• No results found

Hoofstuk 2: Emosionele en sosiale ontwikkeling van gr, O-leerders

2.4 Emosionele ontwikkeling

Verskeie emosionele ontwikkelingsteoriee kan in die literatuur ge'i'dentifiseer word. Hierdie teoriee word binne drie denkrigtings geklassifiseer, naamlik > psigologiese en motiveringsteoriee van emosie, kliniese teoriee van emosie en evolusionere teoriee van emosie (Plutchik, 2003).

Tabel 2.3 gee 'n opsomming van die hoofdenkrigtings (aangepas uit Plutchik, 2003).

Tabel 2.3

Hoofdenkrigtings aangaande emosionele ontwikkeling

Psigologiese en motiveringsteoriee van emosie

Sylvan Tomkins Agt basiese emosies is dryfvere van of belnvloed motivering. Emosies vergroot gedrag.

Elke emosie het 'n kenmerkende uitdrukkingspatroon, gebaseer op 'n neurologiese program.

Caroll Izard Emosie het 'n genetiese basis.

Daar is tien basiese emosies, asook kombinasies van die tien. Emosies is deel van persoonlikheid.

reaksies.

Hanteringstyle is maniere om emosies te handhaaf.

Emosies is soos draaiboeke met onderskeibare, dramatiese storieiyne wat elkeen 'n kemtema het.

Ross Buck Emosies is interpretasies van die individu se inneriike seine van die liggaam, gesig en brein.

Emosies hou verband met die aanpassing in die omgewing en die handhawing van homeostase.

Die konsep van emosie is van toepassing op relatief primitiewe diere, sowel as mense.

Nico Fridja Emosies is veranderinge in gereedheid vir aksie wat gewoonlik deur noodgevalle of onderbrekings na vore gebring word.

Emosies organiseer gepaste optrede.

Individue is konstant besig om hulle emosies te probeer beheer,

Kliniese teoriee van emosie

Charles Spezzano Emosie gee inligting oor die onbewuste inneriike state, soos dryfkragte

en sosple impulse, , Die meeste emosies is komplekse state wat saamgestel is uit meer

basiese emosies. Emosie is reeds van vroeg af aanwesig en tree op as kommunikasieseine. Psigoiogiese versteurings is onbewuste strategiee vir die hantering van die emosionele lewe.

Joseph Jones Emosies is beheermeganismes vir die regulering van gedrag.

Emosionele reaksies is aanpassend en be'i'nvloed die individu se kans op oorlewing.

Emosies is basies nie-verbale reaksies wat die toestand van die liggaam weergee.

Emosies is voortdurend aan die verander, het wollerige grense en word gewoonlik die beste verstaan deur middel van metafore.

Evolusionere teoriee van emosies

Robert Plutchik Emosies is komplekse terugvoerprosesse wat poog om die

homeostatiese balans te herstel as sekere betekenisvolle lewensgebeurtenisse disekwilibrium veroorsaak.

Hierdie teorie sluit drie modelle in, naamlik 'n strukturele model wat die verhouding tussen emosies voorstel in terme van 'n driedimensionele kegei; 'n opeenvolgingsmodel wat die komplekse terugvoersirkels betrokke by emosies beskryf en 'n derivatiewe modei wat die sistematiese verbindings tussen emosie, persoonlikheid, persoonlikheidsversteurings, egoverdedigings en hanteringstyle beskryf.

Randolph Nesse Probeer om evolusionere verduidelikings van emosie te gee en te

identlfiseer hoe natuurlike seleksie veroorsaak dat spesifleke emosie die kans op individuele en genetiese oorlewing vir die individu verbeter. Alle emosies het'n aanpassende funksie.

Sogenaamde negatiewe emosies is bruikbaar, anders sou dit nie bestaan net nie,

Leda Cosmides en John Tooby

>

Emosies is funksionele subprogramme in die brein wat ontwikkel om sekere soorte oorlewingsverwante probleme op te los,

Hulle organiseer die ander liggaamsisteme soos geheue en aksie om te probeer om sulke probleme op te los.

Emosies kan bestaan, selfs al is h persoon nie daarvan bewus nie, of al is daar nie 'n woord in die kultuur om dit te beskryf nie

Ouderdom speel ook 'n rol in emosionele ontwikkeling. Holodynski en Friedlmeier (2006) identifiseer verskille in emosionele ontwikkeling ten opsigte van die kinderjare en volwassenheid. Die eerste is dat kinders hulle emosies direk en kragtig uitleef en hulle emosies ervaar as buite hulle direkte beheer, terwyl volwassenes hulle emosies as minder in frekwensie en minder intensief ervaar. Verder ervaar volwassenes minder en swakker emosies omdat hulle versigtiger is en planne maak om hulself te beskerm. Hulle rig hulle gedrag op doelwitte en 'n self-sisteem ontstaan as regulerende agent. Volwassenes deel ook nie so geredelik hulle emosies met waarnemers nie, terwyl 'n kind 'n oop boek is.

Emosionele ontwikkeling vind in spesifieke stadiums plaas. Vir die doel van die studie word die ontwikkeling ingedeel in vier fases, naamlik geboorte tot twee jaar, twee tot drie jaar, vier jaar, en laastens vyf jaar en ouer.

• Geboorte tot twee jaar

Die klein kind ontwikkel die vermoe om gebare van ander waar te neem en verandering in gesigsuitdrukkings, stemtoon en liggaamshouding op te merk. Teen die ouderdom van ses tot tien maande kan die kind verskillende gesigsuitdrukkings onderskei, maar mag moontlik nie betekenis daaraan heg nie (Bullock & Russel, 1986).

