• No results found

AGTERGROND VAN RIGLYNE VIR DIE BERADING VAN MEDE AFHANKLIKE GELOWIGE VROUE

Kinders Ma Pa Kinder*

PRAKTYKTEORETIESE RIGLYNE VIR DIE BERADING VAN DIE GELOWIGE VROU IN 'N MEDE-AFHANKLIKE KONTEKS MET

5.2 AGTERGROND VAN RIGLYNE VIR DIE BERADING VAN MEDE AFHANKLIKE GELOWIGE VROUE

5.2.1 Inleiding tot die agtergrond

Volgens Louw (1999:5) besit 'n teologiese besinning (die besig wees met die ontwerp van 'n basisteorie) vier kerndimensies, naamlik:

. Die Christelike waarheid moet so geformuleer word dat 'n eventuele pastorale

praktykteorie aanvullend ten opsigte van ander hulpverlenende en terapeutiese teoriee in die geesteswetenskappe kan funksioneer. Hierdie

studie beoog om vanuit die Skrif praktykteoretiese riglyne daar te stel wat aanvullend tot ander hulpwetenskappe gebruik kan word.

. Skrifperspektiewe op die mens self - dit wat die Skrif oor die mens leer -

maak 'n belangrike deel van hierdie studie uit en sal in die praktykteorie verreken word.

• Die interpretasie- en die kommunikasieproses. Dit is om die teologiese verstaan van die mens sinvol binne sy konteks te kommunikeer. In hierdie studie is dit om die spiritualiteitsdimensie van die gelowige vrou binne die konteks van mede-afhanklikheid te verstaan.

• Om die uitwerking, invloed en ervaring wat pastorale hulpverlening beoog, te omskryf. Ingryping wat verandering bewerkstellig word ten doel gestel. Die uiteindelike doelstelling van hierdie navorsing is om riglyne daar te stel wat kan gebruik word om die mede-afhanklike gelowige vrou tot spirituele groei en volwassenheid te begelei.

5.2.2 Boublokke vir 'n vaste fondament in pastorale berading

Dit is nodig om 'n vaste Christelike fondament te le met betrekking tot die geloofsisteme van die berader, sowel as die beradene, alvorens daar met berading

begin word. Hierdie vaste fondament voorkom misverstande in die beradingsproses en help ook om die verwagte uitkomste te formuleer. Die navorser is van mening dat daar vier belangrike boublokke teenwoordig moet wees om 'n vaste fondament vir pastorale berading te le, naamlik:

5.2.2.1 Emosionele en spirituele volwassenheid

In sy interaksie met mense was Paulus altyd daarop gerig om mense na Jesus Christus te begelei en om hulle te leer, sodat hulle tot geestelike volwassenheid kon kom (Kol.1:28). Slegs wanneer die gelowige groei tot heiligmaking kan sy haar uiteindelike Godgegewe doel bereik, naamlik om al meer na die beeld van Christus omvorm te word. Emosionele en spirituele volwassenheid behoort dus die doelwit van pastorale berading te wees. Vir Louw (1993:246) moet die pastorale gesprek aan sekere vereistes voldoen waarvan die antropologiese doelwit geloofsgroei en geloofsvolwassenheid is, om dit te onderskei van psigologies georienteerde beraad, naamlik:

• Die wat van die pastorale gesprek gaan oor die inhoud van heil en geskied deur middel van Skrifvertolking.

• Die vervulde beloftes van God soos verkry uit Skrifopenbaring, spreek die

bron van die pastorale gesprek aan.

• By die wie van die gesprek gaan dit oor die mens wat geskape is na die beeld van God.

• Die hoekom van die gesprek word bepaal deur die motief in die hart van die berader/pastor deur die ontferming van God.

• Die agape liefde van God soos dit uitgeleef word deur die hoepriesterlike meelewing en daadwerklike barmhartigheid van Jesus, beantwoord die hoe van die gesprek.

• Die waartoe word vervul deur die proses van geloofsgroei na

geloofsvolwassenheid.

• Die gemeenskap van gelowiges is die antwoord op die waar van die pastorale gesprek.

Ons sien dus dat die pastorale gesprek oor aspekte soos taal, houdings, relasie en kommunikasiehandel en dat laasgenoemde ten diepste gaan oor twee persone se interaksie met mekaar om tot 'n beter verstaan van mekaar te kom ter ontsluiting van egte menslikheid. Die kwaliteit van hierdie ontsluitingsproses word volgens Louw (1993:247) ten diepste geraak deur waardesisteme, gesindhede, lewensbeskouings en geloofsoortuiging. Die navorser wil ook die belangrikheid van hierdie aspekte beklemtoon, vandaar die spesiale verwysing daarna in 5.2.2.3 en 5.2.2.4.

5.2.2.2 Die korrekte Skrifgebruik in pastorale berading

Binne die konteks van hierdie navorsing, waar godsdiensverslawing, verwronge Godsbegrip en geloofspatologie (vgl. 4.4.4) 'n kernelement van afhanklikheid en mede-afhanklikheid gevorm het, is dit noodsaaklik om die gebruik van die Skrif in die gelowige se lewe in die algemeen en spesifiek in die pastoraat uit te lig. Waninterpretasie van die Woord kom voor wanneer daar nie op geldige herme- neutiese wyse met die Skrif omgegaan word nie. Die hermeneutiek bied 'n metode van begrip wat verantwoordelike interpretasie van die Woord van God verseker. Alhoewel die gelowige die Gees van God het en gesalf word deur die Heilige Gees om die Skrif te verstaan, moet in ag geneem word dat die Bybel in 'n menslike taal geskryf is wat op meer as een manier verstaan kan word en in ander kultuur-

historiese omstandighede geskryf is en daarom is die potensiaal van wan- interpretasie 'n faktor om te verreken.

