• No results found

HOOFSTUK 4: VERBETERDE KONTANTVLOEI-INLIGTING

4.3 VOORGESTELDE VERBETERDE KONTANTVLOEISTAATFORMAAT

Wanneer bogenoemde voorstelle almal in een kontantvloeistaat gekombineer word, verskaf dit aan die ongesofistikeerde sowel as die spesialis-gebruiker baie meer bruikbare inligting met betrekking tot die kontantgenererende funksie van die maatskappy en die aanwending van die kontant. In Tabel 4.1 is die kontantvloeistaat van Transnet vir die jaar wat op 31 Maart 2003 geëindig het, ingevolge RE 118

opgestel. Tabel 4.2 bevat dieselfde inligting, maar in die kontantvloeiformaat soos deur die skrywer voorgestel.

Die kontantvloei uit bedrywighede kan met behulp van die direkte of die indirekte metode opgestel word. Tot in 2004 het RE 118 vereis dat die inligting wat die indirekte metode in die rekonsiliasie van die wins met die kontantvloei uit bedrywighede verskaf, in ’n aantekening tot die direkte metode geopenbaar moes word. Die metodes het dus dieselfde inligting verskaf, met die direkte metode wat twee addisionele lyne kontantvloei-inligting getoon het. Met die aanvaarding van IAS 7, word die aantekening nie langer by die direkte metode vereis nie en sal die inligting wat deur die twee metodes verskaf word, dus van mekaar verskil. Dit kan die finansiële analise van kontantvloei-inligting en die vergelykbaarheid van verskillende maatskappy verder bemoeilik.

In ’n 2004-studie (Brahmasrene, Strupeck & Whitten, 2004:59) is bevind dat 82% van die topbestuur van maatskappye in die VSA en 70,3% van beleggers en analiste die indirekte metode verkies. Dit is in teenstelling met ander studies (Broome, 2004:18) waar die direkte metode deur gebruikers verkies is. Die redes wat vir die voorkeur van die indirekte metode aangevoer is, is bekendheid, konsekwentheid, die aantoon van die verandering in bedryfskapitaal en die verstaan van die verskil tussen wins en kontantvloei uit bedrywighede (Brahmasrene, et al., 2004:59). Broome (2004) beskryf onlangse gevalle van maatskappye in die VSA wat in die moeilikheid beland het en waar kontantvloei-inligting en veral die klassifikasie tussen die kontantvloei-aktiwiteite gemanipuleer is. Aangesien die direkte metode werklike kontant wat betaal en ontvang is, rapporteer, terwyl die indirekte metode aansuiwerings aan inkomstestaat- inligting maak ten einde die kontantsyfers te bereken, is die indirekte metode meer vatbaar vir manipulasie, waar kontantvloei uit bedrywighede dan beter vertoon as wat dit werklik is. Beide studies (Broome, 2004; Brahmasrene, et al., 2004) beveel aan dat daar nie ’n keuse toegelaat moet word nie, maar dat die direkte metode verplig word, maar met ’n addisionele aantekening waarin die indirekte metode se rekonsiliasie tussen die wins en kontantvloei uit bedrywighede steeds verskaf word. Sodoende word die voordele van beide metodes geïnkorporeer. Broome (2004:20) stel voor dat die rekonsiliasie met die kontantvloei uit bedrywighede begin en met die inkomstestaatsyfer eindig, en nie andersom soos tans die geval is nie. Die motivering vir dié voorstel is dat die aansuiwerings dan dieselfde wiskundige formaat sal

aanneem as die items in die inkomstestaat (byvoorbeeld waardevermindering as ’n nie-kontant-item word afgetrek van die kontant). Dit sal dus meer verstaanbaar vir die gebruiker wees.

