• No results found

Soorte gevallestudies Berg (2004:256) en Stake (2005:445) tref 'n onderskeid tussen die drie soorte gevallestudies:

FENOMENOLOGIESE VERKENNING

WYSE VAN TRIANGULERING

4.2.5 Die gevallestudie as navorsingsontwerp

4.2.5.1 Soorte gevallestudies Berg (2004:256) en Stake (2005:445) tref 'n onderskeid tussen die drie soorte gevallestudies:

Intrinsieke gevallestudie: Die navorser is in 'n spesifieke en unieke geval

geinteresseerd en nie omdat die geval ander gevalle of probleme verteenwoordig nie. Die rol van die navorser is om intrinsieke aspekte van die geval te verstaan en nie om hipoteses te toets nie.

Instrumentele gevallestudie: Die studie voorsien insig ten opsigte van 'n sosiale probleem of dien as verfyning van ri teorie. Die geval neem 'n sekondere

posisie in en vervul 'n ondersteunende rol. Dit dien as agtergrond vir die

navorsing wat uitgevoer word. Alles aspekte en aktiwiteite van die geval word aangeteken en die geval word geselekteer omdat die navorser van mening

is dat die geval sal meehelp om die probleem beter te verstaan.

Kollektiewe gevallestudie: Dit behels "n uitgebreide studie van veelvuldige gevalle, byvoorbeeld 'n populasie. By die kollektiewe studie gaan dit om die verstaan van 'n sosiale probleem aan die hand van veelvuldige gevalle.

Dit blyk dat die instrumentele gevallestudie die aangewese tipe gevallestudie is om mede-afhanklikheid as fenomeen te ondersoek.

4.2.5.2 Metode by gevallestudie

By die gevallestudie versamel die navorser uitgebreide data ten opsigte van die deelnemer en hierdie data word verkry uit waameming, onderhoude, dokumente, byvoorbeeld koerantberigte, tydskrifte, verslae uit die verlede, oudio-visuele materiaal, byvoorbeeld oudiobande en video-opnames. Die navorser spandeer baie tyd oor 'n vasgestelde periode en gereelde interaksie met deelnemers vind plaas (Leedy & Ormrod, 2001:149). In hierdie navorsing het die deelnemer gedurende Februarie 2007 vir berading aangemeld en intensiewe navorsing het oor 'n tydperk van 11 maande plaasgevind. Die navorsing kon dus op verskillende wyses oor die tydperk gekontroleer word.

4.2.5.3 Data-insamelingsmetode

Daar bestaan geen vaste resep waarvolgens data by die kwalitatiewe ondersoek ingesamel behoort te word nie. Die enigste vereiste is dat die data sistematies en in diepte oor 'n tydperk waargeneem behoort te word en dat dit so volledig moontlik

gedokumenteer word. Ongeag watter metodes gevolg word om die data in te samel, is dit tydrowend van aard en behoort die navorser alle potensieel bruikbare data noukeurig en sistematies en deeglik aan te teken. Waarneming, dokumentere bronne en

onderhoude word die meeste in die kwalitatiewe navorsingsmetode gebruik om data in

te samel en word vervolgens kortliks bespreek.

• Waarneming

By kwalitatiewe navorsing word twee soorte waarneming gevind, naamlik deelnemende waarneming en nie-deelnemende waarneming. Nie-deelnemende waarneming is nie in hierdie studie van toepassing nie, omdat die deelnemers toestemming gegee het en vrywillig aan die navorsingstudie deelgeneem het.

Deelnemende waarneming - die navorser id die heeltyd besig om fyn waar te neem en met aandag te luister (Neuman, 2003:380):

They use all their senses, noticing what is seen, heard, smelled, tasted, or touched. The researcher becomes an instrument that absorbs all sources of information.

Volgens De Vos et al. (2005:285) kom die insameling van data by deelnemende waarneming daarop neer dat die data deur middel van veldnotas aangeteken word. By kwalitatiewe navorsing is dit onmoontlik om alles wat waargeneem word, in die vorm van veldnotas weer te gee en die navorser het 'n groot taak om alles wat gese en waargeneem is so gou as moontlik na die sessie aan te teken. Los aantekeninge en notas moet direk na die sessie omskep word in behoorlike veldnotas wat gesistematiseerd gebere word. Deur omvattende veldnotas verkry die navorser maksimum beheer oor die situasie. Hierdie veldnotas is ook noodsaaklik vir kruiskontrole en ook met die oog op die geldigheid van die data.

• Dokumentere bronne

Volgens Goetz en Le Compte word hier verwys na data wat voortspruit uit die deelnemer se sensasies, ervarings, kennis, opinies en gevoelens van sekere tydperke of kulture (vgl. Karsten, 2007:185). Dit kan onder andere argiefstukke, dokumente,

memoires, rekordboeke, notules, dagboeke en soortgelyke bronne insluit. Royse

(1999:282) verwys na hierdie bronne as belangrik omdat daar 'n /ns/cter-beeld van die data verkry word. Die deelnemer in hierdie studie het volledige aantekeninge gehou van gebeurtenisse oor haar 17 jaar van huwelikslewe deur van verskeie dagboeke en spesiale memoires gebruik te maak. (Dit is op aanvraag beskikbaar.)

