• No results found

Robert X Havinghurst het die lewensloop soos volg in ses tydperke ingedeel:

3.4 DIE ONTWIKKELINGSTAKE VAN DIE PUBER

3.4.3 Die puber se seksualiteit

'n Belangrike ontwikkelingstaak van die puber is om sy/haar seksuele behoeftes op sosiaal aanvaarbare wyse uit te leef sodat dit positief tot sy/haar identiteitsontwikkeling bydra. Die puber se nuut ontwikkelde seksualiteit moet met sy/haar interpersoonlike verhoudings geintegreer word (Louw et al., 1984: 351).

Daar is ook merkbare verskille betreffende seksuele opwekking, en meer bepaald op- wekbaarheid tussen puberseuns en -dogters. Biologies kan dit toegeskryf word daaraan dat die dogters minder bewus is van hulle seksualiteit omdat hulle geslagsorgane meer versteek en minder toeganklik is, terwyl die seuns se aandag selfs sonder die bewuste toedoen op die geslagsorgane gevestig word (Boshoff, 1976:43-44).

Die gemeenskap se waardes en norme ten opsigte van seksuele gedrag voorsien die individu van 'n verwysingsraamwerk vir sy/haar seksuele aktiwiteite. As gevolg van historiese en sosiale veranderinge vind daar in die huidige tydperk vinnige verandering ten opsigte van hierdie norme plaas. Veranderde seksuele houdings en gedrag word gekenmerk deur groter openhartigheid en permissiwiteit met betrekking tot homosek- sualiteit en buitehuwelikse geslagsgemeenskap (Louw et al., 1984:353). Die puber word dus gekonfronteer deur teenstrydighede wat die hantering van die individu se seksualiteit en besluite oor seksuele gedrag kompliseer.

Die invloed van die media op die vorming van waardes moet nie onderskat word nie. Volgens Raffa (1985:194) word televisiekarakters deur die jongmens (ook puber) gebruik as model in die leer van waardes. Televisie speel 'n rol deurdat dit mense sterk beinvloed en kinders maklik met sogenaamde televisiehelde identifiseer. In televisiereekse word dikwels spesifieke gedragswyses aan manlike en vroulike karakters toegese. Sternglang en Serbin (1974:710-715) het 'n ontleding van verskeie TV-programme gemaak en tot die gevolgtrekking gekom dat sekere soorte gedrag meer kenmerkend van een geslag as van die teenoorgestelde geslag is.

Verskeie navorsers is van mening dat die puber makliker met 'n model van dieselfde geslag identifiseer as met iemand van die teenoorgestelde geslag (Grusec & Brinker,

1972:149-158, Slaby & Frey, 1975:849-856). Tydens die puberteitsfase wanneer die kind hom/haar sterk met die portuurgroep identifiseer, is daar nie ruimte vir die ander geslag nie (Vrey, 1979:98).

Die puber word dus in hierdie fase gekonfronteer met 'n besondere ontwikkelingstaak, naamlik dat seksualiteit 'n belangrike deel uitmaak van die sy/haar verhoudingslewe en bydra tot die ontwikkeling van sosiale en emosionele rypheid afhangend van hoe dit hanteer word (Louw et al, 1984:360).

3.4.4 Kognitiewe ontwikkeling tydens puberteit

Die puber se kognitiewe vermoe ontwikkel kwalitatief en kwantitatief. Kwantitatief in die sin dat die preadolessent intellektuele take makliker, vinniger en effektiewer kan bemeester, terwyl kwalitatief die verandering ten opsigte van die aard of struktuur van die denkprosse is. Die kwalitatiewe en kwantitatiewe benadering sluit mekaar nie uit nie, maar vul mekaar aan as keerkante van kognitiewe funksionering (Louw et al., 1984:360).

Die puber wat nog in die konkreet-operasionele denkstadium verkeer, moet hom/haar van sy/haar konkrete beperkinge op sy/haar denke losmaak en moet leer om ook in terme van moontlikhede te dink. Hier moet hy/sy byvoorbeeld leer wat die moontlikhede van sy/haar optrede kan wees. Verdere ontwikkelingstake van die puber ten opsigte van sy/haar kognitiewe ontwikkeling is dat die puber op grond van sy/haar vermoe tussen werklikheid en moontlikheid moet onderskei, die ontdeklcing moet maak wat die werk- likheid is en hoe dit moontlik kan wees om te leer deur 'n stel goed gefundeerde kriteria of norme te aanvaar. Veral die puber moet leer dat hy/sy nie die enigste belangrike persoon is wat die middelpunt van die belangstelling is nie, en dat daar nie so iets soos 'n denkbeeldige gehoor is nie, maar dat hy/sy natuurlik kan optree en ontspan (Monteith et al, 1988:142).

