• No results found

Wil jy graag 'n deel wees van 'n groep maats, byvoorbeeld seuns, dogters of gemengde groep? Waarom? Watter waarde hou dit vir jou in?

5 RESULTATE VAN DIE EMPIRIESE ONDERSOEK

HEDE RESPONDENT

5.5 KWALITATIEWE GEGEWENS VOLGENS RESPONSE VAN DIE KINDERS 1 Inleiding

5.5.2 Enkele fundamentele aspekte van die opvoedingsinvloede op die ondersoekgroep 1 Selfbeeld van die kind

5.5.2.7 Die invloed van die portuurgroep 1 Inleiding

5.5.2.7.2 Wil jy graag 'n deel wees van 'n groep maats, byvoorbeeld seuns, dogters of gemengde groep? Waarom? Watter waarde hou dit vir jou in?

Al Ja, ek wil graag 'n deel wees van al twee maar verkieslik dogters. Dit is baie lekker, want dan het jy altyd meer as net 'n spesifieke maat. Dit bring ook afwisseling en jy het dan ook meer vriende en vriendinne. Die waarde wat dit vir my inhou, is dat ek 'n deel is van

'n groep.

A2 Ja, ek wil graag deel wees van dogters. Ek wil nie eensaam wees nie en jy het vriendinne om heen te gaan met jou probleme. Verder het dit vir my waarde dat ek nie eensaam is nie en dat daar iemand is wat vir my omgee.

alleenloper nie en het ook baie maats om mee te speel. Die waarde wat dit vir my het, is dat ek iemand het om mee te praat.

A4 Ja, graag van 'n dogtersgroep want daar is baie pret en gees as jy in 'n dogtersgroep is. In 'n seunsgroep sal jy nie weet wat om te praat nie en ons speel ook verskillende speletjies, soos pop, en seuns speel karretjies. Die grootste waarde wat dit vir my inhou, is dat ek 'n deel kan wees van 'n groep.

A5 Ja, ek wil graag in 'n dogtersgroep wees want as ek 'n probleem het, kan ek met hulle praat en weet dit sal 'n geheim bly. Ons kan ook sekere dinge saamdoen. Om 'n deel van 'n groep te wees hou die waarde in dat ek vriendinne het en ek weet ek kan hulle vertrou en ons kan mekaar help.

A6 Ek sal graag in 'n dogtersgroep wil wees want dit is soms lekker om 'n groep maats te wees wat geheime met mekaar kan deel. Die waarde om deel van 'n groep te wees, is dat ek baie goed by my maats leer, byvoorbeeld as ek iets verkeerd doen dan help hulle my reg.

Bl Ja, ek wil graag deel wees van 'n groep dogtermaats want dis lekker as jy 'n groep maats om jou het en jy kan dan vir hulle iets vertel, maar ek moet hulle eers vertrou en hulle vir my. Dit is ook die waarde vir my om deel van die groep te wees.

B2 Ja, ek wil graag 'n deel wees van 'n groep dogters want jy kan altyd alles saamdoen en ek hou daarvan om as 'n groep saam te werk en te speel. Die waarde wat dit vir my inhou, is dat ek weet daar is iemand om mee te speel en te gesels wat van my hou.

B3 Ja, dit is pret om deel te wees van 'n groep dogters want elkeen het sy eie belange, stokperdjies en praatjies wat die groep kan deel. Elkeen gee sy eie mening en ons deel dit met mekaar en ons raak nooit verveeld nie, want elkeen het iets anders wat die groep geniet. Die waarde van om 'n deel van 'n groep te wees, is om te weet dat ek my kinderlewe geniet tussen my maats.

B4 Ja, ek wil deel wees van 'n seunsgroep want dit is lekker om 'n deel van 'n groep te wees omdat ons oor dieselfde goed kan praat en doen. Om goeie vriende te he, hou vir my groot waarde in en is baie kosbaar want ons kan mekaar help as daar fout is.

B5 Ja, ek wil 'n deel wees van seuns en dogters want dan kan ons lekker saam kuier, fliek, swem en ons self geniet. Om deel van 'n groep te

wees, het waarde daarin dat ons saam goed kan doen en almal in die groep beskerm mekaar.

B6 Ja, ek wil graag saam met dogters speel omdat dit pret is om in 'n groep te speel en te doen. Dit is beter as om net een maat te he. Dit is kosbaar om vriende in 'n groep te he want hulle ondersteun mekaar.

Cl Ja, 'n seunsgroep is verkieslik omdat ons oor dinge en geheime kan praat waaroor net seuns praat. Dit is lekker om 'n deel van 'n groep te wees want dan gee 'n mens om vir ander.

C2 Ja, ek wil graag 'n deel wees van 'n dogtersgroep want dit is lekker om dieselfde belangstelling te he as jou maat. Almal wat dieselfde dink en doen help mekaar en gee ook vir mekaar om.

C3 Ja, dit is lekker om 'n deel te wees van 'n seunsgroep maar soms wil ek graag meisievriende he om met hulle te kan praat. Dit hou groot waarde in om 'n deel te wees van 'n groep want dan staan die vriende saam om mekaar te help waar hulle kan.

C4 Ja, ek wil graag 'n deel wees van 'n dogtersgroep omdat ons baie dinge en geheime het wat 'n mens nie met seuns kan deel nie. Daar is tye wat 'n mens graag ook 'n seunsvriend wil he. Die waarde wat dit vir my het, is dat ons kan oor dinge gesels en ook mekaar help as dit nodig is.

