• No results found

Verskille tussen die kontrole en eksperimentele groep in die natoetsing

Hoofstuk 6: Resultate en bespreking

6.3 Betroubaarheid en geldigheid van die meetinstrumente in die Suid-Afrikaanse konteks

6.5.4 Verskille tussen die kontrole en eksperimentele groep in die natoetsing

Kovariansie-analise is gebruik om die effek van die program te bepaal op grand van die nie-parametriese verdeling van sommige van die skale en om die verskille wat reeds voor die aanvang van die program bestaan het, uit te skakel,

Die effek van die program gaan bespreek word ten opsigte van emosionele en sosiale bevoegdheid, en ook sekere aspekte van algemene ontwikkeling.

6.5.4.1 Verskille ten opsigte van emosionele bevoegdheid

Tabel 6.20 gee die resultate van die kovariansie-analise in die natoetsing vir emosionele bevoegdheid weer.

Tabel 6.20

Resultate van die kovariansie-analise vir verskille tussen die eksperimentele en kontrolegroep ten opsigte van die BERS in die natoetsing

Skaal F (1 ;45) p d Interpersoonlike sterkte Gesinsbetrokkenheid Intrapersoonlike sterkte Skoolfunksionering Affektiewe sterkte 1,56 0,22 0,36 3,53 0,07 0,55 3,37 0,07 0,54 0,97 0,33 0,29 3,81 0,06 0,57 * Statisties beduidend (p <0,05)

+ Prakties betekenisvol met'n klein effekgrootte (d > 0,2) ++ Prakties betekenisvol met'n medium effekgrootte (d > 0,5) +++ Prakties betekenisvol met'n groot effekgrootte (d > 0,8)

Uit die tabel is dit duidelik dat daar geen statisties beduidende verskille tussen die groepe in die natoetsing is nie. Hierdie vermoede is reeds uitgespreek met die vergelyking van die sterktekoeffisiente vroeer in die bespreking van die resultate.

Dit beteken dus dat die program geen effek op die emosionele bevoegdheid van die deelnemers gehad het nie. Verskeie redes hiervoor kan aangevoer word. Die eerste is dat die ouers betrokke was by die voltooiing van die BERS, maar moontlik nie genoegsaam by die program betrek is om oordrag vanaf die skool na die huis te fasiliteer nie. Hoewel weeklikse ouerbriefies uitgestuur is, kon meer gedoen word om ouers op te lei en persoonlik te betrek by die proses.

'n Tweede moontlike verklaring kan in die aard van die konstrukte gelee wees. Eerstens voer navorsers aan dat emosionele ontwikkeling en emosionele bevoegdheid die voorloper is van sosiale ontwikkeling en sosiale bevoegdheid en dat daar 'n kritieke tydperk vir emosionele ontwikkeling is (Roos, 2004), en die deelnemers aan die program was reeds aan die einde van hierdie kritieke tydperk van emosionele ontwikkeling.

Die konstruk kan verder as diepgaande gesien word, met ander woorde dat 'n meer intensiewe intervensie nodig is om daadwerklike veranderinge ten opsigte van emosionele bevoegdheid te veroorsaak. Verder is dit 'n moontlikheid dat die veranderinge wat wel plaasgevind het, eers mettertyd na vore sal kom (Legum &

Hoare, 2004) en gevolglik eers met 'n longitudinale studie duidelik sal word.

6.5.4.2 Verskille ten opsigte van sosiale bevoegdheid

Verskille ten opsigte van sosiale bevoegdheid tussen die groepe na afloop van die program word in tabel 6.21 weergegee.

