• No results found

3.4 MOONTLIKE OORSAKE VAN UITBRANDING BY NAGRAADSE

3.4.1 Oorsake van uitbranding by nagraadse teologiese studente

3.4.1.1 ʼn Oorlading van werk

Daar moet in gedagte gehou word dat alle stres nie noodwendig nadelig is nie. Positiewe stres soos opwinding en uitdaging aktiveer volgens Maartens (2006:13) ʼn mens om jou beste te lewer. Positiewe stres (uitdagings) gee motivering in die lewe. Slegs wanneer stres oormatig is en swak hanteer word, kan dit ons negatief beïnvloed. Maartens (2006:13) wys daarop dat ʼn oormaat van stres as duidelik waarneembare fisiese simptome en kliniese tekens in die liggaam manifesteer (vgl. 3.6.2.5). Die liggaam is daarop ingestel om die mens toe te rus om uitdagings te hanteer, hetsy fisiek, emosioneel of intellektueel. Wat die gevolge van stres noem word, is eintlik die liggaam se respons of reaksie op ʼn stressor (Sien ook Papalia, et

al 2007:288).

Normaalweg sal ons die stresrespons verwerk. Die probleem kom wanneer die stresrespons nie verwerk word nie, en die aktiewe prosesse in die liggaam nie na normaal terugkeer nie. Die gevolg is dat die proses kronies raak en die persoon al meer en meer aan uitputting begin ly. Maartens (2006:14) en Louw en Edwards (2003:576) gee die volgende voorstelling om goeie en slegte stres te verduidelik:

Diagram 3.2: Die uitwerking van positiewe en negatiewe stres (Louw & Edwards,

2003:576).

Volgens Willcock et al (2004:357) is ʼn oorlading van werk die eerste en belangrikste oorsaak van uitbranding by studente. Minnaar (1991:12) en Cordes & Dougherty (1993:631) onderskei egter tussen twee soorte oorlading by uitbranding:

(1) Kwantitatiewe oorlading: Volgens Minnaar (1991:12) kom die tipe oorlading voor wanneer ʼn persoon te veel take/projekte het wat hy binne ʼn bepaalde tyd moet voltooi. Hy staar homself voortdurend blind teen spertye en het nie genoeg tyd of hulp en ondersteuning om betyds klaar te kry nie. Sy aandag is voortdurend verdeel tussen verskeie take en hy ervaar gewoonlik druk. Dit is vir hom nodig om gereeld werk huis toe te neem en by tye sal hy selfs werk saam neem wanneer hy met vakansie gaan. Hy vind dat hy nie tyd het om tred te hou met nuwe ontwikkelinge op sy vakgebied nie.

(2) Kwalitatiewe oorlading: Volgens Minnaar (1991:12) ontstaan kwalitatiewe oorlading wanneer ʼn individu nie akademies behoorlik toegerus is om die taak op ʼn bekwame en effektiewe wyse uit te voer nie of wanneer hy voel dat hy nie die nodige intellektuele vermoëns het om eise te hanteer nie. Dit kan ook wees dat hy nie die “regte” persoonlikheid vir die werk het nie. Hoofsaaklik gaan dit volgens Cordes & Dougherty (1993:631) daaroor dat die individu nie in die tyd wat beskikbaar is sy werk kan doen nie.

GROOT UITDAGING, MAKSIMALE PRODUKTIWITEIT

GEMAKSONE GEMAKSONE

TE VEEL DRUK

SONE VAN ONGEMAK

UITBRANDING

Kan nie die uitdagings hanteer nie; begin kompeteer

Ontwikkel siektesimptome. Oorskry vermoëns heeltemal.

Diagram 3.3: Die gevolglike proses van oorlading (Grobbelaar,2007:61).

Indien ʼn teologiese student kwantitatief oorlaai word met verantwoordelikhede waarvoor hy nie genoeg tyd het nie, kan hy dit as ʼn geweldige stressor ervaar. Gevolglik kan hy ʼn respons van kroniese moegheid (psigies) ervaar, net om te vind dat hy daarmee saam kronies moeg is (fisiologies). Volgens Grobbelaar (2007:61) kan dit weer die begeerte veroorsaak om te onttrek van dit wat aanleiding gegee het tot die kwantitatiewe oorlading. Grobbelaar (2007:61) wys daarop dat die persoon wat kronies oorlaai is, oor ʼn lang tydperk groot hoeveelhede ongesonde stresprodukte in sy bloed opgaar, wat gevolglik sy gesondheid verder negatief kan beïnvloed en aanleiding gee tot kroniese siektes.

