• No results found

Hoofstuk 2: Emosionele en sosiale ontwikkeling van gr, O-leerders

2.7 Die ontwikkelingstake van die gr 0-leerder

Ontwikkeling vind plaas op verskeie terreine en vir die doel van die studie word die volgende terreine kortliks bespreek: fisies, intellektueel, taal, emosioneel, die self en sosiaal. Laastens sal skooltoetrede, as 'n kritieke toepassingsveld waarbinne bogenoemde terreine ontwikkel, aangespreek word.

2.7.1 Fisiese ontwikkeling

Fisiese ontwikkeling net te make met die groei van die liggaam en veranderinge in die interne strukture en funksionering van die liggaam. Waar groei vinnig plaasgevind het in die eerste twee jaar van die kind se lewe, neem dit af tussen die ouderdom van twee tot ses jaar (Swartz et al., 2008). Groot en fyn motoriese ontwikkeling verbeter in die jare voor skool om die kind voor te berei op die akademiese take wat op skool aangeleer moet word (Brooks, 2008).

2.7.2 Intellektuele ontwikkeling

Beter motoriese beheer veroorsaak dat kinders op meer komplekse maniere met voorwerpe in hulle omgewing kan omgaan. Die aandagspan verleng, sodat kinders aktiwiteite vir langer tydperke kan volhou, en 'n verbeterde geheue iaat hulle toe om reekse in meer detail te onthou (Brooks, 2008).

2.7.3 Taalontwikkeling

Die ontwikkeling van taal is seker een van die belangrikste ontwikkelingstake en die sukses waarmee die kind dit bemeester, het verreikende gevolge. Dit is

belangrik om baie met kinders te praat en boeke voor te lees, om te verseker dat hulle taalontwikkeling op 'n ouderdomsverwante vlak is (Parker, 1998).

Gedurende die kleuterjare vind baie ontwikkeling op die gebied van taal plaas en taal word 'n baie belangrike medium vir die interaksie met ander. In hierdie tydperk is kinders in staat om komplekse, volwasse sinne te produseer, hoewel hulle nog soms kan sukkel om sekere klanke uit te druk (Swartz et al., 2008).

Louw en Louw (2007) stel dit dat reseptiewe taal (die begrip van gesproke en geskrewe taal) en reproduktiewe taal (praat en skryf) teen ongeveer sesjarige ouderdom aansienlik verbeter by die kind. Op die ouderdom van ses het 'n kind tussen 10 000 en 13 000 woorde in sy woordeskat, leer hy etiketreels, om mense in konteks korrek aan te spreek, en om die spraakinhoud na gelang van die luisteraar se status en identiteit te verander. >

2.7.4 Emosionele ontwikkeling

Die kind se begrip van emosies groei in diepte. Kinders in die voorskoolse fase kan emosionele snellers akkuraat identifiseer en verstaan woede beter as voorheen. Hulle evalueer gebeure egter steeds op grand van hulle uitkomste; met ander woorde, as kwaaddoeners hulle doelwit suksesvol bereik, sal hulle tevrede voel met die gedrag en nie die implikasie van die verkeerde gedrag insien nie (Brooks, 2008).

2.7.5 Ontwikkeling van die self

In hierdie ontwikkelingsfase definieer kinders hulself volgens hulle fisiese karaktereienskappe en aksies. Hulle fokus op die positiewe en bly optimisties dat hulle wel hulle doelwitte sal bereik (Brooks, 2008).

'n Goeie selfbeeld is belangrik vir 'n kind se ontwikkeling. Die kind wat in homself glo, kan sy sterktes aanvaar en werk aan die swakker areas. So 'n kind het selfvertroue en pak uitdagings entoesiasties aan. 'n Gelukkig kind kan fokus op die taak voorhande en meer effektief leer (Parker, 1998).

Geslagsidentiteit en etniese identiteit word ook in hierdie fase beklemtoon (Brooks, 2008). Geslagsrolle en geslagstoepaslike take behoort reeds vir die kinders in die ontwikkelingsfase uitgeklaar te wees. Hulle speel dus al met toepaslike speelgoed en help met toepaslike take in en om die huis. Etniese identiteit word dikwels eers gevorm as die kind in kontak kom met ander etniese groepe, wat meestal eers in die formele skoolopset gebeur. Leerders identifiseer hulself eers volgens kleur en leer eers later om hulself te handhaaf en die verskille tussen groepe te respekteer (Brooks, 2008).