• Die praktiese gebruik van die Skrif

Eie skrifstudie is vir die pastorale berader van groot belang sodat hy self eers besef wat die Skrif se oor spesifieke gedeeltes voordat dit in die beradingsproses gebruik kan word. Dit is belangrik dat die beradene self ook sal worstel met die Skrif met die hulp van 'n goeie studiebybel, sodat teksgedeeltes binne die groter konteks ge'interpreteer kan word en die Skrif op praktiese konkrete wyses ge'implementeer kan word.

Die Bybel is volgens Vosloo en Van Rensburg (1993:1894) tegelykertyd 'n goddelike en 'n menslike boek, want dit is 'n versameling van menslike verhale en geskrifte waardeur God Homself aan die mens bekend maak. Die waarde van die Skrif le volgens Paulus (2 Tim. 3:16) op twee terreine, naamlik:

• Leerstellig: om in die waarheid te onderrig en die dwaling te bestry; en

• Prakties: om 'n verkeerde lewenswyse reg te stel en om regte lewenswyses te kweek.

As die Bybel so gebruik word, kan die mens volgens die Woord en Wil van God leef. Sistematiese Bybelstudie is dus baie belangrik om God se Woord deel van die mens se sisteem te maak, sodat die Heilige Gees horn kan herinner aan daardie kennis van die Woord wanneer die mens dit benodig (Vosloo & Van Rensburg, 1993:1894). Die pastorale berader kan die Woord van God gebruik soos daar in 2 Timoteus 3:16 geskryf word: virteregwysing, verkondiging, bestraffing en bemoediging.

Hendricks en Hendricks stel voor dat die Bybelstudent sekere praktiese vrae vra wanneer hy met die Skrif omgaan (vgl. Collins, 2001:52):

• Is daar in hierdie gedeelte van die Skrif vir my 'n voorbeeld om te volg? • Is daar sonde wat ek moet vermy?

• Is daar 'n belofte wat ek op myself van toepassing kan maak? • Is daar 'n gebed wat ek kan herhaal?

• Is daar 'n voorwaarde wat ek moet nakom? • Is daar 'n fout wat ek moet vermy?

• Is daar 'n uitdaging waarvoor ek te staan kom? • Is daar iets in die teks wat ek moet memoriseer?

5.2.2.3 'n Bybelse wereldbeskouing

Toegewyde Christene bou nie noodwendig altyd hulle geloof- en waardesisteme op die Skrif nie (vgl. 3.8.8.2). Die navorser is daarom van mening dat elke pastorale berader moet seker maak dat beradenes 'n Bybels-gefundeerde wereldbeskouing handhaaf ten einde geloofsgroei te verseker. Hierdie Bybelse wereldbeskouing is van wesenlike belang by die berading van die mede-afhankliklike gelowige vrou, wat dikwels (vgl. 4.4.1) in haar verlede verkeerdelik geleer het om die Bybel te

vergeestelik en haar sekuriteit te vind in wettisisme en vormgodsdiens. Collins

(2001:225) het 'n skematiese voorstelling van die proses van die skepping tot by die verheerliking van die mens by die wederkoms van Christus gemaak wat as riglyn kan dien om 'n Bybelse gefundeerde wereldbeskouing in die berading daar te stel. Dit word as aanhangsel (G) aangeheg.

5.2.2.4 'n Volwasse en gebalanseerde spiritualiteit

Die belangrikheid van die berader se spirituele stand en groei is reeds in hierdie studie vermeld (vgl. 3.8.8.3). Daar word volstaan met die feit dat pastorale beraders hul totale afhanklikheid van God in die berading moet besef en uitleef. God Drie-enig word op die volgende wyse in berading beleef:

• God as liefdevolle Vader tot wie ons met vrymoedigheid kan nader (Heb. 10:19-25). Hy openbaar sy wysheid deur die berader en in Horn beleef die berader sekuriteit, omdat niks voor sy aangesig verberg is nie (Heb. 4:13). • God die Seun as Wonderbare Raadsman - Jesaja 9:5. In Jesus ervaar die

pastorale berader en die beradene die God-Mens wat deel het aan die probleme en lyding van die mens (Heb. 2:18).

• God die Heilige Gees as Berader en Openbaarder. Hy gee leiding en lei ons in die voile waarheid. Hy is ook die bron van krag wat oorwinning oor Satan en sy magte gee (1 Joh. 4:4). Die Heilige Gees leer ons en herinner ons aan die woorde van Jesus (Joh. 14:25).

Opsommenderwys word die spiritueel volwasse berader beskou as die persoon wat:

• Eie innerlike geestelike konflikte reeds opgelos het in Christus en in 'n intieme verhouding met God staan.

• Betrokke is by Yi ondersteuningsgroep aan wie hy rekenskap kan gee. • 'n Balans handhaaf tussen die lees van Bybelse en professionele bronne. • Die geestelike dissiplines beoefen.

• Op God en sy leiding tydens die beradingsproses vertrou. • Voortdurend in geloof en heiligmaking groei.

5.3 SKEMATIESE VOORSTELLLING VAN RIGLYNE VIR DIE BERADING VAN