C5 Ja, om seunsvriende te he is baie lekker want ons kan baie seunsdinge saamdoen en ook gesels oor sake waaroor seuns graag wil. Dit is lekker om soms 'n vriendin te he om saam fliek of sokkie toe te gaan. Dit hou vir my groot waarde in om deel van 'n . groep te wees want om alleen te wees, voel jy soos 'n alleenloper en niemand gee vir jou om en help jou soos in 'n groep nie.

C6 Ja, ek wil graag 'n deel wees van 'n dogtersgroep omdat ons lekker saamspeel en geheime met mekaar kan deel. Seuns wil nie graag met ons gesels nie. Dit het vir my groot waarde om deel te wees van 'n groep omdat almal vir mekaar omgee in die groep en ook mekaar help.

D Afleidings uit die response

Die response van die groep kinders dui daarop dat hulle almal graag 'n deel wil wees van 'n groep, verkieslik 'n deel van 'n groep van hulle eie geslag. Slegs een respondent het aangedui dat hy graag 'n deel wil wees van beide geslagsgroepe. Dit kom voor uit waarneming van sy gedrag dat hierdie seun nie aan spesifieke groepaktiwiteite deelneem nie, maar horn aan 'n enkele vriend verbind. Die begeerte om deel te wees van die groep dui daarop dat die groep kinders tipies is van die puberteitsouderdom (vgl. 3.4.6). Die portuurgroep oefen duidelik 'n wesenlike invloed op hulle uit aangesien daar gereelde interaksie plaasvind.

'n Opmerklike patroon in die respondente se terugvoering is dat die groep vir hulle 'n veilige, geborge hawe en 'n verwysingsraamwerk bied. Die respondente het almal op die een of ander wyse aangedui dat dieselfde belange en ondersteuning in die groep vir hulle groot waarde inhou. Die konformering van die puber met sy portuurgroep lei verder tot die sosiale aanvaarbaarheid in die groep wat daarop kan dui dat die portuurgroep wel 'n beduidende invloed (kan) uitoefen op die puber se ontwikkeling. 5.5.2.7.3 Hoe voel jy in 'n groep? Wat dink jou maats van jou?

Al Ek voel baie tuis en (jy) voel of baie kinders agter jou staan met jou probleme. Ek weet regtig nie wat my maats van my dink nie want party is altyd vriendelik terwyl ander soms lelik is met my.

A2 Ek voel baie tuis en gelukkig. Ek dink dat my maats van my hou. A3 Ek voel goed in die groep. Ek weet nie wat my maats van my dink .

nie.

A4 Ek voel gelukkig in so 'n groep en ek dink ook hulle hou van my. A5 Partykeer voel ek uit en ander kere voel ek 'n deel van die groep.

Ek dink dat my maats meestal van my hou.

A6 Ek voel goed want my maats respekteer mekaar en kommunikeer goed met my. My maats hou baie van my.

Bl Dit is seker maar lekker in die groep. Ek is nie seker wat dink hulle van my nie; partykeer is ek vir hulle oulik en ander kere is ek simpel.

B2 Dit is vir my lekker om as groep saam te speel. Ek dink hulle hou van my.

B3 Ek voel tuis en deel van die groep. Hulle dink ek is 'n goeie vriendin, anders sou hulle my nooit toegelaat het om saam te speel nie. Hulle dink ook ek is vriendelik en oulik want ek het dit vir hulle gevra.

B4 Ek voel gelukkig in 'n groep. Ek dink my maats hou van my. B5 Ek voel gemaklik in 'n groep. Ek weet nie werklik of hulle van my

hou nie, maar daar is beslis 'n paar wat van my hou.

B6 Ek voel gelukkig om in so 'n groep te wees. Hulle dink seker dieselfde van my as wat ek van hulle dink.

Cl Ek is gelukkig in 'n groep as hulle nie met my stry en baklei nie. Party kinders dink seker nie goed van my nie maar ander sal weer van my hou.

C2 Dit is pret om deel te wees van 'n groep want ons gee om vir

mekaar. Ek dink ons hou ewe veel van mekaar, daarom neem ek aan dat hulle van my hou anders sou hulle nie my maats gewees het nie. C3 Dit is werklik lekker om 'n deel van 'n groep te wees. Die meeste

van my maats hou seker van my.

C4 Ek voel baie goed in ons groep. Ek weet nie wat dink hulle altyd van my nie.

C5 Dit is lekker om 'n deel van 'n groep te wees. Ek dink dat die meeste van my maats van my hou as mens en vriend.

C6 Ek voel lekker in 'n groep. Ek weet nie of almal van my hou nie.

D Afleidings

Slegs drie respondente was onseker oor hoe hulle voel in die groep wat die vermoede bevestig dat die drie respondente gereeld in die een of ander soort konfrontasie is met maats, en gevolglik soms van groepe verwissel. Hierdie botsings met die groep moet ook 'n bepaalde invloed op hulle ontwikkeling inhou. Die ander vyftien respondente voel baie tuis in hulle onderskeie groepe, wat daarop kan dui dat hulle deur die groep aangemoedig word om deel van die groep te bly. Verder blyk dit dat agt kinders nog onseker is hoe hulle maats oor hulle voel, wat daarop kan dui dat hulle posisie in die groep nog in 'n konsolidasiefase is. Die meerderheid is egter opvallend baie seker oor hoe hulle maats oor hulle voel.