• No results found

Finansiële eienskappe

1.4 UITEENSETTING VAN DIE STUDIE

In Figuur 1.3 is die oorkoepelende doel van hierdie studie geïllustreer, as synde: (a) die identifikasie van oorbedryfsmaatskappye en

(b) die klassifikasie van oorbedryfsmaatskappye tussen misluk en nie-misluk met behulp van ‘n model.

Drie komponente is onderliggend aan oorbedryf, naamlik die wins, die groei in verkope en die bedryfskapitaalstruktuur van die maatskappy. Die wisselwerking van die drie komponente bepaal of die maatskappy van oorbedryf gebruik maak al dan nie. ‘n Oorbedryfsmaatskappy, soos in hierdie studie gemeet, word herken aan ‘n negatiewe kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite voor dividende betaal en ‘n aangepasde winssyfer wat groter is as die kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite voor dividende. In die tesis word die vrae wat rondom kontantvloeigegewens, wins en groei ontstaan, eers ondersoek, waarna aan die doel van die studie beantwoord word. Die struktuur van die tesis word in Figuur 1.4 geïllustreer.

Hoofstuk 2: Literatuurstudie

Die literatuurstudie fokus op die navorsing wat reeds in die veld van mislukkingvoorspelling gedoen is, spesifiek waar van kontantvloei-inligting gebruik gemaak is. Die literatuur wat spesifiek betrekking het op een van die kwessies wat in ’n afsonderlike hoofstuk bespreek word, word binne daardie spesifieke hoofstuk uiteengesit.

In hierdie hoofstuk word twee vraagstukke aangespreek:

• Is dit nodig om ’n gestandaardiseerde kontantvloeidatabasis by te werk vir die data van 2001 tot 2003, of is die kontantvloeistate in die gepubliseerde finansiële jaarstate in so ’n mate gestandaardiseer dat ’n kommersieel beskikbare databasis gebruik kan word?

• Is die kontantvloeidatabasis van die USB, wat met die aanvang van die studie slegs tot 2000 tot op datum was, korrek gestandaardiseer? Ten einde hierdie vraag te beantwoord, moet rekonsiliasies tussen die wins na belasting en die kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite voor dividende van maatskappye op die databasis gedoen word.

Figuur 1.4: Komponente van die studie

Hoofstuk 4: Verbeterde kontantvloei-inligting

Na aanleiding van die ondersoek na die toestand van die openbaarmaking van kontantvloei-inligting by genoteerde industriële maatskappye (Hoofstuk 3) en ’n literatuurstudie oor die teenstrydighede in die standpunt wat die formaat van die kontantvloeistaat reguleer, word ’n verbeterde formaat vir die kontantvloeistaat aanbeveel. Die doel van die formaat is tweeledig, eerstens om ’n meer verstaanbare

(a) Identifikasie van oorbedryfsmaatskappye

(b) Klassifikasie van oorbedryfsmaatskappye

Model vir

oorbedryfsmaatskappye

Model met behulp van vrye kontantvloei

Groei in verkope Wins

Kontantvloeigegewens

formaat daar te stel vir die minder gesofistikeerde gebruiker en tweedens om die kontantvloei-inligting in ’n meer logiese en bruikbare formaat aan te bied vir beter aanwending in modelle vir die evaluering van die kontantgenererende vermoë van die maatskappy. ’n Vrye kontantvloeiformaat vir die kontantvloeistaat word dus ontwikkel wat meer bruikbaar vir die gebruiker van kontantvloei-inligting is.

Hoofstuk 5: Die verwantskap tussen wins vir die tydperk en kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite - Tydreeksgedrag

Die industriële maatskappye wat vanaf 1989 tot 2003 genoteer is, word ondersoek ten einde vas te stel of die harmoniseringsprojek, waar alle rekeningkundige standaarde aangepas word om dieselfde as die internasionale eweknieë te lees, ’n rekeningkundige wins wat meer konserwatief is, tot gevolg gehad het. Struktuurveranderinge, soos standaarde wat verander, kan veroorsaak dat die vergelykbaarheid van inligting oor ’n tydperk verswak. In die geval van betekenisvolle verskille tussen tydperke, moet dit in ag geneem word wanneer besluit word watter finansiële jare ingesluit sal word in die model wat ontwikkel word.

