• No results found

3.4 ʼn Basiese uiteensetting van Gestaltteorie

3.4.3 Kontakgrensmodifikasies

In Gestalt speel die konsep van kontak ʼn fundamentele rol. Die invloed van dialogiese eksistensialisme is hierin duidelik sigbaar: die “I/Thou” kontakproses is die uitloop van die dialogiese eksistensialisme se invloed op Gestaltteorie (Yontef, 1993:200). Om kontak te maak, behels die hele proses van die erkenning van die self en die ander deur te beweeg in die rigting van binding en losmaking (“connecting and withdrawing”). ʼn Deel van kontak verg ook dat die verskille tussen die self en die

NEEM VAN AKSIE

Uitdrukking, eksperimentering, deurdink KONTAK Afhandeling, voltooiing ASSIMILASIE Integrasie, aanvaarding, lering, satisfaksie ONTTREKKING

Losmaking, laat gaan, wegbeweeg

DIE GROND

Rus in die ongedifferensieerde veld, beskikbaar vir nuwe ontluikende figure

SENSASIE

Gewaarwording van ontluikende gevoel, behoefte of sensasie - die opkomende figuur

HERKENNING Herkenning en omlyning van figuur. Betekenismaking en prioretisering. MOBILISERING Energering, voorbereiding, raming van ondersteuning, beplanning

ander waardeer word. Yontef (1993:203) argumenteer dat die term kontak dikwels gebruik word asof dit slegs na die verbindingsaspek verwys, maar dat dit binne Gestaltteorie oor die hele proses van verbinding en onttrekking gaan.

Die persoon bestaan binne die “individu-omgewing” veld (Yontef 1993:210). Die veld word gedifferensieer deur grense. Grense behels nie entiteite nie, maar prosesse. Die grens wat ʼn persoon onderskei van hom-/haarself en die omgewing, is die ego- grens. Deur die self te differensieer van wat nié self is nie, neem die persoon in wat nodig is en verwerp wat nie benodig word nie. (Yontef, 1993:203). ʼn Goed funksionerende kontakgrens is deurlaatbaar sodat transaksies tussen die organisme en die omgewing kan plaasvind.

Philippson (2012:74-77) tref onderskeid tussen die fisieke grens tussen die organisme en die omgewing aan die een kant, en die menslike grens tussen die self en die ander aan die ander kant. Philippson (2012:77) beskryf dit soos volg:

If we have only a drive approach, based on the boundary between organism and environment, the theory becomes mechanistic in ways described by Hycner and Jacobs, and Yontef. If we have only a relational approach, based on the boundary between self and other, the theory becomes disembodied.

Philippson (2012:77) maak egter die punt dat vanuit Gestalt terapie beskou, die self nie ʼn “innerlike iets” is nie, maar te vinde is juis by die kontakgrens: “It is not self that we explore, but self-other.” Die ander waarna verwys word, kan menslik óf nie- menslik wees.

Daar is verskeie wyses waarop die kontaksiklus (Afdeling 3.4.2) onderbreek kan word. Daar word verskillende terme gebruik om na die onderbrekings te verwys. Joyce en Sills (2009:105-118) verduidelik ʼn verskuiwing van die terminologie vanaf “kontakgrensversteurings” en “onderbrekings” na “kontakmodifikasies”. Die argument behels dat dit steeds oor ʼn kontakfunksie gaan en daarom nie met ʼn negatiewe beskouing benader kan word nie. Kontakgrensmodifikasies word deur Joyce en Sills (2014:148) beskou as dat dit telkens as een uiterste van ʼn kontinuum beskou behoort te word. ʼn Persoon se keuse om een van die modifikasies te benut, kan baie funksioneel wees. Joyce en Sills wys egter ook daarop dat persone soms ʼn sekere styl ontwikkel, wat nie as gesond beskou kan word nie, omdat dit ʼn vaste patroon

vestig. Afhangende van die konteks, sou hulle tog soms die term “onderbreking” gebruik.

Vervolgens word kortliks uitgebrei oor elkeen van die agt kontakgrensmodifikasies soos uiteengesit deur Joyce en Sills (2014:148-159). Die benadering wat hulle tot die benaming van die modifikasies gebruik het, is om die betekenis van aktiewe prosesse te versterk, teenoor die idee van statiese posisies. Tradisioneel word die kontakgrensmodifikasies in verband gebring met spesifieke fases in die kontaksiklus (vgl. Woldt & Toman 2005:x). Sover die navorser kon vasstel, doen Joyce en Sills (2014:146-159) dit nie. Dit is die navorser se afleiding dat daar twee redes hiervoor is. In die eerste plek, is daar reeds gewys op die kontaksiklus as ʼn metafoor. Tweedens behels kontakgrensmodifikasies, soos wat Joyce en Sills daarna verwys, na vaste patrone en style van kontak – nie gewone, toepaslike modifikasies na gelang van die konteks nie. Indien die kontakgrensmodifikasies verbind sou word aan spesifieke fases in die kontaksiklus, sou dit beteken dat die metafoor méér as ʼn metafoor sou word. Daar sou ook nie waarde geheg kon word aan die toepaslike gebruik van kontakmodifikasies nie.

