• No results found

3.4 MOONTLIKE OORSAKE VAN UITBRANDING BY NAGRAADSE

3.4.2 Die manier waarop ʼn probleem kan ontwikkeling tot uitbranding

3.4.2.2 Uitbranding en probleemontwikkeling oor motivering

Die tweede konsep in Crabb se model van probleemontwikkeling is motivering. Crabb (1977:116) beskryf motivering as die dryfkrag of die drang waarmee die mens sy behoeftes wil bereik. Dit is die sin van die momentum wat my die impuls gee om iets te bereik waardeur eiewaarde en sekuriteit verhoog. Die mens het ʼn besondere groot behoefte aan eiewaarde en sekuriteit - tot so ʼn mate dat ons bereid is om ontsaglike hoeveelhede energie en inspanning te gebruik om hierdie behoefte te bevredig. As die behoefte daar is, word jy angstig om dit te bevredig. So word jy

Fisiologies Veiligheid

Sosiaal Respek Selfverwesenliking

Geen energie om aan selfverwesenliking te spandeer nie

Selfverwyt: ‘Ek moes harder gewerk het.’

Sosiale funksionering word nadelig beïnvloed deur uitbranding

Uitgebrande persoon ervaar gevoelens van paranoia. Slaaploosheid, verlies aan eetlus of ooreet, siektes

gemotiveer om dit te bevredig hoe hard jy ook al moet werk om eiewaarde en sekuriteit te verskaf.

Die derde konsep wat Crabb gebruik in sy model van probleemontwikkeling is ʼn persoon se basis aanname (Crabb, 1977:118). Studente identifiseer met die doelwitte en behoeftes wat ouers vir hulle eie lewe stel (geld, prestasie, goeie werk, aansien, ens.) en wat nie bevredig word nie. Daarom word hard gewerk net om bloot hard te werk sonder dat daar ʼn behoefte vervul word. So ʼn doelwit word kunsmatig en is onbevredigend. Dit vervul nie ʼn mens se dringende behoefte nie. ʼn Nagraadse Teologiese student het ʼn behoefte aan eiewaarde (ʼn doel met jou lewe) of ware sekuriteit (om onvoorwaardelike liefde te ontvang).

Die teologiese student het later die aanname dat dit die behoeftes is wat vervul moet word (geld, prestasie, goeie werk, aansien, ens.). Om hierdie behoefte te vervul beteken moontlik onrealistiese mikpunte. Hierdie behoeftes is onbevredigend en dit lei tot uitbranding wanneer bloot gestreef word daarna om hierdie nie noodsaaklike behoeftes te vervul. Dit is dus ʼn valse aanname oor wat belangrik is en waar eiewaarde en sekuriteit gevind word (Crabb, 1977:119). Crabb (1977:120) beskryf hierdie aannames:

“Ek sal eiewaarde ontvang as:  Ek geld het.

 Ek nooit ʼn fout maak nie.  Ek ʼn stabiele harde werker is.

 Ek agting ontvang van mense rondom my.  Ek in belangrike kringe ingesluit word. “Ek sal sekuriteit ontvang as

 Ek ʼn liefdevolle man/vrou het.

 Ek nooit gekritiseer word nie (ʼn aanname wat perfeksionisme insluit: “As ek perfek is, kan ek nie gekritiseer word nie.”).

 Almal my aanvaar.  Niemand my verwerp nie.

Nagraadse teologiese studente sal ook in hulle konteks hierdie aannames tot ʼn groot mate as die grondslag vir eiewaarde en sekuriteit aanvaar. Hulle sal hulle gedrag aanpas om hierdie doelwitte te bereik wat deur die basis aanname bepaal word.

