• No results found

TIPERENDE GEDRAGSPATRONE

2.3.4 Mede-afhanklikheid ' n vrouekwaal?

Volgens Haken (1990:397) beskryf die literatuur oor mede-afhanklikheid die pyn, wroeging en hulpeloosheid gekombineer met die oorweldigende verantwoordelik- heidsgevoel vir die welsyn van ander, die simptome van 'n menigte mede-afhanklike

vroue. Dit vertel die verhale van vroue wat desperaat probeer om hul gesinne

bymekaar te hou te midde van onmoontlike omstandighede en Hochschild verwys na die moeilike emosionele werk wat vroue doen deur ander se gevoelens te beheer (vgl. Haken, 1990:397). Hierdie ervaring van magteloosheid gee aanleiding tot die mede-afhanklikheidsidentiteit van die vrou as versorger wat soos volg deur (Haken, 1990:397) beskryf word:

Codependency originates in a tendency, particulary common among daughters in 'dysfunctional' families, to overcompensate for parental inadequacies by becoming parentified and by developing an excessive sensitivity to the needs of others.

2.3.4.1 Mede-afhanklikheid en depressie by vroue

Volgens navorsing wat deur die psigiatriese verpleegkunde gedoen is, is daar gedurende die laaste dekade van die vorige eeu ongeveer 40 miljoen mense in Amerika as mede-afhanklikes geklassifiseer, waarvan die meeste vroue is. Ongeveer sewe miljoen vroue in die VSA ly aan depressie, waarvan 36% matig tot ernstig mede-afhanklik is (Hughes-Hammer et al., 1998:326). Hierdie studie is gedoen om die verband tussen depressie en mede-afhanklikheid te bepaal en ook om aanverwante simptome van mede-afhanklikheid by depressielyers uit te wys.

Aangesien selfontwikkeling by vroue plaasvind deur middel van hul belewenisse van hul verhoudings met ander, aldus Surrey, kan hulle meer geredelik depressie ontwikkel wanneer hul interpersoonlike verhoudings skade ly (vgl. Hughes-Hammer

et al., 1998:327). Ontkenning en repressie (die verskuiling van die self) is simptome

wat met depressie sowel as mede-afhanklikheid geassosieer word. Kenmerkend van hierdie gedrag is wanneer vroue 'n positiewe front voorhou om negatiewe emosies te onderdruk. Thus, both codependent and depressed women can hide and repress

themselves in relationships and, as a result, can experience a loss of their self-hood

(Hughes-Hammer et al., 1998:328). By beide depressie en mede-afhanklikheid kom daar fisiologiese simptome, byvoorbeeld slaapsteumisse, moegheid en gewigsverlies of gewigstoename voor. Die simptome by mede-afhanklikheid sonder gediagnoseer- de depressie blyk meer gefokus te wees op bekommemis oor skynbare gesondheidsprobleme en preokkupasie met algemene welstand. By biologiese depressie is daar fisiologiese simptome wat op 'n biochemiese wanfunksionering dui. Nog 'n onderskeid is dat alle vroue met depressie nie noodwendig probleme het om grense te stel of om ander te beheer nie, waar die simptome kemaspekte van mede- afhanklikheid is.

Navorsing met volwasse vroue uit disfunksionele gesinne van oorsprong het volgens Lyon en Greenberg (1991:435) aangedui dat sulke vroue geneig is om aangetrokke te voel tot mans wat vroue uitbuit en wat dieselfde interpersoonlike verhoudingstyl as hul afhanklike/disfunksionele ouers handhaaf. Dit wil voorkom asof die mede- afhanklike vroue hul selfwaarde vind wanneer hulle die disfunksionele persoon versorg en op die hande dra (Lyon & Greenberg, 1991:436):

Thus, having learned to obtain self-worth by conforming to the abusive and exploitive demands of an alcohol dependent parent, the codependent person will be especially interested in and helpful toward those with these characteristics.

In teenstelling hiermee opper Fuller en Warner (2000:6) die argument dat die versor- gingsrol van die vrou nie net as patologies gesien moet word nie. Hulle is van mening dat 'n meer aanvaarbare definisie van mede-afhanklikheid die onderskeid tussen normale, gesonde versorgingsrolle en die van patologies, uitermate verhoudings- gefokusde rolle, behoort te tref. Aangesien mede-afhanklikheid meer met die vrou se stereotipiese versorgingsrol geassosieer word, word die vraag selfs gestel of mede-afhanklikheid as gedragspatroon nie maar by alle vroue in 'n mindere of meerdere mate voorkom nie (Fuller & Warner, 2000:7). Roehling etal. (1996) stel die hipotese dat vroue slegs mede-afhanklikheid as 'n hanteringsmeganisme vir omgewingstres gebruik (vgl. Fuller & Warner, 2000:7). Daarom is die navorser van mening dat die persoonlikheidstipe van die persoon altyd in gedagte gehou moet word by die bepaling van mede-afhanklikheid by die vrou. Die praktyk het ook getoon dat mede-afhanklikheid in intensiteit en aard kan verskil van persoon tot persoon.

Volgens Whithead (2003:273) kan Christenvroue maklik in die mede-afhanklikheid- slagyster trap wanneer hulle versorg, vergewe, vertroetel en vredemaker speel en is dit ook Bybels om hierdie rolle te vertolk, maar nie wanneer dit iemand anders se verslawende gewoontes in stand hou en 'n desperate poging is om liefde en aanvaarding te verdien nie.

'n Ander belangrike tema waarvan Haken (1990:398) melding maak is die van viktimisasie. Dit is waar die slagoffers (die mede-afhanklike vroue) 'n stel reels wat in die gesin van oorsprong voorgekom het, intemaliseer en die viktimisasie in hul eie gesinne herskep. Nog 'n fenomeen wat voorkom onder mede-afhanklike vroue kan

beskryf word as verhoudingsverslawing. Codependence converges with another so-called feminine malady, 'relationship addiction' or 'love addiction'... (Haken,

1990:398). Whithead (2003:71) stel dit soos volg:

We can become relationship junkies, hungrily seeking in person after person the love and significance we crave, or we may addictively hook into being good, being

liked, power, work and success, sexual conquest,

pleasure, or become sports fanatics in our search for gratification.

Die Bybel verwys na bogenoemde as die vrees virmense bo die vrees (eerbied en ontsag) vir God (Joh. 12:42-43). Hierdie aspek word meer volledig in hoofstuk 3 onder Bybelse perspektiewe op medeafhanklikheid hanteer.

Groom (1991:156) maak 'n appel op die Christenvrou tot afhanklikheid van God alleen en tot wedersydse interafhanklikheid van mekaar. Sy beskryf wedersydse interafhanklikheid as die proses waar twee persone, wat sekuriteit in God se liefde beleef, liefde en vergifnis kan gee en ontvang, sonder om op goedkeuring en konformiteit aan te dring. Die resultaat hiervan sal aanleiding gee tot 'n gebalan- seerde selfwaarde en egte intimiteit.