Tabe! 6.21

Resultate van die kovariansie-analise vir verskille tussen die eksperimentele en kontrolegroep ten opsigte van die SCBE in die natoetsing

Skaal F(1;45) " p d

Sosiale bevoegdheid 4^98 0,03* : 0,65++ Internalisering van probleme 9,08 0,00* 0,88+++ Eksternalisering van probleme 1,99 0,17 0,44 Algemene aanpassing 0,09 0,77 0,09

* Statisties beduidend (p <0,05) ' ——— + Prakties betekenisvol met 'n klein effekgrootte (d > 0,2)

++ Prakties betekenisvol met'n medium effekgrootte (d > 0,5) +++ Prakties betekenisvol met 'n groot effekgrootte (d > 0,8)

Na afloop van die program is twee verskille tussen die groepe teenwoordig. Die eerste is ten opsigte van sosiale bevoegdheid (p = 0,03; d = 0,65 - medium effek) en die tweede is ten opsigte van internalisering van probleme (p - 0,00; d = 0,88 - groot effek). Dit dui dus daardp dat die program 'n statisties beduidende verskil tussen die eksperimentele en kontrolegroep ten opsigte van sosiale bevoegdheid en internalisering van probleme tot gevolg gehad het. Hierdie verskille was nie voor die aanvang van die program aanwesig nie en kan toegeskryf word aan die program wat die eksperimentele groep deurloop het. Verder is die nie-parametriese aard van die skale wat internalisering van probleme meet in ag geneem.

Die sosiale bevoegdheid van deelnemers aan die program het betekenisvol toegeneem. Sosiale bevoegdheid soos waargeneem deur die onderwysers behels hier gedrag wat aandui dat 'n kind goed aangepas, aanpasbaar en emosioneel volwasse is en in die algemeen prososiale patrone van aanpassing toon. Die program het dus hierdie gedrag in die deelnemers verhoog.

Die deelnemers in die groep het ook 'n betekenisvolle verskille ten opsigte van die internalisering van probleme getoon. Hierdie gedrag verwys in hierdie

konteks na gedrag waardeur die kind homself onttrek van die mense rondom horn en depressief raak as hy probleme ervaar. Die deelnemers in die groep het

dus geleer om met ander te kommunikeer en hulp te vra om probleme op te los, en dit nie net vir hulself aan te trek nie.

Die rede vir die verskille tussen die groep is gesetel in die temas van die program, wat deurentyd daarop gefokus net om leerders te bemagtig om hulle emosies meer effektief te hanteer, probleme effektief op te los en goeie sosiale vaardighede aan te leer. Die waarde van die program is dus hoofsaaklik gefokus op die bevordering van die sosiale bevoegdheid van die gr. 0-leerder om horn in staat te stel om suksesvol in die skool aan te pas.

Aangesien hierdie program vir die eerste keer aangebied is, is dit moeilik om die resultate te vergelyk met vorige studies, maar soos vroeer vermeld vergelyk dit goed met resultate verkry na aanbieding van die Dina Dlnosourus-program.

6.5.4.3 Verskille ten opsigte van sekere aspekte van algemene ontwikkeling

Tabel 6.22 gee die resultaat van die kovariansie-analise van skale wat die aspekte van ontwikkeling voorstel voor.

Tabel 6.22

Resultate van die kovariansie-analise vir verskille tussen die eksperimentele en kontrolegroep ten opsigte van die GMDS-ER in die natoetsing _

Skaal F(1;45j p d _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ 0,03 0,86 GMDS-ER Skaal C 0,80 0,37 GMDS-ER Skaal E 3,11 0,08 GMDS-ER Skaal F 5,26 0,03* * Statisties beduidend (p <0,05)

+ Prakties betekenisvol met 'n klein effekgrootte (d > 0,2) ++ Prakties betekenisvol met 'n medium effekgrootte (d > 0,5) +++ Prakties betekenisvol met 'n groot effekgrootte (d > 0,8)

Die enkele statisties betekenisvolle verskil ten opsigte van ontwikkeling is op skaal F (p - 0,03; d = 0,67 - medium effek) gerapporteer, wat daarop dui dat die

0,05 0,27 0,52 0,67++

deelnemers in die eksperimentele groep aansienlik verbeter het ten opsigte van hulle vermoe om probleme op te los en prakties te dink. Skaal F van die GMDS- ER meet verder die kind se vermoe om basiese wiskundige konsepte te begryp en die kind se vermoe tot opeenvolgende redenering en morele denke. In die aanbieding van die program het probleemoplossing op 'n emosionele en interpersoonlike vlak aandag gekry, tesame met verskeie morele kwessies, wat moontlik tot die verskil aanleiding kon gee. Die interaksie tussen die verskillende terreine van ontwikkeling is reeds bespreek en het moontlik hier ook 'n invloed.