• No results found

Hoofstuk 4: Kritiese evaluering van bestaande programme en begronding van die saamgestelde

4.3 Teoretiese begronding van die saamgestelde program

4.3.2 Sosiale bevoegdheid

Sosiale bevoegdheid hou verband met die individu se mate van effektiwiteit in sy omgang met ander mense. Hier word die klem dus nie op innerlike prosesse geplaas nie, maar wel op die uiterpke prosesse waarby die individu betrokke is. Vier aspekte wat hiermee verband hou, is houdings, sosiale kennis, refleksie en sosiale vaardighede. Die prosesse wat die individu gebruik in sy pogings om sosiaal bevoeg op te tree, is hier ook van belang, naamlik sosiale inligtingsprosessering (verteenwoordig in die probleemoplossingsproses) en sosiale rolaanneming (verteenwoordig in modellering),

• Houdings

Houding verwys na die individu se gevoel en optrede teenoor ander persone of objekte. Hoewel 'n sekere houding dikwels waameembaar is, is dit nie noodwendig so maklik om te beskryf nie en is persone ook dikwels nie bewus van hulle houdings oor spesifieke sake nie. Houding speel egter 'n baie groot rol in sosiale interaksie en individue moet bewus gemaak word van verskillende houdings en die gevolge daarvan.

Die impiikasie van 'n negatiewe houding is byvoorbeeld dat ander kontak met die kind sal probeer vermy en hy deur hulle as minder sosiaal bevoeg beskou sal word.

In die program is die konsep van houdings hoofsaaklik oorgedra deur middel van voorbeelde van ander met gunstige houdings, of deur die gevolge van swak houdings uit te beeld. In stories is baie klem gele op die houdings van die karakters en leerders is uitgedaag om houdings by die huis te gaan toets.

• Sosiale kennis

Sosiale kennis kan verwys na die kollektiewe kennis wat daar binne 'n gemeenskap is, maar in hierdie geval verwys dit eerder na kennis,oor sosiale aangeleenthede en die gemeenskap. Net soos met emosionele kennis is dit belangrik dat die individu genoegsame kennis van mense om horn moet he om effektief met ander om te gaan.

Sosiale kennis impliseer 'n goeie agtergrondkennis van wat die samelewing sou verwag en wat aanvaarbaar is en help die kind om binne die reels op te tree, wat weer sosiale interaksie bevorder.

In die program is sosiale kennis in groepbesprekings gedeel en is leerders sensitief gemaak vir die verskille tussen hulle deur die stories en aktiwiteite waarin hulle betrokke was.

• Refleksie

Refleksie verwys na die nadink oor sosiale situasies en wat daaruit geleer kan word. Refleksie is belangrik vir die vorming van begrip en insig en leer die individu ook baie van homself.

Kinders in die ontwikkelingsfase in die ondersoek moet dus leer om hulself te kan evalueer en te sien soos ander hulle sien. Die uitdaging hier is dat kinders terseifdertyd ook 'n positiewe beeld van hulself moet behou om nuwe uitdagings met entoesiasme te kan aanpak.

In die program is elke sessie begin met 'n geleentheid om te vertel wat in die afgelope week gebeur het ten opsigte van die vorige week se tema. Hierdeur is leerders geforseer om weer daaroor na te dink, al het hulle dit dalk nie toegepas nie. Ook die afsluiting het gesentreer rondom die samevatting en hersiening van die temas en dit wat hulle in die program geleer het. Ouerbriefies se oogmerk was ook inskerping tuis.

• Sosiale vaardighede ,

Sosiale vaardighede verwys na spesifieke vaardighede waaroor 'n individu beskik wat horn in staat stel om effektief met ander om te gaan. Hierdie vaardighede wissel van die vaardighede van vriendskap tot hantering van konflik en stel dus 'n wye verskeidenheid van onderwerpe voor.

Kinders met voldoende sosiale vaardighede vind dit makliker om maats te maak as hulle vriende sender sosiale vaardighede. Sosiale vaardighede impliseer dus sosiale kennis, maar ook 'n praktiese komponent van ervaring wat daarmee saam gaan.

In die konteks van die program is verskeie vaardighede by die leerders ingeskerp, maar die vaardighede wat veral aandag geniet het, was gesentreer rondom die handhawing van goeie menseverhoudinge, vriendelikheid, die hantering van slegte emosies en die sosiale vaardighede wat in die skoolopset nodig is.

• Sosiale inligtingsprosesseringsmodel

Hierdie model verwys na die proses wat "n Individu volg om probleme op te los of besluite te neem. Hierdie model vat al die aspekte van sosiale- bevoegdheid byeen, naamlik dat die kind se houding teenoor die probleem positief moet wees; hy effektief oor die probleem en sy aandeel daarin moet kan reflekteer; oor genoegsame sosiale kennis beskik en die toepaslike sosiale vaardighede onder die knie moet he om die stappe in

die proses suksesvol te kan afhandel.

Die implikasie van hierdie model is dat probleme effektief op 'n gestruktureerde manier opgelos kan word, wat die kind bemagtig in die evaluasie van homself.

In die program is die stappe vir die leerders aangeleer en in verskeie situasies toegepas, om te verseker dat dit vasgele word.

• Sosiale rolaanneming

Modeliering van gedrag is iets wat soms onbewustelik plaasvind. Individue rig hulle gedrag volgens dit wat hulle mentors doen, of neem besluite op grond van sekere vooropgestelde modelle wat oor die jare gevorm het. Modeliering is 'n baie kragtige medium wat baie effektief gebruik kan word om sosiaal bevoegde gedrag te bevorder,

In die konteks van die program is rolmodelle of mense wie se voorbeelde die leerders volg, voortdurend uitgewys en aangemoedig. In die stories en ander aktiwiteite is goeie voorbeelde van bevoegde gedrag ook beklemtoon en leerders is gereeld gevra om op te let na die gedrag van ander rondom hulle.