte van linguistiese en kruislinguistiese navorsing het die afgelope paar jaar ʼn populêre studieterrein binne die linguistiek geword. (Kyk Anderson, 1974, 1982, 1986; Croft, 1991, 2001; Haspelmath, 1997, 2003; Kemmer, 1993; Kortman, 1997; Stassen, 1997; Van der Auwera & Plungian, 1998)

Dit wat universeel is in taal, soos verkry uit kruislinguistiese navorsing in tipologie, kan in die struktuur van ʼn konseptuele struktuur voorgestel word. Croft (2001) verwys eerder na konseptuele ruimtes as semantiese ruimtes omdat die term semanties vir hom te eng is. Die begrip konseptueel maak voorsiening vir pragmatiese en diskoers-

77 funksionele, inligting-funksionele, en stilistiese of sosiale dimensies van grammatikale vorms of konstruksies. Die term ruimte eerder as kaart word hier gebruik om die universele konseptuele ruimte te skei van die plasing van ʼn spesifieke taal se kategorieë op ʼn kaart (soos met die semantiese kaart).

ʼn Konseptuele ruimte verteenwoordig slegs ʼn gedeelte of afdeling van die algehele konseptuele ruimte. Croft (2001) verwys egter na ʼn gedeelte of afdeling van so ʼn universele konseptuele ruimte ook as konseptuele ruimte. Konseptuele ruimte verwys dus in hierdie studie na verskillende funksies wat deur taal uitgedruk word. Konseptuele ruimtes is multidimensioneel, aangesien semantiese, pragmatiese, en

diskoers-funksionele dimensies gekoppel word aan ʼn spesifieke konseptuele ruimte. Die geskrewe medium is egter slegs twee-dimensioneel en die konseptuele

ruimte wat in hierdie studie gebruik word sal ook net twee-dimensioneel wees. Die relevante dimensies van ʼn konseptuele ruimte is die funksies of konvensionele betekenisse van konstruksies in wie se analises ons geïnteresseerd is, sowel as die betekenisse van die elemente wat verskillende rolle vervul in die konstruksies. ʼn Spreker se kennis van taal behels die kartering van konstruksies en kategorieë (die elemente wat verskillende rolle in die konstruksies speel, aldus Croft (2001:92)).

Die konseptueleruimtemodel laat ons toe om funksionele kategorieë (semantiese klasse) en sintaktiese uitdrukkings, wat oor verskillende tale heen ooreenstem, met mekaar in verband te bring (Croft, 2001:98). Kognitiewe ruimtes is die universele

verspreiding van funksies en betekenisse (Croft, 2001).

Croft (2001) het na aanleiding van sy bespreking oor die verskillende woordsoorte ʼn konseptuele ruimte geskep wat aandui hoe hierdie konstruksies en kategorieë in ʼn spreker se verstand bestaan:

78

FUNKSIE

VERWYSING WYSIGER GESEGDE

OBJEK objek objek objek identiteit

verwysing wysiger gesegde gesegde

KATEGORIE EIENSKAPPE eienskap eienskap eienskap ruimtelike

verwysing wysiger gesegde gesegde

AKSIES aksie aksie aksie

verwysing wysiger gesegde

Figuur 2.6 Konseptuele ruimte

Die funksionele eienskappe (verwysing; wysiger; predikaat) definieer die konseptuele ruimte. Dit is ook die horisontale dimensie wat konvensionele betekenisse van die konseptuele ruimte verteenwoordig. Die proposisionele daad druk simboliese verwysings, wysigers en predikate uit. Die vertikale dimensie verwys na die betekenisse van die elemente of kategorieë wat spesifieke rolle in konstruksies vervul. Die semantiese klasse vervul die spesifieke rolle in die konstruksie. Hierdie konseptuele ruimte is twee-dimensioneel vanweë die geskrewe medium. Die

konseptuele ruimte vorm die basis waarop spesifieke tale hul spesifieke

betekenisse en eienskappe kan karteer in ʼn semantiese kaart.

