• No results found

FENOMENOLOGIESE VERKENNING

WYSE VAN TRIANGULERING

2. Tot watter mate sou jy se het jou mede-afhanklike gedrag tot dusver jou verhouding met God en dus ook jou geloofsgroei beinvloed?

4.3 DIE EMPIRIESE ONDERSOEK EN NAVORSINGSRESULTATE TEN OPSIGTE VAN DIE SPIRITUALITEITSDIMENSIE BY GELOWIGE VROUE IN 'N MEDE AFHANKLIKE

4.4.4 Mede-afhanklike gedrag by voorouers van deelnemer

Minderwaardigheid: Die openlike verwerping wat die deelnemer se ma as kind ervaar

het, het gelei tot gevoelens van waardeloosheid, afsydigheid, 'n onvermoe om in kontak te kom met haar ware gevoelens en liefdevol en versorgende op te tree teenoor haar kinders, min selfdissipline, skuldgevoelens en onverantwoordelike optrede. Verwerping gee ook aanleiding tot onderdrukte woede wat die oorsaak kon wees van haar kwaai optrede en uitbarstings. Hierdie waardeloosheid het aanleiding daartoe gegee dat sy dikwels haarself fisiek uitgeput het om erkenning te kry.

Grense: Grensprobleme by disfunksionele gesinne kan gedefinieer word in terme van

rigiede grense wat aartleiding gee tot rigiede gesinne en vae grense wat weer lei tot chaotiese gesinne (vgl. 2.3.3). By beide die eerste en die tweede geslagte van die betrokke kerngesin het rigiede grense bestaan wat aanleiding gegee het tot onverbon- denheid in die gesinsverhoudings. Outoritere oorheersing en dominering het plaas- gevind en rigiede reels in veral die godsdiensbeoefening was kenmerkend by veral die ouma van die deelnemer. Beide hierdie vroue was beheerders wat ander se grense oortree het en die deelnemer se ma was geneig tot onverantwoordelikheid ten opsigte van haar eie lewe. Sy het egter die front van ek het jou nie nodig nie, meesterlik voorgehou. Sy het mure om haarself gebou en rigiede, ondeurdringbare grense gestel... om haarself te beskerm.

My pa was vir my ma 'n ontsettende teleurstelling, want sy kon baie hard werk en my pa het sagte hande gehad, kon nie juis hard werk nie. Omdat haar ma haar verwerp het, het sy baie tyd saam met haar pa op die plaas deurgebring dan het my ouma en die ander susters dorp toe gegaan en my ma het by my oupa gebly en horn gehelp. Dis waar sy geleer het om alles self te doen, maar dit was ook tot haar eie verwoesting, want my ma het nooit hulp gevra nie. Sy sou nooit wys sy 'cope' nie en tot vandag toe nog sal sy daai front voorhou. Sy kan inmekaar krummel agter die muur, maarjy sal dit nie weet nie.

Vrees vir mense: Moralisme was die tema van hierdie gesinne oor drie generasies of

meer. Om die uiterlike front van godsdienstigheid en vroomheid voor te hou en om mense se aanvaarding en erkenning te kry deur wettisisme en formalisme was 'n eerste prioriteit by die deelnemer en veral haar voorouers. Die uitsondering was haar oupa wat balans, opregtheid en 'n vrees vir God by haar gekweek het wat heelwaarskynlik haar behoud was. Om die buitekant van jou lewe in orde te kry was belangriker as om die hart voor God te ondersoek (Matt. 15:8). Veral die pa van die deelnemer was daarop ingestel om die geestelike leiers van die kerk se goedkeuring te soek en deur middel van uiterlike vroomheid en werke die weg te baan (Matt. 6:5). Hy het die neiging gehad om selfwaarde vanuit eksterne bronne te kry, byvoorbeeld die goedkeuring van ander wat gelei het tot 'n vrees vir mense. Ek besefmy kinderdae was vir my baie pynlik en ek het

besef my pa se oordrewe godsdienstigheid het ook baie druk op ons as kinders gesit. Ons het 'n geweldige vrees vir die Here gehad en om die regte goed te doen. Daar was nie die spontanefteit van kindwees nie. Ek dink my oupa was 'n goeie neutraliseerder, want ek kon sien maar my oupa is anders. Sy benadering tot die lewe, tot mense was baie anders.

Die deelnemer kon onthou hoe besig haar ouers altyd was, sodat daar nooit tyd vir hulle as kinders was nie. Die ouers kon nie hul grense stel om nee te se vir gunste en gawes aan ander nie. Haar pa was altyd gereed om by die kerk betrokke te wees, terwyl haar ma baie hard gewerk het vir ander mense. Sy het nooit stil gesit nie (vgl. 3.8.7.2).

Die vrees vir veral verwerping deur mense en die behoefte aan aanvaarding en goedkeuring van ander was die dryfveer agter hierdie gesinne se lewens.

Verwronge Godsbegrip by voorouers: Die paterne grootouers het die grondslag gele

vir die verwronge Godsbegrip by die deelnemer se pa. Laasgenoemde se pa wou van

kerke en God niks weet nie - nee, hy was glad nie by die Here nie. Hy was 'n

sagmoedige mens, doodgoed en goed dood - 'n onbetrokke, afwesige pa. Moontlik het hy depressie gehad, want hy het die heeltyd op die stoep gesit en rook en geen verhouding met sy kinders gehad nie. Die paterne ouma was 'n trotse, hoogmoedige, kwaai en humeurige vrou wat hard kon werk. Sy was dominerend en het druk op die kinders geplaas om te presteer. Sy was 'n baie 'grand', vooraanstaande ouma, het

meestal handskoene en 'n hoed gedra en my pa was haar 'blue-eyed boy'. By die

grootouers aan beide kante was die vroue die dominante figure wat beheer uitgeoefen het en die leidende rol in die huis geneem het. Hierdie toestand is alreeds strydig met die Woord wat duidelik is dat die vader van die huis die geestelike leiding moet neem en dat die vrou haar onderdanig aan die man moet stel (1 Pet. 3:1).

Voortspruitend uit bogenoemde uiteensetting is dit duidelik waarom die begrip gevorm is dat God onbetroubaar, onbetrokke en wraakgierig is, een wat mense dophou en boek- hou van sy sonde en goeie dade. Hulle sien God as die rigiede God wat ingestel is op prestasie en daarop uit is om die pretbederwer in hul lewens te wees. Hulle voel onaanvaarbaar en minderwaardig en moet daarom hard probeer om sy guns te wen. Soms bou hulle selfs 'n innerlike woede op teenoor God omdat hulle Horn blameer vir mislukkings of omstandighede waarvoor hulle eintlik self verantwoordelikheid moes neem (Seamands, 2002:99).

Hierdie verwronge Vaderbeeld is ook versterk deur die afwesige eie vaderfiguur in die gesin wat heeltemal ondergeskik was aan sy mede-afhanklike vrou en 'n abnormale soeke na goedkeuring van die gesagstruktuur in die kerk gehad het, eerder as 'n ontsag vir God.

4.4.5 Mede-afhanklikheid by die gelowige vrou - resultate van getranskribeerde