> >

2.7.6 Sosiale ontwikkeling

Sosiale ontwikkeling by die voorskoolse kind betrek die drie hoofgroepe waarmee hy in kontak is, naamlik sy ouers, sibbe en portuurgroep. Die drie tipes verhouding is elkeen uniek, sodat die kind unieke vaardighede kan aanleer en unieke blootstelling kry om horn voor te berei op volwasse sosiale interaksie.

2.7.7 Skooltoetrede

Skooltoetrede stel spesifieke verwagtings aan die kind in hierdie ontwikkelingsfase. Hierdie verwagtings kan binne die terreine van ontwikkeling as volg bespreek word:

• Fisiese ontwikkeling

Formele onderrig verwag van die skoolbeginner om fisies gesond te wees, om oor die nodige growwe en fyn motoriese vaardighede te beskik en ook

om voldoende perseptuele vermoens te he sodat leer kan plaasvind (Grove, 1989).

• Kognitiewe ontwikkeling

Kognitiewe ontwikkeling met skooltoetrede behels die inneem van kennis; die vermoe om te kan konsentreer en take te voltooi; kritiese denkvaardighede; vaardighede met kategorisering; en 'n drang na kennis en taalontwikkeiing (Grove, 1989),

• Emosionele en sosiale ontwikkeling

Emosionele stabiliteit word gesien as 'n voorvereiste vir optimale kognitiewe funksionering (Grove, 1989). ,

Wat emosionele voorbereidheid betref, verwag die skool dat die skoolbeginner emosioneel voorbereid sal wees om die vreemde skoolwereld te betree en te oorwin. Hy moet die skeiding van sy ouers kan aanvaar en die ouers moet ook ryp wees om hulself van hulle kind los te maak. Verder moet hy sy emosies kan beheer en sy eie impulse in bedwang kan hou. Hy moet ook ander se gevoelens in ag neem (Grove, 1989).

Die skool verwag ook dat die skoolbeginner horn sosiaal sal kan aanpas by nuwe situasies, klasse, onderwysers en kinders. Hy moet kan aanpas by die groep en ook in die groep kan leer. Hy moet 'n behoefte he om in die groep opgeneem te word, maar ook onafhanklik kan funksioneer. Hy moet in staat wees om met maats van sy ouderdom te kan speel. Hy moet kan wedywer en ander se doen en late na waarde kan oordeel. Hy moet beheer kan uitoefen oor antisosiale gedrag. Hy moet horn ook kan onderwerp aan gesag en dissipline (Grove, 1989; Parker, 1998).

Volgens die uitkomste vasgestel deur die Suid-Afrikaanse Departement van Onderwys, behoort die gr. 0-leerder aan die einde van gr. 0 aan sekere vereistes te voldoen, soos uiteengesit in die Nasionale Kurrikulumverklaring (Departement van Onderwys: RSA, 2003). Die uitkomste is: .

Uitkoms 1: Gesondheidsbevordering Uitkoms 2: Sosiale ontwikkeling Uitkoms 3: Persoonlike ontwikkeling

Wat die eerste uitkoms betref, moet die leerder in staat wees om ingeligte besluite oor persoonlike, gemeenskaps- en omgewingsgesondheid te neem. Dit sluit in om basiese persoonlike higiene te kan handhaaf, bewus te wees van veiligheidsmaatreels by die huis en by die skool, en ook om nee te kan se vir seksuele mishandeling (Departement van Onderwys: RSA, 2003).

Die tweede uitkoms verwag van die leerders om begrip te he van toewyding aan grondwetlike regte en sosiale verantwoordelikhede, en ook om begrip vir diverse kulture en gelowe te toon. Dit word getoets deur: die identifisering van basiese regte en verantwoordelikhede in die klaskamer; herkenning van die Suid- Afrikaanse vlag; kennis van die lede van eie gesin, familie, maats en versorgers; die luister na en oorvertel van 'n storie met 'n morele waarde uit eie kultuur; en die identifisering van name en simbole met betrekking tot eie geloof (Departement van Onderwys: RSA, 2003).

Die derde uitkoms, naamlik persoonlike ontwikkeling, stel dit dat die leerder in staat moet wees om verworwe lewensvaardighede te gebruik om persoonlike potensiaal te verwesenlik en uit te brei om doeltreffend op uitdagings in sy wereld te reageer. Dit word geassesseer deur te kyk of die leerder die volgende kan doen: eie naam en adres se; beskryf wat eie liggaam kan doen; gee uitdrukking aan gevoelens sonder om self, ander en eiendom skade aan te doen; en aanpassing by klasroetine en volg van instruksies (Departement van Onderwys: RSA, 2003).