Die gebruik van die direkte of indirekte metode word nie hier geïllustreer nie, daarom begin Tabel 4.1 met die kontant wat uit bedrywighede gegenereer is, en by beide die indirekte en direkte metodes bereken word. In Tabel 4.2 is die ekwivalent die kontant wat aktief deur die bestaande hulpbronbasis gegenereer word. In Tabel 4.2, die voorgestelde kontantvloeistaat, word die generering en die aanwending van kontant sistematies verduidelik. Die eerste subtotaal, R9 277 miljoen (2002: R6 621 miljoen), is die kontant wat intern gegenereer word deur die bestaande hulpbronbasis. Hierdie subtotaal behoort positief te wees, aangesien dit verwys na die kontant waarmee die bedrywighede van dag tot dag bedryf word en wat gebruik moet word om die nie- bedryfsbates van die bestaande hulpbronbasis wat hierdie kontant daarstel, in stand te hou. Die volgende subtotaal is die verpligte aanwending van kontant, -R9 992 miljoen (2002: -R3 723 miljoen), vir die terugbetaling van lenings wat nie verleng kan word nie, rente en belasting wat betaal word, asook die vervanging van nie- bedryfsbates van die bestaande hulpbronbasis. Die -R715 miljoen kontant (2002: R2 898 miljoen), wat oorbly na die verpligte aanwending, is moontlik die belangrikste syfer in die kontantvloeistaat. Hierdie kontant is beskikbaar vir diskresionêre aanwending deur die bestuur, byvoorbeeld vir uitbreiding, die betaal van dividende of die terugkoop van aandele, sonder dat van eksterne finansiering gebruik gemaak word. Hierdie totaal behoort positief te wees, anders is die kontant wat die maatskappy intern genereer, onvoldoende om verpligte kontantbetalings te maak, om nie eers aan uitbreiding of dividendebetalings te dink nie.

Dit is egter belangrik dat kontantvloei oor ’n tydperk beoordeel word, aangesien daar in die verlede met tydverloop genoeg kontant intern gegenereer kon word om wel dividende te betaal, al is daar vir een jaar ’n tekort uit kontant wat intern gegenereer is. Die kumulatiewe kontantvloei-inligting (byvoorbeeld vir ’n vyf-jaar-tydperk) sal ook die inligting verskaf wat nodig is om te beoordeel of die vervanging van nie- bedryfsbates voldoende was om die bestaande hulpbronbasis in stand te hou.

Tabel 4.1: Kontantvloeistaat van Transnet vir die jaar geëindig 31 Maart 2003 ingevolge RE 118

2003 2002

R milj R milj

Kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite 4 835 1 922

Kontant uit bedrywighede voortgebring 8 285 4 973

Rente ontvang 967 1 597

Dividende ontvang 25 51

Rente betaal (2 654) (2 826)

Totale belasting betaal (259) (302)

Dividende betaal (1 529) (1 571)

Kontantvloei uit investeringsaktiwiteite (2 814) (3 945)

Aankoop van eiendom, aanleg en toerusting (10 601) (4 122)

Aankoop van ontasbare bates (207) (121)

Beleggings en lenings 7 087 (610)

Opbrengs met die verkoop van eiendom, aanleg en toerusting 798 1 276

Opbrengs met die verkoop van filiale 109 15

Verkryging van filiale en besighede - (383)

Kontantvloei uit finansieringsaktiwiteite (7 145) 7 770

Opbrengs uit langtermynlenings 192 6 419

Terugbetaling van langtermynlenings - -

Korttermynlenings (5 911) 1 351

Opbrengs van aandele-uitgifte - -

Netto valuta en afgeleide instrumentverlies (1 426) -

Netto toename in kontant en kontantekwivalente (5 124) 5 747

Netto valuta-aanpassing aan kontantsaldo’s (949) 999

Kontant en kontantekwivalente aan die begin van die jaar 7 056 310 Kontant en kontantekwivalente aan die einde van die jaar 983 7 056

Tabel 4.2: Kontantvloeistaat van Transnet vir die jaar geëindig 31 Maart 2003 ingevolge die voorgestelde formaat

2003 2002

R milj R milj

Kontant intern gegenereer 9 277 6 621

Kontant aktief gegenereer deur bestaande hulpbronbasis 8 285 4 973

Plus kontant passief gegenereer

Rente ontvang 967 1 597

Dividende ontvang 25 51

Verpligte kontantbesteding en instandhouding van

bestaande hulpbronbasis (9 992) (3 723)

Rente betaal (2 654) (2 826)

Normale belasting betaal (75) (103)

Verpligte leningterugbetalings - -

Kontant gebruik om bestaande hulpbronbasis in stand te hou (7 263) (794)

Opbrengs met verkoop van eiendom, aanleg en toerusting Vervanging van eiendom, aanleg en toerusting