Die konseptuele ruimte van hierdie studie beslaan die betekenisskakerings en parameters van modaliteit. Die konseptuele raamwerk bevat al die verskillende betekenisskakerings en nuanses soos ingesluit onder die sambreelterm ‘modaliteit’ en hierdie betekenisskakerings is universeel en nie taalspesifiek nie. Die konseptuele ruimte van modaliteit word onder Hoofstuk 3.5 bespreek en saamgestel. Hierdie konseptuele ruimte is gebruik as agtergrond waarop ʼn semantiese kaart van modaliteit in Afrikaans gekarteer is. Die funksie hiervan was om ʼn werksmodel in die vorm van ʼn semantiese kaart saam te stel wat ʼn geïntegreerde beeld van modaliteit in Afrikaans

79 in al sy fasette weergee. Die verskil tussen ʼn konseptuele ruimte en ʼn semantiese kaart lê in die verskil tussen universele taalfunksies (soos vervat in ʼn linguistiese begrip se betekenisskakerings) teenoor ʼn spesifieke taal se spesifieke taalkonvensies en funksies soos gekarteer op die semantiese kaart. Mens sal dus eers die algemene konseptuele ruimte van ʼn linguistiese ruimte daarstel, alvorens mens ʼn spesifieke taal se funksies op die ruimte karteer en inkleur en so ʼn semantiese kaart tot stand bring.

ʼn Semantiese kaart is die toepassing van ʼn grammatikale funksie op ʼn spesifieke taal (of tale as dit ʼn taalvergelykende studie is) teen die agtergrond van ʼn konseptuele ruimte. Die konseptuele ruimte is die onderliggende konseptuele struktuur en die semantiese kaart is ʼn kaart van taal-spesifieke kategorieë op die konseptuele ruimte (Croft, 2001:94). Semantiese kaarte is die grense van spesifieke elemente in spesifieke tale (Croft, 2001).

Haspelmath (2003) se definisie verduidelik dat hierdie tipe kaart ʼn geometriese (meetkundige) voorstelling is. Die konseptuele ruimte is teen die agtergrond van hierdie grafiese voorstelling en lyne dui die verband in die hele netwerk aan.

A semantic map is a geometrical representation of functions in ‘conceptual/semantic space’ which are linked by connecting lines and thus constitute a network. The configuration of functions shown by the map is claimed to be universal. (Haspelmath, 2003:213)

Drie entiteite word betrek met die saamstel van ʼn semantiese kaart (Haspelmath, 2003:5):

1. Die konseptuele ruimte (die terrein van die studie; die objek wat bestudeer word en in hierdie studie is die terrein wat bestudeer word modaliteit)

2. ʼn Universele semantiese kaart (ʼn spesifieke linguis se hipotese oor ʼn segment van die konseptuele ruimte wat ondersoek word; in hierdie geval is dit die hipotese in die vorm van ʼn werksmodel wat hierdie studie onderlê). 3. Taalspesifieke en grammatikaspesifieke onderafdelings van die universele

80 Ter illustrasie van die begrippe kan daar gekyk word na Van der Auwera et al (2009) se tweede semantiese kaart van modaliteit, nadat hy en ander navorsers die oorspronklike kaart herbekyk het (Van der Auwera, Kebayov & Vittrant, 2009:298). Op hierdie kaart is daar drie oorhoofse modale betekenisdimensies, te wete heel links Interne Deelnemer (wat in hierdie studie as Dinamiese modaliteit bekendstaan); Eksterne Deelnemer of Deontiese Modaliteit wat in die middelste dimensie vergestalt word en Epistemiese Modaliteit wat regs verbeeld word. Hierdie kaart en ander semantiese kaarte van modaliteit word breedvoerig bespreek in Hoofstuk 3.5.7.

Figuur 2.7 Hersiene semantiese kaart van modaliteit (Van der Auwera, Kebayov & Vittrant, 2009)

Interne- deelnemer moontlikheid Epistemiese moontlikheid Interne- deelnemer noodsaaklikheid ddod Epistemiese noodsaaklikheid Eksterne-deelnemer moontlikheid Deontiese moontlikheid Eksterne-deelnemer noodsaaklikheid Deontiese noodsaaklikheid

81 In hierdie studie word elke modale hulpwerkwoord se konseptuele ruimte en betekenisdimensies op ʼn semantiese kaart gekarteer. Die grammatikale funksies van elke taal verskil en semantiese kaarte druk hierdie individuele en taalspesifieke betekenisdimensies grafies uit. Om elke modale hulpwerkwoord se unieke en eiesoortige betekenisdimensies uit te beeld, word daar telkens gebruik gemaak van semantiese kaarte. In die verskillende analisehoofstukke word semantiese kaarte gebruik om die onderskeie modale tipes en die betekenisskakerings van elke modaal weer te gee. Hierdie geometriese en grafiese voorstelling van ʼn modaal se betekenisskakerings is multidimensioneel. Elke kaart gee ten minste vier dimensies weer:

