• No results found

TEORETIESE MODEL ONDERLIGGEND AAN OORBEDRYF

6.3 ’N TEORETIESE MODEL ONDERLIGGEND AAN OORBEDRYF

D. Hoë groei, hoë Bk en lae wins, groei stabiliseer na 3 jaar

6.4 TOETS VAN INGRAM EN LEE SE HIPOTESE 9 1 Navorsingsprobleem

6.4.3.2 Afleidings oor hoë-wins teenoor lae-wins-maatskappye

In Tabel 6.5 is die mediane van die mees onlangse tydperke (wat in 2002 eindig) vir elke tydsduur. Die verskil tussen die tydsdure is dus slegs vanweë maatskappye wat vir die eerste keer by die korter tydsduur ingesluit word omdat hulle nuut genoteer is of die produk van ’n groot struktuurverandering was, maar nie deel van die langer tydsduur vorm nie.

Die mediaan ten opsigte van die winspersentasie vir HKV- en LKV-maatskappye binne die winsgroepe verskil nie veel by die 10-, die 5- en die 4-jaar-tydsdure nie. Daar word dus redelik voldoen aan Ingram en Lee se kontrole om met dieselfde winsorde binne ’n groep te werk. By die 3-jaar-tydsduur is daar egter ’n relatiewe verskil tussen die mediaan vir die winspersentasie van die HKV- en die LKV- maatskappye in die hoë winsgroep.

Die mediaan vir die winspersentasie van die hoë winsgroep ten opsigte van al die tydsdure is rondom 12% en dié vir die middel winsgroep rondom 6%. Dit is egter opmerklik dat die mediaan ten opsigte van die winspersentasie vir die lae winsgroep meer negatief word, hoe korter die tydsduur onder oënskou. Die 10-jaar-mediaan- winspersentasie vir die lae-wins-HKV-groep is 2,62%, dié van die 5-jaar-tydsduur 2,24%, terwyl dié vir die 4-jaar- en 3-jaar-tydsdure vir die lae-wins-HKV-groep onderskeidelik 0,26% en -0,94% is.

Die hoë winsgroep en die ander twee groepe verskil wat investering en nie- bedryfsbates tot totale bates betref. Die kontant wat vir investering in nie- bedryfsbates (KVI) aangewend word, is tot 10% van verkope by die hoë winsgroep, terwyl die mediaan onder 5% is by die lae en middel winsgroepe. Die groei in totale bates is ook heelwat hoër by die hoë winsgroepe. Die nie-bedryfsbates tot die totale

bates is die hoogste in die hoë winsgroep. Dit is te verwagte, aangesien die meer winsgewende maatskappye in meer bates kan belê. Daarmee saam neem skuld tot totale bates af vir die hoë winsgroepe, wat ook ’n aanduiding is dat die hoë winsgroepe nie so veel afhanklik is van eksterne finansiering vir investering nie.

Tabel 6.5: Mediane van die HKV- en LKV-maatskappye in die winsgroepe

10 jaar: 1993 – 2002

Aantal Wa KVB Δ Ver Δ TB Δ V Δ Deb Δ Kre Div KVI KVF Skuld/TB NB:TB Lae wins: HKV 15 2,62% 3,78% 15,03% 9,44% 4,90% 12,12% 12,79% 23,73% -2,72% 0,63% 69,65% 27,38% Lae wins: LKV 14 2,69% 0,87% 9,04% 6,67% 10,04% 8,18% 7,83% 10,63% -2,34% 1,29% 65,86% 30,25% Middel wins: HKV 9 6,37% 7,31% 11,45% 8,67% 6,94% 6,72% 9,97% 12,34% -4,81% 0,48% 47,17% 56,09% Middel wins: LKV 20 6,54% 5,15% 19,00% 13,93% 9,51% 16,89% 15,55% 21,20% -4,63% 1,43% 55,17% 24,71% Hoë wins: HKV 22 12,80% 13,69% 12,77% 11,85% 7,94% 12,41% 14,60% 38,73% -10,16% 0,23% 37,25% 57,36% Hoë wins: LKV 8 12,76% 11,42% 16,73% 16,74% 14,32% 15,84% 14,61% 32,65% -8,10% 0,88% 38,58% 56,20% 5 jaar: 1998 – 2002

