• No results found

Hoofstuk 2: Emosionele en sosiale ontwikkeling van gr, O-leerders

2.3.3 Die teorie van Erik Erikson

Die psigososiale teorie van Erikson beklemtoon die sosio-kulturele (eerder as die seksuele) bepalers van ontwikkeling en stel 'n reeks van agt psigososiale konflikte voor wat suksesvol opgelos moet word om gesonde psigologiese aanpassing te toon (Shaffer & Kipp, 2007). Ontwikkeling behels volgens horn dat eienskappe volgens 'n geneties bepaalde grondplan ontwikkel. Die individu sal dus in 'n spesifieke volgorde en op spesifieke tye ontwikkel, op so 'n wyse dat die individu as geheel voortdurend ontwikkel.

Sosiale faktore bemvloed die ontwikkeling van die individu daarin dat die samelewing sekere eise aan individue stel en hulle terselfdertyd ook sekere geleenthede vir groei bied. Hierdie eise en geleenthede is in ooreenstemming met en komplimentSr tot die individu se ontwikkelende moontlikhede en behoeftes op daardie stadium (Meyer et al., 2003).

Tabel 2.1 is 'n opsomming van die ontwikkelingsfases van Erikson (Shaffer & Kipp, 2007).

Tabel 2.1

Erikson se ontwikkelingsfases

Stadium Ouderdom Ontwikkelingskrisls Ego-kwaliteit

Babajare Eerste jaar Vertroue vs. wantroue Hoop Vroee kinderjare Een tot drie Outonomie vs. twyfel Wilskrag Speelstadium Drie tot ses Inisiatief vs. skuld Doelgerigtheid

Skooljare Sestot12 Arbeidsaamheid vs.

minderwaardigheid Bekwaamheid

Adolessensie 12 tot 20 Identiteit vs.

rolverwarring Betroubaarheid Vroee volwassenheid 20 tot 40 Intimiteit vs. Isolasie Liefde

Volwassenheid 40 tot 65 Generatiwiteit vs.

stagnasie Sorgsaamheid

Bejaardheid 60 tot 70 Ego-integriteit vs.

vertwyfeling Wysheid

Die gr. 0-leerder bevind horn waarskynlik tussen twee stadia, naamlik die speelstadium en skooljare.

• Die speelstadium

Gedurende die speelstadium (drie tot ses jaar) ontstaan 'n ontwikkelingskrisis tussen inisiatief en skuld. Die kind het meer beheer oor sy liggaam en kognitiewe prosesse en dit stel horn in staat om al hoe meer onafhanklik te dink. Die konflik ontstaan as hy take begin onderneem wat in teenstelling is met die beplanning van die random horn, hetsy sy gesin of maats. Hierdie konflikte mag lei tot skuldgevoelens as die optrede nie goedgekeur word nie, of tot probleme met ander.

Die ego-kwaliteit wat hieruit ontwikkel is doelgerigtheid, waar die kind besef dat hy inisiatief mag neem, mits hy ander se regte in ag neem. 'n Fyn balans tussen entoesiasme en streng self-beoordeling ontwikkel so, wat lei tot die ego-kwalteit van doelgerigtheid (Meyer et al., 2003). v

Kinders moet in hierdie stadium begin om doelwitte te stel, leiding te neem en projekte te voltooi. Ouers moet hulls kinders bemagtig deur hulle deel te maak van die gesin se takies en projekte. Indien die kinders se inisiatief tot onaanvaarbare gedagtes en gedrag lei, moet ouers hulle kinders liefdevol leer wat aanvaarbaar is. Dissipline gegrond op logiese gevolge behoort kinders te help om 'n sin van betekenis en doelgerigtheid te ontwikkel (Thompson, Rudolph & Henderson, 2004).