3.4.3.1 Samevloeiing

ʼn Gesonde persoon kan met gemak beweeg op die kontinuum tussen samevloeiing en differensiasie. Wanneer ʼn gewoonte vorm om enige van die twee uiterstes op die kontinuum, dui dit op ʼn uitdaging in terme van binding aan die een kant of isolasie aan die ander kant (Joyce & Sills, 2014:150). ʼn Persoon vir wie nabyheid met ʼn ander persoon problematies is, hanteer dit deur óf heeltemal met die ander persoon saam te gaan, of om op ʼn manier te onttrek. Yontef (1993:205) noem samevloeiing die afwesigheid van differensiasie tussen self en ander en ʼn verlies van eie identiteit.

3.4.3.2 Introjeksie

Onderskeid word getref tussen introjeksie as verwysende na ʼn vaste oortuiging wat onvoorwaardelik voorgehou word vir die self, en introjeksie wat verwys na die proses waarvolgens introjeksie aktief plaasvind. Hierdie proses behels die onkritiese inneem

van opinies, houdings of idees (Joyce & Sills, 2014:148; 151). Introjeksie vermy die oorweging van die toepaslikheid/geldigheid van ʼn bepaalde opinie. Joyce en Sills (2014:151) stel dit soos volg: “The process of introjecting leads to holding beliefs that were not accepted choicefully – called introjects”.

3.4.3.3 Projeksie

Indien ʼn persoon ʼn aspek van sy/haar persoonlikheid ontken omdat dit nie versoenbaar is met sy/haar beeld van hom/haarself nie, word kan die aspek geprojekteer word op ʼn ander persoon. Sodoende word die spesifieke kwaliteit in die self ontken en slegs in die ander raakgesien. Dit gaan dus oor ʼn proses van onteiening van ʼn aspek van die self. Die potensiaal bestaan dat projeksie as ʼn verskoning gebruik word om enige emosionele reaksie aan die terapeut se kant te ontken (Joyce & Sills, 2014:152-153).

3.4.3.4 Defleksie

Defleksie is die wegkyk of wegdraai van ʼn interne stimulus of vanuit die omgewing. Dit word gekenmerk deur ʼn uitblok van die stimulus self of deur ʼn ander gedagtelyn te kies. Persone kan deflekteer van hulle emosies en gedagtes deur aanmekaar te gesels, te lag of om heeltyd op die behoeftes van ander te fokus. So kan ʼn persoon herhaaldelik die onderwerp verander wanneer ʼn spesifieke kwessie aangeraak word, of telkens verkeerd verstaan wat gesê word en dit herdefinieer (Joyce & Sills, 2014:154).

3.4.3.5 Retrofleksie

Retrofleksie vind plaas wanneer ʼn persoon ʼn impuls om aksie te neem (bv. om te praat of uitdrukking te gee aan emosie) onderdruk. Die energievloei word op hierdie manier onderdruk. Indien hierdie onderbreking in kontak gereeld plaasvind, kan dit gebeur dat die energie inwaarts teen die self gedraai word. Dit lei tot spanning in die

liggaam, psigosomatiese simptome, depressie en selfs selfleed (Joyce & Sills, 2014:156).

3.4.3.6 Desensitasie

Desensitasie kan met defleksie vergelyk word. Dit is ʼn verdere manier waarop sensasie vermy word. Defleksie is daarop gefokus om die volle ontvangs van ʼn stimulus te verhoed en verg daarom wel ʼn mate van bewustheid. Daarenteen is desensitasie ʼn baie sterker vorm van afsluiting. Enige bewustheid oor ʼn spesifieke saak gaan verlore (Joyce & Sills, 2014:156).

3.4.3.7 Selfmonitering

Joyce en Sills (2014:148) verkies om nie die term egotisme te gebruik nie, aangesien dit dubbelsinnig kan wees. In die plek daarvan gebruik hulle die term selfmonitering. Gesonde selfmonitering is die vermoë tot selfrefleksie en refleksiwiteit. Gewoontevormende en beperkende selfmonitering word gekenmerk deur oormatige selfkritiek wat spontaneïteit en volle kontak ondermyn.

3.4.3.8 Impulsiwiteit

Impulsiwiteit kan as die teenoorgestelde van retrofleksie en selfmonitering beskou word. Impulsiwiteit is ʼn vorm van aksie sonder genoegsame oorweging van die konteks of die gevolge van die aksie. Joyce & Sills (2014:158) beskryf impulsiwiteit soos volg: “In terms of the cycle of experience, this client moves straight to action before fully recognizing and evaluating the emerging sensations".