• No results found

2 TEORETIESE VERANTWOORDING: DIE PRINSIPIELE AARD VAN DIE

2.4 ENKELE SAMELEWINGSVERBANDE EN HUL PLEK IN DIE OPVOEDING 1 Inleiding

2.4.2 Die ouerhuis

2.4.3.1 Die aard en struktuur van die skool 1 Inleiding

In die hieropvolgende besinning oor die invloed wat die skool in die opvoedings- en onderwysaktiwiteite van die kinders uitoefen, word agtereenvolgens aandag geskenk aan die aard asook die struktuur van die skool. Daarna word die opvoedingstaak van die skool onder oe geneem.

Die woord skool is afgelei van die Griekse woord schole (Latyn: schold). Onder die Atheense Hellene het die begrip skool aanvanklik die vrye of ledige tyd van die vrye burger beteken en eers veel later het dit in die geskiedenis ontwikkel tot die betekenis van vrye leerbedrywighede, veral ten opsigte van die Griekse kulturele tradisie (Monroe,

1919:257).

2.4.3.1.2 Die aard van die skool

Op skool word daar meer spesifiek aandag gegee aan onderwys omdat die skool se doel ontsluiting van die logies analitiese modale funksie van die leerling behels. Die onderwys vorm meestal 'n onderdeel van opvoeding en het ook te doen met die oordrag van kennis en vaardighede.

Opvoeding word in die skool gedra deur die onderwys. Die aanleer van basiese kennis en vaardighede is 'n voorvereiste vir opvoeding. Wanneer die kennisinhoude wat deur onderwys verwerf is ook die karakterinhoude besit wat deur opvoeding ingeskerp is, vind leer eers werklik plaas (Postma, 1987:8).

Die skool is begin en opgerig deur die ouers. Dit blyk dat sodra die menslike lewe in sy maatskaplike en ekonomiese struktuur in ingewikkeldheid toeneem, die ouers wat die natuurlike primere opvoeders van die kind is, nie meer die hele opvoedingstaak na behore kan vervul nie. Die gevolg is dat veral die onderwysfaset van die opvoedingstaak

aan andere oorgedra word. Die vennoot van die ouers wat help met die opvoedingstaak word die skool genoem. Dus is die skool in sy oorsprong, gees en rigting op die gesin aangewese maar tegelyk selfstandig (Coetzee, 1960:41).

Oor die bestemming of ware tipering van die skool bestaan daar uiteenlopende menings. Popma (1947:91) kom tot die gevolgtrekking dat die bestemming van die skool so breed is dat dit geen enkele kwalifiserende funksie besit nie. Dit gaan vir Popma in die skool basies om kennisverwerwing as resultaat van analitiese en estetiese interpretasie van die kosmos.

2.4.3.1.3 Die struktuur van die skool

Die struktuur van die skool vertoon 'n samehang met ander samel ewingsverbande waarby drie tipes samelewingskringe betrokke is, veral ten opsigte van opvoedende onderwys, naamlik die wat opvoedende onderwys onderneem waaronder skole ressorteer, die wat belang het by die onderwys soos die gesin, die staat, die kerk en die wat die samehang tussen die verskillende samelewingsverbande organiseer soos die onderwysdepartement, of die bestuursraad (Van Schalkwyk, 1978:102).

Die skool, net soos die gesin (kyk 2.4.2.1) openbaar in sy bestaan al vier die struktuur- momente van die werklikheid.

Samevattend kan die kenmerke van die skool geanaliseer word. Hierdie algemene be- paaldhede wat volgens Stone (1972:54) op uiteenlopende wyses gei'ndividualiseer word, is die volgende:

• Die skool is 'n verband vir versnelde, beplande, georganiseerde ontsluiting van die opvoedeling, en wel deur middel van onderrig.

• Die skool word gelei deur profesioneel toegeruste opvoeders wat soos die leerlinge deel uitmaak van die struktuur van die skool.

• Die grense en moontlikhede van die opvoedeling word deur die aktstruktuur bepaal.

• Die funksionering vind plaas op grond van die stand en gedifferensieerdheid van die kultuur.

