• No results found

Dina Dinosaur Social Skills and Problem Solving Child Training Programme (Dina Dinosourus-program)

Hoofstuk 4: Kritiese evaluering van bestaande programme en begronding van die saamgestelde

4.2 Kritiese evaluering van bestaande programme

4.2.1 Dina Dinosaur Social Skills and Problem Solving Child Training Programme (Dina Dinosourus-program)

4.1 Inleiding

In hierdie hoofstuk word gepoog om die proses vir die samestelling van die program te beskryf. Eers sal daar gekyk word na bestaande programme om te sien wat reeds gebruik word, en ook om moontlike leemtes aan te dui. Vervolgens sal die basiese beginsels van die saamgestelde program gestel word, waarna die uiteensetting van die program sal volg. Die program self word in die bylaag uiteengesit.

4.2 Kritiese evaluering van bestaande programme

Voordat die saamgestelde program se beginsels aangespreek word, word bestaande programme kortliks bespreek, met spesifieke klem op die leemtes wat bestaan.

4.2.1 Dina Dinosaur Social Skills and Problem Solving Child Training Programme (Dina Dinosourus-program)

4.2.1.1 Aard van die program

Een van die bekendste programme wat wereldwyd en ook in Suid-Afrika gebruik word, is die Dina Dinosaur Social Skills and Problem Solving Child Training Programme (Dina Dinosourus-program). Hierdie program fokus op kinders met gedragsprobleme en bestaan uit 18 tot 22 weeklikse twee-uur-sessies wat deur beraders of terapeute met ondervinding van werk met kinders aangebied kan word. Dit kan saam met die Incredible Years Parents Training aangebied word

wat oor 22 sessies strek. Temas wat aangespreek word, is hoe om die jou bes te doen op skool {Apatosaurus- en /guanodon-program); verstaan en bewuswording van gevoelens (Dina Tr/cerafops-program); probleemoplossingsvaardighede {Detective Wally in die Stegosaurus-program); probleemoplossingstappe {Detective Wally in die T-Rex-program); en hoe om vriendelik te wees {Molly Manners in die Allosaurus- en Brachiosaurus- programme) (Webster-Stratton & Reid, 2003).

Hierdie program word in klein groepe van vyf tot ses deelnemers aangebied vir kinders tussen vier en agt jaar oud. In hierdie program word gebruik gemaak van handpoppe, video-opnames vir modellering en rolspelmetodes, praktiese aktiwiteite, integrasie van kognitiewe, affektiewe en gedragskomponente, fantasiespel en instruksies, die bevordering van sosiale vaardiglieidshandhawing en veralgemening, en groepbestuur (Webster-Stratton & Reid, 2003).

'n Klaskamerweergawe van die Dina Dinosourus-program is ook ontwikkel vir kinders tussen die ouderdom van drie en agt jaar. Hierdie program bestaan uit meer as 64 lesse met weergawes wat gepas is vir voorskoolse kinders, die kleuterskool en primere grade. Onderwysers gebruik lesplanne om spesifieke vaardighede minstens twee tot drie keer per week vir 15 tot 20 minute in die groot groep aan te bied, gevolg deur 20 minute oefentyd in kleiner groepies. Die ideaal is dat elke nuwe vaardigheid wat aangeleer word, in die klaswerk ingewerk word sodat dit die agtergrond word van volgehoue sosiale en akademiese leer. Kinders voltooi dan die Dinosourus-aktiwiteitsboek saam met hulle ouers en inligting oor die konsepte wat die kinders leer, word gereeld in briewe aan die ouers gestuur (Webster-Stratton & Reid, 2004).

Die temas wat in hierdie weergawe aangespreek word, is die maak van vriende en aanleer van skoolreels, en ook hoe om jou bes te doen op skool; verstaan en bewuswording van gevoelens; probleemoplossingstappe; aggressiebeheer; hoe om vriendelik te wees en hoe om met vriende te gesels. Die metodes en

tegnieke wat gebruik word, is dieselfde as die in die oorspronklike Dina Dinosourus-program (Webster-Stratton & Reid, 2004).

4.2.1.2 Navorsingsbevindinge

Navorsing waarin 'n klein groep kinders met vroee aanvangsgedragsprobleme die Dina Dinosourus-program deurloop het, het bevind dat die eksperimentele groep in vergelyking met die kontrolegroep na behandeling betekenisvol minder ekstemaliserende probleme by die huis gehad het, minder aggressief was by die skool, meer prososiale gedrag teenoor hulle portuur geopenbaar het en positiewe konflikhanteringstrategiee geVmplementeer het. Meer kinders in die eksperimentele groep het ook volgens verslae en onafhanklike waarnemings betekenisvolle verbeterings in aggressiewe gedrag en nie-instemmende gedrag geopenbaar (Webster-Stratton,,Reid & Hammons, 2001).

Voorlopige bevindings oor die effektiwiteit van die klaskamerweergawe van die Dina Dinosourus-program toon dat die kinders wat deel was van die program betekenisvol meer prososiale response in konfliksituasies gehad het (Webster- Stratton & Reid, 2004).

4.2.1.3 Leemtes van die program

Die Dina Dinosourus-program is 'n omvattende program wat op die kind se vlak aangebied word. Dit is interessant gehou met die verwysing na die verskillende dinosourusse en word deurentyd van toepassing gemaak op die skoolsituasie in die konteks dat die dinosourusse skool toe gaan. 'n Verskeidenheid van temas word deur middel van verskeie metodes oorgedra, wat leerders verder ge'fnteresseerd hou.

Die program is wel in Suid-Afrika in Afrikaans beskikbaar, maar is nie spesifiek vir die Suid-Afrikaanse bevolking geskryf nie. Verder is dit relatief duur, wat die toeganklikheid daarvan verminder,

Die inhoud van die program fokus hoofsaaklik op sosiale vaardighede soos probleemoplossing, maar emosionele aspekte word nie aangespreek nie. Hoewel navorsing daarop dui dat sosiale aspekte waarskynlik meer voorop gestel is in hierdie spesifieke ouderdomsgroep, is dit die huidige ondersoeker se opinie dat emosionele sake ook steeds aandag moet kry, om te verseker dat 'n goeie grondslag vir sosiale bevoegdheid gele is.

In die ontwikkeling van die program is gefokus op kinders met gedragsprobleme, wat die toepassingsmoontlikhede daarvan beperk. Verder word die ouers nie outomaties betrek nie, .hoewel die moontlikheid van ouerbetrokkenheid deur die Incredible years-program wel bestaan.

Onderwysers word ook nie betrek by die aanbieding van die program nie, behalwe in die geval van die klaskamerweergawe, waar onderwysers basies as die aanbieders optree. Die gebrekkige insluiting van ouers en onderwysers het moontlik implikasies vir die veralgemening en oordrag van die leerinhoude tussen kontekste, naamlik tuis en by die skool.

4.2.2 Head Start en Home Instruction Programme for Parents and Preschool