• No results found

4.3.1 Keuse van ʼn navorsingsontwerp

In hierdie ondersoek is van twee vraelyste – wat gekombineer is - gebruik gemaak om data aangaande die vlak van die belewing van uitbranding sowel as persepsies oor uitbranding soos gemanifesteer by nagraadse teologiese studente wat aan die Fakulteit Teologie van die Noordwes-Universiteit Potchefstroomkampus vir GKSA predikante studeer, in te win. Omdat die Fakulteit Teologie sy eie werksmilieu en – atmosfeer het wat eiesoortig is en wesenlik verskil van ander bedryfsondernemings en organisasies, is besluit om nie gebruik te maak van reeds bestaande gestandaardiseerde meetinstrumente om die betrokke navorsing mee te doen nie, maar te poog om eiesoortige meetinstrumente te ontwikkel vir die unieke doeleindes van dié ondersoek.

i. Ten einde data in te win vir die samestelling van die persepsievraelys, is soos volg te werk gegaan: ʼn Literatuurstudie is onderneem om die sewe kategorieë van ondersoek (sien 4.5.1.1 - 4.5.1.7) sinvol af te baken en te

definieer ten einde ʼn globale geheelbeeld van die betrokke ondersoekterreine te verkry.

ii. Vir die doeleindes van dié ondersoek is vooraf besluit dat die deelnemers die vraelys anoniem sal beantwoord. Die rede vir die besluit is die volgende: Eerliker response op sensitiewe vrae kan verwag word indien sodanige vraelyste anoniem beantwoord word.

iii. Twintig diagnostiese persepsievrae rondom uitbranding is in die vraelys geïnkorporeer wat onderverdeel is soos in 4.5.1. hieronder uiteengesit word. iv. Veldwerk: Op 27 Julie 2009 het die ondersoeker, nadat vooraf toestemming

verkry is van die dekaan van die Fakulteit Teologie van die Noordwes Universiteit Potchefstroomkampus, ʼn formele inligtingsessie gehou waarby byna die totale populasie wat by die ondersoek betrek is, teenwoordig was. Die breë agtergrond en doel van die ondersoek is aan die deelnemers verduidelik. Dit het tot gevolg gehad dat die deelnemers later tydens die invul van die vraelys nie antagonisties teenoor die ondersoek gestaan het nie en geredelik bereid was tot positiewe samewerking.

v. Die deelnemers aan die studie het elk ʼn saamgestelde vraelys ontvang nadat aan hulle verduidelik is hoe dit voltooi moet word (sien bylaag B). Die deelnemers is sowat 15 minute gegee om die vraelys individueel en rustig te voltooi.

vi. Die navorser het deurlopend as koördineerder opgetree. Sorg is gedra dat elke deelnemer ‘n vraelys gekry het om te voltooi en dat elke deelnemer slegs een vraelys voltooi.

4.3.1.1 Metodiek van data-insameling en verwerking

4.3.1.1.1 Kwantitatiewe ondersoek

Met kwantitatiewe navorsing word daar gesoek na objektiewe feite en dit fokus op die veranderlikes waar statistiese geloofwaardigheid vooropstaan. Dit behels enige kenmerke of eienskappe van ʼn persoon wat op statistiese skaal meetbaar is. Die kwantitatiewe ondersoek stel die navorser in staat om op ʼn statistiese vlak vergelykings binne die navorsingsgroep te maak (Steyn et al, 2000:7, De Vos et al, 2007:133). Kwantitatiewe navorsing vereis die voltooiing van vraelyste as ʼn data insamelingsmetode. Die volgende aspekte is volgens Steyn et al (2000:7) & De Vos

 Die navorser bly op die agtergrond.  Statistiese analise van data is moontlik.  Meet objektiewe feite.

 Betroubaarheid van data staan voorop.  Meer data kan geanaliseer word.