Daar is 'n stel basiese emosies wat teenwoordig is by babas by geboorte. Hierdie emosies sluit in belangstelling, angs, veragting en tevredenheid, asook woede, hartseer, genot, verrassing en vrees, wat tydens die tweede tot sewende maand ontwikkel (Izard et al., 1995).

• Twee tot drie jaar >

Die kind in hierdie ouderdomsgroep begin om betekenis te heg aan gesigsuitdrukkings. Die betekenis is redelik ongedifferensieerd en die kind onderskei emosies in terme van plesier/ongemak en graad van opwekking. Hierdie betekenisse fasiliteer sosiale interaksies en rig die kind se reaksies met betrekking tot dubbelsinnige gebeure (Bullock & Russel, 1986).

Later in die tweede jaar begin die kind meer komplekse emosies toon, soos skaamheid, skuldgevoel, jaloesie en trots. Hierdie komplekse emosies is selfbewuste of selfevaluatiewe emosies wat na vore kom, en dit hang gedeeltelik af van kognitiewe ontwikkeling (Shaffer & Kipp, 2007).

• Vierjaar

Teen die vierde jaar begin die kind om die betekenis wat aan emosie geheg word, uit te brei deur die situasies waarin dit voorkom, te onderskei.

verskillende kontekste, gevolge en uitkomste geassosieer. Die taal van emosie is belangrik deurdat die kind nou 'n basis het om sekere emosionele woorde te onderskei afhangende van die situasie waarin hulle voorkom (Bullock & Russel, 1986).

Emosionele ultdrukkingsreels is kultureel gedefinieerde reels wat spesifiseer watter emosies uitgedruk mag word in sekere omstandighede en watter nie. Hierdie reels wissel in verskillende kulture (Shaffer & Kipp, 2007). Om aan die emosionele uitdrukkingsreels gehoor te gee, moet kinders, selfs babas, leer om hulle emosies te reguleer. Laasgenoemde verwys na strategiee" vir die bestuur van emosies of aanpassing van emosionele opwekking tot die gepaste vlak. In die jare twee tot ses jaar word kinders beter met die hantering van ongemaklike emosionele opwekkings. Metodes wat kinders gebruik om hulle aandag af te trek van dit wat> die emosies veroorsaak, sluit in om gelukkige gedagtes te dink en om die situasies te herinterpreteer. Verder word verwag dat negatiewe emosies vervang moet word met positiewe emosies, maar kinders tot op vyf is nog nie baie suksesvol hierin nie (Shaffer & Kipp, 2007).

• Vyf jaar en ouer

Tussen die ouderdom van vyf en sewe jaar ondergaan kinders 'n betekenisvolle ontwikkelingstransformasie: hulle kognitiewe prosesseringsvaardighede neem toe, hulle gaan deur 'n groeifase en daar is veranden'ngs in hulle breingrootte en -funksie. 'n Kenmerk van hierdie fase is dat daar 'n groot mate van intemalisering of outomatisering is van baie van die take wat die kind voorheen deur bewuste pogings uitgevoer het (Greenberg & Snell, 1997).

Deur kombinasies van emosionele uitdrukkings, situasies en woorde, konstrueer die kind nou emosionele tekste. Twee prosesse wat hiermee

verband hou, is dat die kind verskillende elemente saam assosieer en dat die kind elemente in tydelike en toevallige reekse kombineer. Deur verskillende patrone van gedrag waar te neem, vorm die kind nou veralgemeende tekste wat die kind help om gebeure te veralgemeen en te vergelyk (Bullock & Russel, 1986).

Alhoewel hierdie fases oorvereenvoudig is en daar individuele verskille bestaan, voorsien dit tog 'n bree konseptuele raamwerk om die ontwikkeling van emosie in die kind in hierdie ontwikkelingsfase te verstaan.

Louw en Louw (2007) gee drie verklarings ten opsigte van emosionele ontwikkeling. Die eerste is dat dit 'n sterk biologiese proses is wat be'i'nvloed word deur die genetiese bloudruk van die individu. Die tweede is 'n kognitief- sosialiseringsverklaring, waarvolgens kpgnitiewe prosesse as mediators optree om die gaping tussen die omgewingstimulus en die emosionele reaksie van die kind te oorkom. Die kind assesseer die situasie dus eers kognitief en tree dan op. Die laaste verklaring is gebaseer op die konteks van emosie en meen dat die positiewe of negatiewe aard van die emosie, asook die intensiteit, eerder as die spesifieke emosie ondersoek moet word. Die funksie van emosie is dus belangriker vir hierdie verklaring.

Emosionele ontwikkeling is dus 'n komplekse proses wat baie individueel is en deur verskeie faktore be'i'nvloed word. Dit is ook ouderdomspesifiek en die ontwikkelingsfase wat die fokus van hierdie studie is, het unieke uitdagings. Een daarvan is om op 'n emosionele vlak te funksioneer wat sosiale interaksie moontlik maak en fasiliteer. Dit impliseer voldoende kennis van emosie, uitdrukkingsvermoe en die begin van emosionele regulering, wat 'n kernkomponent van emosionele bevoegdheid is.

Ten einde die voile prentjie van sosiale interaksie te verstaan is dit dus nodig om die kind se vlak van emosionele ontwikkeling te ondersoek en verder uit te bou.

Die verweefdheid van emosionele en sosiale ontwikkeling, veral in hierdie ontwikkelingsfase moet dus in gedagte gehou word, ook in die bespreking van sosiale ontwikkeling.