• Die onderhoud

Greef vermeld die semjgestruktureerde onderhoude (vgl. De Vos etal., 2005:449) en (Neuman, 2003:449) beklemtoon die belangrikheid van die lewensverhalende onderhoude. Vir hierdie navorsing is daar 'n kombinasie van semigestruktureerde

onderhoude en lewensverhalende onderhoude gebruik. Onderhoudvoering is n

dominante vorm van data-insameling en Seidman konstateer dat navorsers onderhoude voer omdat hulle geinteresseerd is in mense se stories (vgl. De Vos, et

al, 2005:292).

Greef (vgl. De Vos, et at. 2005:292) maak die volgende stelling oorr onderhoudvoering:

All interviews are interactional events and interviewers are deeply and unavoidably implicated in creating meanings that ostensibly reside within.

Volgens Atkinson (vgl. Neuman, 2003:393) strek 'n lewensverhalende onderhoud gewoonlik oor twee tot ses onderhoude wat ongeveer 60-90 minute duur en verskeie doelwitte dien, naamlik:

• Dit help die deelnemers om hul herinneringe sinvol te konstrueer.

• Hierdie onderhoude bring nuwe kwalitatiewe data na vore oor die lewensiklus, die ontwikkeling van die self en die ervaring van gebeurtenisse wat in argiewe gestoor kan word en later met soortgelyke data vergelyk kan word.

• Narratiewe onderhoude voorsien aan die navorser diepte-insigte oor die lewe van die deelnemer.

Hierdie vorm van onderhoud is volgens Atkinson (vgl. Neuman, 2003:393) 'n verrykende ervaring wat tot naby persoonlike verhoudings kan aanleiding gee en volgens die genoemde outeur kan die volgende stappe by die narratiewe onderhoud onderskei word:

1. Die navorser berei voor deur op hoogte te kom van die literatuur oor die fenomeen en ook oor vaardighede rakende onderhoudvoering. Die deelnemer word gekontak en voorberei op die vorm wat die onderhoud gaan aanneem. Toestemming word verkry vir die bandopnames en anonimiteit word verseker.

2. Die navorser voer 'n reeks onderhoude wat op bandmasjien opgeneem word. (By hierdie navorsing is ses onderhoude op afspraak gevoer, maar ongeskeduleerde persoonlike en telefoongesprekke het ongestruktureerd en op 'n informele basis geskied.) Die navorser vra oop vrae, is buigbaar en forseer nie die proses nie. Die navorser tree op as gids, weet wanneer om vrae te vra wat stories oopmaak en skenk intensiewe aandag.

3. Die navorser transkribeer die opname-onderhoude in vier stadia: o Maak 'n opsomming van elke opname.

o Doen 'n woordelikse transkripsie.

o Hersien die hele transkripsie vir uitklaring van nuwe betekenisse en doen verdere redigering.

o Stel die hersiene transkripsie beskikbaar aan die deelnemer vir korreksie en aanpassings.

Die transkripsie word bewaar volgens die riglyne van die Etiekkomitee van die NWU vir verdere insae indien nodig.

4. Die navorser bedank die deelnemer skriftelik en berei 'n kommentaar voor met betrekking tot hooftemas vir bewaring in 'n argief vir moontlike latere navorsing.

Hierdie vorm van 'n onderhoud (die lewensverhaal) leen hom uitstekend vir navorsing van die fenomeen van mede-afhanklikheid. Deur middel van die lewenslyn (2.5.6) en die genogram (2.5) het 'n hartseerverhaal van disfunksionele gedragspatrone oor drie generasies heen ontplooi waaraan uiteindelik 'n naam gekoppel kon word - mede-afhanklikheid.

Die primere doel van die studie was om die verskynsel van mede-afhanklikheid te bestudeer en die invloed daarvan op die spirituele dimensie van die gelowige vrou te bepaal. Dit is gedoen aan die hand van 'n instrumentele gevallestudie. Die gevallestudie het in hierdie navorsing 'n sekondere posisie ingeneem, soos vroeer in die studie aangedui (4.2.4.1). Die fokus tydens die navorsing was in die besonder op die kompleksiteit van die fenomeen en die gevallestudie het slegs as agtergrond vir die beskrywing daarvan gedien.

Die onderstaande diagram wat deur die navorser self uiteengesit is, verduidelik die proses van onderhoudvoering soos wat dit in hierdie studie plaasgevind het.

1 - 1 1 . onderhoude. N.v.t. op

hicrdic studio nie.