3.4.5 Morele ontwikkeling van die puber

Elke gemeenskap besit sy eie tipe en vlak van moraliteit wat opgebou word uit die tradisies van die verlede. Morele ontwikkeling het te doen met die etiese kodes en gedragsnorme en -standaarde van die gemeenskap. Moraliteit word nie oorgeerf nie. Slegs die mens met sy uniekheid, kan voldoen aan die morele norm. Die uniekheid verhef die kind bo enige ander lewende wese. Hierdie Godgegewe vermoe help die puber om 'n beskaafde en sosiale wese te word. Pubers is ontvanklik vir oortuiging en toeligting van ideologiese benaderings, hulle aanvaar ook dissipline, maar lyfstraf word meer en meer afgekeer (Barnard, 1977:283).

Morele ontwikkeling verwys na die veranderinge wat mettertyd in die puber se etiese en morele oordele plaasvind. Kohlberg sowel as Piaget glo dat morele ontwikkeling afhanklik is van kognitiewe ontwikkeling. Kohlberg stel die morele ontwikkeling voor volgens drie hoofvlakke waarvan elkeen uit twee stadiums bestaan. Die drie vlakke le op die prekonvensionele, konvensionele en postkonvensionele (Gerdes et al., 1981:291).

Die individuele en sosio-ekonomiese verskille mag nie buite rekening geplaas word nie, maar dit kan aanvaar word dat vlak een tydens die kinderjare ontwikkel, vlak twee tydens die laat middelkinderjare en puberteit en vlak drie tydens die middel en laat adolessensie bereik word (Gerdes et al, 1981:292). Slegs vlak twee soos deur Kohlberg voorgehou, word kortliks bespreek aangesien dit die stadium is van die puber.

Op die vlak van konvensionele moraliteit konformeer die individu met die persoonlike verwagtings en sosiale orde. Hy/sy bly lojaal en ondersteun en regverdig die sosiale orde en identifiseer met die gemeenskap wat daarby betrokke is. Die verwagtinge van die individu se groep, gesin of nasie word nie net gehandhaaf en ondersteun nie, maar word ook daarmee gekonformeer ongeag die onmiddellike gevolge. Die individu sien dit assy morele plig om te hou by die gevestigde norme (Louw et al., 1984:370). Die twee stadia wat op hierdie vlak onderskei word, kan soos volg beskryf word:

• Stadium 3: Soetseunmoraliteit: Tydens hierdie stadium glo die individu daaraan om goeie verhoudinge te handhaaf en om andere te behaag. Daar word gepoog om kritiek te vermy en goedkeuring te ontvang. By die beoordeling van die dade van andere word die bedoelings onderliggend aan die dade in ag geneem (Gerdes et al., 1981:292).

• Stadium 4: Die wet- en ordehandhawingsmoraliteit: Gedurende hierdie stadium word korrekte gedrag geassosieer met pligsvervulling, eerbied vir gesag en handhawing van die bestaande sosiale wet en orde (Louw et al., 1984:370). Piaget sien twee fases in die morele ontwikkeling van die mens. Die vroee fase beskou hy as die tydperk van morele realisme, waar die jongmens glo dat reels onbreekbaar is. Gedrag is reg of verkeerd. Die meer gevorderde fase van morele ontwikkeling is volgens Piaget die samewerkingsmoraliteitsfase. Gedurende die fase is die jongmens nie meer absoluut moreel gerig nie. Hy/sy sien reels as die resultaat van sosiale oor- eenkoms en as gedrag wat gerig is op die behoefte van die mens, eerder as onveranderlike wette (Fein, 1978:352).

Vanaf 12-jarige ouderdom is die puber meer gei'nteresseer in die rede agter die reels en kan al verskillende en moontlik beter reels bedink. Volgens Piaget is die ontwikkeling van die morele nou verbind met die ontwikkeling van die intellektuele vermoe van die puber (Dacey, 1979:135-136).

