• No results found

HOOFSTUK 4: VERBETERDE KONTANTVLOEI-INLIGTING

4.2 VOORGESTELDE VERBETERINGE AAN KONTANTVLOEI-INLIGTING 1 Algemeen

4.2.3 Verpligte aanwending en instandhouding van bestaande hulpbronbasis

Die betaling van rente en belasting en die aflossing van lenings wat nie omgerol kon word nie, verteenwoordig die verpligte aanwending van intern-gegenereerde kontant. Finansieringskoste wat betaal word, moenie deel vorm van “kontant intern gegenereer” nie, want die teenwoordigheid of afwesigheid van buite-finansiering verander nie die kontant-genererende vermoë van die maatskappy nie (Stephens & Govindarajan, 1990).

Na die aftrekking van verpligte betalings, is die aanwending van die oorskot kontant volgens die bestuur se diskresie. Die kontantvloeistaat kan die logika duidelik weerspieël, ook vir die ongesofistikeerde gebruiker om te verstaan.

In die huidige kontantvloeistaat word ’n onderskeid getref tussen kontantvloei van ’n kapitale aard en kontantvloei van ’n inkomste aard. Dit word hoofsaaklik gebaseer op die aard van die bate wat verkry is. Kontantvloei van kapitale aard word as investeringsaktiwiteite geklassifiseer. Voorbeelde hiervan is kontantvloei wat

eiendom, aanleg, toerusting, ontasbare bates en ander langtermynbates raak. Rutherford (1982:45) definieer kapitaaluitvloei as die uitvloei waarsonder toekomstige kontantinvloei in meer as een finansiële tydperk minder sou wees. Hy besef egter dat so ’n onderskeid subjektief sal wees. Voorraadaankope beïnvloed byvoorbeeld gewoonlik slegs een finansiële tydperk, maar dit kan ook ’n langer periode beïnvloed. Die aankoop en verkoop van voorraad verskil nie in beginsel van die aankoop en verkoop van eiendom, aanleg en toerusting nie. Nurnberg (1993:63-64) beskou dit as ’n tekortkoming in die onderskeid tussen bedryfs- en investeringsaktiwiteite. Besteding op beide is aangegaan ten einde die bestaande aktiwiteite te onderhou en die voortbestaan daarvan in die toekoms te verseker. Lee (1982b:348) stel voor dat ’n moontlike oplossing is om dit nie verskillend te hanteer nie, maar om die besteding as een item af te trek en genoeg inligting omtrent die aard daarvan te openbaar. Geen waardevermindering word in die huidige kontantvloeistaat in die bepaling van die kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite afgetrek nie, aangesien waardevermindering slegs ’n boekinskrywing en nie ’n kontantitem is nie. Die interne generering van kontant maak daarom nie daarvoor voorsiening dat die maatskappy besig is om die nie-bedryfsbates wat kontant genereer, op te gebruik nie en dat dit nodig sal wees om hierdie nie-bedryfsbates te vervang ten einde bloot die huidige produksievlakke in stand te hou nie. Volgens Everingham en Watson (2002:20:11) sal die kontant uit bedrywighede dus altyd die ware posisie van die maatskappy oorstateer. Daarenteen sal die posisie altyd onderstateer word indien totale besteding soos deur Lee (1982b:348) voorgestel, afgetrek word. Die gebruiker wil die kontantgenererende vermoë van die maatskappy beoordeel, asook die vermoë om daardie vlakke in stand te hou. Die voortsetting van die interne generering van kontant sal net redelik verseker wees indien die huidige produktiewe kapasiteit behou word. Dit is daarom nodig dat die besteding om die huidige produktiewe hulpbronbasis in stand te hou, apart getoon word van die besteding om die hulpbronbasis uit te brei, ongeag of die besteding van ’n kapitale of ’n inkomste-aard was.

