• No results found

Die oorkoepelende navorsingsvraag wat in Hoofstuk 1 gestel is, is die volgende:

Watter Praktykbenadering tot geloofsvorming kan ontwikkel word vanuit ‘n

dialoog tussen Gestaltteorie en Thomas Groome se benadering tot geloofsvorming?

In die beantwoording van die oorkoepelende navorsingsvraag, is vier vrae geïdentifiseer om by die antwoord van die navorsingsvraag uit te kom. Elkeen van die vier vrae korreleer met een van die vier take van praktiese teologie, soos uiteengesit deur Osmer (2008:10). Die onderstaande figuur illustreer op watter wyse die hoofstukke ooreenstem met die take van praktiese teologie, soos uiteengesit deur Osmer (2008:10).

Figuur 6.2: Navorsingsvrae volgens hoofstukke in ooreenstemming met Osmer (2008:4) se model vir die vier take van Prakties-Teologiese navorsing

Die navorsingsvraag wat in Hoofstuk 2 gevra is, behels:

Wat gebeur, volgens Thomas Groome, tydens die proses van

geloofsvorming?

Die navorsingsvraag in Hoofstuk 2 het gefokus op die beskrywende taak van praktiese teologie (Osmer, 2008:10). In die beantwoording van die navorsingsvraag is geloofsvorming volgens Groome se benadering ondersoek en beskryf. In die beskrywing van Thomas Groome se benadering is die hoofstuk soos volg uiteengesit: Eerstens is ʼn bespreking van die komponente van Groome se Gedeelde Christelike Praksis hanteer (Afdeling 2.2). Die komponente van Groome se benadering wat geïdentifiseer is, behels huidige aksie, kritiese refleksie, dialoog, die Christelike Storie, die Christelike Visie asook ʼn teenswoordige dialektiese hermeneutiek.

Daarna het die vyf bewegings van Groome se benadering gevolg (Afdeling 2.3), waarin die onderskeie komponente na vore kom soos wat dit in die praktyk plaasvind. Groome se vyf bewegings behels:

Beskrywende/ Empiriese Taak Interpreterende Taak Pragmatiese Taak Normatiewe Taak Hoofstuk 2 Hoofstuk 3 Hoofstuk 4 Hoofstuk 5

Wat gebeur, volgens Thomas Groome, tydens die proses van geloofsvorming?

Watter lig kan Gestaltteorie werp op die proses van geloofsvorming, sodat beter verstaan kan word hoe dit gebeur?

Wat behoort tydens die proses van geloofsvorming te gebeur?

Hoe kan daar reageer word op die insigte wat ontwikkel is oor die praktyk van geloofsvorming vanuit die dialoog tussen Thomas Groome se benadering en Gestaltteorie?

a) Verwoord die huidige aksie;

b) Deelnemers se huidige stories en visies;

c) Die Christelike gemeenskap se Storie en Visie;

d) Dialektiese hermeneutiek tussen die Storie en deelnemers se stories; e) Dialektiese hermeneutiek tussen die Visie en deelnemers se visies.

Groome se doelwit vir geloofsvorming is in Afdeling 2.4 uiteengesit. Die oorkoepelende doelwit is geïdentifiseer as die Bewind van God (“Reign of God”). Saam met die oorkoepelende doelwit is twee eksistensiële doelwitte vir geloofsvorming geïdentifiseer: vir geleefde Christelike geloof en vir die heelheid van menslike vryheid. In Afdeling 2.5 is die uitkoms van geloofsvorming, soos deur Groome beskou, verduidelik. Konasie (wysheid) en terugroeping van “wees” is as uitkoms vir geloofsvorming in Groome se benadering geïdentifiseer.

In die laaste afdeling van die Hoofstuk 2 (Afdeling 2.6) is daar stilgestaan by Groome se soeke na ʼn epistemologie wat die geïdentifiseerde doel van geloofsvorming kan dien. Daar is bevind dat Groome die drie vorme van kennis van Aristoteles as gelykwaardige vorme van kennis beskou: “theoria”, “praxis” en “poiesis”. Die gevolgtrekking is dat Groome se Gedeelde Christelike praksis benadering hierdie drie vorme van kennis ondersteun.