4.3.1.1.2 Kwalitatiewe ondersoek

Sekere standpunte van proefpersone kan soms nie effektief in die vorm van statistiese analises weergegee word nie. Voorbeelde van data wat nie numeries van aard is nie, is inligting oor byvoorbeeld emosies, ervarings of gesindhede en inligting oor die vakke wat ʼn student in sy graadkursus insluit. Steyn et al (2000:7) toon egter aan dat kwalitatiewe data dikwels wel op ʼn kwantitatiewe wyse uitgedruk kan word. So kan ʼn werkgewer sy werknemers se gesindheid teenoor hulle werk klassifiseer as ‘swak’, ‘redelik’, ‘goed’ of ‘uitstekend.’ In so ʼn geval is daar ʼn definitiewe orde in die kategorieë en kan van ordinale data gepraat word. In so ʼn geval kan kwalitatiewe data in kategorieë verdeel word. Steyn et al (2000:7) identifiseer die volgende eienskappe van kwalitatiewe navorsing:

 Die navorser streef na ʼn in-diepte insig in die manifestering van realiteite.  Die navorser streef na die insameling van kennis oor die gevoelens en

ervaringe van die deelnemers en wil dus poog om die ervaringswêreld van die deelnemers te betree.

 Al die sintuie van die navorser word ingespan. Hy moet oor die vermoë beskik om te luister, te sien, waar te neem, ondersoekend te vra en logies- wetenskaplike gevolgtrekkings te maak.

4.3.1.1.3 ʼn Kombinasie van kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsing

Deur ʼn kombinasie van kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsing te gebruik is vasgestel wat die mate van die belewenis van uitbranding by nagraadse teologiese studente is asook watter persoonlike persepsies hulle oor uitbranding het. Die doel van hierdie studie is om data statisties te analiseer ten einde objektiewe afleidings te maak om ʼn meer in-diepte insig in die ervaringswêreld van die nagraadse teologiese studente van die GKSA te bekom.

4.3.1.2 Navorsingsinstrumente

Ten einde die belewenis en persepsies van uitbranding by nagraadse teologiese studente van die GKSA na te vors word die volgende navorsingsinstrumente gebruik:

4.3.1.2.1 Kwantitatief: Navorsingsinstrument vir die belewenis van uitbranding

Ten einde die nagraadse teologiese studente se belewenis van uitbranding te evalueer is ʼn vraelys wat deur Prof. P Joubert saamgestel is om die ervaringsvlak van uitbranding te toets, toegepas (Joubert, Uitbrandingsvraelys & Uitbrandingsvraelys: Interpretasie). Die vraelys is so ontwerp dat vasgestel kan word of die deelnemer aan enige simptome van uitbranding ly.

Hierdie vraelys bestaan uit 20 vrae. By elke vraag moet die student sy ervaring weergee op ʼn skaal van een tot vyf. Een verteenwoordig ʼn besliste ‘nee’ en vyf ʼn besliste ‘ja’ (Sien bylaag B). Die deelnemer kies die waarde van die stelling wat die naaste op hom/haar self van toepassing is.. Die deelnemer se gemerkte keuses word opgetel om ʼn groottotaal te vorm en hierdie groottotaal verteenwoordig die deelnemer se ervaringsvlak van uitbranding. Elke deelnemer se ervaring van uitbranding word volgens die onderstaande diagram geïnterpreteer:

Diagram 4.1 Stresfunksioneringskurwe

POSITIEWE STRESBELEWING NEGATIEWE STRESBELEWING

100%

Ideaal Distres

VLAKKE VAN PRODUK- 21-30 31-45

TIWITEIT: 66% Beginstadium STRES AS DRYFKRAG 46-60 Onder-stres Uitbranding 11-20 Akuut 61-75 33%

1-10 76-100 1)Fisiologies (Angina : Hartaanvalle) Verveling Ineenstorting 2)Psigologies (Paniekversteuring Major

Depressie)

3)Sosiaal (Aggressie; Geweld; Frustrasie; Woede; Isolasie)