1. Die spesifieke modale tipe se breë betekenisparameters word aangedui. Die breë betekenisparameter waaroor die modale hulpwerkwoord mag byvoorbeeld beskik, is die van moontlikheid, toestemming en vermoë en op

mag se semantiese kaart word al die dimensies aangedui. In sommige gevalle

word daar semantiese kaarte van ʼn modaal se onderskeie tipes weergegee soos byvoorbeeld in die geval van moet waar die deontiese, dinamiese en epistemiese kaarte van elke tipe afsonderlik weergegee is.

2. Elke modaal se fyner betekenisnuanses word weergegee. Indien die kaart slegs moet se deontiese betekenisse uitdruk sal dit slegs die fyner deontiese betekenisskakerings (moet as direktief en moet as regulering van gedrag) op die kaart uitdruk. Indien die kaart die vergestalting is van ʼn modaal as sodanig word alle nuanses weergegee, maar daar word duidelik onderskei op elke kaart watter nuanses tot watter betekenisskakering behoort.

3. Die tipe deelnemers of agense in die drie kategorieë word benoem. Interne deelnemers hou verband met dinamiese modaliteit, eksterne deelnemers is tipies van deontiese modaliteit en sprekersekerheid vs. sprekeronsekersekerheid dui epistemiese modaliteit aan.

4. Die sterkte of krag waarin elke modaal uitgedruk kan word, word op die kaart weerspieël. Dinamiese en deontiese betekenisse word as hoë, mediaan of lae

82 sterkte aangedui teenoor epistemiese betekenisse wat die spreker se

sekerheid of onsekerheid uitdruk.

ʼn Semantiese kaart is ʼn grafiese uitdrukking van ʼn taalkundige konsep se betekenisomkrywings. Op hierdie wyse word die konseptuele ruimte wat ʼn sekere konsep in ʼn spesifieke spreker vergestalt op ʼn omvattende wyse beskryf.

Figuur 2.8 Die semantiese kaart van mag

Ter illustrasie word mag se semantiese kaart hier aangebring om aan te dui hoe ʼn semantiese kaart die vier betekenisdimensies aandui wat gebruik word om modaliteit en spesifiek modale hulpwerkwoorde te ondersoek. Hierdie kaart dui al mag se betekenisdimensies aan. Sien in Hoofstuk 3.6 hoe die dimensies wat op die kaart voorgestel word, daar uitsien. Figuur 2.8 fokus op al mag se betekenisdimensies, nie slegs een tipe nie. Mag se kernbetekenis is hoofsaaklik deonties en vandaar beslaan deontiese gebruike die grootste ruimte in hierdie kaart. Tweedens vertoon mag ook heelwat epistemiese gebruike wat hier benoem is, maar dit het ook dinamiese gebruike soos hier aangedui. In hierdie studie is elke modale hulpwerkwoord afsonderlik bestudeer en telkens sal óf die semantiese kaart van ʼn modaal in geheel

Interne deelnemer Eksterne deelnemer eerr Volisie Nie-epistemies Epistemies Verpligting Noodsaaklikheid Moontlikheid Toestemming Onsekerheid Hipotese Voorwaarde S T E R K T E S T E R K T E S E K E R H E I D HOOG HOOG LAAG

83 weergegee word soos by mag, óf elke modaal se onderskeie modale tipes se semantiese kaarte as sodanig sal aangebring en bespreek word.

Konstruksies, konstruksienetwerke, konseptuele ruimtes en semantiese kaarte is tot sover bespreek. Konstruksies is die kleinste elemente van taal en hierdie studie bespreek modaliteit in terme van konstruksies. Deurdat die nege modale hulpwerkwoorde reeds gegrammatikaliseer het tot grammatikale items, word grammatikaliseringsteorie nie ingespan om die verdere ontwikkeling van modale konstruksies te ondersoek nie, maar konstruksionalisering, die teorie rondom die verdere ontwikkeling van reeds bestaande konstruksies word hier ingespan. Vervolgens ʼn bespreking van hierdie teoretiese model van taalverandering.

2.4 KONSTRUKSIONALISERING EN