• No results found

i B Stap twee:

SPIRITUALITEITSDIMENSIE VAN GELOWIGE VROUE IN 'N MEDE AFHANKLIKE KONTEKS

3.5 SKRIFBESKOUING OOR DIE MENS

3.5.4 Die mens as 'n eenheidswese

Volgens Louw (1997:195) kan 'n eenheidsvisie nie die verskillende aspekte van menswees, byvoorbeeld die siel, gees en liggaam ignoreer nie. Bybelse begrippe soos hart, vlees, siel, en gees word dikwels afwisselend gebruik om 'n bepaalde aspek van menswees toe te lig. Teoreties kan daar meer geredelik onderskei word tussen hierdie begrippe en boeke oor berading verwys na fisieke, psigiese of geestelike probleme wat dit makliker maak om die aard van probleme te onderskei. Volgens Collins (2001:92) moet daar egter in die realiteit van die pastoraat altyd in gedagte gehou word dat die mens 'n eenheidswese is en nie in dele opgedeel kan word nie.

Daar is diegene wat voorstanders is van die drieledige benadering (Barna, 2003:120; Joubert, 2005:127) volgens 1 Tessalonisense 5:23, waar onderskei word tussen die liggaam, siel en gees. Volgens hierdie benadering is die denke, emosie en wil gesetel in die sielsdimensie en die menslike gees is die innerlike deel wat ontvanklik is vir die werking van die Heilige Gees. Die tweeledige benadering glo soos die

antieke Grieke dat die mens uit 'n liggaams- en 'n siel -gedeelte bestaan (Louw, 2005:11 ). Vir die doeleindes van hierdie studie word daar slegs tussen die innerlike en die uiterlike mens onderskei. Vervolgens word kortliks aandag gegee aan die verskillende konsepte soos wat Paulus dit gebruik om die innerlike en uiterlike lewe van die menste beskryf (Ef. 3:16; 4:1; 4:23; 5:15).

Ridderbos (1997:117) verwys na die aspekte van die innerlike mens as die denke

(nous), hart (kardia), wil (thelema), siel (psyshe), gees (pneuma), gewete (syneidesis). Volgens Paulus is die denke/verstand en die hart nou verbind en

beklee dit by verre die belangrikste plek in die dinamika van die mens.

• Denke (nous) - volgens Ridderbos (1997:117) is daar nie werklik in die Engels 'n geskikte verklarende woord vir die term nie en kan dit somtyds net met verstand vertaal word, soos in die geval van 1 Korinthiers 14:14 en in Filippense 4:7 waar die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, vrede beteken, wat die mens met al sy vermoens nie in homself kan he nie. Die nous is verantwoordelik vir die persoon se reaksie op die openbaring van God.

Die term nous is nou verwant aan die hart en dui op die mens se verstand wat deel is van die totale liggaamlike bestaan. Dit is 'n aanduiding dat die mens met begrip op God kan reageer. Vir Paulus moet hierdie menslik nous met die van God ooreenstem (1 Kor. 2:16) en deur die werking van die Hei- lige Gees getransformeer word (Rom. 12:2) (Louw, 1997:204).

Hart (kardia) - die hart is die setel van die mens se godsdienstige lewe, die

innerlike kern van sy bestaan. Verhoef (2000:45) dui aan dat die hart in die Ou Testament die sentrum van die bewustelike, emosionele en redelike funksies is, en in die Nuwe Testament die innerlike dimensie van menslike lewe. Op grond van Romeine 10:10 sien hy die hart dan as instrument vir die beoefening van geloof. Die hart kan ook bedrieglik wees en in diens van die sonde staan (Rom. 1:24; 2:5). Die hart is ook die setel van die affektiewe (Rom. 10:1; 2 Kor. 2:4; 2 Kor. 7:2) (Louw, 1997:204). Volgens Ridderbos (1997:119) is die hart in die Nuwe Testament by uitstek die menslike ek in denke, affekte, strewe en beslissings, sowel as die setel van die verhouding tot God. Die hart is die sentrum van die menslike wese waardeur God sy openbaring betuig en waarmee die mens, hetsy positief of negatief, antwoord

gee (Rom. 8:27; 1 Tess. 2:4; 1 Kor. 4:5; Matt. 7:21). Wanneer daar in die kognitiewe distorsie in die Godsbegrip is (vgl. Matt. 22:37) gaan dit nood- wendig 'n negatiewe invloed op elke aspek van die mens se lewe uitoefen. • Siel - volgens die Hebreeuse begrip nefesh dui die woord menslike lewe aan

in onderskeiding van ander vorme van lewe en is dit die ekwivalent van

psuche en pneuma wat Paulus afwisselend gebruik (Louw, 2005:203).

