• No results found

Griffiths Mental Developmental Scales Extended Revised (GMDS ER)

Hoofstuk 4: Kritiese evaluering van bestaande programme en begronding van die saamgestelde

4.5 Die saamgestelde program

5.7.3 Griffiths Mental Developmental Scales Extended Revised (GMDS ER)

5.7.3.1 Rasionaal

In die vroee 1950's het Dr Ruth Griffiths die Grifiths Scales for Mental Development ontwikkel. Sedertdien was daar al verskeie vernuwings en verbeterings op die oorspronklike skaal, waarvan die nuutste die Griffiths Mental Developmental Scales - Extended Revised (GMDS-ER) is. Die GMDS-ER is 'n gestandaardiseerde instrument wat die ontwikkeling van verstandelike dimensies in kinders vanaf geboorte tot agt jaar en vier maande assesseer (Luiz et al., 2006).

Die ontwikkelingsprofiel wat deur die afname van die GMDS-ER verkry word gee inligting wat gebruik kan word om die kind se vlak van ontwikkeling ten tyde van die toetsing, tesame met sy sterktes en ontwikkelingsareas, te identifiseer; om met ouers die nodigheid van verdere ondersoeke of verwysings te bespreek vir gepaste terapeutiese intervensies; om opvoedkundige of ander vroee- ontwikkelingsintervensieprogramme te ontwikkel; om die effek van sulke

programme te evalueer na afloop van die program; en om met ouers plasing en beskikbare opvoedkundige opsies te bespreek (Luiz et al., 2006).

5.7.3.2 Beskrywing

Die GMDS-ER bestaan uit ses subskale (Luiz et al., 2006):

• In subskaal A - lokomotories word die kind se groot motoriese vaardighede en sy vermoe om te balanseer en bewegings te koordineer en te beheer, geassesseer. Die items wat gebruik word, sluit in ouderdomstoepaslike aktiwiteite soos om op en af op trappe te stap, 'n bal te skop, fiets te ry, te spring en tou te spring.

• Subskaal B - Persoonlik-sosiaal assesseer die kind se vaardigheid in alledaagse aktiwiteite, sy vlak van afhanklikheid en sy vermoe om met ander oor die weg te kom. Items hier sluit in ouderdomstoepaslike aktiwiteite soos aan- en uittrek, bevoegdheid met die gebruik van eetgerei en kennis van inligting, soos sy geboortedatum en adres.

• Subskaal C = Taal stel die ondersoeker in staat om die kind se reseptiewe en ekspressiewe taal te ondersoek. Items sluit ouderdomstoepaslike aktiwiteite in soos die benoeming van objekte en kleure, herhaling van sinne, die beskrywing van 'n prent en die beantwoording van 'n reeks vrae om begrip, asook kennis van ooreenskomste en verskille, te toets.

• Subskaal D - Oog-handkodrdinasie assesseer die kind se fyn motoriese vaardighede, handvaardigheid en visuele moniteringsvaardighede. Die items sluit ouderdomstoepaslike items in soos die inryg van krale, sny met 'n sker, kopiering van vorms en die skryf van letters en syfers.

• Subskaal E - Handeling stel die toetsafnemer in staat om die kind se

visueel-ruimtelike vaardighede, insluitend die spoed en presiesheid van werk, te assesseer. Items sluit ouderdomstoepaslike aktiwiteite soos die bou van brQe en trappe, voltooiing van vormborde en die maak van patrone in.

• Subskaal F - Praktiese redenering assesseer die kind se vermoe om praktiese probleme op te los, sy begrip van basiese wiskundige konsepte en vrae oor morele en opeenvolgende sake. Ouderdomstoepaslike aktiwiteite, soos tel en vergelyking van grootte, lengte en hoogte, word gemeet. Hierdie subskaal assesseer ook die kind se kennis van die dae van die week, sy visuele opeenvolgingsvaardighede en die begrip van reg en verkeerd.

Die omstandighede waarbinne die toets afgeneem word, moet ideaal wees. Dit sluit in 'n kindervriendelike kamer met min dinge wat die kind se aandag kan aftrek. Verder moet tafels en stoele die regte grootte wees vir kinders om gemaklik te voel en veiligheidsaspekte moet te alle tye in gedagte gehou word (Luiz et al., 2006).

5.7.3.3 Psigometriese eienskappe

Cronbach Alpha-koeffisiente is 'n aanduider van die interne konstantheid van 'n meetinstrument. In die geval van die GMDS-ER moet daar egter baie versigtig gekyk word na die waardes vanuit die aard van die instrument, aangesien die manier waarin die GMDS-ER geadministreer word, die basiese veronderstellings van die koeffisient weerspreek. Kinders werk hulself op deur toenemend moeiliker items totdat ses items nie voltooi kon word nie. Dit impliseer dat die items nie volkome onafhanklik is nie. Verder het die skale 'n ingeboude konsekwentheid, in die opsig dat ses items voor die staking van 'n skaal suksesvol voltooi moet wees en ses items na die staking van die skaal

onsuksesvol. Dit het tot gevolg dat die Cronbach Alpha-koeffisiente effens beter mag voorkom as wat hulle in werklikheid is (Luiz et al., 2006).

Met die voorbehoud wissel die Cronbach Alpha-koeffisiente vir kinders binne die vyfde en sesde jaar tussen 0,90 en 0,96 vir die ses subskale (Luiz et al., 2006).

Geldigheid dui aan of 'n meetinstrument meet wat dit veronderstel is om te meet. Aangesien die take van die GMDS-ER spesifiek met elke subskaal verband hou, is faktoranalises op elke subskaal gedoen om vas te stel of die items wel met die subskaal verband hou. Die resultaat van hierdie analises was dat daar 'n bevredigende mate van relevansie tussen die items en die faktor bestaan (Luiz et al., 2006).

5.7.3.4 Motivering vir die insluiting van die GMDS-ER

Die GMDS-ER gee 'n beeld van die kind se ontwikkeling, met inbegrip van die persoonlik-sosiale dimensie. Hierdie instrument is ingesluit om ontwikkeling in die geheel ook te ondersoek en die moontlike verbande tussen emosionele en sosiale bevoegdheid en ontwikkeling verder te beskryf.

Die GMDS-ER is deur 'n derde bron van inligting oor die kinders afgeneem, ten einde objektiwiteit te verseker en saam met die ouers en onderwysers se beeld van die leerders 'n volledige profiel van die leerder se ontwikkeling en bevoegdheid te skets.

5.8 Hipoteses

Die hipoteses wat die grondslag van die doelstellings van die navorsing bepaal, is die volgende:

H01: Die meetinstrumente is nie betroubaar en/of geldig om die emosionele en sosiale bevoegdheid van 'n groep gr. O-leerders te bepaal nie.

Ha1: Die meetinstrumente is we! betroubaar en/of geldig om die emosionele en sosiale bevoegdheid van 'n groep gr. O-leerders te bepaal.

H02 en Ha2 kan vanuit die eksploratiewe aard van die studie nie gestel word nie.

H03 en Ha3 kan ook vanuit die eksploratiewe aard nie die studie nie gestel word nie.

H04: Die emosionele en sosiale bevoegdheidsontwikkelingsprogram sal nie 'n positiewe effek op die emosionele en sosiale bevoegdheid, asook sekere aspekte van algemene ontwikkeling van 'n groep gr. O-leerders he nie.

Ha4: Die emosionele en sosiale bevoegdheidsontwikkelingsprogram sal wel 'n positiewe effek op die emosionele en sosiale bevoegdheid, asook sekere aspekte van algemene ontwikkeling van 'n groep gr. O-leerders he.