Tydens die puberteitsfase begin 'n nuwe benadering tot godsdiens. Die puber aanvaar nie meer alles bloot op gesag nie, maar soek verklaarbare bewyse daarvoor en be- vraagteken ook die geestelike betekenis wat die godsdiens vir hom/haar inhou. In die stadium ervaar veral die puber (st 5-leerling) 'n gevoel van onmag en besef vir die eerste keer sy/haar geestelike nood. Die gewete ontwikkel nou sterker en die puber besef dat hy/sy aan God vir sy/haar dade verantwoording verskuldig is. Die puber se gewete kla hom/haar aan. Hy/sy ontwikkel 'n kritiese houding en sien die inkonsekwensies in die lewe van volwassenes raak. Hy/sy besef dat die optredes van volwassenes teenstrydig met sy/haar godsdienstige siening is. Die teenstrydige optredes van volwassenes kan soms verwarring, onsekerheid en twyfel ten opsigte van sy/haar godsienstige belewenis veroorsaak (Gravett & Boshoff, 1979:12).

Die ontwikkeling van kognitiewe vermoe stel die puber in staat om oor morele en etiese aspekte te dink. Die prekonvensionele vlak van morele ontwikeling is kenmerkend van die middelkinderjare wat ook die puberteitsfase insluit (Louw et al, 1984:330). 3.4.6 Sosiale ontwikkeling van die puber

'n Belangrike ontwikkelingstaak vir die puber is om gesosialiseer te raak. Die puber moet vir hom/haar 'n plek in die portuurgroep verwerf, veranderinge in die portuurgroep kan verwerk en rolle aanvaar wat in die portuurgroep gevind word. Wanneer pubers deur hul portuurgroep aanvaar en gevolglik ervaar dat hulle sosiaal aanvaarbaar is, skep die aanvaarding 'n gevoel van eiewaarde wat vir pubers se selfkonsep baie belangrik is. 'n Gunstige selfevaluering kan bydra tot 'n gevoel van eiewaarde en 'n positiewe selfkonsep, terwyl 'n negatiewe selfevaluering in terme van die portuurgroep tot In gevoel van minderwaardigheid kan lei en 'n negatiewe selfkonsep tot gevolg kan he (Louw et al, 79*4:308,310).

Die sosiale ontwikkeling van die puber hou verband met 'n individu se wisselwerkings- patrone met andere. Verandering wat die puber ondergaan, gaan gepaard met die hoe- veelheid en aard van sosiale kontak wat deur die individu verlang word, en die tipe persone en groepe met wie hy/sy in wisselwerking verkeer. Verder verwys sosialisering na die proses waardeur die individu leer om aan die morele standaarde, rolverwagtinge en eise vir aanvaarbare gedrag in die betrokke samelewing te voldoen (Gouws et al., 1979:286).

In die strewe na onafhanklikheid steun die puber sterk op sy portuurgroep. Net soos die lede van sy/haar portuurgroep na onafhanklikheid strewe en dikwels van verant- woordelikheid wegskram, bots hy/sy ook met die volwassenes (Van der Westhuizen, 1989:22).

Die puber streef daarna om deur die portuurgroep aanvaar te word. Verder wysig die puber soms sy/haar totale selfaktualisering net om aanvaar te word met wie hy/sy wil assosieer. 'n Puber hunker na sekuriteit en vriendskap en voel onveilig buite sy/haar groep (Van der Westhuizen, 1989:22).

3.5 SLOTBESKOUING

In hierdie navorsing oor die opvoedingsinvloede op die puber was dit noodsaaklik om te besin oor hoe die volwassenewordende binne sy/haar besondere situasie die take wat uit sy/haar ontwikkeling voortvloei, moet bemeester.

Dit was nodig om in die voorafgaande kortliks die ontwikkeling van die puber te omlyn. Dit is noodsaaklik om in gedagte te hou dat die ontwikkelingstake van die puber hoofsaaklik gerig is op die optimale funksionering van die individu wanneer volwassenheid bereik is. Om 'n duidelike beeld van die puber te verkry, moes daar besin word oor die verwysingsraamwerk van sy/haar ontwikkelingstake. In die proses moet die beson- derhede van sy/haar persoonlike agtergrond nie buite rekening gelaat word nie. In die volgende hoofstuk word die empiriese ondersoek beskryf wat uitgevoer is om te bepaal wie in die harde praktyk van die lewe die werklike opvoeders van die betrokke groep Klerksdorpse kinders is.

4 'N EMPIRIESE ONDERSOEK OM DIE