■ l Q

Scmigcstrukiurcerdc

■ l Q

onderhoude 5 en 6

i ^ B l l

\

i ^ B l l

i

|

■■H • —

i

Narraticwc

■■H • —

i

Narraticwc ^^^^^^^^^^^^^^^^^^^Hn B XlinK^rrlnr^^^^^r^iWH

v

onderhoude 1-4

' ^^^^^^HIV I ^ F ^ ^ S

c onderhoude 1-4

i^H

s

i^H

Ongeslrukiureerde

i^H

onderhoude Begin hier —*

Figuur 4.2: Die proses van onderhoudvoering

Tydens die vier verhalende onderhoude net die navorser hoofsaaklik geluister, waargeneem, geanaliseer en geinterpreteer teen die agtergrond van die teoretiese kennis wat opgedoen is in die literatuurstudie. Dit word soos volg deur Monette et al. (2005:429) gestel:

The researcher begins to analyse and draw conclusions almost as soon as data collection begin, and these analyses and the conclusions provide direction for whatever additional data collection needs to occur.

Soos in figuur 4.2 aangedui, net die eerste twee onderhoude hoofsaaklik gehandel oor die verhaal van die kemgesin (die huidige gesinsopset en -geskiedenis, die geskiedenis van die gesinsverhoudings, werksgeskiedenis en gedragspatrone) by beide die deel- nemer en haar eggenoot (die afhanklike persoon). Na die eerste onderhoud is die lewenslyn (2.5.6) vir huiswerk gegee. Die deelnemer kon toe die lewensloopgebeure sinvol konstrueer en sekere herhalende patrone oor 'n tydperk van 18 jaar het ontplooi wat vir beide die deelnemer en die navorser baie insiggewend was. Die twee

daaropvolgende onderhoude het oor die verhaal van die vorige twee geslagte gehandel. 'n Genogram (2.5) van die gesin-van-oorsprong wat ook die geslag van die grootouers van die deelnemer ingesluit het, is saam met die deelnemer opgestel. Weer eens het herhalende disfunksionele gedragspatrone wat simptomaties van mede-afhanklikheid is, na vore gekom. Tydens hierdie sessies het die deelnemer tot die ontnugtering gekom dat sy 'n verwronge persepsie van God het wat deur disfunksionaliteit in haar ouerhuis oorgedra is. Die onderstaande voorlopige gevolgtrekking word hieruit gemaak:

1. Daar bestaan Yi verwronge Godsbegrip by die deelnemer en haar gesin-van- oorsprong as gevolg van streng rigiede reels met betrekking tot godsdiens- beoefening, vormgodsdiens en wettisisme. Hierdie toestand het aanleiding gegee tot spanning en vrees.

2. 'n Vrees vir ander mense (veral "kerkmense") se gesag, opinies en godsdiensbeskouings wat tot gevolg gehad het dat hulle 'n heilige vrees vir God gekoester het wat op vrees vir straf eerder as heilige eerbied en liefde gegrond was.

3. Hierdie verwronge Vaderbeeld is ook versterk deur die afwesige eie vaderfiguur in die gesin wat heeltemal ondergeskik was aan sy mede-afhanklike vrou en 'n abnormale soeke na goedkeuring van die gesagstruktuur in die kerk gehad het, eerder as 'n vrees vir God. Dit gee aanleiding dat die opinie en goedkeuring van mense meer gewig dra as die vrees en eerbied vir God.

4. 'n Streng, hardwerkende ma wat ingestel was op oorlewing en dissipline met 'n onvermoe om liefde te betoon, het verder bygedra tot die skeefgetrekte Godsbeeld. 5. Die voortdurende eise wat deur die ouers gestel is om die front van vroomheid vol te hou, het veroorsaak dat die deelnemer, haar broers en susters maskers moes dra. Dit het aanleiding gegee tot die ontwikkeling van 'n vals identiteit wat in hul volwasse lewe oorgedra is

Hierdie vrees vir mense se opinie en veral die skynheilige front wat voorgehou is, kon volgens die beradene beskou word as die direkte oorsaak van haar eie moeder se rebelse gedrag as jong volwassene en die latere disfunksionaliteit. Die ander faktore soos byvoorbeeld armoede en huwelikskonflik was verdere bydraende faktore wat tot mede-afhanklike gedrag by die deelnemer aanleiding gegee het. Meer hieroor by die navorsingsresultate (afdeling B van hierdie hoofstuk).

Die laaste twee onderhoude was semigestruktureerde onderhoude waar die navorser se vrae daarop gerig was om gedetailleerde inligting met betrekking tot die deelnemer se

persepsies, geloofsbeskouinge en -oortuigings te verkry asook die interpretasie van

die voorafgaande onderhoude ten opsigte van mede-afhanklikheid (De Vos et al., 2005:296). Dit het die navorser in staat gestel om saam met die deelnemer die kompleksiteit van mede-afhanklikheid te ondersoek en die invloed daarvan op die deelnemer en elke individuele gesinslid van die gesin-van-oorsprong te bepaal. Tydens hierdie semi-gestruktureerde onderhoude het die navorser sekere voorbereide vrae gebruik om die deelnemer te prikkel om dieper te besin, te analiseer en te interpreteer wat die invloed van mede-afhanklikheid op haar spiritualiteit gehad het. Die volgende twee vrae is onder andere gestel:

1. Hoe het jou ouers se rigiede en wettiese godsdiensbeoefening en die feit