Wat gebeur, volgens Thomas Groome, tydens die proses van geloofsvorming? Hoofstuk 2 toon aan dat mense tydens geloofsvorming bemagtig word om deel te neem aan die bewind van God.

Die navorsingsvraag wat in Hoofstuk 3 gevra is, behels:

Watter lig kan Gestaltteorie werp op die proses van geloofsvorming, sodat

beter verstaan kan word hoe dit gebeur?

In Hoofstuk 3 is daar gefokus op die interpreterende taak van die hermeneutiese sirkel, soos uiteengesit deur Osmer (2008:10-11). In die beantwoording van die navorsingsvraag, is daar eers inleidend verwys na Gestaltteorie as ʼn benadering wat gebruik kan word om die proses van geloofsvorming te verklaar (Afdeling 3.2). Die filosofiese wortels van Gestaltteorie is in Afdeling 3.3 uiteengesit. Daar is spesifiek

gefokus op die fenomenologie, dialogiese eksistensialisme en die veldteorie. ʼn Basiese uiteensetting van Gestaltteorie is in Afdeling 3.4 hanteer. Daar is stilgestaan by die paradoksale teorie van verandering en die Gestalt kontaksiklus. Die wyse waarop integrasie en assimilasie langs die weg van bewustheid plaasvind, is verduidelik. Spesifieke kontakgrensmodifikasies is uiteengesit, wat belemmerend vir geloofsvorming kan wees.

In Afdeling 3.5 is enkele verdere Gestalt konsepte bespreek, gevolg deur die interpretasie van geloofsvorming vanuit Gestaltteorie in Afdeling 3.6. Daar is bevind dat die paradoksale teorie van verandering en die kontaksiklus verklarings verskaf vir die wyse waarop geloofsvorming plaasvind. Spesifieke Gestalt konsepte wat direkte implikasies het vir die wyse waarop geloofsvorming verklaar kan word, is ook bespreek. Afdeling 3.7 is ʼn samevatting van die hantering van die interpreterende taak van Osmer (2008:10) in Hoofstuk 3.

Watter lig kan Gestaltteorie werp op die proses van geloofsvorming, sodat beter verstaan kan word hoe dit gebeur? Daar is in Hoofstuk 3 bevind dat Gestaltteorie geloofsvorming verklaar as ʼn proses waarvolgens mense deur middel van bewustheid kontak maak met die veld waarin hulle hulself bevind, sodat geloofsvorming langs die weg van integrasie deel van hulleself word.

Die navorsingsvraag wat in Hoofstuk 4 gevra is, behels:

Wat behoort tydens die proses van geloofsvorming te gebeur?

Hoofstuk 4 fokus op die normatiewe taak van die hermeneutiese sirkel, soos uiteengesit deur Osmer (2008:4). In die beantwoording van die normatiewe vraag is daar gefokus op die riglyne wat vir geloofsvorming ontstaan vanuit ʼn dialoog tussen Gestaltteorie en Groome se benadering, wat binne die huidige konteks van missionale ekklesiologie van die NGK gebruik kan word. Om te ontdek wat in die proses van geloofsvorming behoort te gebeur (normatief) is:

a) rigtingwysers vir geloofsvorming binne die konteks van missionale ekklesiologie geïdentifiseer;

c) rigtingwysers vir geloofsvorming vanuit Gestaltteorie geïdentifiseer;

d) riglyne vir geloofsvorming geïdentifiseer vanuit ʼn dialoog tussen Gestaltteorie en Groome se benadering, in die lig van missionale ekklesiologie.

