• No results found

i B Stap twee:

SPIRITUALITEITSDIMENSIE VAN GELOWIGE VROUE IN 'N MEDE AFHANKLIKE KONTEKS

3.7 DIE GODSBEGRIP

Die navorser het in die praktyk en in die navorsing gevind dat vals persepsies oor God 'n diepliggende probleem by mede-afhanklike vroue is. Die invloed van die emosionele pyn wat in die disfunksionele gesin opgedoen word as gevolg van die verwronge Godsbeeld, word oor geslagte heen oorgedra (sien 4.2.5.4) en is deel van die mede-afhanklike patroon wat 'n negatiewe invloed op die spiritualiteit van die gelowige vrou het.

Volgens Seamands (2002:94) het elke mens 'n denkbeeldige prentjie in sy kop van hoe God is en bestaan daar by baie gelowiges konflikterende idees oor wat hulle van God dink en hoe hulle oor Horn voel. Hierdie negatiewe belewenisse van God is deur hul ouers en ander belangrike persone in hulle lewens vasgele en is die oorsprong van baie emosionele probleme wat in die beradingsproses genesing moet ontvang. Hoe die persoon sy Christelike lewe ervaar, hou vir Chan (1998:40) direkte verband met die persoon se Godskonsepte. Hy verwys soos volg na die invloed daarvan op die spiritualiteitsdimensie van die gelowige:

Clearly, a proper conception of God, a theology that is faithful to God's self-revelation, is essential to the development of an adequate Christian spirituality

Daarom, alvorens spiritualiteit bespreek word, moet daar meer breedvoerig besin word oor die invloed van die verwronge Godsbegrip op die spiritualiteitdimensie van die gelowige vrou.

3.7.1 Die verwronge Godsbegrip

Vir Louw (1997:388) is die Godsvoorstelling ook 'n saak wat aandag moet geniet in die pastoraat en aanleiding kan gee tot geloofspatologie. Foutiewe Godsvoorstelling kan 'n mens van die realiteit vervreem en aanleiding gee tot angstigheid en verwarring. 'n Verandering in die Godsvoorstelling kan 'n pynlike proses wees wat baie weerstand kan oproep wat gewoonlik voortspruit uit negatiewe Godskonsepte van die kinderjare. Die kind wat uit'n disfunksionele huis kom se vader-ervaringe kan 'n negatiewe invloed op sy Vaderbeeld he .

3.7.2 Probleme wat voortspruit uit verwronge Godsbegrip

Seamands (2002:104) wys op die volgende probleme wat as gevolg van 'n verdraaide Godsbegrip kan ontstaan:

Die onvermoe om vergifnis te ervaar. Wat gebeur as die mede-afhanklike persoon so 'n verwronge Vaderbeeld het, dat hy nie sy kindskap kan begryp nie en nie tot aanvaarding van vergifnis kan kom nie? Volgens Romeine 8:16 getuig die Gees saam met ons gees dat ons kinders van God is. Cranfield verwys daarna dat elke keer wanneer Paulus hierdie werkwoord gebruik (Rom. 2:15;

9:1), daar twee getuienis ter sprake is (vgl. Hendriksen 1980:261). Die een getuig saam met die ander een. Hoe die Gees dit doen is nie heeltemal duidelik nie, want Paulus verklaar dit nie. Seamands (2002:106) verwys hierna as die goddelike en die menslike wat saamwerk - die Heilige Gees saam met die gees van die mens: According to some, the Spirit testifies along with our regenerated

consciousness by exerting a direct influence on heart and mind. Hierdie is in

ooreenstemming met Vi Bybelse beginsel (vgl. Deut. 17:6; Matt. 18:16).dat ten minste twee getuies nodig is om 'n ooreenkoms aan te gaan (Seamands, 2002:106).

Uit die verwonding van die verlede en as gevolg van onverwerkte gevoelens en ervaring met ouers, onderwysers, gesinslede, huweliksmaats en selfs mede- gelowiges, het mede-afhanklikes meestal negatiewe konsepte oor God en is hulle soms nie in staat om vergifnis te ervaar en 'n innige verhouding met God die Vader in die geloof te beleef nie (Seamands, 2002:107).

Wat kinders leer van God se karakter is baie belangrik, maar dit moet oorgedra word in 'n atmosfeer waar die ouers en ander belangrike persone in hul lewe se voorbeeld konsekwent uitgeleef word met dit wat oor God geleer word, anders gee dit aanleiding tot:

• 'n Onvermoe om God te vertrou en aan Horn oor te gee. Sara se nageslag (3.7.3) is 'n goeie voorbeeld van vroue wat probleme ondervind het om God te vertrou en later hul eie planne beraam het met negatiewe gevolge. Volgens Meyer (1996:89) het Sara se liefde vir Abraham, haar desperaatheid om 'n kind te he en haar ongeloof om God se alvermoe te begryp, getuig dat sy op daardie stadium van haar lewe moontlik nie 'n ware persepsie van God gehad het nie. Sy het nie geglo dat hy sy woord op 'n bonatuurlike wyse kon vervul nie. Wanneer Seamands (2002:107) verwys na die onvermoe om God te vertrou, bedoel hy nie die psigiese en emosionele gesonde persoon nie, maar verwys hy na 'n diepgesetelde angstigheid van die persoon om oor te gee aan

God. Hy maak die volgende belangrike appel op pastorale beraders

You pastors and counsellors who are confronted by suspicious Christians who sincerely desire to grow in Christ, but who are held back by this kind of deep-seated

commitment-anxiety, need to check out their gut-level concepts/feelings of God (Seamands, 2002:108):

• Wanneer God en spiritualiteit tot menslike gevoelens en standaarde gereduseer word, sal die mede-afhanklike vrou nooit die Heilige God van Israel kan begryp, verstaan en leer liefkry nie. Welch (1997:85) stel dit op die volgende treffende wyse: ...and with God reduced in our eyes, a fear of

people will thrive.

