• No results found

Predikante se response oor die invloed van die kerk op die kinders 1 Algemeen

5 RESULTATE VAN DIE EMPIRIESE ONDERSOEK

HEDE RESPONDENT

5.5 KWALITATIEWE GEGEWENS VOLGENS RESPONSE VAN DIE KINDERS 1 Inleiding

5.5.3 Predikante se response oor die invloed van die kerk op die kinders 1 Algemeen

Aangesien die respondente aan ses verskillende kerkgenootskappe behoort, is daar ook onderhoude gevoer met die onderskeie predikante of pastore van die kerke. Die onder- houde is gehou met die predikante van die Rhemakerk, AGS-kerk, Lithos Baptiste kerk, Hervormde Kerk, Nederduits Gereformeerde Kerk en die Gereformeerde Kerk. Die doel hiervan is om die afleiding wat uit die response van die kinders gemaak is, te probeer kruiskontroleer en te bevestig (vgl. bylae D).

5.5.3.2 Is huisbesoek deur die predikant gerig om die ouer beter toe te rus vir sy opvoedingstaak? (vraag 1)

Die response wat verkry is, toon aan dat 50% predikante/pastore meen dat huisbesoek beslis daarop gerig is om die ouer beter toe te rus vir sy opvoedingstaak. Die ander 50% meen dat huisbesoek net deels gerig is op die toerusting van die ouer se opvoedingstaak. Die response van die predikante/pastore kan daarop dui dat huisbesoek nie uitsluitlik gerig is op die ouer se opvoedingstaak nie, maar meer op verbondsopvoeding en ge- loofstoerusting. Die afleiding wat hieruit gemaak kan word, is dat die predikant/pastoor indirek invloed uitoefen op die kind deur die ouer toe te rus vir die taak.

5.5.3.3 Watter faset van gesinsfunksionering word deur huisbesoek aangespreek? Dui asseblief die volgorde van belangrikheid aan (vraag 2).

a Kommunikasie b Konflikhantering

c Begrip vir mekaar se behoeftes d Groter gesinsbetrokkenheid e Dissipline

Die response van die leraars het grootliks ooreengestem. Volgens hulle reaksie neem die begrip vir mekaar se behoeftes die belangrikste plek in tydens huisbesoek. Kom­

munikasie neem die tweede plek in terwyl groter gesinsbetrokkenheid die derde plek

inneem. Die keuses word gevolg deur dissipline en konflikhantering in die vierde en vyfde plekke.

Uit hulle response word afgelei dat die predikante/pastore tydens hulle huisbesoek sterk ingestel is op die behoeftes (soos geestelike en maatskaplike behoeftes) van die ge- meentelede, iets wat wel 'n invloed op die kinders se opvoeding kan he. Die ampsdraers se verdere keuses van kommunikasie en groter gesinsbetrokkenheid dui daarop dat hulle 'n kanaal wil skep deur middel van kommunikasie om groter gesinsbetrokkenheid te verkry in die kerklike aktiwiteite. Kommunikasie en gesinsbetrokkenheid kan lei tot groter invloed op kinders. Dissipline en konflikhantering is aspekte wat predikan­ te/pastore aanspreek soos die omstandighede vereis, en in sulke gevalle kan dit wel 'n

invloed op kinders uitoefen.

5.5.3.4 Waarom sou u se verloor pubers (11 - 14-jariges) dikwels belangsteUing in die kerkaktiwiteite? Dui asseblief in volgorde van belangrikheid aan (vraag 6).

a Ouerlike onbetrokkenheid. b Aigemene tydsgees.

c Swak ouerlike voorbeeld. d Verstaan nie die preke nie.

e Kerk doen te min om kinders te betrek. f Swak beplanning van jeugaktiwiteite.

g Kerk hou nie tred met kind se opvoedingsbehoeftes nie. h Swak voorbereiding van katkisante-onderwyser.

Die doel van hierdie vraag was om die mate van korrelasie te probeer vind tussen die kinders se response ten opsigte van hulle kerklike aktiwiteite en die van die predikante en pastore (vgl. 5.5.1.9.4, 5.5.1.9.5, 5.5.1.9.9 & 5.5.1.9.10).

Vier van die predikante/pastore beskou ouerlike onbetrokkenheid as die belangrikste oorsaak waarom kinders belangsteUing verloor in kerkaktiwiteite. Die keuse is ook hoog op die voorkeurorde van die ander twee leraars. Swak ouerlike voorbeeld en die kerk doen te min om kinders te betrek, is volgens die predikante/pastore die tweede en derde belangrikste oorsake van gebrek aan belangsteUing in die kerk se aktiwiteite. Die vierde en vyfde belangrikste oorsaak waarom pubers hulle belangsteUing verloor, is volgens die predikante/pastore die aigemene tydsgees en die kerk hou nie

tred met die kind se opvoedingsbehoeftes nie. Volgens die predikante/pastore dra onverstaanbare preke, swak voorbereiding van katkisante-onderwyser en swak be­ planning van jeugaktiwiteite die minste by tot die oorsake waarom pubers belangsteUing

Ouerlike deelname en voorbeeld speel 'n groot rol in die motivering van die kinders om deel te neem aan die kerkaktiwiteite. Die respondente het ook aangedui dat die kerk te min doen om die kinders te betrek (vgl. 5.5.1.9.4 & 5.5.1.9.9). Die predikante en pastore het moontlik nie baie goeie kommunikasie met die kinders nie, aangesien hulle nie meen dat die onverstaanbare preke 'n beduidende rol speel in die aktiwiteite van die kinders nie (vgl. 5.5.1.9.4).

5.5.3.5 Dui asseblief die belangrikheid van die opvoedingsagent, soos dit tans blyk te wees, in rangorde aan (vraag 7).

a Gemeenskap b Kerk c Massamedia d Ouers e Portuurgroep f Skool

Die doel van hierdie vraag is om te probeer bepaal hoe die ampsdraers van die kerk die rol en plek van die kerk in die opvoeding van kinders beskou.

Volgens hulle response neem die gemeenskap die laaste plek in ten opsigte van die opvoedingstaak van die kinders. Die ampsdraers van die kerk meen voorts dat die kerk ook taamlik agter in die ry staan ten opsigte van die opvoedingsinvloed wat dit (kan) uitoefen. As opvoedingsagente neem die massamedia en die skool, volgens die predi- kante/pastore, die vierde en derde plekke van belangrikheid in ten opsigte van die bei'nvloeding van die kinders. Die ouers word nog deur hulle as die belangrikste op­ voedingsagent beskou, en daarna volg die portuurgroep.

Die leraars se response dui daarop dat hulle klaarblyklik besef dat die kerk se invloed nie meer heeltemal so beduidend is ten opsigte van die kinders se opvoeding nie.

5.6 SAMEVATTING

Dit is duidelik dat die verskillende samelewingsverbande wel in wisselende opsig en in 'n mate 'n rol in die groep kinders se opvoeding speel. Weens die kwalitatiewe aard van die ondersoek is dit nie moontlik om presies (kwantitatief) aan te dui wat die

omvang van die opvoedingsinvloed van die onderskeie samelewingsverbande is nie. Die vraag wat nou in die volgende hoofstuk moet beantwoord word, is: Wie is die werklike opvoeders van hierdie groep Klerksdorpse kinders?

BEVINDINGS, GEVOLGTREKKINGS EN