• No results found

2 TEORETIESE VERANTWOORDING: DIE PRINSIPIELE AARD VAN DIE

2.4 ENKELE SAMELEWINGSVERBANDE EN HUL PLEK IN DIE OPVOEDING 1 Inleiding

2.4.4 Die kerk 1 Inleiding

2.4.6.3 Die portuurgroep se rol in die opvoedingstaak

Vir sy emansiperende toetrede tot die sosiale werklikheid bied die intimiteitsgroep veiligheid aan die kind wanneer hy met die wyer samelewing in aanraking kom.

Die verhouding wat die kind met sy maats het, is onontbeerlik vir sy selfrealisering. Die portuurgroep vorm die veilige grondslag vir konformiteit en ruimte vir identifikasie met sy maats, en bied sodoende 'n plek aan die kind om sy selfstandigheid te beoefen. Die norme vir behoorlike gedrag wat aangeleer word in die portuurgroep kan beoefen word teenoor gelykes. Deur die aanvaarding van sy portuurgroep gee dit geleentheid tot die ontplooiing van 'n selfkonsep (Vrey, 1979:131). Verder verskaf die portuurgroep se kultuur die geleentheid om 'n vorm van outonomie te ontwikkel sonder om die verbintenis met volwasse waardes en perspektiewe wat met die gemeenskap gedeel word te verbreek (Facick, 1984:152).

Die invloed van die portuurgroep op kinders is reeds vanaf ongeveer vyfjarige ouderdom merkbaar en intensifiseer, en namate kinders ouer raak. Die invloed van vriende is veral groot wanneer dit by redes kom waarom kinders sekere luukse produkte wil he wat hul vriende besit. Die belangrike funksie wat die portuurgroep in hierdie sosiali- serings-gebeure speel, word deur McNeal (1965:199) so opgesom: "In the process of the child seeking freedom from the control of parents he places himself in the control of peers, permitting them to dictate, in great part, his preferences and mannerisms." Hieruit kan ook afgelei word dat die sosiale aanvaarbaarheid en gewildheid vir die kind 'n baie belangrike saak is, want hy vrees eensaamheid, wat vir horn die simbool van sosiale verwerping is. Die selfkonsep van die kind word ook sterk bei'nvloed deur wat sy maats van horn dink. Vir die kind is sosiale aanvaarbaarheid en 'n hoe status in die portuurgroep baie belangrik en kan daartoe lei dat hy meer van homself dink. Die omgekeerde is ook waar (Postma, 1988:103).

Die portuurgroep dien ook vir die kind as 'n verwysingsgoep, aangesien dit vir horn belangrik is dat hy aanvaarbaar moet wees vir ander mense, veral vir die mense wat 'n belangrike rol in sy lewe speel (Havighurst & Levine, 1979:248). Die portuurgroep help die kind om die waardes en norme wat hy by sy familie geleer het, te evalueer. Die waardes en norme van die portuurgroep kan die van die ouers bevestig en versterk indien dit ooreenstem maar kan ook die kind verwar indien dit nie ooreenstem nie (De Wit & Van der Veer, 1982:109). Die portuurgroep speel ook 'n belangrike rol in die ontwikkeling van 'n lewensopvatting.

Volgens Manning en Allen (1987:173) bied die portuurgroep aan die kind 'n geleentheid om met sy ouderdomsgenote op gelyke grondslag mee te ding om 'n plek vir horn in die sosiale groep te verwerf op grond van wat hy is of kan doen. Kompetisie binne die portuurgroep speel 'n belangrike rol in die ontwikkeling van die selfkonsep van die kind.

2.4.6.4 Samevatting

Uit die voorafgaande uiteensetting blyk dit dat die portuurgroep 'n invloed uitoefen op die kind se opvoeding. Hier kan verwys word na die normidentifikasie van die kind deur die toedoen van die portuurgroep. Ook die veilige ruimte wat die portuurgroep aan die kind bied om sy ervaringsruimte te verbreed, dra by tot sy ontwikkeling. Die voorafgaande uiteensetting dui ook aan dat die kind nie dieselfde bly nie, maar dat hy voortdurend besig is om te verander. Hierdie verandering is nie slegs ten aansien van die fisieke nie, maar vanuit 'n opvoedingsoogpunt is dit 'n verandering in die rigting van volwassenheid. Die verandering is 'n uitvloeisel van die kind se eie aandeel aan sy.volwassenewording en ook die van die portuurgroep se invloed op sy opvoeding. Om hierdie rede moet daar gesoek word na kriteria wat voortspruit uit die invloed wat die portuurgroep op die kind se opvoeding uitoefen om sodoende riglyne daar te stel om die kind te help op sy pad na volwassenheid.

2.4.7 Die media 2.4.7.1 Inleiding

Massamedia soos koerante, tydskrifte, televisie, radio en rolprente oefen 'n groot invloed uit op alle volkskulture. Behalwe vir die skepping van 'n populere kultuur, het die massamedia ook 'n eiesoortige invloed op individue, nasionale groepe en verhoudings (Du Preez, 1989:59).

Geens (1969:12) onderstreep die voorafgaande as hy skryf: "Radio, tv en krant brengen ons niet alleen het nieuws, maar zij bei'nvloeden ook onzen opinie, onzen manier van denken en handelen. Dit gebeurt reeds door de selectie van het nieuwsaanbod, doch ook via de interpretatie, de commentaar of de bewuste opiniebei'nvloeding die door de media wordt verstrekt of uitgeoefend."

In die bestek van sowat 50 jaar het die elektroniese media van die magtigste kommu- nikasiemiddele van die tyd geword. Hoewel die gedrukte media voortbestaan as 'n belangrike deel van die kommunikasieproses, blyk dit alreeds dat die impak van die elektroniese media 'n voorsprong het bo die van die gedrukte media (Williams,

Die doel van hierdie navorsing is onder meer om die invloed wat die samelewingstruktuur uitoefen op die kind se opvoeding te ondersoek deur dit aan sekere prinsipiele riglyne te toets. Aandag word in die proses veral toegespits op die televisie, radio, rolprent, video's, rekenaarspeletjies, musiekbande en kompakskywe asook tydskrifte.