0%

Die stresfunksioneringskurwe toon die vlak van uitbranding aan. As die deelnemer op die uitbrandingsvraelys ʼn totaal van tussen 0 en 30 aangetoon het, ervaar hy/sy geen simptome van uitbranding nie en kan selfs verveeld of onder-stres wees, of op ʼn ideale streslose vlak funksioneer. Op hierdie vlak kan dit as positiewe stresbelewing getipeer word. Enige getalle hoër as dit sal as negatiewe stresbelewing getipeer kan word. As die deelnemer op die uitbrandingsvraelys tussen 31 en 45 aangetoon het ervaar die deelnemer tot ʼn bepaalde mate distres. Op hierdie vlak ervaar die deelnemer tot ʼn minder of meerdere mate ʼn vlak van stres, maar toon nog nie enige simptome van uitbranding nie. As die deelnemer tussen 46 en 60 op die uitbrandingsvraelys aangetoon het is hy/sy in die beginstadium van uitbranding en toon reeds simptome van uitbranding. Indien die deelnemer tussen 61 en 75 op die uitbrandingsvraelys aangetoon het is sy/haar ervaring van uitbranding akuut. In hierdie stadium sal die deelnemer drastiese aanpassings in sy/haar werksituasie moet maak. Indien die deelnemer tussen 76 en 100 op die uitbrandingsvraelys aangetoon het is die deelnemer op die ineenstortingstadium van uitbranding en is radikale aanpassings in sy/haar werksituasie nodig. In hierdie stadium sal die deelnemer op fisiologiese, psigologiese en sosiale vlak met ernstige gevolge van uitbranding worstel.

4.3.1.2.2 Kwalitatief: Navorsingsinstrument vir die huldiging van persepsies oor uitbranding

Om die huidige persepsies oor uitbranding by die nagraadse teologiese studente van die GKSA vas te stel is daar in oorleg met Prof. P Joubert van die Noordwes- Universiteit ʼn persepsievraelys vanuit bestaande literatuur saamgestel. Hierdie vraelys bestaan uit 20 oop vrae waarmee die deelnemer sy mening, gevoelens en emosies kan weergee (Sien bylaag B).

Hierdie vraelys ondersoek die volgende sewe aspekte of vrae:

1. Die deelnemer se kennis van die begrip uitbranding en wat hulle as die oorsake van uitbranding beskou.

2. In hoe ʼn mate die nagraadse teologiese studente uitbranding as ʼn probleem tydens hulle studies ervaar.

3. Huldig die nagraadse teologiese student van die GKSA wat as deelnemer deelneem enige persepsies oor uitbranding en geloof? 4. Huldig die betrokke deelnemers enige persepsies oor uitbranding en

5. Watter kennis toon die nagraadse teologiese studente oor uitbranding en die Bybel en en watter moontlike persepsies huldig hulle daaroor. 6. Huldig die nagraadse teologiese studente enige persepsies oor

uitbranding en die bediening?

7. Huldig die deelnemers enige persepsies oor die behandeling van uitbranding?

4.3.1.3 Deelnemers aan die studie

In die 2009 studiejaar was daar 26 ingeskrewe nagraadse teologiese studente aan die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika te Potchefstroom (TSP). Hierdie 26 studente bestaan uit die kandidaats 4 tot 6 klasse (kandidaats 4 verteenwoordig die Honneurs BTh. studente, kandidaats 5 verteenwoordig die M.Div. studente en die kanditaats 6 verteenwoordig die MTh. studente) wat vir predikante in die GKSA studeer (Die Almanak van die GKSA, 2010:252). Van hierdie 26 betrokke studente het 20 aan die studie deelgeneem – ʼn getal wat verteenwoordigend is van 77% van die totale nagraadse en voltydse studentepopulasie aan die TSP tydens die betrokke akademiese jaar. Die oorgrote meerderheid van die populasie het dus aan die studie deelgeneem.