Aantal Wa KVB Δ Ver Δ TB Δ V Δ Deb Δ Kre Div KVI KVF Skuld/TB NB:TB Lae wins: HKV 23 2,24% 2,70% 11,36% 7,85% -1,05% 5,65% 5,69% 16,03% -2,43% 0,27% 63,71% 27,86% Lae wins: LKV 20 1,65% 0,61% 5,83% 3,57% 8,94% 6,78% 6,76% 0,99% -2,59% 3,37% 63,65% 26,26% Middel wins: HKV 16 5,79% 7,02% 12,93% 6,64% -1,39% 5,30% 10,01% 11,18% -4,31% 0,06% 56,88% 36,14% Middel wins: LKV 28 6,71% 5,29% 16,59% 15,30% 15,26% 13,68% 13,83% 22,48% -4,02% 1,20% 54,60% 24,70% Hoë wins: HKV 15 12,87% 15,24% 15,86% 14,30% 3,45% 9,82% 7,41% 22,85% -9,05% 1,03% 37,93% 62,31% Hoë wins: LKV 29 12,18% 8,51% 17,93% 16,63% 13,94% 15,05% 13,05% 26,89% -6,97% 0,73% 48,83% 50,69% 4 jaar: 1999 – 2002

Aantal Wa KVB Δ Ver Δ TB Δ V Δ Deb Δ Kre Div KVI KVF Skuld/TB NB:TB Lae wins: HKV 32 0,26% 2,55% 5,88% -0,52% -1,90% 2,05% 8,79% 0,00% -3,04% 1,34% 73,01% 26,94% Lae wins: LKV 20 1,50% -0,05% 9,81% 5,91% 7,62% 7,99% 6,58% 1,24% -1,83% 3,73% 62,59% 26,59% Middel wins: HKV 19 5,43% 6,87% 16,87% 8,44% 7,32% 7,16% 13,49% 8,31% -4,79% -0,10% 56,17% 32,62% Middel wins: LKV 33 6,86% 4,74% 18,57% 14,57% 10,30% 11,74% 7,97% 23,46% -2,58% 0,10% 52,58% 27,32% Hoë wins: HKV 20 13,37% 15,22% 16,48% 13,17% 12,83% 11,97% 11,16% 24,01% -9,53% 0,01% 38,71% 61,48% Hoë wins: LKV 32 12,07% 10,01% 16,87% 14,88% 13,71% 14,48% 11,17% 19,18% -7,64% 0,97% 43,12% 46,67% 3 jaar: 2000 – 2002

Aantal Wa KVB Δ Ver Δ TB Δ V Δ Deb Δ Kre Div KVI KVF Skuld/TB NB:TB Lae wins: HKV 37 -0,94% 0,88% 0,83% -6,05% -3,02% -9,07% -2,42% 0,00% -2,35% 0,40% 74,87% 25,72% Lae wins: LKV 25 -0,87% -3,67% 14,13% 5,03% 7,96% 4,10% 3,59% 0,00% -1,35% 1,33% 66,44% 18,47% Middel wins: HKV 27 5,61% 7,63% 14,76% 7,92% 12,67% 4,79% 15,25% 0,00% -3,68% -1,08% 57,35% 31,86% Middel wins: LKV 35 6,53% 5,22% 15,27% 9,58% 9,94% 14,71% 12,37% 20,30% -3,80% 0,10% 53,79% 25,12% Hoë wins: HKV 22 15,23% 16,06% 21,62% 11,34% 21,23% 11,67% 13,15% 17,06% -10,26% 0,24% 44,70% 61,83% Hoë wins: LKV 40 11,85% 8,47% 21,25% 14,59% 14,60% 13,48% 14,47% 17,36% -7,49% 1,00% 41,84% 44,39%

Wat opmerklik is, is dat dit slegs by die HKV-maatskappye is waar daar ooit negatiewe groei is, hetsy in totale bates, voorraad, debiteure of krediteure. Dit is in ooreenstemming met die teorie wat in 6.2 verduidelik word, naamlik dat die LKV- maatskappye die groeimaatskappye is. Dit is ook die maatskappye met laer

winspersentasies wat ’n negatiewe groei toon, aangesien die maatskappye met hoër winspersentasies vir langer tydperk ’n hoër groei kan dra. Die onstabiliteit van die 3- jaar-tydsduur word weer beklemtoon deurdat die mediaan ten opsigte van groei in verkope, totale bates, voorraad, debiteure en krediteure negatief vir die lae-wins- HKV-groep is; en die mediaan ten opsigte van groei in verkope maar slegs 0,83% is, wat ver onder inflasie is.

