• No results found

Hoofstuk 2: Emosionele en sosiale ontwikkeling van gr, O-leerders

2.5 Sosiale ontwikkeling

Sosiale ontwikkeling hou verband met emosionele ontwikkeling en word vervolgens bespreek. Verskeie modelle van sosiale ontwikkeling bestaan, waarvan die sosiale inligtingsprosesseringmodel en sosiale rolaannemingsmodel bespreek sal word.

2.5.1 Sosiale inligtingsprosesseringsmodel (SIP)

Die sosiale inligtingsprosesseringsmodel is 'n perspektief wat die denke sien as 'n > deurlopend ontwikkelende, simbool-manipulerende sisteem, soortgelyk aan 'n rekenaar, waarin inligting vloei, dit verwerk word en in uitsette omgeskakel word (antwoorde, afleidings en oplossings vlr probleme) (Shaffer & Kipp, 2007). Hierdie model dra by tot die begrip van sosiale bevoegdheid deur al die prosesse wat bydra tot 'n bevoegde of onbevoegde respons in ag te neem. Verder

beklemtoon dit dat sosiaal bevoegde gedrag gebaseer word op die vermoe om sosiale leidrade te verwerk en om hierdie inligting tesame met geakkumuleerde sosiale kennis te gebruik om sosiale besluite te maak (Lemerise & Arsenio, 2000).

Die SIP-model erken die belangrike rol wat emosie speel in die formulering van 'n respons op sosiale situasies (Lemerise & Arsenio, 2000). Daar word verder gehipotetiseer dat kinders wat hulle emosies beter kan kommunikeer, oor beter sosiale vaardighede beskik en beter vaar in sosiale interaksie (Izard, 1991).

Een van die aannames van die SIP-model is dat kinders se begrip en vertolking van gebeure hulle verbandhoudende gedrag bemvloed (Crick & Dodge, 1994).

Die SIP-model gee 'n gedetailleerde uiteensetting van hoe kinders leidrade in sosiale omstandighede verwerk en vertolk en tot 'n besluit kom wat min of meer effektief is (Crick & Dodge, 1994).

Dodge identifiseer die volgende ses stappe in die SIP-model (Shaffer & Kipp, 2007):

• Enkodeer sosiale leidrade • Interpreteer sosiale leidrade • Formuleer sosiale doelwitte

• Genereer probleemoplossingstrategiee

• Evalueer die waarskynlike effektiwiteit van strategiee en kies 'n respons • Voer die keuse uit

Hierdie stappe stem tot 'n groot mate ooreen met die stappe in sosiale probleemoplossing. Sosiale probleemoplossing behels vyf stappe, naamlik i) resepsie/persepsie, ii) interpretasie, iii) genereer van oplossings, iv) voorspelling van gevolge/responskeuse en v) die uitvoer van die gekose gedrag. Kinders wat hierdie stappe goed kan uitvoer, pas beter in hulle portuurgroep aan en met die suksesvolle uitvoering van elke stap is daar 'n toename in die voorspelling van sosiale bevoegdheid en sukses in die portuurgroep (Dodge, Pettit, McClaskey & Brown, 1988).

Goleman (1995) brei op hierdie model uit en stel dit as volg voor: Rooi lig

1. Stop, kalmeer, dink voor jy optree Geel lig

2. Noem die probleem en hoe jy voel 3. Stel 'n positiewe doelwit

4. Dink aan baie oplossings 5. Dink vooruit aan die gevolge

6. Gaan voort en probeer die beste plan 7. Evalueer die resultate

Die SIP-model kan as volg met 'n voorbeeld verduidelik word: Die eerste en tweede stap is as 'n kind aandag gee, enkodeer en sosiale leidrade interpreteer. As 'n kind in die straat stap en deur 'n bal getref word, moet hy probeer verstaan wat gebeur het (aandag gee en enkodeer) en hoekom dit gebeur het (interpretasie: ongeluk of opsetlik?). In die derde stap moet die kind sy doelwitte in die situasie begin uitklaar. Voorbeeide hier sou wees om vriendelik te bly of assertief te wees. Stap vier en vyf behels die genereer en evalueer van moontlike response volgens geantisipeerde uitkomste, verhouding tot doelwitte en selfdoeltreffendheid in die uitvoer van die respons. So kan 'n kind in bogenoemde voorbeeld dit oorweeg om terug te veg, maar die respons verwerp uit vrees dat di{ konflik tot gevolg sal he of dat hy nie hard genoeg sal kan gooi nie. Uiteindelik word die mees positief geevalueerde respons in terme van die doelwitte, geantisipeerde uitkomste en selfdoeltreffendheid gekies en die gedrag word uitgevoer (Crick & Dodge, 1994).