3.7.3 Geloofs- en godsdienspatologie

Die skrifgeleerdes en die Fariseers (Luk. 5:17) was so behep met die mensgemaakte Joodse tradisies wat deel van hulle volkslewe geword het, dat hulle die Skrif op die agtergrond geskuif het. Hulle het bedreig gevoel omdat die mense die geldigheid van hul wette bevraagteken het en Jesus gevolg het (Vosloo & Van Rensburg, 1996:1522). Vandag kom hierdie patologie volgens Rebell nog op die volgende wyse voor(vgl. Louw, 1997:291):

• Aanvallende gedrag - die persoon konsentreer op die sonde van ander mense en die fokus verskuif weg van eie gebreke (Matt. 7:1-5).

• Geestesdwang - dit ontaard in buitengewone godsdienstige eise en vind neerslag in wettisisme (Mark. 2:24).

• Gebrek aan soepelheid en onverdraagsaamheid as gevolg van rigiede godsdienstige beskouinge (Mark. 7:8).

• Formalisme as gevolg van buitengewone handhawing van die kerk as instituut. Sterk outoritere optrede as gevolg van verkleefdheid aan kerklike leer.

Volgens Meier et al. (1991:142) kan 'n negativistiese, wettiese kerk wat rigiede mens- gemaakte reels neerle ten koste van liefde en genade, baie skade aanrig aan die jong kind se ontwikkelende spiritualiteit. Die mens en veral kinders is baie waardevol in God se oe (Matt. 10:29-31; Joh. 10:27-30). Wanneer daar deur moralisme te sterk klem gele word op verandering in gedrag en gewoontes sonder om te bid dat die Heilige Gees 'n hartsverandering bewerkstellig, kan dit lei tot opstandigheid teen die kerk en godsdiensbeoefening soos wat dit in die disfunksionele ouerhuis plaasvind

(Kol. 2:16-23). Jesus het horn sterk uitgespreek teenoor die Fariseers (Mark. 2:17) wat die mens se insette oorskat en God se insette onderskat het.

Louw (1997:292) lig drie belangrike gevolge van geloofspatologie uit:

• 'n Negatiewe identiteit ontstaan by die persoon as gevolg van 'n foutiewe Godsbeeld.

• Angs vir oorgawe. Geloof word teruggehou as gevolg van 'n vrees vir selfoorgawe. Seamands (2002:108) noem dit: a deep seated

commitment-anxiety.

• Obsessiewe trou aan 'n saak. 'n Aspek van die geloofslewe word uitgelig en 'n obsessiewe oorgawe word daaraan gemaak.

Die navorser is van mening dat 'n verdraaide Godsbegrip, as gevolg van wettisisme, formalisme en inkonsekwentheid tussen dit wat die ouers praat en dit wat hulle uitleef, nie alleen die Godsbegrip van die kind nadelig beinvloed nie, maar ook die eiewaarde van die kind skend. Volgens Pruyser (vgl. Louw, 1997:290) kom hierdie tipe godsdienspatologie voor as gevolg van verwringing in die wisselwerkende

proses tussen geloofsinhoud en geloofsgedrag. By die empiriese navorsing van

hierdie studie het hierdie elemente van geloofspatologie ook sterk na vore gekom en word dit breedvoerig uiteengesit in die navorsingsresultaat (vgl. 4.4.2-4.4.4).

Uit die voorafgaande beredenering is die belangrikheid van die Godsvoorstelling uitgelig en is die probleme wat uit 'n verdraaide Godsbegrip kan ontstaan, bespreek. Wanneer daar distorsie van die Godsbeeld op kognitiewe vlak is, gaan dit noodwendig 'n negatiewe invloed op elke aspek van die mede-afhanklike he, sodat sy nie die groot gebod van die liefde in gehoorsaamheid kan uitleef nie (Matt. 22:37).

Eusebeia dui op die inoefening van die geloof binne die praktyk of ritme van elke

dag (1 Tim. 4:8) (Louw, 2005:134). Vir die mede-afhanklike vrou is die beoefening

van haar spiritualiteit 'n ernstige saak wat haar innerlike wese binne die ritme van elke dag raak. Vir haar is dit egter hoofsaaklik 'n eie menslike poging, voortgedryf deur 'n vrees vir verwerping en 'n strewe na erkenning, eerder as 'n intieme verhouding met God. Dit begin by die diepliggende gevoel van minderwaardigheid wat momentum verkry namate sy die vals self uitleef en uiteindelik lei haar vrees vir mense tot afgodery (Kol. 3:5).

Die navorser het 'n skematiese voorstelling gemaak van die interaksie tussen mede- afhanklikheid en spiritualiteit wat vergelyk kan word met die ratte van twee wiele wat inmekaar skakel. Die aanhoudende siklus van mede-afhanklikheid bring geestelike gevolge mee wat nie gestuit kan word nie.

3.7.4 Interaksie tussen spiritualiteit en mede-afhanklikheid Verduideliking van skets

1. Begin lees by die pyltjie onderaan die linkerkantste wiel by die pynlike verliese. Hierdie helfte van die wiel is die oorsake van mede-afhanklikheid. 2. Die regterkantste helfte van die linkerwiel dui op die emosionele en sosiale

gevolge wat voortspruit die pynlike verliese van die vorige helfte.

3. Die regterkantste wiel is die geestelike gevolge wat noodwendig voortstu en