• No results found

onafhankiikh.kf^^ GEESTELIKE GEVOLGE

DIE PROSES VAN HEILIGMAKING

3.8.5 Fasette van geloofsgroe

• Wedergeboorte: Volgens Erickson (2005:274) verkeer die mens in 'n gevalle toestand en het hy 'n onvermoe om die waarheid van geestelike dinge te snap sonder die werking van die Heilige Gees. In Matteus 13:13-15 en Markus 8:10

praat Jesus oor die wat hoor, maar nie verstaan nie, sien maar nie insien nie (eie parafrase).

Erickson (2005:274) beredeneer die funksie van die Heilige Gees in die lewe van die ongelowige persoon vanuit verskillende gesjgspunte. Hy verwys na 1 Korinthiers 2:14 en na die natuurlike persoon wat nie die dinge van die Gees kan aanvaar (dechomai) nie. Die wereld kan God nie leer ken deur sy eie wysheid nie en inderdaad is die wysheid van die wereld dwaasheid by God (1 Kor. 3:19). Bogenoemde oorwegings bring Erickson (2005:274) by die volgende gevolgtrekking:

...it appears that Paul is not saying that unspiritual persons understand but do not accept. Rather, they do not accept, at least in part, because they do not

understand.

Volgens die Skrif is die wedergeboorte absoluut noodsaaklik (Joh. 3:3,7; Gal. 6:15; Tit. 3:5) en verwys dit volgens Strauss na die woord palinenesia, afkomstig van palin ("again") en genesia ("birth") en verwys dit na weergeboorte, 'n nuwe begin, 'n nuwe orde (vgl. Campbell-Lane, 2003:38).

• Bekering: Volgens David Wells [is] ... Christianity without conversion no longer

Christian, because conversion means turning to God (vgl. Atkinson & Field,

1995:26).

Paulus het die Tessalonisense aangemoedig om van afgodery weg te draai na die lewende God en die heidene aangemoedig om van die mag van die duistemis te draai na die lig (1 Tess. 1:9) sodat vergifnis van sonde ontvang kan word en heiligmaking deur die geloof kan plaasvind (Hand. 26:18) (Atkinson & Field, 1995:260).

• Regverdigmaking (Justification): Vryspraak deur geloof - in Romeine 3:24-25(a) gebruik Padlus vir die eerste keer die werkwoord vrygespreek in 'n positiewe konteks met die doel om die leerstelling vryspraak deur geioof te verduidelik. Vryspraak staan direk teenoor oordeel (Hendriksen, 1980:130). Volgens Chan (1998:85) is regverdigmaking die daad van God waardeur Hy die sondaarmens regverdig verklaar deur die vryspraak in Jesus Christus. Beide Calvyn en Luther

beklemtoon volgens Chan (1998:85) die regverdigmaking deur die geloof op die volgende wyse:

For unless you first of all grasp what your relationship to God is, and the nature of his judgement concerning you, you have neither a foundation on which to establish your salvation nor one on which to build piety toward God.

Hierdie regverdigmaking deur die geloof is 'n bewys van die eindelose genade van 'n regverdige God teenoor die sondaarmens.

• Heiligmaking: Adams (1979:234) wys daarop dat die wedergebore Christen nie noodwendig in die proses van heiligmaking ingly en 'n passiewe toeskouer is nie, maar dat dit 'n proses behels en wat nog meer betekenisvol is, is dat dit 'n proses is waar God nie alleen die werk doen nie, maar die nuwe gelowige nodig het om deur ander onderrig te word in die heiligmakingsproses en om aktief daarby betrokke te wees.

Campbell-Lane (2003:40) verwys na 'n artikel van Spurgeon waarin hy die onderskeid tussen regverdigmaking en heiligmaking tref. Regverdigmaking verwys na die persoon se regsposisie voor God en heiligmaking verwys na die persoon se fisiese stand voor God, in die sin dat dit 'n voortdurende proses van genade is wat deur die werking van God se Gees in die hart van die gelowige plaasvind. Vir Erickson (2005:890) dui heiligmaking op die voortdurende proses van transformasie in die morele en geestelike karakter van die gelowige, sodat sy lewe die lewe weerspieel wat hy in wese alreeds voor God is. Samevattend kan gese word dat heiligmaking die proses van geestelike groei na geestelike volwassenheid is.