• Skooljare

In die skooljare word die kind blootgestel aan 'n nuwe wereld van akademiese en sosiale uitdagings en vaardighede. Die ontwikkelingskrisis in hierdie tydperk is tussen arbeidsaamheid en minderwaardigheid. Die kind word by die skool gekonfronteer met nuwe vaardighede wat aangeleer moet word. Ook by die huis word gewoonlik ouderdomstoepaslike take uitgedeel. Die kind wil homself graag bewys deur hierdie nuwe take goed te doen en so sy

deel by te dra tot die samelewing. Die teendeel is egter dikwels waar, naamlik dat kinders gekonfronteer word met dit waarmee hulle nog nie goed is nie, of wat hulle glad nie kan regkry nie. Dit kan maklik lei tot 'n gevoel van minderwaardigheid by die kind.

Ten einde die krisis suksesvol op te los moet die kind dus geleer word om geduldig te bly in die aanleer van nuwe vaardighede en telkens gewys word op wat hy reeds bemeester het. Die ego-kwaliteit in hierdie stadium is bekwaamheid, wat ontwikkel as die kind voel dat hy bevoeg is om 'n sekere taak te verrig en trots kan wees op wat hy bereik het.

In hierdie stadium ontwikkel die kind dus op 'n sosiale vlak die bemeestering van vaardighede om saam met ander te kan werk. Hierdie sosiale taak het egt^r weer 'n potensiele emosionele uitwerking op d,le kind, want as dit nie suksesvol aangeleer word nie, kan hy'n minderwaardigheidsgevoel ontwikkel.

Vir Erikson is 'n persoon wat optimaal ontwikkel het, iemand wat elke stadium se krisis suksesvol opgelos het en gevolglik oor al die ego-kwaliteite beskik (Newman & Newman, 2003). Hoewel daar spesifieke ontwikkelingskrisisse op spesifieke stadiums is, beskik die optimaal ontwikkelde persoon oor die ego- kwaliteite van hoop, wilskrag, doelgerigtheid, bekwaamheid, betroubaarheid, liefde, sorgsaamheid en wysheid. Elkeen van hierdie eienskappe word op verskillende wyses geopenbaar, afhangende van ouderdom, geslag, sosiale en kulturele agtergrond van die persoon (Meyer et al., 2003).

'n Kind wat optimaal ontwikkel het, behoort die volgende eienskappe te openbaar: • vertroue en hoop in sy verhoudings met belangrike andere;

• wilskrag en outonomie om besluite oor spel en maats te neem; • doelgerigtheid om besluite oor moreel korrekte optrede te neem;

• bekwaamheid om sy werk op so 'n wyse te doen dat hy al die nodige vaardighede in gr. 0 bemeester;

• betroubaarheid in die sin dat sy ouers en maats op horn kan staatmaak; • liefde vir die belangrike andere in sy lewe;

• sorgsaamheid met betrekking tot die belangrike andere in sy lewe; en • wysheid in die sin of rede vir sy lewe.

Freud en Erikson se teoriee is beide gegrond in die psigoanalitiese benadering. Die teoriee verskil ten opsigte van hulle toepassingsveld. Freud fokus hoofsaaklik op die psigoseksuele, terwyl Erikson ook sosiale faktore probeer verreken.

Tabel 2.2 stel 'n vergelyking van die twee teoriee ten opsigte van die ontwikkelingsfase voor. Die vetgedrukte woorde dui ooreenkomste aan.

- Tabel 2.2

Vergelyking tussen Freud en Erikson se ontwikkelingsteoriee

Teoretikus Fase /

Stadium Ontwikkelingstaak Uitkoms

Freud Fallies Oedipus-kompleks Identifiseer met ouer van dieselfde geslag en

internaliseer morele reels Erikson Speelstadium Inisiatief vs. skuld Doelgerigtheid - morele

reels word aangeleer en

gedrag word daardeur gelei

Erikson

Skooljare Arbeidsaamheid vs. minderwaardigheid

Bekwaamheid - vaardjghede wat die samelewing sou verwag (bv. morele reels) word aangeleer om in te pas en 'n bydrae te lewer

Erikson betrek in sy beskrywing van ontwikkeling telkens die emosionele en sosiale aspekte wat daarmee verband hou en dui telkens die konflikte en

uitkomste aan. Hierdie mode! net groter toepassingswaarde in hierdie studie, aangesien dit die ontwikkelingsfase beter omskryf en fyner indeel.