• No results found

onafhankiikh.kf^^ GEESTELIKE GEVOLGE

DIE PROSES VAN HEILIGMAKING

3.8.7 Die geestelike dissiplines

3.8.7.1 Inleiding

In die voorafgaande gedeeltes (3.9.1-3.9.6) is spiritualiteit bespreek na aanleiding van die werking van God in die lewe van die mens. Hierdie bespreking sou onvolledig wees indien daar nie ook na die mens se verantwoordelikheid ten opsigte van sy eie spirituele groei verwys word nie. Die hele doel van die beoefening van die geestelike dissiplines is om toe te neem in 'n toegewyde lewe aan God (1 Tim. 4:7). Die Griekse woord vir dissipline soos wat dit in die New American Standard Bible gevind word, is gumnasia wat van die Engelse woord gymnasium of gymnastics afgelei word en beteken om jouself te oefen. Om die rede kan daar aan die geestelike dissiplines gedink word as geestelike oefening (Whitney, 1991:15).

Foster (1989:xi) deel die geestelike dissiplines in drie kategoriee, naamlik:

• Die innerlike dissiplines - meditasie, gebed, vas en studie

• Die uiterlike dissiplines - simplistisiteit, stilte, onderwerping en diensbaar-

• Die korporatiewe dissiplines - belydenis, aanbidding, begeleiding en fees- viering.

Vir die doeleindes van hierdie studie word die geestelike dissiplines nie in diepte beskryf nie vanwee beperkte ruimte, maar word daar gefokus op die lokvalle in die beoefening daarvan vir die mede-afhanklike, gelowige vrou.

3.8.7.2 Die geestelike dissiplines en mede-afhanklikheid

In die postmoderne tydperk word die mens se lewenstyl gekenmerk deur 'n gejaagde lewe, geraas en die massas. Dit is alles elemente wat spirituele groei strem. Vir die mede-afhanklike gelowige vrou is ooraktiwiteit en besig wees deel van haar leefwyse wat ontstaan het as gevolg van pogings om orde uit die chaos van die verslawende verhoudings en omgewings waarin sy haar bevind het, te skep en om deur dade erkenning van ander te kry.

Foster (1989:11-13) meld verskeie slaggate waarvoor versigtigheid aan die dag gele moet word by die beoefening van die geestelike dissiplines. Die volgende genoemde slaggate hou 'n wesenlike gevaar vir die mede-afhanklikheid vrou in, omdat sy reeds worstel met aanvaarding deur ander en ingestel is om deur prestasie ander se goedkeuring te kry.

• Moenie die dissiplines in 'n wet verander nie. Wettisisme en dissipline is nie sinoniem met mekaar nie. Foster (1989:11) se: There is nothing like legalism

to choke the heart and soul out of walking with God.

Mede-afhanklike gelowige vroue neig tot wettisisme in hul geloofslewe omdat dit sekuriteit meebring. Rigiede reels bring groter sekuriteit as geloof in God. Dit gee hulle beheer en laat hulle veilig voel, soos Hemfeldt et al. (2002:140) dit beskryf:

In a dysfunctional home, control is the name of the game, perhaps a perfectionistic, critical legalistic, domineering parent created a climate of over control ... Many factors feed into the addiction/obsession/compulsion cycle. Control is a major one.

• *n Tweede slaggat is om die dissiplines op sigself as deugsaam te beskou. Dit bring nie regverdigheid of herstel nie en het op sigself geen waarde nie. Volgens Foster (1989:11) kon die Fariseers dit nie insien nie en het hulle punte by God probeer verdien met hul vroomheid en beoefening van gees- telike aktiwiteite (Luk. 6:1-2). Die mede-afhanklike vrou doen dit vandag nog steeds.

• 'n Volgende punt wat die gelowige kan laat vasval, is om op die geestelike dissiplines eerder as op God te fokus. Sonder die fokus op God en die belewenis van sy teenwoordigheid, is geestelike groei nie moontlik nie. Die mede-afhanklike vrou kan juis in hierdie slaggat trap, omdat sy voortdurend na erkenning en aanvaarding soek. Die beoefening van die geestelike dissiplines sonder 'n belewenis van God versterk haar beeld as goeie Christen in die oe van die geloofsgemeenskap waarin sy beweeg. In der waarheid versterk dit die vats self wat sy onbewustelik voorhou. Groom (1991:19) se: They may fear losing their 'witness to the world' not realizing

the world needs to see honest strugglers not pious pretenders. Die gevaar

bestaan om die opinies van mense meerte vrees as God (Joh. 12:42-43).

• 'n Laaste slaggat in die beoefening van die geestelike dissiplines is om in die versoeking te kom om die dissiplines te bestudeer, sonder om dit te beleef. Die belewenis van God deur die geestelike dissiplines affekteer ons diepste menswees. Prayerfully, slowly, perhaps with many fears and questions, we

need to move into this adventurous life of the Spirit (Foster, 1989:12).

Smit gebruik die volgende beeld om die voorafgaande te verklaar: Godsdienstige mense is meestal meelewende kerkmense (vgl. Moore, 2004:210). Hul godsdienstige oortuigings vind uiting in die daaglikse praktyk van die lewe. Godsdiens is die uiterlike kleed wat die Christendom aantrek. Net soos wat kleredrag modegebonde is, is godsdiens ook. Die manier van Christenwees en godsdiensbeoefening verander met die verloop van tyd wat vorm en styl aanbetref. Die vroee Christelike kerk, die kerk van die Middeleeue en die hedendaagse kerk dra nie dieselfde "Were" nie. As die klere nie meer die liggaam komplementeer nie, het dit onfatsoenlik geraak. Godsdiens kan ook onfatsoenlik raak as dit verskraal word tot uitgediende sentimen- taliteit of 'n nuwerwetse modegier. Die vraag ontstaan of godsdiensbeoefening nog 'n dieptedimensie besit en of dit slegs om uiterlike vertoon gaan soos met die dra van

spogklere. Ware en egte godsdiens vertoon werkersklere - werke van liefde vir God en omgee vir mekaar as daadwerklike aksies.

Wat kan dan as 'n egte en ware lewe voor die aangesig van God beskou word? Volgens Tertullianus roep die Woord van God die mens terug van selfgesentreerd- heid en van die illusie van sekuriteit wat hy om homself gebou het (vgl. Erickson, 2005:911). Dit beteken om die desperate soeke na sekuriteite buite God te vervang met onvoorwaardelike vertroue en geloof in God. Dit roep die mens tot God wat verhewe is bo die wereld en wetenskaplike denke. Hiermee saam se Erickson (2005:911): it calls man to his true self.