• Heerlikheid: Volgens Hendriksen (1980:285) deel die gelowiges in die heerlikheid van Christus deur die intieme eenheid met horn (Kol. 1:27). Die kinders van God sal getransformeerde liggame by die opstanding ontvang (Rom. 8:11, 23; 1 Kor. 15:43-53; Fil. 3:21; I Joh. 3:2), maar gelowiges se hoop is op die toekomstige heerlikheid (Rom. 5:2). In Romeine 8:30 word hierdie heerlikheid beskryf asof dit reeds gebeur het en beskryf hierdie sekerheid die vaste wete dat 'n toekomstige heerlikheid vir die gelowige wag (Hendriksen, 1980:285).

Volgens 1 Petru5:4 is Christus die Opperherder wat by sy wederkoms sy getroue volgelinge sal beloon met 'n kroon, wat die metaforiese beeld is van heerlikheid wat ewig en onveranderd sal wees (LASB). Solank as wat die gelowige mens op hierdie onvolmaakte aarde bestaan, sal ons net ten dele ken ...the perfection of wisdom, glory, and happiness, being reserved for

another and better world (Chan, 1998:98).

Paulus praat van die oe van die hart wat verlig word (pephotismenous) wat beteken dat iets met 'n blywende effek plaasvind wanneer die geestesoe van die gelowige verlig word (Ef. 1:18). Die Heilige Gees word volgens Erickson (2005:275) beskou as die hoofrolspeler in die vernuwingsproses wat by die wedergeboorte begin en as 'n groeiproses in heiligmaking voortduur (2 Kor. 3:14) tot die voleinding kom (Fil. 1:6, 10-11). Al die begrippe wat genoem word in figuur. 3.2 is die werk van die Gees van God in die lewe van die innerlike mens. Ridderbos (1997:222) verwys na die Gees van die lewende God (2 Kor. 3:3) as die Gees wat lewend maak, wat ewige lewe gee (1 Kor. 15:45; 2 Kor. 3:6; Rom. 8:11) en as die Gees wat vernuwe (regenerate) (Tit. 3:5; Rom. 7:6). Ridderbos (1997:223) beskryf die liefde van God deur die werking van die Heilige Gees in mense se harte op die volgende treffende wyse:

By the mediation of the Spirit the love of God that has been evidenced in the dying of Christ works itself out in the hearts of his own (Rom. 5:5; Ef. 3:16).

3.8.6 Geloofsvolwassenheid

Louw (1997:224) gee voorkeur aan die term geloofsvolwassenheid bo die van geestelike volwassenheid, in die sin dat eersgenoemde die nuwe pneumatiese mens baie goed beskryf. Binne die veld van die psigologie en die teologie kan die term

geestelik maklik met die metafisiese of die mistiese verwar word. In teenstelling met

die psigologie sal die begrip geloofsvolwassenheid die eiesoortigheid van die pastorale doelwit beter uitlig (Louw, 1997:225), daarom word voorkeur ook in hierdie studie aan die gebruik van die term geloofsvolwassenheid gegee.

Die begrip volwassenheid verwys volgens die Skrif na 'n staat van volgroeidheid en geloofsvolwassenheid impliseer dat daar 'n element van potensiaal is wat deur groei plaasvind (Kol. 1:28). Die Bybel verwys op verskeie plekke na die term geloofs- volwassenheid (maturity) - te wete Filippense 3:15; Kolossense 1:28; Kolossense 4:12; 1 Korinthiers 14:20; Efesiers 4:13; 2 Korinthiers 13:9 en 11. Volgens hierdie Skrifgedeeltes verwys geloofsvolwassenheid na volwasse wees in houding/ gesindheid (HI. 3:15; Kol. 3:15b) en ook in denke (1 Kor. 14:20). Dit impliseer 'n volkome gehoorsaamheid aan die wil van God (Kol. 4:12) en die geloofsvolwasse persoon beskik oor insig (Heb. 5:14) en is geoefen deur ervaring (Heb. 5:14) om goed van kwaad te onderskei. Vir Atkins en Field (1995:577) is 1 Korinthiers 13 die sleutelteks en die liefde die toppunt van menslike volwassenheid, terwyl Efesiers 4:1- 16 na geloofsvolwassenheid binne die Christelike gemeenskap verwys. In beide gevalle is die liefde die kernpunt waarom volwassenheid draai. In 1 Korinthiers 13 is dit die liefde vir God en in Efesiers 4:1-16 is dit die liefde vir die medegelowige in Christus.