Dudley & Dudley (1994:43) wys daarop dat nagraadse studente oor die algemeen funksioneer in ʼn stresvolle omgewing wat konstant intensiewe leeswerk en opdragte vereis wat verbonde is aan bepaalde sperdatums. Strawwe eksamenskedules dra ook by tot hierdie stresvolle werksomgewing. Om eksamen te skryf is volgens Louw & Edwards (2003:599) een van die stresvolste aktiwiteite vir studente. Dit is belangrik om hier te let op die feit dat nagraadse teologiese studente wat vir predikante in die GKSA studeer tot aan die einde van die sesde jaar van hul studie steeds eksamens aflê. Sliver (2001:22) wys daarop dat daar ʼn gevoel van oorweldiging ontstaan as gevolg van ʼn konstante vereiste van produktiwiteit met betrekking tot akademiese werk wat deur studente verteer moet word.

Volgens Coetzer (2005:10) is die onderstaande drie dimensies kenmerklik van uitbranding. Wanneer uitbranding begin, is die positiewe rol van hierdie drie aspekte besig op te vervaag en is daar ʼn skuif van die positiewe gevoelens na die drie negatiewe dimensies van uitbranding:

Stressors Stresrespons

Fisiologies

Psigologies

 Energie verander in uitputting  Betrokkenheid verander in sinisme  Effektiwiteit verander in oneffektiwiteit

Weiten (2004:535) dui aan dat oorsake van uitbranding faktore soos ʼn oorlading van werk, interpersoonlike konflik in die werksomgewing, ʼn gebrek aan kontrole oor werks- verantwoordelikhede asook onvoldoende beloning insluit. Dit het op sy beurt fisiese siekte, ʼn verhoogde afgetrokkenheid, verlaagde toewyding teenoor werksverrigting en ʼn verlaagde produktiwiteit tot gevolg Werksoorlading lei daartoe dat mense nie indiepte aandag kan gee aan spesifieke take nie. Hierdie tipe werksomstandighede dra by tot uitputting, sinisme en ʼn gebrek aan effektiwiteit wat uitbranding karakteriseer (Sien ook Papalia, et al 2007:290).

Joubert (2005:220) beskryf die fisiese gevolge en die gesondheidsimplikasies van uitbranding deur gebruik te maak van die menslike breingolfpatrone. Volgens Joubert (2005:220) het alles wat die mens ervaar ʼn bepaalde breingolfpatroon. Die mens het vier tipes breingolwe: Delta, Theta, Alpha en Beta. Breingolwe is impulse wat deur ʼn EEG (Elektroënkefalogram) gemeet word as ʼn frekwensie in Hertz. Van tyd tot tyd gedurende die dag, fluktueer of wissel ʼn persoon wat nie aan stres en/of angsversteuring lei nie, se breingolwe tussen Beta, Alpha en Theta breingolfpatrone. ʼn Normale en welgestelde individu se breingolwe gedurende ʼn wakker toestand sal fluktueer tussen 20Hz – 24Hz op die Beta vlak.

Maar as ʼn persoon ʼn staat van psigopatologie soos angs of stres vir ʼn periode langer as twee weke ervaar, kan breingolwe ʼn meting van tot 30Hz op die Beta vlak begin vertoon. Hierdie hoër breingolfaktiwiteit kan ʼn indikasie wees van psigopatologie en/of neuropatologie wat op sy beurt weer kan lei tot psigosomatiese simptome en verwante psigologiese en patologiese simptome soos stres, woede, vrees, angs, depressie, geïrriteerdheid, slaperigheid of letargie en uitbranding. Die onderstaande diagram gee ʼn verduideliking van breingolfaktiwiteit:

Tabel 3.2: Breingolfaktiwiteit (Joubert, 2005:221). 30Hz BETA 24Hz 20Hz 14Hz

Stres, Woede, Vrees, Angs, Depressie,

geïrriteerdheid, slaaploosheid (insomnia) en

uitbranding.

