• No results found

3.6 GEVOLGE VAN UITBRANDING TOEGEPAS OP NAGRAADSE TEOLOGIESE

3.6.1 Negatiewe emosie as primêre gevolg van uitbranding

As ʼn nagraadse teologiese student met ʼn nuwe opwindende werk begin, sal hy/sy betrokke en gemotiveer voel, en primêr gevoelens van baie energie, betrokkenheid en effektiwiteit beleef:

 Die nagraadse teologiese student het baie energie en is ook bereidwillig om tyd en krag aan die nuwe uitdaging te bestee.

 Die nagraadse teologiese student voel betrokke en ervaar die werksaktiwiteite sinvol.

 Die sin van vervulling wat hy/sy vanuit hierdie aktiwiteite beleef laat hulle

bevoeg en effektief voel.

Volgens Phillips (2007:50) is ʼn sekere vlak van stres goed en gesond. So kan stres ook sekere positiewe of negatiewe gevolge op ʼn nagraadse teologiese student se funksionering hê. Gesonde stres wek opgewondenheid, produktiwiteit, en ʼn positiewe gesindheid wat mens met ʼn gesonde vlak van funksionering laat. Ongesonde stres aan die ander kant, het weer ʼn negatiewe effek op ʼn nagraadse teologiese student se fisiese, emosionele en geestelike welstand wat tot oorspanning en uitbranding kan lei. Phillips (2007:50) beskryf effek van stres op ʼn persoon met die volgende diagram:

Diagram 3.11: Die effek van gesonde en langdurige ongesonde stres (Phillips,

2007:50).

Volgens Crabb (1977:137-145) beskik die geestesgesonde persoon oor die volgende karaktertrekke:

Tabel 3.4: Dit is die ideale vlak van funksionering van ʼn persoon:

 Superieure perspektief van die werklikheid  Aanvaarding van self

 Spontaniteit

 Probleem gesentreerdheid  Besitlik oor privaatheid

 Selfstandig en nie noodwendig mode- navolgend nie  Vars van opinie en ryk aan emosionele reaksie  Vertoon ʼn hoë frekwensie emosionele piekervarings  Identifiseer met die menslike spesie

 Handhaaf goeie interpersoonlike verhoudings  Demokratiese karakter

 Kreatiwiteit

Volgens Coetzer (2005:14) is emosies gewoonlik die barometer wat aandui wanneer daar ʼn transformasie plaasvind vanaf betrokkenheid na die belewenis van uitbranding. Dit kan gesien word dat emosie hierdie proses fasiliteer. Hierteenoor: wanneer die nagraadse teologiese student uitdrukking gee aan die negatiewe emosies van uitbranding kan dit ʼn vernietigende effek op sy/haar sosiale verhoudinge hê. Volgens Grobbelaar (2007:61) sal die nagraadse teologiese student

eerstens sy lewensituasie as negatief ervaar en tweedens sal sodanige negatiewe ervaring ʼn skadelike effek hê op sy/haar emosies – dit kan byvoorbeeld angs, senuweeagtigheid of woede wek. Volgens Coetzer (2005:14) raak normale gesprekke gelaai met vyandigheid en irritasie en dit verander alledaagse sosiale kontakte in onplesierige geleenthede. Verskille tussen kollegas eskaleer in bitter gevegte, onbeskoftheid en sarkasme. Kritiek en beledigings raak die reël eerder as die uitsondering. Eenheid en samewerking as span disintegreer (Sien ook Papalia, et

al 2007:289).

Volgens Stephens en Gray (2005:152) is dit hoe uitbranding gewoonlik sy afwaartse spiraal begin. Namate hierdie negatiewe emosies tot uitdrukking kom, genereer dit ook negatiewe en disfunksionele reaksies. Negatiwiteit lei tot meer negatiwiteit, vyandigheid lei ook daartoe dat ander mense begin onttrek en verkies om die nagraadse teologiese student te vermy. Wanneer die nagraadse teologiese student in elk geval negatief is teenoor ander, gaan hy/sy nie noodwendig sulke reaksies as ongewens beskou nie. Dit is dan ook waarom onttrekking en losmaking so kenmerkend is van uitbranding. Hierdie onttrekking het die gevolg dat die nagraadse teologiese student nie die vermoë het om die emosionele versorging te ontvang wat geleë is in die liefde en ondersteuning van familie en vriende nie (Van der Merwe, 2006:142). Van der Merwe (2006:141) wys daarop dat uitbranding pertinent sy neerslag vind binne die nagraadse teologies student se geestelike lewe en veroorsaak dat ʼn gevoel van afstand teenoor God intree. Louw en Edwards (2003:605) wys egter daarop dat dit op sy beurt weer organisatoriese gevolge het. Die nagraadse teologies student se negatiewe emosies werk weer negatief in op die kerk en teologiese skool.

Volgens Coetzer (2005:9) beleef elke persoon uitbranding op ʼn unieke wyse, maar die uitwerking daarvan is dieselfde:

 ʼn Erosie tot die verbintenis van sy/haar beroep: Wat aanvaar is as ʼn belangrike, betekenisvolle en fassinerende werk, het nou onaangenaam, onvervullend en betekenisloos geword.

 ʼn Erosie van positiewe emosies: Die positiewe gevoelens van entoesiasme, toewyding, sekuriteit en vreugde gaan verlore en word vervang met woede, angs en depressie.

Soos wat die term erosie suggereer, is uitbranding ʼn proses van verlies wat gaandeweg plaasvind. In hierdie proses raak die wanbalans tussen die behoeftes van die persoon en die eise van die werk al groter. Volgens Durán et al (2006:158) lei hierdie erosie van emosies tot gevoelens van woede, sinisme en bitterheid en (soos in die geval van die nagraadse teologiese student) ʼn negatiewe assosiasie met akademiese werk. Volgens Stephens en Gray (2005:153) sal iemand wat uitbranding beleef waarskynlik die volgende sê:

 “Ek is gefrustreerd! Dit raak vir my onmoontlik om ʼn goeie stuk werk gedoen

te kry, en die situasie versleg net al meer.”