Die vierde konsep wat Crabb gebruik in sy model van probleemontwikkeling is

doelwit georiënteerde gedrag. Doelwit georiënteerde gedrag kan intelligent, realisties

en logies wees of dit kan onrealisties of totaal oneffektief wees. As die doelwit nie bereik kan word nie, kan die persoon bedreig voel as sy behoefte nie bevredig word nie, en hy sal angs of tekens van uitbranding beleef. Probleme ontstaan egter wanneer die persoon onrealistiese doelwitte het (Crabb, 1977:121). Die persoon se gedrag word so georiënteer om die doelwit te probeer bereik, dat - indien die persoon se doelwit nie onmiddellik bereik word nie - daar net meer en meer inspanning en energie ingesit. Die gevolg is tekens van uitbranding: emosionele uitputting, die begeerte om te onttrek, verlaagde gevoel van sukses en verlaagde selfbeeld. Die bogenoemde model kan soos volg op uitbranding toegepas word:

Diagram 3.6: Die verloop van die vervulling van behoeftes tot uitbranding (Crabb,

1977:121).

Behoefte Motivering Uitbranding Basis aanname

Werksaanpassing Doel georiënteerde gedrag Doelwit word nie bereik nie

Crabb (1977:127) toon aan hoe sekere hindernisse in die pad kom om ʼn individu se vereiste doelwit te bereik. Crabb plaas hierdie hindernisse in die volgende drie kategorieë:

- Kategorie 1: Onbereikbare doelwitte - Kategorie 2: Eksterne omstandighede - Kategorie 3: Vrees vir mislukking

Wanneer daar ʼn hindernis in die nagraadse teologiese student se pad ontstaan wat hom verhoed om sy verlangde doelwit te bereik, word die student teleurgestel. As die doelwit wat die student vir homself gestel het onbereikbaar is (Kategorie 1), is die primêre emosionele respons ʼn skuldgevoel of selfverwyt. As die persoon glo die doelwit is bereikbaar – of dit die geval is of nie – maar een of ander eksterne omstandighede plaas ʼn hindernis in die pad om die doelwit te bereik (kategorie 2), is die primêre respons ʼn gevoel van spyt of teleurstelling. As die hindernis nie is as gevolg van ʼn onbereikbare doelwit of eksterne omstandighede nie maar ʼn groot vrees vir mislukking (kategorie 3), beleef die persoon angs (Crabb, 1977:127).

Wanneer hierdie hindernisse in die pad kom van ʼn persoon se doelwit, verhoog dit die spanning om die doelwit te bereik. ʼn Doelwit wat te veeleisend geword het om te bereik, het te hoë stresvlakke tot gevolg wat op sy beurt tot uitbranding kan lei. Crabb (1977:128) beskryf hier drie tipes hindernisse wat verskillende emosies tot gevolg het – skuldgevoelens, angs en spyt. Hierdie emosies lei weer op hulle beurt tot emosionele uitputting, waarvan die volgende simptome van uitbranding teenwoordig is: (1) Die begeerte om te onttrek, (2) Verlaagde gevoel van sukses en (3) ʼn verlaagde selfbeeld.

3.4.2.2.1 Kategorie 1: Onbereikbare Doelwitte

Crabb (1977:128) is van mening dat sekere doelwitte wat mense vir hulleself stel, bloot net onbereikbaar is, maak nie saak hoe hard hulle ook al mag werk nie. Sommige mense se basis aanname om goed oor hulleself te voel, is byvoorbeeld om enige kritiek ten alle koste te vermy. Om alle kritiek te vermy beteken dat mens perfek moet wees in alles wat jy doen of sê. Hierdie basiese doelwit is onbereikbaar. As hierdie ideaal nie bereik kan word nie ontwikkel die persoon ʼn skuldgevoel. Vanweë ʼn vrees vir verwerping word daar so hard gewerk om aan hierdie doelwit te voldoen. Hoe harder daar gestreef word om ʼn onbereikbare doelwit te bereik, hoe meer simptome van uitbranding is teenwoordig totdat die persoon totaal uitgebrand. Die persoon stel ʼn onvolhoubare standaard waarteen hy homself meet, en poog om aan hierdie onvolhoubare standaard te voldoen. As daar nie aan hierdie onvolhoubare standaard voldoen kan word nie, ervaar die persoon ʼn gevoel van onwaardigheid. Dit het weer tot gevolg dat die persoon belangstelling en motivering in sy werk of roeping verloor (Crabb, 1977:129).

