• No results found

In Afdeling 3.3 is ʼn uiteensetting verskaf van die filosofiese wortels van Gestaltteorie. Afdeling 3.4 voorsien ʼn basiese uiteensetting van Gestaltteorie. In hierdie afdeling word verdere aandag gegee aan enkele Gestaltteoretiese konsepte wat nog nie in

hierdie afdelings genoegsaam behandel is nie, maar wat wel implikasies het vir die wyse waarop die proses van geloofsvorming verstaan word.

3.5.1 Hier en Nou

Op hierdie punt is dit reeds duidelik watter groot waarde aan bewustheid geheg word binne Gestaltteorie. Bewustheid word as die doelwit van Gestalt gesien. Enige vraag, oefening of uitdrukking het ten doel om die persoon se bewustheid van sy/haar eie proses te bevorder, sodat organismiese selfregulering kan plaasvind. Die metafoor van die kontaksiklus (Afdeling 3.4.2) gaan in wese oor bewustheid van die persoon en hoe hy/sy kontak maak met figure in sy/haar veld. Die hele kontaksiklus is daarom ʼn proses wat van die persoon vra om in die “hier en nou” teenwoordig te wees. Die samevoeging van dialogiese eksistensialisme, veldteorie en fenomenologie as deel van die onderbou van Gestaltteorie het tot gevolg dat die hier en nou so ʼn fundamentele fokus is.

Selfs wanneer ʼn herinnering opgeroep word van ʼn gebeure uit die verlede, vind die oproep en alle moontlike assosiasies en emosies daaraan verbonde steeds in die hier en nou plaas (Yontef 2005:89). In die hier en nou vind die organismiese selfregulering plaas, waarin, ideaal gesproke, dít wat die meeste relevant is, na vore kom. Soos wat figure in die hier en nou na vore kom en die een in die ander vloei, word groter gestalten gevorm en word insig moontlik. Die veld is konstant in beweging. ʼn Oombliklike besef het die potensiaal om alles te verander. “Staying with the unfolding of here-and-now experience is one of the well-recognized central features of Gestalt therapy” (Parlett 2005:49).

3.5.2 Verantwoordelikheid

Die verantwoordelikheid vir die kliënt se proses, bly die kliënt se verantwoordelikheid (Philippson, 2012:122). Die konsep van organismiese self-regulering impliseer dat persone verantwoordelik is vir hul eie lewens en keuses, en gevolglik ook vir die wyse waarop hulle reageer binne die veld. Leer- en groei-ervarings bly dus die

verantwoordelikheid van die persoon self. Yontef (1993:126) kom tot die gevolgtrekking dat Gestalt ʼn manier verskaf vir mense om outentiek te wees en betekenisvolle verantwoordelikheid vir die self te kan neem. “Gestalt therapy is interested in the existential themes of existence — connection and separation, life and death, choice and responsibility, authenticity and freedom” (Yontef en Jacobs, 2010:13).

3.5.3 Balans

Dit is reeds gestel dat die doelwit van Gestaltterapie bewustheid is. Vanuit ʼn ander oogpunt kan dit ook gesê word dat die doelwit van Gestalt “balans” is. Vergelyk die onderste fase in Joyce en Sills se kontaksiklus, soos uiteengesit in Figuur 3.2. (Afdeling 3.4.2): Die Grond – rus in die ongedefinieerde veld. Bewustheid lei tot die bereiking van ʼn voltooidheid, waarna die figuur weer deel van die veld word sodat die volgende figuur na vore kan tree.

Terselfdertyd is dit duidelik dat daar ʼn gerigtheid is op ʼn toepaslike balans tussen polariteite in die lewe van persone. “One of the tasks of the therapist is to ensure a balance of the polarities” (Philippson, 2012:98). Philippson se aanhaling verwys na die rol van balans in die terapeut se eie proses. Joyce en Sills (2014:148) se uiteensetting van kontakgrensmodifikasies, en die feit dat dit gedefinieer word as twee uiterste pole op ʼn kontinuum, bevestig ook die rol van balans in die kontak van ʼn persoon met sy/haar omgewing. ʼn Versteuring in die kontakgrens is juis nie gebalanseerd nie, en Gestalt wil die persoon daarvan bewus maak sodat hy/sy die balans kan herstel.

3.5.4 Voltooidheid

Deel van die kontaksiklus (Aafdeling 3.4.2) is die fase van kontak, wat afhandeling en voltooiing behels. Indien persone onvoltooidhede in hulle lewens het, bly die onvoltooidhede deel van hulle veld en is daar nog nie balans nie. Yontef (1993:78) stel dit duidelik: “Any incomplete gestalt is unfinished business demanding resolution.” Die woorde “unfinished business” is een van die welbekende terme

vanuit Gestaltterapie (Joyce & Sills, 2014:165). Die kern van onvoltooidhede is gewoonlik die onvermoë om te aanvaar wat gebeur het, ʼn tekort aan emosionele uitdrukking, ʼn aksie wat nie geneem is nie, of onopgeloste konflik weens verskillende reaksies op iets wat plaasgevind het. Die taak is dan om kreatiewe ondersteuning te skep waarbinne die persoon die geleentheid kry vir emosionele uitdrukking, en die neem van aksiestappe of voltooiing, sodat die persoon voltooidheid kan bereik en aan beweeg (Joyce & Sills, 2014:165).

3.5.5 Polariteite

Die konsep van polariteite moet veral verstaan word saam met balans (Afdeling 3.5.3.). ʼn Polariteit kan verstaan word as ʼn paar teenoorgesteldes wat komplementerend funksioneer (Ingersoll, 2005:144). Soms is dit ʼn baie handige eksperiment om persone die geleentheid te gun om die ander kant van ʼn polariteit te verken, veral wanneer ʼn spesifieke kontakmodifikasie die kontaksiklus onderbreek (vgl. Joyce & Sills, 2014:137). Elke aspek van ʼn persoon is potensieel deel van ʼn polariteit (2014:161).

3.5.6 Impasse

ʼn Impasse (dooiepunt) word ervaar wanneer ʼn persoon se gebruiklike ondersteuning nie meer beskikbaar is nie, maar nuwe vorme van ondersteuning nog nie verkry is nie. Die persoon kan nie terugbeweeg nie, maar weet ook nie of dit vir hom/haar moontlik is om vorentoe te beweeg nie (Yontef & Jacobs, 2010:12). Die stryd tussen “topdog” en “underdog” kan ook tot so ʼn impasse lei (Joyce & Sills, 2014:161).

3.5.7 Integrasie

Die konsep van integrasie is in wese deel van Gestaltteorie. Yontef en Jacobs (2010:14-15) beskryf integrasie soos volg:

When people report being aware of something and yet claim they are totally helpless to make desired changes, they are usually referring to a

situation in which they know about something but do not fully feel it, do not know the details of how it works, and do not genuinely integrate it and make it their own.

Integrasie hou ook verband met polariteite en die kontaksiklus. Vergelyk byvoorbeeld hoe Polster en Polster (soos aangehaal deur Joyce & Sills, 2014:161) die integrasie van polariteite beskryf: Wanneer ʼn individu ʼn aspek van hom/haarself herken, is die teenwoordigheid van die antitese (of teenoorstaande pool) implisiet. Die antitese is deel van die agtergrond, totdat dit genoeg krag bymekaargemaak het. Indien hierdie krag genoeg ondersteuning kry, kan integrasie ontwikkel.

3.6 Geloofsvorming vanuit ʼn Gestaltteoretiese