• No results found

FENOMENOLOGIESE VERKENNING

4.2.4 Kwalitatiewe navorsingsmetode

'n Diepte-ondersoek van die fenomeen mede-afhanklikheid is gedoen volgens 'n

literatuurstudie en n empiriese ondersoek, waar daar spesifiek gefokus is op die

impak van mede-afhanklikheid en die beleweniswereld van die mede-afhanklike gelowige vrou se spiritualiteitsdimensie. Kwalitatiewe navorsing bied die geleentheid om by die oorspronklike aard en die egtheid van mens/ike ervaring van mede-afhanklikheid uit te kom en kan dus beskou word as 'n geskikte navorsingsmetode om die verskynsel te bestudeer (De Vos et al., 2005:74).

Vervolgens word die omskrywing, die doelwitte, die navorsingsproses en enkele ander belangrike aspekte by kwalitatiewe navorsing uiteengesit.

4.2.4.1 Omskrywing van kwalitatiewe navorsing

Volgens Denzin en Lincoln beklemtoon kwalitatiewe navorsing die kwaliteite, prosesse en betekenismoontlikhede en die sosiaal gekonstrueerde aard van die werklikheid (vgl. Steyn & Lotter, 2006:106).

Neuman (2003:141) beklemtoon die menslikheidsfaktor en die intieme eerstehandse kennis van die navorsingsopset en die feit dat navorsers moet waak teen afsydigheid teenoor die mense en insidente wat hulle bestudeer. It means taking advantage of

personal insight, feelings, and human perspectives to understand social life more fully

(Neuman, 2003:141).

Leedy en Ormrod (2001:147) wys daarop dat kwalitatiewe navorsers verskeie benaderings volg wat van mekaar kan verskil, maar tog twee elemente in gemeen het naamlik:

First, they focus on phenomena that occur in natural settings - that is, in the 'real world'. And second, they involve studying those phenomena in all their complexity.

Kwalitatiewe navorsers probeer om dit wat hulle waarneem nie te vereenvoudig nie. Hulle erken dat dit wat hulle bestudeer, baie dimensies en fasette het en poog om die fenomeen multidimensioneel uit te beeld. Die kwalitatiewe navorser moet diep grawe om 'n volledige begrip van die studieonderwerp te kry en so word verskeie vorme van data verkry en vanuit verskeie invalshoeke ondersoek, om 'n ryk en betekenisvolle prentjie van 'n komplekse situasie te konstrueer (Leedy & Ormrod, 2001:147).

4.2.4.2 Doelwitte van kwalitatiewe navorsing

Die kwalitatiewe navorser fokus op die deelnemers se ervaring van die verskynsel. De Vos et at. (2005:75) asook Denzin en Lincoln (vgl. Karsten, 2007:168) identifiseer die volgende doelwitte van kwalitatiewe navorsers:

• om die essensiele karakter van die verskynsel te ondersoek;

• om die realiteit of werklikheid subjektief vanuit die deelnemer se perspektief te verken;

• om waarde te heg aan die deelnemer(s) se begrip, ondervinding en persepsie van die verskynsel; en

• om beskrywende data ten opsigte van die deelnemer se eie woorde of die geskrewe woord te produseer.

4.2.4.3 Die kwalitatiewe navorsingsproses

Die navorsingsproses behels verskeie stappe en fases. Teoreties word die stappe onderskei, maar in die praktyk oorvleuel dit dikwels. Die navorsingsproses is buigsaam en dit ontvou namate die ondersoekproses vorder (Neuman 2003:92).

Alhoewel daar verskille voorkom by die verskillende outeurs oor die stappe in die navorsingsproses, bestaan daar tog ooreenstemming (Leedy & Ormrod, 2001:9; Neuman, 2003:12-13). Vervolgens word De Vos et al. (2002:281-287) se indeling kortliks bespreek:

Fase een: Probleembepaling en keuse van die onderwerp

Die eerste stap in die navorsingsproses was 'n bewustheid wat by die navorser ontstaan het met betrekking tot mede-afhanklike gedragspatrone by vroue. Dit het die vraag laat ontstaan in hoe 'n mate gelowige vroue se verhoudings oor die algemeen deur mede- afhanklikheid nadelig geraak word.