 “Ek het my entoesiasme verloor vir sekere aktiwiteite wat ek vantevore

werklik geniet het.”

 “Ek ervaar baie woede en weet nie wat om daarmee te doen nie”

 “Ek raak elke dag net meer ongelukkig en depressief in my werk – ek wonder

al meer of ek my nie my werk moet bedank nie. ”

 “Ek voel oorweldig, oorwerk, oorlaai en vasgekeer –daar is geen uitweg nie.” Volgens Coetzer (2005:12) is die volgende tipiese manifestasies van die negatiewe emosionele gevolge van uitbranding:

 Frustrasie en woede: Frustrasie en woede is die emosionele kentekens van uitbranding. Die nagraadse teologiese student wat uitbranding beleef voel gefrustreerd omdat daar ʼn hindernis is wat keer dat die nagraadse teologiese student nie sy/haar doelwit bereik nie. Die nagraadse teologiese student kan nie die struikelblok oorkom nie, omdat hy/sy ʼn gebrek het aan voldoende bronne om sy/haar werk te kan doen, of omdat die nagraadse teologiese student nie beheer oor die werk het nie. Die nagraadse teologiese student wat uitbranding beleef voel egter ook uitgeput as gevolg van tyd en pogings wat verkwis is. Die woede wat saam met die frustrasie kom, ontlok negatiewe reaksies teenoor mense en dit lei ook tot sinisme oor sy/haar akademiese omgewing. Omdat hierdie negatiewe reaksie ontlok word is die kans goed dat die persoon wat uitbranding beleef ander blameer vir sy/haar probleme en meer aggressief teenoor die optree wat hy/sy blameer. Die ervaring van woede ontstaan veral binne ʼn konteks wat ʼn persoon as onregverdig beleef (Papalia, et al 2008:409).

 ʼn Gevoel van vyandigheid en woede: Vyandigheid is ook een van die gevolge van uitbranding wanneer mense verneder of in verleentheid gestel word rondom hulle werksituasie. Indien ʼn nagraadse teologiese studente nie

met respek en vertroue behandel word nie en indien hulle werk nie geag word nie, is dit ʼn bedreiging vir hul eiewaarde. Die gevolg is dat gevoelens van bevoegdheid verminder. So ʼn student begin vervreemd voel van sy/haar werkplek en kan selfs uit weerwraak destruktiewe dade oorweeg (Van Jaarsveld, 2006:71).

 Vrees en angs: Volgens Coetzer (2005:13) is vrees en angs twee emosies wat ook tot die belewenis van uitbranding kan bydra. Hierdie gevoelens is veral prominent wanneer mense nie beheer oor hulle werk het nie, en wanneer daar onsekerheid of ʼn bedreiging is betreffende hulle werk of omgewing.

Volgens Van Jaarsveld (2006:131) hou uitbranding nie slegs verband met die teenwoordigheid van negatiewe emosies nie. Dit gaan ook oor die afwesigheid van positiewe emosies. Wanneer ʼn persoon betrokke voel by sy werk, word sy werksmilieu verryk deur sy opgewondenheid oor die uitdagings, vanweë die satisfaksie na suksesvolle afhandeling van ʼn taak, vreugde vanuit die nagraadse teologiese student se verhoudinge met andere en trots oor die handhawing van sy/haar waardes. Hierdie positiewe emosies bevorder toegewydheid en motivering. As ʼn nagraadse teologiese student se werksituasie hom/haar laat goed voel, sal die hy/sy graag wil voortgaan daarmee en sal dit selfs wil verbeter. Wanneer ʼn persoon positief voel oor sy/haar werksomstandighede, sal daardie persoon ook meer kreatief en oop vir nuwe oplossings wees. Die vreugde van sukses kan die pyn van mislukking uitkanselleer. Dit maak nie saak of hierdie suksesse groot prestasies is of klein alledaagse uitdrukkings van waardering deur ander is nie (Louw, 1999:242). Wanneer positiewe gevoelens egter wegkalwe tot op ʼn punt waar hulle nie langer meer die vermoë het om die negatiewe aspekte af te weer nie, begin sinisme sterk inbeweeg. Elke ding word negatief ervaar en beoordeel en daarom is wantroue en vyandigheid twee van die emosie wat ervaar word tydens die belewenis van uitbranding (Coetzer, 2005:13) (Sien Hoofstuk 6 vir meer oor emosie en emosionele heling).

Die volgende is voorbeelde van die effek van stres op gedrags- en kognitiewe aspekte van byvoorbeeld ʼn nagraadse teologiese student wat aan verlengde stres en uitputting blootgestel word:

Tabel 3.5: Effek van stres op gedrag en kognitiewe funksionering (Joubert,

Uitbrandingsvraelys: Interpretasie, 2008).

Gedragsafwyking  Oormatige geneigdheid om te kompeteer

 Chroniese moegheid en gebrek aan motivering  Egoïsme/Behep met self

 Woede, vyandigheid en aggressie  Ongeduld en frustrasie

 Gevoelens van hulpeloosheid en selfbejammering  Dagdromery en ʼn geneigdheid om uit te stel of te sloer  Onvermoë om te slaap of ʼn geneigdheid om te verslaap  Gebrek aan eetlus of geneigdheid om te ooreet

Kognitiewe afwykings  Onvermoë om te konsentreer

 Verlaagde intellektuele vermoëns  Besluiteloosheid

 Vergeetagtigheid