Volgens Gehman word daar in Genesis 1:27 verwys na die woord siel as die volledige mens wat lewe impliseer (vgl. Campbell-Lane, 2003:27). By die skepping het die mens dus 'n lewendige siel geword. Volgens Louw (2005:12) is die beste vertaling van nefesh waarskynlik die mens as

beliggaamde lewenskrag: liggaamlikheid as besielde lewe, doelgerigte en Godgerigte lewe. Vir Augustinus is die liggaam deel van die stoflike en

sondige bestaan van die mens en speel dit gevolglik 'n ondergeskikte rol

(Dualisme) (Louw, 2005:13). Vir Luther is die siel sinoniem met die gewete en

verwys dit ook na die hart en gees; terwyl Barth die siel beskryf as die psigo- fisiese eenheid van die menslike persoon. Daarenteen beskou Ridderbos (1997:120) die psyche as die natuurlike deel van die mens, wat volgens Romeine 11:3; 16:4 en 1 Tessalonisense 2:8 beteken om sy lewe ter wille van iemand anders af te le.

• Pneuma - die term pneumatiese mens wil se dat mense oor die vermoe beskik om God te ken (Louw, 1997:206). Paulus gebruik die term psuche en

pneuma afwisselend en saam met die liggaam vorm dit 'n eenheid wat

betekenisvol is vir die nuwe lewe (1 Tess. 5:23). Die term pneuma kom sterk na vore wanneer Paulus verwys na die nuwe mens deur die werking van die goddelike pneuma. Dit word in Romeine 8:16 duidelik gestel dat die menslike gees {pneuma) met die Heilige Gees verbind word wanneer God ons as sy kinders verklaar in terme van die nuwe opstandingswerklikheid. Volgens 2 Korinthiers 1:22, 5:5 en Romeine 8:23 kan die ongelowige mens nie pneuma besit nie (Louw, 1997:205).

Vir Vine (1996) word die gees van die mens lewend en sensitief gemaak vir die influistering van die Heilige Gees deur die nuwe geboorte (Rom. 8:16). Soos wat die gees van die mens voortdurend vernuwe word, neem dit beheer oor van die gesindheid van die hart en gedagtes (Ef. 4:23).

• Liggaam/vlees - vir die korrekte begrip van Paulus se antropologiese interpretasie van die sondebegrip is die liggaam (soma) vir Ridderbos (1997:115) van besondere belang. Liggaam verwys hier na die tasbare en sigbare organisme waarin verskeie lede onderskeibaar is. In hierdie sin praat Paulus daarvan dat hy die merke van Jesus se lyding in sy liggaam dra (Gal. 6:17; 2 Kor. 4:10). Die seksuele lewe is ook gesetel in die liggaam (Rom. 4:19; 1 Kor. 7:4; Rom. 1:24). In hierdie sin is die liggaam sinoniem met vlees insoverre vlees verwys na die tasbare. Die mens is in die volheid van sy bestaan liggaam omdat hy homself op geen ander wyse kan uitdruk nie. Die verband tussen die mens en sy liggaam kom na vore in Romeine 6:12 en 19 in die sin dat hulle nie hul liggame moet oorgee aan die sonde nie, maar hul liggame as 'n offer moet oorgee aan God (Rom. 12:1) (Ridderbos, 1997:115).

• Vlees - sonde van die vlees. In Romeine 7:14 stel Paulus die platform daar vir die worsteling tussen gees en vlees wat plaasvind in verse 15-20. Paulus verwys na die wet wat geestelik is en hyself wat vleeslik (unspiritual,

sarkinos, fleshly, carnal) is (Carson, ef a/., 2000:1138). Vir Hendriksen

(1980:240) dui dit daarop dat Paulus homself sien as vleeslik en onderhewig aan die stryd tussen die vlees en die gees vir solank as wat hy op hierdie sondige wereld is. Daar is dus 'n oorblyfsel van korrupsie in die wese van die mens en selfs waar daar geestelike lewe is, is daar oorblyfsels van die vlees (Hendriksen, 1980:240). Vir Erickson (2005:616) verwys Paulus in Galasiers 5:16-24 nie na die fisieke liggaam van die mens nie, maar na die self- gesentreerdheid van die hart en die ontkenning en verwerping van God.

Samevattend kan gese word dat die siel en die liggaam nie afsonderlik van mekaar beskou kan word nie en saam met die term beeld van God dui dit op die totale lewenshouding en ingesteldheid van die menslike bestaan (disposisie) in die teen- woordigheid van God (Coram Deo) (Louw, 2005:14).