SIMPTOME

Nek en lae rugpyn; hoofpyn, slaaploosheid/insomnia; ʼn tekort aan slaap, hartkloppings, sweetuitslag, impulsiewe gedrag; uitermatige eetgewoontes of ʼn gebrek aan aptyt, oormatige rook en drank gebruik.

KAN ONTWIKKEL IN:

Hoë bloeddruk; maagswere; spastiese kolon; hartsiektes, spier spasmas, liggaamlike krampe/pyn.

Fisiese waaksaamheid; normale werkende toestand Verstandelike inspanning en intense konsentrasie Logiese analise en afname in beredenering Vroeë mediatiewe stadium: taamlik ontspanne

13Hz ALPHA

8Hz

Kalm, rustige denke – beheer; helder, ontspanne verstandelike waaksaamheid; globale perspektief; gefokusde konsentrasie; indikatiewe beredenering; heel-brein funksionering; kreatiewe probleemoplossing, laterale denke.

7Hz THETA

4Hz

Diep ontspaning; kreatiewe funksionering; hoogs ontvanklik, sterk lerende; helder verstandelike beelde, toegang tot uitstekende geheue; “Eureka” fenomeen; intuïsie.

3Hz DELTA

0.5Hz

Diep, droomlose slaap; verstandelike restourasie

Bewusteloos

Coetzer (2005:19) wys daarop dat vanuit die individu se perspektief, is werklading gekoppel aan tyd en energie. In die verwagting van verhoogde produktiwiteit is organisasies, soos ʼn akademiese opleidingsinstansie, geneig om mense te forseer – bedoeld of onbedoeld – om aanvaarbare grense te oorskry. Binne hierdie werksmilieu is die effek van werkslading drieledig van aard:

 Die werk is meer intens: Volgens Coetzer (2005:19) impliseer verwagtinge wat ten opsigte van verhoogde produktiwiteit dikwels dat ʼn student harder moet werk en vir langer ure. Binne hierdie soort werksituasie is dit oor die algemeen moeiliker om tyd vir ʼn breuk in te ruim. Daar bestaan nie meer rustige momente tussen gebeure nie. Elke opdrag rol eenvoudig voort na die volgende een toe sonder ʼn breuk. Dit raak dan al moeiliker om te ontspan en te rus buite die werksmilieu. Dit raak vanweë hierdie werksdruk al besiger in elke faset van die lewe, tot selfs algemene pligte uitputtend raak (Coetzer, 2005:20) (Sien ook Papalia, et al 2007:290).

Volgens Slivar (2001:22) dra ʼn selfgedrewe prestasietempo – met die oog op onderskeidings of akademiese prestasietoekennings – ook by tot die ervaring van ʼn meer intense werkslading. Hierdie selfgedrewe prestasietempo verhoog ook soos die jaar verloop. Willcock et al (2004:359) toon met ʼn studie aangaande uitbranding by mediese studente aan hoe ʼn student doelbewus ʼn tipe-A persoonlikheid ontwikkel het om ʼn hoë werkslading te hanteer en te presteer (vgl. 3.4.1.9 vir ʼn verduideliking van Tipe – A/B gedragspatrone).

 Die werk vereis meer tyd: Volgens Coetzer (2005:20) werk studente gewoonlik langer ure omdat hulle nie streng vasgestelde werksure het nie. Hulle is dan nie in staat om die geweldige eise te hanteer nie (Sliver; 2001:23). Later word ontspanningstyd ingeboet om die geweldige werkslading te kan probeer hanteer. ʼn Patroon van minder tyd vir rus en ʼn hoër vlak van stres en bekommernisse begin ontwikkel. Mens kan nie ten volle gedurende die tye van rus wat wel ingeruim word, herstel nie aangesien die eise om by te bly met die werkslading ook al meer word. Meer werk word verrig maar teen ʼn koste, langer ure en intense werksdae dreineer energie. Ontspanningstyd en tyd om sosiaal te verkeer word prysgegee ten einde by te dra om die werk meer produktief te laat lyk. Die winste ten opsigte van produktiwiteit is egter slegs tydelik en eintlik maar ʼn illusie (Coetzer, 2005:21). Silvar (2001:23) wys daarop dat namate ʼn teologiese student meer en meer tyd moet spandeer om werk te verrig, hy ook meer en meer angs asook ʼn vrees vir mislukking beleef.