Die maatskappye wat vir tien jaar bestaan, het waarskynlik al ’n sterker dividendbeleid wat hulle wil volhou, want selfs in die lae winsgroep word ’n redelik hoë gedeelte van wins na belasting as dividende verklaar. Daarteenoor is die 3-jaar- groep, wat 186 maatskappye insluit teenoor die 88 van die 10-jaar-groep (wat ook by die 3-jaar-groep ingesluit is), waar die mediaan van al die lae-wins-maatskappye, asook die middel-wins-HKV-maatskappye, geen dividende betaal nie. Die verklaring hiervoor kan wees dat die 3-jaar-maatskappye ’n klomp nuwe maatskappye insluit wat nog nie ’n gevestigde dividendbeleid het nie en wat ook nog eers gevestig moet word en daarom word die kontant wat wel beskikbaar is, op investering in bedryfs- en nie-bedryfskapitaal aangewend.

6.4.4 Gevolgtrekking

Die hipotese van Ingram en Lee, naamlik dat maatskappye waarvan die aangepaste wins groter as KVB is, meer groei toon in verkope, voorraad, debiteure, krediteure en totale bates, terwyl hulle minder dividende verklaar, minder investeer in nie- bedryfsbates, minder kapitaalintensief is en meer kontant uit finansieringsaktiwiteite bekom, is in hierdie studie op Suid-Afrikaanse genoteerde industriële maatskappye getoets.

Verskillende tydsdure, 10-, 5-, 4- en 3-jaar, oor verskillende periodes in tyd, is getoets. Die patrone wat Ingram en Lee verwag, het in al bogenoemde tydsdure na vore tree. Die 10-jaar-tydsduur toon goeie resultate, maar omdat daar baie min maatskappye is wat vir so ’n lang periode oorleef, bemoeilik dit die berekening van mediane. Boonop is die resultate van die 10-jaar-tydsduur dié van maatskappye wat al vir ten minste tien jaar oorleef. Dit kan as sulks nie op jonger maatskappye toegepas word nie. Die 3-jaar-tydsduur lewer die swakste resultate. Dit is waarskynlik daaraan te wyte dat die 3-jaar-groep baie maatskappye insluit wat nuut genoteer is

en nog in ’n vinnige uitbreidingsfase of ’n fase is waar hulle van die grond af moet kom. Dit is waarskynlik binne hierdie groep maatskappye waar maatskappye lê wat òf strategie moet verander en stabiliseer òf wat op risiko is vir ’n struktuurverandering of denotering aangesien die 4- en 5-jaar-groepe heelwat meer gevestig voorkom. Die 5-jaar-tydsduur ondersteun die Ingram-Lee-hipotese 100% vir groei in voorraad en debiteure. By elk van groei in verkope, groei in totale bates, groei in krediteure, kontant aan investeringsaktiwiteite en nie-bedryfsbates tot totale bates is daar slegs by een uit nege kategorieë ’n afwyking. Daar is by twee uit nege kategorieë gevind dat die kontant uit finansieringsaktiwiteite nie aan die verwagting voldoen nie. By drie uit nege het die dividende as persentasie van wins na belasting afgewyk. Dit kan moontlik daaraan toegeskryf word dat die bestuur van maatskappye baie maal ongeneë is om die beskikbaarheid van kontant teen die verklaring van dividende op te weeg en eerder die aandeelhouers gelukkig sal hou. Alhoewel daar min maatskappye in die toetse is, ondersteun die resultate tog die Ingram-Lee-hipotese.

6.5 PROFIEL VAN GENOTEERDE INDUSTRIËLE MAATSKAPPYE