• No results found

5 RESULTATE VAN DIE EMPIRIESE ONDERSOEK

HEDE RESPONDENT

5.5 KWALITATIEWE GEGEWENS VOLGENS RESPONSE VAN DIE KINDERS 1 Inleiding

5.5.2 Enkele fundamentele aspekte van die opvoedingsinvloede op die ondersoekgroep 1 Selfbeeld van die kind

5.5.2.8 Die opvoedingsinvloed van die skool op die kind 1 Algemeen

5.5.2.8.6 Ek wil baie graag

Met die vraag (no. 5, bylae F) is probeer om die houding van die kind ten opsigte van die skool vas te stel.

Die onderskeie ouderdomsgroepe wat deur die respondente verteenwoordig word, vertoon elk 'n eie patroon. Dit is opvallend dat die meeste leerlinge in standerd vyf (13- en 14-jariges) baie graag akademies wil presteer. Vier uit die ses het die begeerte uitgespreek. Twee respondente van die groep het aangedui dat hulle respektiewelik wou presteer in sport en om 'n hoofleier in die skool te word.

Die standerdvjergroep (12-jariges) ken aan hulle portuurgroep 'n baie belangrike plek in hul lewe toe. Vier uit die ses respondente het aangedui dat hulle Hewer met hulle maats wou speel ter wille van goeie vriendskap, terwyl twee respondente aangedui het dat hulle eerder akademies wil presteer.

Die begeerte van die standerddriegroep (11-jariges) dui daarop dat helfte goed wil presteer terwyl die ander helfte net goed wil vaar in sport.

In die geheel gesien, wil 'n mens die bewering maak dat aangesien die helfte van die respondente akademies wil presteer, dit daarop dui dat hulle as pubers al besef dat die skool hoofsaaklik daarop gerig is om hulle logies analities te onderle, dit wil se, kennisontwikkeling wil stimuleer. Dit kan ook nie uit die oog verloor word nie dat daar moontlik druk op die leerling geplaas word om akademies te presteer nie, hetsy deur die ouers, skool of selfs die portuurgroep. Die bewering kan gemaak word dat die skool 'n invloed uitoefen op die kind se ontwikkeling, aangesien die kinders, namate hul ouer word, van mening ten opsigte van die skool (kan) verander naamlik van positief na negatief.

5.5.2.8.7 Bedags by die skool voel ek...

Die vraag (no. 3, bylae F) is gestel om die respondente se gevoel ten opsigte van die skool te peil. Die doel van hierdie vraag is om te probeer bepaal of daar enige op- voedingsinvloed ten opsigte van die houding van die kinders teenoor die skool is. Uit die respondente se response is bepaal dat 66% van hulle (12 kinders) ooglopend gelukkig is by die skool. Hierdie afleiding word gemaak uit die reaksie van die betrokke respondente wat gewissel het van "gelukkig, op my gemak, ek wil graag werk, kan my sport beoefen tot dat ek saam met my vriende is". Hierdie response kan ook 'n aanduiding wees van die aard van die invloed waaraan die kinders blootgestel is by die skool, byvoorbeeld sy/haar werk, sport en portuurgroep.

'n Verdere 22% van die respondente (4 kinders) het aangedui dat hulle bedags skoolwerk doen. Dit kan op 'n tweerlei wyse vertolk word. Die kinders geniet die skoolwerk of doen dit net omdat hulle moet. Hulle belewenis van die skoolwerk kan die kinders ook positief of negatief bei'nvloed teenoor die skool.

Slegs twee respondente (12%) het negatief gereageer op hierdie vraag. Hulle response dui op 'n negatiewe gevoel teenoor die skool. Die twee se response, naamlik "ek wil gou weer huis toe gaan" en "die kinders terg my by die skool" kan daarop dui dat individuele kinders 'n eie unieke opvoedingsinvloed ondergaan by die skool.

5.5.2.8.8 Toe ek kleiner was ...

Die doel agter die vraag (no. 15, bylae F) is om te probeer vasstel of daar 'n verandering plaasgevind het in die kinders se houding ten opsigte van die skool, met ander woorde, of invloed van jongs af uitgeoefen is op die kinders.

Die meerderheid respondente (66%) het 'n aanduiding gegee dat die skool vir hulle lekker was toe hulle nog kleiner was. Die reaksie dui daarop dat die kinders 'n positiewe belewenis ervaar ten opsigte van die skool. Dit strook met hulle belewenis op 'n later stadium (vgl. 5.5.1.8.7).

Die ander ses respondente se menings het gewissel tussen "ek was soet/stout, het nie gewerk nie, nie van skool gehou nie, almal was vriendelik" en een het "gedroom om prefek te word". Die gegewens dui moontlik daarop dat 'n verandering in hulle mening ingetree het vanaf hul kleintyd teenoor wat hulle nou daarvan dink.

5.5.2.8.9 Ek is bang vir...

'n Kind se vrees is 'n aanduiding dat die kind moontlik deur iets of iemand bei'nvloed word. Dit was die doel van die vraag om te kan bepaal watter faktore 'n rol speel in die kinders se vrese.

'n Groot meerderheid respondente (11) het in 'n mindere of meerdere mate 'n vrees vir 'n (kwaai) onderwyser en vir die hoof van die skool. Dit is opmerklik dat vyf uit die ses respondente in standerd 4 (12-jariges) en vyf in standerd 5 (13 - 14-jariges) aangedui het dat hulle bang is vir die onderwyser of hoof. Die langer blootstelling aan die onderwyser en hoof as die van die 11-jarige kind kan moontlik verantwoordelik wees vir die bei'nvloeding, of dat daar meer druk op 12- tot 14-jariges uitgeoefen word deur werkdruk van die onderwyser of hoof wat vrees tot gevolg kan he. Slegs een standerd 3-kind (11-jarige) het aangedui dat sy bang is vir 'n onderwyser. Uit die response kan die afleiding gemaak word dat 'n onderwyser of hoof van 'n skool deur hulle gedrag invloed op pubers uitoefen.

'n Verdere patroon wat na vore getree het, is dat vier uit ses respondente in standerd 3 (11-jariges) en een elk in standerds 4 en 5 (12 - 14-jariges) bang is vir toetse en eksamen. Hierdie skoolaktiwiteit speel duidelik 'n rol in hulle opvoeding en ontwikkeling. Die wyse waarop die skool die toetse en eksamen vir die kinders voorhou, en die

nadruk op akademiese prestasies, sal ook die kinders se gesindheid teenoor die skool bepaal.

Een respondent in standerd 3 (11-jarige) het aangedui dat hy 'n vrees het vir bodies. Hy kom elke dag skool toe met 'n vrees, wat uit die aard van die saak horn kan bei'nvloed in sy houding teenoor die skool.