Fase twee: Probleemformulering en navorsingsvrae

'n Algemene onderwerp soos bo genoem, is te wyd om na te vors en om die rede het die navorser tydens die bestudering van die literatuur tot die gevolgtrekking gekom dat daar leemtes bestaan ten opsigte van die invloed van mede-afhanklikheid op die spiritualiteit van gelowige vroue. Hieruit kon toe 'n navorsingsprobleem en verskeie navorsingsvrae geformuleerword.

Fase drie: Ontwerp van die studie

Volgens Mouton en Marais (vgl. Karsten, 2007:179) behels hierdie fase die verfyning van die probleemformulering of navorsingsvrae ten einde geldige data oor die verskynsel in te samel. The third step involves making decisions about the many

practical details of doing the research (Neuman, 2003:12). Die fase impliseer dus die

beplanning van die wyse waarop waargeneem gaan word. De Vos et al. (2005:89-91) vermeld die volgende stappe in hierdie fase:

• Eerstens word 'n konseptuele raamwerk gekies waaruit die studie gerig word. Daar is besluit om 'n intergeneratiewe benadering te volg en om Bowen se gesinsisteemteorie as konseptuele raamwerk vir hierdie studie te benut. Die literatuurstudie (hoofstukke 2, 3 en 4) vorm 'n belangrike deel van die navorsingstudie en gee rigting aan die proses.

• Hierna word 'n navorsingsontwerp en -strategie geselekteer. Die navorser maak gebruik van 'n verkennende, kwalitatiewe, empiriese ondersoek wat aan die hand van 'n gevallestudie bestudeer word. Die fenomenologiese verkenning en die literatuurstudie word gedoen om die verband tussen die literatuurbeskouings en die ervaring in die praktyk te bepaal en te beskryf. By kwalitatiewe navorsing is die bestudering van slegs 'n enkele gevallestudie toelaatbaar. Met die selektering van deelnemers word daar dan gepoog om "ryk" en gedetailleerde inligting in te samel, om die studie in diepte te doen en gevolglik is die data meer omvangryk (Leedy & Ormrod, 2001:149; Neuman, 2003:33).

Fase vier: Data-insameling deur gekose navorsingsprosedure

Hierdie is die implementeringsfase en behels die uitvoering van die beplande steekproefneming, die data-insamelings- en data-analiseringsmetode (De Vos et al., 2005:327-332). In hierdie studie sal die data deur middel van semigestruktureerde, kwalitatiewe onderhoude ingesamel word en op oudiobande bewaar word. Die ingesamelde data word volgens geidentifiseerde temas vanuit die literatuurstudie geanaliseer.

Fase vvf: Interpretasie en data-aanbieding

Tydens die fase word die ingesamelde data georganiseer en verwerk. Die verskillende temas en patrone wat in die vorige fase geidentifiseer is, help die navorser om die data te interpreteer deur daaraan betekenis te gee (Neuman, 2003:12). Interpretasie word vergemaklik wanneer die resultate met die literatuurstudie of konseptuele raamwerk vergelyk word (Royse 1999:35; De Vos et al., 2005:334). Die ingesamelde data word teen die agtergrond van Bowen se gesinsisteemteorie en veral die genogram wat as konseptuele raamwerk dien, ge'i'nterpreteer en geassesseer.

Die skryf van die navorsingsverslag - die navorsingsproses word afgehandel met die skryf van die navorsingsverslag en die weergee van die navorsingsresultate (afdeling B van hierdie hoofstuk).

4.2.4.4 Triangulering oor teorie

Om die geldigheid en die betroubaarheid van die navorsing te verhoog, kan van triangulering gebruik gemaak word. Dit verwys na die gebruik van veelvuldige metodes van data-insameling om sodoende die geldigheid en betroubaarheid te verhoog (De Vos

et al., 2005:361). Neuman (2003:137) verwys na vier wyses van triangulering waar meting, ondersoekers, teorie en metode ter sprake is. Dit word kortliks in die volgende

tabel uiteengesit.