Die kontant wat aangewend is ten einde die huidige hulpbronbasis in stand te hou, moet na aftrekking van die verpligte betalings van die intern-gegenereerde kontant afgetrek word. Hierdie metode stem ooreen met die beginsel van vrye kontantvloei wat deur Sondhi, Sorter en White (1987) voorgestel is. Dit omvat ook Hawkins (1977) se kontantvloei-analise. Die orige intern-gegenereerde kontant is beskikbaar vir

diskresionêre aanwending, wat Mills, Bible en Mason (2002) beskou as groei- georiënteerde kapitaalbesteding en verkrygings, aflossing van skuld, dividende en die terugkoop van aandele.

Gedurende die 2001-finansiële jaar het 41% van die Suid-Afrikaanse genoteerde industriële maatskappye reeds die toedeling tussen instandhouding en uitbreiding van die bestaande hulpbronbasis in een of ander vorm geopenbaar (Steyn & Hamman, 2003a). Die onderskeid is dus moontlik, al is dit subjektief en die voordele wat die gebruiker daaruit kan kry, sal by verre die nadeel van subjektiwiteit oorskry. Climo (1976:3) redeneer dat die boonste vlak van openbaarmaking wat verskaf moet word, dit moet wees waarsonder die gebruiker nie ’n rasionele besluit sal kan maak nie. Die onderskeid tussen die instandhouding en uitbreiding kan noodsaaklik wees in ’n model wat die gebruiker ontwikkel ten einde kontantvloei van ’n maatskappy te beoordeel. Diskresionêre investering in addisionele nie-bedryfsbates en selfs verhoogde voorraadvlakke kan tot die generering van addisionele interne kontant lei. Die skeiding van diskresionêre investering sal die gebruiker dus in staat stel om tussen die bestaande kontantgenererende vermoë en die uitbreiding daarvan te differensieer.

Indien ’n maatskappy nie geld bestee om die bestaande hulpbronbasis in stand te hou nie, sal die kontantgenererende vermoë van die maatskappy geleidelik verminder. In so ’n geval sal die kontant wat intern gegenereer is, hoër wees as wanneer kontant vir die vervanging van bestaande hulpbronne aangewend is. Namate die produksievlakke egter met verloop van tyd afneem, sal die kontant wat intern gegenereer is, ook geleidelik verswak. Deur die kontant wat maatskappye in die instandhouding van hulpbronne aanwend onderling te vergelyk, sal gebruikers die verskillende vervangingsbeleide kan beoordeel. Die tydsberekening en die sekerheid van die generering van toekomstige kontant kan op hierdie wyse geëvalueer word. Enige kontantvloei wat voortvloei vanuit die verkoop van ’n deel van die bestaande hulpbronbasis, hetsy ’n nie-bedryfsbate of ’n filiaal, behoort in die “instandhoudings- afdeling” ingesluit te word, aangesien die interne bron vir die generering van kontant daardeur geraak is.

4.2.4 Belasting

bedryfsbate in by kontantvloei uit investeringsaktiwiteite, terwyl die belastingeffek van die verkoop by belasting betaal ingesluit is. Dit word van kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite afgetrek (Nurnberg, 2003; Turpen & Slaunbaugh, 1994). RE 118.40-.41 bepaal dat belasting in ooreenstemming met die transaksie wat daaraan oorsprong gee, geklassifiseer moet word. Sodanige toedeling sal die akkuraatheid van kontantvloeikategorieë verbeter, maar dit kan moeilik wees. Die noodsaak om normale belasting in ooreenstemming met die oorspronklike transaksie toe te deel, verminder wanneer die opbrengs van nie-bedryfsbates wat verkoop word, saam met intern-gegenereerde kontant gegroepeer word, en nie as investeringsaktiwiteite nie.

Sekondêre belasting op maatskappye word spesifiek verbind aan dividende wat betaal word en moet dus in dieselfde kategorie as die dividende ingesluit word.