Hoofstuk 6: Die verwantskap tussen wins vir die tydperk en kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite – Teoretiese model onderliggend aan oorbedryf

Die verwantskap tussen die wins vir die tydperk en die kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite voor dividende betaal vorm die basis van die maatstaf wat in hierdie studie ontwikkel word om die maatskappye wat finansieel onstabiel is, te identifiseer. Hierdie verwantskap word vir twee redes ondersoek:

• Uit die rekeningkundige teorie ontstaan spesifieke verwagtings ten opsigte van patrone wat tussen die veranderlikes ontwikkel. Die hipotese is dat maatskappye waarvan die kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite groter is as die wins na belasting aangepas vir waardevermindering en amortisasie, dié maatskappye is wat minder groei in totale bates, verkope, debiteure, krediteure en voorraad toon en dat maatskappye waarvan die kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite kleiner is as die wins na belasting aangepas vir waardevermindering en amortisasie, dié maatskappye is wat meer groei toon in totale bates, verkope, debiteure, krediteure en voorraad. Indien hierdie teoretiese verwagtings in die praktyk bevestig word, dien dit as

versterking vir die teorie wat onderliggend is aan die maatstaf wat ontwikkel word. • Die verwantskap word oor verskillende termyne ondersoek (3-, 4-, 5- of 10-jaar-

termyne) ten einde vas te stel watter termyn waarskynlik optimaal vir die toepassing van die maatstaf sal wees.

Hoofstuk 7: Groei

Die probleem wat in die studie aangespreek word, is dat maatskappye met ’n gegewe bedryfskapitaalstruktuur te veel groei vir hulle vermoë en as gevolg daarvan kontantvloeiprobleme ontwikkel. In hierdie hoofstuk word ondersoek ingestel na groeipatrone in verkope van genoteerde industriële maatskappye ten einde vas te stel wat bogemiddelde groei vir die gemiddelde maatskappy is. Terselfdertyd word vasgestel of volgehoue groei vir sommige maatskappye ’n werklikheid is, en of ’n patroon van bogemiddelde groei in verkope dan voorspelbaar is. Hier word ook ondersoek ingestel of uitermatige hoë groei die risiko van denotering of ’n oorname verhoog.

Hoofstuk 8: Patrone uit die kontantvloeistaat

Die posisie van die maatskappy in sy lewensiklus speel ’n groot rol in sy kontantvloeipatrone. Deur die kontantvloeipatrone te ontleed, kan gevolgtrekkings gemaak word oor die maatskappy. In hierdie hoofstuk word ondersoek ingestel na die kontantvloeipatrone wat die mees algemene in Suid-Afrika aangetref is en die patrone vir verskillende tydsdure oor verskillende tydperke word met mekaar vergelyk. Die hipotese dat ’n maatskappy nie vir ’n uitgestrekte tydsduur ’n negatiewe kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite voor dividende betaal kan hê nie, en steeds voortbestaan, word getoets.

Hoofstuk 9: ’n Maatstaf vir die meet van oorbedryf en modelle vir die klassifikasie van oorbedryf

Uit die onderliggende teoretiese model word ’n verhoudingsgetal wat gebruik word om oorbedryf te meet, ontwikkel. Die verhoudingsgetal meet die mate waarin die wins en die kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite voor dividende betaal van mekaar wegbeweeg. Dit gee ’n aanduiding van die mate van finansiële nood van die

maatskappy aangesien die vlak van bedryfskapitaal en die winspersentasie nie die groei van die maatskappy kan dra nie. Die maatskappye wat met behulp van dié verhoudingsgetal uitgewys word, is veral die bedryfskapitaalintensiewe maatskappye, aangesien die veranderlikes in hierdie verhoudingsgetal slegs bedryfstoevallings in ag neem en nie toevallings van langtermynaard, soos waardevermindering en amortisasie, nie.

’n Gevallestudie word oor Profurn, ’n maatskappy wat regdeur sy genoteerde bestaan aan oorbedryf skuldig was, gedoen. Die doel is om oorbedryf te illustreer, terwyl die praktiese probleme rondom die veranderlikes wat in die ontwikkeling van ’n mislukkingvoorspellingsmodel gebruik word, terselfdertyd uitgelig word.

Einde ten laaste word gepoog om ’n verwantskap te bepaal tussen die finansiële toestand van die geïdentifiseerde maatskappye en die onafhanklike veranderlikes wat teoreties afgelei is as onderliggend aan die finansiële eienskap, naamlik oorbedryf, deur modelle te ontwikkel wat by maatskappye wat oorbedryf toepas, onderskei tussen dié wat misluk en dié wat nie misluk nie.

Hoofstuk 10: Die ontwikkeling van modelle vir maatskappye met oorbedryf na berekening van vrye kontantvloei

Die oorbedryfsratio wat in Hoofstuk 9 ontwikkel is, word aangepas om ook vir die vervanging van nie-bedryfsbates voorsiening te maak en dus die werklike kontantposisie van die maatskappye te reflekteer. Vervangende investering word deur baie min maatskappye geopenbaar. Die ander moontlike beskikbare syfers wat as plaasvervangers gebruik kan word, waardevermindering en totale investering, word ondersoek ten einde die beter alternatief te bepaal. Maatskappye wat na vervangende investering moontlik in finansiële nood verkeer, word geïdentifiseer. Dieselfde proses as in Hoofstuk 9 word gevolg ten einde modelle saam te stel, sodat maatskappye met oorbedryf, nadat die vrye kontantvloei bereken is, geklassifiseer kan word as misluk en nie-misluk.

HOOFSTUK 2: LITERATUURSTUDIE