3.4.2.2.2 Kategorie 2: Eksterne omstandighede

Volgens Crabb (1977:129) kan die hindernis om ʼn doelwit te bereik van buite die persoon self kom. In so ʼn geval is die primêre emosie teleurstelling en frustrasie. Wanneer iemand aanneem dat die doelwit wat hy vir homself gestel het bereik sal word, en dan deur iemand wat op die pad gekom het gehinder word om hierdie doelwit te bereik, sal hy nie self verantwoordelik voel nie maar teleurstelling ervaar. As die hindernis egter nie deur ʼn eksterne faktor veroorsaak word nie maar eerder deur ʼn onrealistiese doelwit of ʼn vrees vir mislukking, sal die persoon nie noodwendig teleurstelling ervaar nie, maar eerder spyt of angs. Teleurstelling veroorsaak op sy beurt bitterheid teenoor die persone wat die teleurstelling

veroorsaak het (Crabb, 1977:130). Hierdie teleurstelling veroorsaak dat hulle emosioneel uitbrand.

3.4.2.2.3 Kategorie 3: Vrees vir mislukking

Volgens Crabb (1977:130) sal iemand wat ʼn vrees het dat sy gestelde doelwit nie bereik gaan word nie, met angs lewe. Hoe groter die vrees vir mislukking, hoe groter is die insette om die doelwit te bereik. Hy word met ander woorde deur vrees en angs gedryf totdat die doelwit bereik is. Dudley & Dudley (1994:54) wys daarop dat meeste ʼn defektiewe roeping van God ervaar - dit is dan ook die faktor wat ʼn teologiese student die meeste dryf. Volgens Slivar (2001:23) word ʼn vrees vir mislukking vererger as die nagraadse teologiese student getroud is. Hy kan voel dat hy sy vrou of gesin teleur sal stel as hy misluk indien sy studietydperk verleng sal word of as hy ʼn moontlike beurs sal verloor (Collins, 2005:82).

Coetzer noem dat (2007:89) vrees vir mislukking vir Christelike werkers gewoonlik tweeledig:

 Mislukking as ʼn verteenwoordiger van God.  Mislukking as ʼn persoon.

Slivar (2001:23) wys daarop dat negatiewe kritiek ook ʼn vrees vir mislukking tot gevolg kan hê. Wanneer die nagraadse teologiese student te lank en konstant aan te veel angs, teleurstelling en vrees dat sy doelwit nie bereik word nie blootgestel word, sal die persoon gevaar loop om uit te uitbranding. Volgens Collins (2005:82) ontstaan vrees dikwels omdat mense irrasionele dinge glo. Wanneer iemand byvoorbeeld glo dat alles net erger gaan raak en dat niks gedoen kan word aan sy omstandighede nie, veroorsaak hierdie oortuigings hardnekkige vrees.

Volgens Coetzer (2007:89) ervaar studente ook ʼn vrees vir verwerping. Die vrees dat mense hom sal verwerp omdat hy ook hulp nodig het veroorsaak addisionele stres. Hierdie vrees vir verwerping maak dat nagraadse teologies studente gekant is teen die aanvaarding van hulp. Daar kan selfs ʼn vrees vir verwerping wees indien ander – medestudente of gemeentes – sou ontdek dat hy as toekomstige leraar sielkundige hulp moes kry.

Diagram 3.7: Die effek van vrees op ʼn persoon se stresvlakke (Phillips, 2007:62):

Soos die vrees vir mislukking vermeerder, ervaar mens meer angs en ontwikkel ʼn fobie vir mislukking en uitbranding wat weer op sy beurt tot depressie en ineenstorting lei (Phillips, 2007:63; Papalia, et al 2007:289).

3.4.3 Versnelde veranderingstempo in die samelewing as oorsaak van