Die resultate van Hoofstuk 2 se deskriptiewe taak en Hoofstuk 3 se interpreterende taak word in Hoofstuk 4 deur middel van ʼn transversale dialoog bymekaar gebring. Na die inleiding van Afdeling 4.1, is die konteks van missionale ekklesiologie van die N.G. Kerk in Afdeling 4.2 bespreek. Normatiewe rigtingwysers vir geloofsvorming is vanuit missionale ekklesiologie geïdentifiseer (Afdeling 4.3). Afdeling 4.4 het die normatiewe rigtingwysers vir geloofsvorming, soos wat dit vanuit Groome se benadering geïdentifiseer kan word, uiteengesit. Die normatiewe rigtingwysers is verkry op grond van die deskriptiewe navorsing wat in Hoofstuk 2 afgehandel is. In Afdeling 4.5 is rigtingwysers vir geloofsvorming aangedui op grond van die interpretatiewe navorsing oor die wyse waarop Gestaltteorie die proses van geloofsvorming verklaar. Dit is die interpretatiewe navorsing wat in Hoofstuk 3 hanteer is. Vanuit die rigtingwysers wat in Afdeling 4.3 tot Afdeling 4.5 geïdentifiseer is, word normatiewe riglyne vir geloofsvorming in Afdeling 4.6 uiteengesit. Ses normatiewe riglyne vir geloofsvorming is deur middel van die transversale dialoog geïdentifiseer:

a) Die doelwit van geloofsvorming behels die Bewind van God;

b) Ontmoetings met die Christelike Storie. “Storie” word as ʼn inklusiewe term gebruik om ook Groome se verwysing na “Visie” te vervat.

c) Onderskeidende wysheid; d) Selfopofferende verhoudings; e) Waarderende openheid; f) Kreatiwiteit.

Wat behoort tydens die proses van geloofsvorming te gebeur? Geloofsvorming behoort mense te bemagtig om deel te neem aan die Bewind van God. Hierdie bemagtiging vind plaas deur middel van ontmoetings met die Christelike Storie, onderskeidende wysheid, selfopofferende verhoudings, waarderende openheid en kreatiwiteit.

Hoofstuk 4 is afgesluit in Afdeling 4.7 wat ʼn kort uiteensetting gee van die transversale dialoog wat in hierdie studie in Hoofstuk 4 kulmineer.

Die navorsingsvraag wat in Hoofstuk 5 gevra is, behels:

Hoe kan daar reageer word op die insigte wat ontwikkel is oor die praktyk van

geloofsvorming vanuit die dialoog tussen Thomas Groome se benadering en Gestaltteorie?

In die beantwoording van die pragmatiese vraag is ʼn praktykbenadering tot geloofsvorming daargestel. Hoofstuk 5 fokus op die vierde fase van Osmer (2008:4) se hermeneutiese spiraal, naamlik die pragmatiese taak van praktiese teologie. Na die inleidende Afdeling 5.1, is ʼn praktykbenadering tot geloofsvorming in Afdeling 5.2 uiteengesit. Hierdie praktykbenadering bestaan uit ʼn metafoor vir geloofsvorming wat verkry is deur die normatiewe riglyne vir geloofsvorming soos wat dit in Hoofstuk 4 bevind is. Die metafoor bestaan uit ʼn son en ʼn wiel. Die son verteenwoordig die Bewind van God as oorkoepelende doel vir geloofsvorming. Die wiel simboliseer ʼn ruimte waarbinne geloofsvorming plaasvind. Die ruimte van die wiel word gekonstitueer deur vier riglyne: onderskeidende wysheid, selfopofferende verhoudings, waarderende openheid en kreatiwiteit. In die sentrum van die wiel is ʼn spilpunt waarom die ander vier riglyne wentel. Die spilpunt behels ontmoetings met die Christelike Storie.

Vir elke riglyn in die praktykbenadering is diagnostiese vrae voorsien, wat persone kan gebruik om prosesse van geloofsvorming waarby hulle betrokke is, te beoordeel. Die vrae word as oop vrae gestel wat binne ʼn verskeidenheid van situasies toegepas kan word.

Hoe kan daar reageer word op die insigte wat ontwikkel is oor die praktyk van geloofsvorming vanuit die dialoog tussen Thomas Groome se benadering en Gestaltteorie? Mense kan geleentheid gegun word om ontmoetings met die Christelike Storie te beleef, sodat hulle bemagtig word om deel te neem aan die Bewind van God. Die ruimte waarbinne sodanige ontmoetings kan plaasvind, word gekenmerk deur onderskeidende wysheid, selfopofferende verhoudings, waarderende openheid en kreatiwiteit.