• No results found

Mede-afhanklikheid by die gelowige vrou resultate van getranskribeerde opnames

FENOMENOLOGIESE VERKENNING

WYSE VAN TRIANGULERING

2. Tot watter mate sou jy se het jou mede-afhanklike gedrag tot dusver jou verhouding met God en dus ook jou geloofsgroei beinvloed?

4.3 DIE EMPIRIESE ONDERSOEK EN NAVORSINGSRESULTATE TEN OPSIGTE VAN DIE SPIRITUALITEITSDIMENSIE BY GELOWIGE VROUE IN 'N MEDE AFHANKLIKE

4.4.5 Mede-afhanklikheid by die gelowige vrou resultate van getranskribeerde opnames

Waardeloosneid: Die mede-afhanklike vrou het 'n geweldige behoefte aan aanvaar-

ding, erkenning en die toegeneentheid van ander. Die gemis aan persoonlike aandag en liefde gedurende die kinderjare laat 'n emosionele leemte wat aanleiding gee tot die voortdurende soeke na erkenning en aanvaarding by ander (vgl. 2.2.2). Hierdie leemte word selde of ooit gevul deur ander mense en daar word dus nooit aan die verwagtings van die mede-afhanklike voldoen nie. Die verlies aan voldoende vertroeteling en versorging laat dikwels permanente gevoelens van verlies wat betref die kinderjare wat die volwasse mede-afhanklike vrou laat reageer as die verlore 6- of 7-jarige wat sy emosioneel eintlik nog is. Die deelnemer het dit soos volg gestel:

Mede-afhanklikheid hetjou op 'n bushalte gesit waar daar nooit 'n bus gekom het nie.

Pynlike kinderjare wat gekenmerk was deur 'n gebrek aan liefdevolle versorging, emosionele geborgenheid en positiewe aanmoediging, veroorsaak 'n diepgesetelde gevoel van waardeloosheid. Ek het deurskynend gevoel as kind. Jy was daar, maarjy

was nie gesien nie, jy was nie erken nie. Ek het my hele lewe lank nooit 'n partytjie gehad nie, NOOIT! My beste vriendin en ek het op dieselfde dag verjaar. Ons ma's was saam swanger. Dan gaan ek na E se partytjie toe en sy kry presente en almal sing vir haar en hou partytjie. Dan staan ek daar, ek verjaar ook, maar kry niks. Dit was vir my 'devastating', hoor! Tot vandag toe nog moet mense nie by my kom tee drink as ek verjaar nie. Ek kan nie daai partytjie-ding doen nie. Ek dink daai minderwaardigheid wat uit my kinderdae kom was te oorweldigend. EK is nikswerd, ek tel nie, ek is nie werd om eers ...My ma hoef nie partytjies te gehou het nie. Sy kon maar net 'n koek gebak het en ons kon maar net vir mekaar gesing het. Ek het so nikswerd gevoel dat ek daai 'lack of selfworth' omgesit het in perfeksionisme. Mede-afhanklike persone wat glo dat hulle

inherent minderwaardig is, glo ook volgens Groom (1991:38) dat hulle die slegte uit die lewe verdien en verdra dus ook die slegte behandeling en soms ook die mishandeling wat hulle van ander kry.

Grense: Grensverwarring het 'n noue verband met eksteme lokus van kontrole,

wanneer persone hul identiteit buite hulself soek en ander se gevoelens, opinies en gedragspatrone aanneem as hul eie (vgl. 2.2.2.1). Sulke persone se verhoudings is verstrengel en hulle sukkel om eie gevoelens te onderskei van ander se gevoelens. Hulle dink dikwels dat hulle eie gevoelens en menings nie saak maak nie en gee daarom

nie aandag aan die versorging van die self nie (Groom, 1991:28). Die deelnemer het

tydens een van die onderhoude dit soos volg uitgedruk: Die graad vanjou eie pyn

is die graad waarinjy uitreik na ander. Wat hierdie toestand so tragies maak, is dat

die mede-afhanklike persoon dikwels hierdie fokus op ander ten koste van die self, as 'n Christelike deug van diensbaarheid en selfverloening beleef (Luk. 9:23-24). In die latere lewe is dit dan heeltemal natuurlik vir die volwasse kind om te reageer op die impulse in haarself teenoor ander se pyn en die aangeleerde gedrag om daarvoor verantwoor- delikheid te neem. Hierdie gedrag word dan in die huidige situasie herhaal, byvoorbeeld:

Diejaar voor my pa en ma geskei is ... dit was die eerste keer dat ek my eie kamertjie gehad het. Ek was net drie maande daarin toe trek sy daar in. Dan sluit sy die kamerdeur en ek moet byVenT in die kamer op die vloer slaap. Dan kom my pa in die kamer in en se: 'My kind, jy moet metjou ma praat. Sy gaanjulle wegvat van my af.' Dit was vir my hel, hel, hel. Ek sal nooit daai huilerige maniere van horn vergeet nie... Ek en T het 'n bale noue band gehad, want ek het haar grootgemaak. V was weer baie eenkant en het haarself onttrek. Sy het haar bed natgemaak tot sy al groot was, dan kom klim sy by my in die bed en dan maak sy ons bed ook nat. Dan het ek baie min geslaap in die nag, want ek moes vir almal verantwoordelikheid neem... Toe ek Y ontmoet, het hy onmiddellik al die knoppies gedruk. Ek moes die 'rescuer' speel... Hierdie man het my so nodig, dink net hoe lief gaan hy my nog kry Hy sal later nie meer sonder my kan klaarkom nie. Vandag besef ek, ek het soveel tyd bele in hierdie man, dat dit nou vir my moeilik is om op myself te konsentreer. 'My need to be needed' het Y soos 'n handskoen gepas...

Vrees vir mense: Koning Saul se ongehoorsaamheid om die Amalekiete en al hulle

besittings te vernietig, is 'n goeie voorbeeld van iemand wat 'n groter vrees vir mense as vir God gehad het (1 Sam. 15:24) en die eer van mense gesoek het (1 Sam. 15:30). Saul se berou was nie oor sy sonde nie, maar oor sy verlies aan aansien voor die mense (Groom, 1991:37). Hierdie vrees vir verwerping deur ander belangrike persone in hul lewe, maak die mede-afhanklike vrou die gevangene van haar eie voorgee-emosies, -houdings en -gedragspatrone en dit dikteer haar lewe.

Godsdiens- en geloofspatologie: Hierdie gesinne het oor generasies heen gefikseer

op godsdienstige aktiwiteite en oortuigings. Die ouers se gedrag is gekenmerk deur rigiditeit, onrealistiese eise ten opsigte van godsdiensbeoefening, wettisisme en selfgesentreerdheid. In 2.4.3 is vermeld dat godsdiensverslawing die derde punt van die driehoek kan word, om spanning in verhoudings te vermy. Dit is wat binne-in hierdie

gesinsisteem van die deelnemer plaasgevind het, wat aanleiding tot geloofspatologie gegee het. Dit word in die onderstaande diagram voorgestel: