• No results found

2 TEORETIESE VERANTWOORDING: DIE PRINSIPIELE AARD VAN DIE

2.2 DIE AARD EN WESE VAN DIE OPVOEDING 1 Inleiding

2.2.3 Opvoedingsverloop 1 Algemeen

Noudat duidelikheid oor die opvoedingsverhoudinge verkry is (2.2.2), is dit belangrik om daarop te let dat hierdie verhoudinge nie van die begin af ewe sterk is nie (Landman, 1983:2). Daar is 'n besliste verloop of ontwikkeling van die verhoudinge.

Die oorgang van een gebeurtenis na die volgende is bekend as die verloop van die pedagogiese gebeure. Die essensiele strukture van die pedagogiese wat onder die om- vattende benaming pedagogiese verloopstrukture gegroepeer word, is die pedagogiese omgang, pedagogiese ontmoeting, pedagogiese engagement, pedagogiese bemoeienis, terugkeer tot pedagogiese omgang en die periodieke verlating van die pedagogiese omgang (Kilian, 1974:185). Hierdie fasette van die opvoedingshandeling word voorts kortliks omlyn.

2.2.3.2 Pedagogiese omgang

Sonder intermenslike kommunikasie kan opvoeding nie plaasvind nie. Oral waar 'n volwassene en 'n kind met mekaar omgaan en kommunikeer, kan opvoeding as besondere menslike funksie voltrek word (Pretorius, 1981:15). Die verhouding tussen ouer en kind neem 'n aanvang tydens 'n sogenaamde bewuswordingsproses waar die ouer en kind mekaar se teenwoordigheid begin ervaar (Landman, 1983:2). Bewuswording vind plaas deurdat die ouer en kind tyd saam deurbring en met mekaar kommunikeer. Hugo (1971:26) omskryf pedagogiese omgang soos volg: "Deur sy medemens word die mens eers mens. Wat die mens is en behoort te word, ervaar hy ... slegs deur kommunikasie. Verder konstateer Landman (1984:6): "Tydens 'n omgangsituasie bevind die opvoeders en die kind hulle gelyktydig in dieselfde ruimte en is hulle in 'n meerdere of mindere mate van mekaar se teenwoordigheid bewus."

Die omgangsituasie is 'n pedagogies gepreformeerde veld, wat 'n moontlikheidsvoor- waarde skep vir bemoeienis van die opvoeder met die opvoedeling. Dit is noodsaaklik vir die verloop na die pedagogiese bemoeienis (Kilian, 1974:186).

Opvoeding as gebeure kan nie ontwikkel as die opvoeder en die opvoedeling slegs bymekaar in 'n omgangsituasie is nie. Daar moet ook sprake wees van 'n ware ontmoeting tussen die opvoeder en die opvoedeling (Kilian, 1974:188).

2.2.3.3 Pedagogiese ontmoeting

Sodra die verhouding tussen die opvoeder en die kind geleidelik inniger word, kan daar nie meer bloot na omgang verwys word nie, maar wel na ontmoeting (Landman 1984:6).

Ontmoeting tree in "... when a mutual intentional directedness at each other is realized. One person becomes aware of the other as someone who has taken up a position against him (counter to him). The German term 'begegen' also expresses this act of being in op-position to ... What is meant here is that each person takes his position - an act which is continually performed as life-necessity - opposite to the other, but intentionally directed at each other in full realisation of own existence as co-existence" (Viljoen & Pienaar, 1971:57).

Die pedagogiese ontmoeting word gekenmerk deur begeleidende aangetrokkenheid, 'n geneentheid en 'n affiniteit tussen opvoeder en opvoedeling wat 'n sfeer van veiligheid en vertroue skep, sodat die een horn met die ander wil waag. Deur die ontmoeting ervaar die persoon ook die vryheid waarin hy homself kan wees (Pretorius, 1981:18).

2.2.3.4 Pedagogiese engagement

Die opvoeder se besluit om voile verantwoordelikheid te aanvaar om die kind as 'n mens te begelei deur beinvloeding en ook die kind se aanvaarding van verantwoordelikheid soos dit voortvloei uit die opvoeder se bemoeienis, dui op pedagogiese engagement (Landman, 1974:11).

In die pedagogiese engagement word die kind opgeroep tot aanspreeklikheid vir die opneem van verantwoordelikheid wat volg op die opvoeder se ingryping of instemming (Landman et al., 1973:178).

Kilian (1974:192) meen dat persoonwees gerealiseer word deur die toenemende opneem van verantwoordelikheid. Dit geskied deur in toenemende mate self verantwoordelikheid vir 'n mens se dade te aanvaar. Die kind neem die verantwoordelikheid wat hy as klein kindjie aan die ouers oorgelaat het, geleidelik in 'n groter mate oor. Die kind steun op die volwassene om horn te help om op 'n behoorlike wyse op oproepe aan horn gerig te reageer.

Uit die voorafgaande inligting word dit duidelik dat beide die opvoeder en die kind in die opvoedingsituasie verantwoordelikheid moet aanvaar en in toenemende mate moet verwerklik en vir die aangaan van opvoedingverhoudinge (Kilian, 1974:194).

2.2.3.5 Pedagogiese bemoeienis

Alle bemoeienis van die opvoeder het ten doel om die kind te steun om self in die lewe 'n staanplek te verower. Die kind moet nie meer van die opvoeders afhanklik wees vir sy bestaan nie, maar moet selfstandig wees. Verder moet hy sy plek in die lewe inneem en volgens sy beginsels lewe. Die kind moet geleidelik losgemaak word van sy opvoeders aangesien die kind self verhoudings aktualiseer en omdat ouers en opvoeders met verloop van tyd oorbodig word (Kilian, 1974:198). Opvoeder sowel as opvoedeling aanvaar dus die aanspreeklikheid vir die optrede van die opvoedeling (Van der Walt & Dekker, 1983:135).

Dit is vanselfsprekend dat die opvoeder pedagogies moet ingryp omdat die doel daarvan juis is om die kind se lewe ten goede te verander. Verder is die opvoeder se ingryping ook nodig wanneer hy besef dat die kind die behoorlikheidseise nakom. Die ingryping neem dan die vorm van bevestiging en goedkeuring aan (Kilian, 1974:196).

Die kind moet die geleentheid gebied word om in oorleg met sy ouers besluite oor sy eie gedrag te neem. Hierdie besluite word gelei deur die ouers se goed- of afkeuring, asook deur die kind se persoonlike nadenke en evaluering van eie gedrag. Die ouer gee dus steun sonder om die kind in sy geleidelike selfstandige besluitneming te rem (Van der Walt & Dekker, 1983:135).

2.2.3.6 Periodieke verlating

Deur die kind toenemend geleenthede te gun tot selfstandige optrede kry hy 'n sin van verantwoordelikheidsaanvaarding. 'n Wesenskenmerk van die besondere pedagogiese struktuur is die feit dat die ouer sy kind in 'n toenemende mate verlaat sodat hy op sy eie verantwoordelikheid kan aanvaar (Kilian, 1974:198). Die opvoedeling kry tydens hierdie fase geleentheid om in afwesigheid van die opvoeder, selfstandig te kies en te handel (Van der Walt, 1983:136).

Die verlating van die kind is nie permanent nie, want die kind se steunbehoewendheid word nie deur 'n eenmalige bemoeienis oorwin nie. Periodieke verlating is die voor- bereiding vir 'n finale verlating in die toekoms wanneer die kind nie meer steun nodig het nie (Landman, 1984:7).

Na verloop van tyd kan daar weer 'n hunkering by die kind ontstaan om 'n verhouding aan te knoop, maar op 'n hoer peil. Periodieke verlating kan slegs plaasvind as die kind die versekering het dat hy te eniger tyd op die ouer se hulp kan reken (Kilian, 1974:200). Wat belangrik is tydens hierdie fase is dat die ouer die kind te alle tye hartlik moet ontvang en sy bereidwilligheid moet toon om verder sinvolle leiding te gee (Van der Walt & Dekker, 1983:137).

Met hierdie periodieke verlating en terugkeer, neem die bemoeienisverantwoordelikheid van die ouer geleidelik af totdat daar uiteindelik steeds 'n innige verhouding tussen ouer en kind bestaan, maar elk 'n selfstandige, selfverantwoordelike bestaan voer.

2.2.4 Opvoedingsdoel