Lemerise en Arsenio (2000) voer verder aan dat verskillende emosionele prosesse die SIP-model kan be'i'nvloed. Hierdie prosesse wissel van kort emosionele ervarings, tot meer standhoudende gemoedstoestande en affektiewe style. Verder is dit ook moontlik dat voorafbestaande gemoedstoestande en temperamentgebaseerde emosionele style 'n invloed kan he op hoe sosiale leidrade gekodeer en gemterpreteer word, sowel as die daaropvolgende fases van die SIP-model. Die individu se vermoe om emosies te reguleer, bemvloed ook die SIP-model en kan ook verskil in verskillende ontwikkelingsvlakke en situasies.

Lemerise en Arsenio (2000) redeneer verder dat die emosionele proses en leidrade binne die individu, asook die emosionele leidrade wat deur ander uitgedruk word, 'n invloed kan he op die enkodering en interpretering van die

sosiale leidrade, die doelwitte vir die gedrag, die evaluering van die potensieie response en die probleemoplossende respons wat gekies word.

2.5.2 Sosiale rolaannemingsmodel

In hierdie teorie beskryf Selman die kind se vermoe om 'n ander se perspektief aan te neem en sy gedagtes, gevoelens en gedrag te verstaan. Hierdie teorie herinner sterk aan Bandura se gedagtes oor waarnemingsleer. Selman se teorie bestaan uit vyf fases:

• Egosentriese of ongedifferensieerde perspektief (drie tot ses jaar). Kinders is nie bewus van enige ander perspektief as hulle eie nie. Hulle aanvaar dat wat hulle voel, korrek is.

> > • Sosiale inligtingsrolaanneming (ses tot agt jaar). Kinders verstaan nou dat

ander ook perspektiewe kan he wat verskil van hulle eie. Hulle glo egter dit gebeur slegs omdat die ander verskillende inligting as hulle ontvang het.

• Self-reflekterende rolaanneming (agt tot tien jaar). Kinders weet nou dat hulle eie en ander se standpunte in konflik kan wees, selfs al het hulle dieselfde inligting ontvang. Hulle kan nou die ander persoon se standpunt in ag neem en oorweeg, en is in staat om ander se reaksies op hulle gedrag te antisipeer. Die kind in hierdie fase kan egter nie sy eie en die ander persoon se perspektief gelyktydig oordink nie.

Wedersydse rolaanneming (tien tot 12 jaar). Die kind kan nou gelyktydig

sy eie en die ander persoon se standpunt in ag neem en insien dat die ander persoon ook dieselfde kan doen. Die kind kan ook die rol van 'n onpartydige derde party inneem en voorsien hoe elke deelnemer (die self en die ander) gaan reageer op die siening van die ander persoon.

• Samelewingsrolaanneming (12 - 15 jaar). Die adolessent probeer die ander persoon se perspektief verstaan deur dit te vergelyk met die sosiale sisteem waarin hy funksioneer. Hy verwag dus van ander om te dink soos die meeste ander mense sou (Selman, 1976; Shaffer & Kipp, 2007),

Die kinders in die studiepopulasie val binne twee fases, naamlik die egosentriese of ongedifferensieerde perspektief en sosiale inligtingsrolaanneming. Die kinders in die studiepopulasie is dus op 'n belangrike oorgangsfase in hulle sosiale funksionering, naamlik vanaf egosentries en net gefokus op die self na 'n groter

bewustheid van ander se perspektiewe en die skep van ruimte om ook met die verskille saam te leef.

Die sosiale ontwikkeling van die mens kan wesenlik in twee modelle saamgevat > word, naamlik die sosiale inligtingsprosesseringmodel en sosiale rolaanneming.

Albei modelle maak 'n unieke bydrae tot insigte oor hoe sosiale vaardighede en sosiale interaksie ontwikkel, maar hulle verskil ten opsigte van die intensionaliteit en gestruktureerdheid van die modelle. Waar die sosiale inligtingsprosesseringsmodel 'n baie gestruktureerde, intensionele model is, vind die aanleer van gedrag deur middel van die sosiale rolaannemingsmodel meer terloops, minder intensioneel en minder gestruktureerd plaas.

Die kinders in die ontwikkelingsfase wat die fokus van die studie is, behoort kognitief in staat daartoe om meer komplekse, gestruktureerde prosesse te kan volg, hoewel hulle waarskynlik makliker sal identifiseer met die meer nie- intensionele proses van rolaanneming.

Albei modelle kan effektief in 'n program aangewend word om sosiale vaardighede aan te leer.