 Die werk het meer kompleks geraak: Volgens Coetzer (2005:21) word werksomstandighede van ʼn student veel meer kompleks namate individue ʼn veelvoud van take wat nie voorheen van hulle vereis was nie, moet kan

verrig. Wanneer die werkslading verhoog, word sy werksopset meer kompleks. ʼn Persoon word aan ʼn groter verskeidenheid van take blootgestel as wat hy voorheen onder normale omstandighede sou verrig het. Hy moet nou byvoorbeeld meer tegniese en langer opdragte indien (Sien ook Papalia,

et al 2007:289).

Coetzer (2005:21) maak die opmerking dat dit nou ʼn geweldige klomp energie neem net om deur die dag te kom. Dit neem nog heelwat meer energie om op ʼn kreatiewe en gefokusde wyse te werk. Om gekompliseerde probleme op te los, verg selfs nog meer energie. In ʼn proses van uitbranding is dit moeilik om ten volle te ontspan en gemaklik te voel. Gesondheidsprobleme dra ook verder by tot uitputting indien jy sou voortgaan om te werk ongeag die negatiewe liggaamlike simptome. Volgens Coetzer (2005:21) voel mense gewoonlik dat hulle nie van die werk kan wegbly nie, al put dit hulle net verder uit. Pligsbesef teenoor die eie roeping gee dikwels die deurslag.

Palmer en Cooper (2007:26) beskryf die proses van die ervaring van stres tot uitbranding en ineenstorting aan die hand van ʼn eenvoudige model wat in ses stappe ingedeel is:

Diagram 3.4: Die proses van die ervaring van stres tot uitbranding en ineenstorting

(Palmer & Cooper, 2007:26).

1: Eksterne druk of lewensgebeurtenisse 2: Ervaar as stresvol

3: Stres respons: Psigologies, gedrag en fisiologies 4: Herevaluering van die situasie

5:Stresrespons misluk om oorsaaklike faktore te verwyder of te verander 6:Ineenstorting: fisiese en/of psigosomatiese siektetoestande

 Fase 1: Gewoonlik ʼn lewensgebeurtenis of eksterne druk of eis wat tot ʼn persoon se aandag kom. Gewoonlik ʼn groot aantal gebeurtenisse op een slag.

 Fase 2: Gedurende hierdie fase ervaar ʼn persoon ʼn aantal gebeurtenisse as stresvol of ervaar meer druk oor die algemeen. Die persoon sal gewoonlik negatief oor die situasie oordeel. Die persoon verkeer onder meer druk weens ʼn vrees vir mislukking.

 Fase 3: By hierdie fase is die drie sleutelreaksies op stres aktief: die psigologiese, gedrag en die fisiologiese. Die psigologiese reaksie sluit die afskeiding van streshormone soos adrenalien en noradrenalien in.

 Fase 4: In hierdie fase herevalueer ʼn persoon die oorspronklike situasie, en besluit of dit suksesvol opgelos is of nie. As dit suksesvol opgelos is of suksesvol hanteer word, keer die persoon weer terug na ʼn normale funksionering. Maar as ʼn persoon glo dat hy nie sy huidige situasie kan hanteer nie, sal die psigologiese, gedrag en fisiologiese reaksies voortduur of selfs vermeerder.

 Fase 5: In hierdie fase word daar gefokus op: het die persoon sy eksterne oorsake van stres verwyder of verander oor ʼn tydsperiode.

 Fase 6: As die eksterne situasie of faktore nie suksesvol hanteer is nie kan psigologiese- of fisiese siekte intree. As dit voorkom kan die huidige moeilike omstandighede nog verder versleg. Die gevolg is dat ʼn persoon nie meer suksesvol probleme kan oplos nie en dan onderpresteer. Die kans verhoog dan om verdere negatiewe terugvoering oor jou werk te kry. ʼn Persoon se selfbeeld kry ʼn knou en hy word klinies depressief en beleef akute uitbranding.