Vervanging van ontasbare bates Opbrengs van verkoop van filiale

Verkryging van filiale as vervanging netto van kontant verkry 798 (7 963) (207) 109 - 1 276 (1 964) (121) 15 -

(Tekort)/Oorskot van kontant intern gegenereer voor

diskresionêre besteding (715) 2 898

Diskresionêre besteding van kontant 2 736 (4 921)

Dividende betaal (1 529) (1 571)

Sekondêre belasting op maatskappye betaal (184) (199)

Vrywillige leningterugbetalings - -

Aandele-terugkope - -

Kontantvloei uit diskresionêre investeringsaktiwiteite 4 449 (3 151)

Verkryging van filiaal, as uitbreiding, netto van kontant

verkry - (383)

Uitbreiding van eiendom, aanleg en toerusting (2 638) (2 158)

Diskresionêre beleggings en lenings 7 087 (610)

(Tekort)/Oorskot van kontant intern gegenereer 2 021 (2 023)

Kontant ekstern gegenereer (6 681) 8 057

Langtermynlenings verkry 192 6 419

(Terugbetaling)/verkryging van korttermynlenings (5 911) 1 351

Netto valuta en afgeleide instrumentverlies (1 426) -

Bankoortrekking 464 287

Opbrengs uit aandele-uitreiking - -

Netto toename in kontant en likiede hulpbronne (4 660) 6 034

Netto valuta-aanpassing aan kontantsaldo’s (949) 999

Kontant en likiede hulpbronne aan begin van tydperk 7 343 310

Gedurende 2003 is aansienlik meer aan die vervanging van nie-bedryfsbates bestee as gedurende 2002. Dit is egter nie te sê dat 2003 oormatig was nie, 2002 was miskien heeltemal te min. Twee jaar se kontantvloei-inligting is beslis onvoldoende om tot ’n gevolgtrekking oor die vervanging van nie-bedryfsbates te kom.

Dit is interessant dat die diskresionêre investering gedurende 2003 tot ’n invloei van kontant gelei het, wat vir die tekort uit die interne kontantgenerering moes vergoed. Na die diskresionêre aanwending is daar ’n oorskot kontant in 2003 van R2 021 miljoen (2002: ’n tekort van -R2 023 miljoen). Daar moet dus vervolgens verduidelik word hoe hierdie oorskot aangewend is, òf vir die vrywillige terugbetaling van lenings òf om bestaande kontantbronne te verhoog; of hoe die tekort aangevul is uit eksterne bronne, òf deur verdere lenings òf deur nuwe aandele uit te reik.

4.4 GEVOLGTREKKING

Die gebruik van die kontantvloeistaat neem toe onder gebruikers. Die spesialis-, sowel as die nie-spesialis-gebruiker kan baie waardevolle inligting uit die kontantvloeistaat kry. Ongelukkig is daar dubbelsinnighede in die interpretasie van die standaard oor kontantvloeistate en dit veroorsaak dat die kontantvloei-inligting wat deur maatskappye verskaf word, nie tot die volle potensiaal benut word nie.

Alvorens kontantvloei-openbaarmaking nie in die praktyk aangespreek word en verbeter nie, is analiste en gebruikers daarop aangewese om die inligting soos wat dit tans gepubliseer word, op die beste manier aan te wend. In die res van hierdie studie word kontantvloei-inligting soos in die gepubliseerde state van genoteerde industriële maatskappye verkry en in die USB-databasis gestandaardiseer, aangewend en gegroepeer ten einde dit te benut in ’n model om die kontantgenererende vermoë van maatskappye te beoordeel. Die vrye kontantvloeibeginsel word onderskryf, met die aanwending van intern-gegenereerde kontant vir verpligte betalings en vervangende investering, en ’n beoordeling of die kontantgenerering van die maatskappye voldoende is om hierdie noodsaaklike besteding te finansier. By die gebrek aan ’n syfer vir vervangende investering word ’n alternatief wat as plaasvervanger gebruik kan word, gesoek.

aan veranderinge in AARP blootgestel. Daarom behoort kontantvloeigegewens beter in tydreeksontledings aangewend te kan word en behoort dit oor verskillende tydperke meer vergelykbaar te wees. In die volgende hoofstuk word die tydreekseienskape van KVB en wins ondersoek.

HOOFSTUK 5: DIE VERWANTSKAP TUSSEN WINS VIR DIE