• Vervlegting geskied noodwendig met ander lewensverbande soos die huisgesin, kerk en die staat.

• Funksionering gedy onder leiding van bepaalde aanwysbare religieuse grond- motiewe, en word

• beskou teen die agtergrond van kulturele en natuurlike vergestaltende faktore. 2.4.3.1.4 Die opvoedende onderwystaak van die skool

2.4.3.1.4.1 Orientering

In aansluiting by die navorsingsprobleem, naamlik wie die opvoeders in die praktyk is wat die meeste invloed op die kinders uitoefen gedurende die laaste dekade van die twintigste eeu, word Wolfgang Kramp (1973:27-33) se teoriee oor die skool saamgevat om die opvoedende onderwystaak van die skool verder te belig.

Dit is Kramp se mening dat skole se oorsprong en wese relatief selfstandige vergestalting van onderrig is aan 'n veelheid individue ter voorbereiding vir die volwasse lewe. Dit is voorts sy oortuiging dat dit nie net die skool se taak is om kultuurerfgoed deur oorlewering tuis te bring nie, maar dat die klem ook op die leiding tot beskawings- mondigheid van die jeug moet val.

Kramp meen verder dat skoolopvoeding moet gaan oor die ontwikkeling van nuwe verhoudingspatrone en lewensvorme wat gerig is op 'n menswaardige bestaan in die maatskaplike orde van die toekoms.

Ten slotte verbind Kramp die skool nie net aan een enkele hooffunksie nie, maar sien die skool se bestemming as 'n spanningvolle naasmekaarstaan van verskeie funksies. Op verskillende tye van die samelewingsontwikkeling word die funksies wat in hierdie stadium vir die jeug die beste is duidelik.

Die opvoedende onderwystaak van die skool word vervolgens kortliks ontleed aan die hand van die religieuse, die temporele, die modale en die individuele struktuurmomente van die skool.

2.4.3.1.4.2 Die religieuse faset van opvoedende onderwys

Skole kan anastaties in diens van God opvoedende onderwys gee of apostaties in diens van 'n afgod die taak uitvoer. Die opvoedingsbedrywighede van die skool binne en

buite die klaskamer is daarop gemik om die leerling in sy totaliteit te begelei en te ontsluit op sy pad na beskawingvolwassenheid (Postma, 1987:107). Die religieuse faset van die opvoedende onderwys vind ook aansluiting by die gees en rigting van die gesinsopvoeding (kyk 2.4.2.1.2).

2.4.3.1.4.3 Die temporele faset van die opvoedende onderwys

Aangesien die skool tydsgebonde is, moet dit rekening hou met die eise van die tyd. Onder andere moet die skool rekening hou met die tydsfaktor soos periodes, dae, weke, kwartale en jare wat in die roosters opgeneem moet word (Postma, 1987:105). Verder moet die opvoeders rekening hou met die opvoedingshandeling wat nou saamhang met die ontwikkeling van die denke van die kind. Opvoedende onderwys dra ook die kenmerk van 'n logiese volgorde (Van der Walt & Dekker, 1983:61). Die tyd wat die skool as opvoeder moet inruim om die landers op te voed, sal ook 'n belangrike rol speel in die bei'nvloeding van die kind, die ontwikkelingsfases en die tempo van die onderrig- leerhandeling.

2.4.3.1.4.4 Die modale faset van die opvoedende onderwys

Die opvoedende onderwys in die skool vind aansluiting by die gees en rigting van die ouerlike opvoeding (kyk 2.4.3.1.4.3), maar het ook 'n eie samelewingsverbandlike wyse waarop dit voltrek word (Postma, 1987:108).

Die funderings- en bestemmingsfunksie van die skool, wat in die historiese en logies analitiese modaliteite onderskeidelik gevind word, bepaal grootliks die opvoedende onder- wystaak van die skool. Enkele van die vyftien modaliteite word kortliks uitgelig om die skool se invloed in die opvoedende onderwys aan te dui.

Die gemeenskapsgroepe wat by die skool betrokke is, moet volgens Taljaard (1976: 243-245) 'n band van onderlinge gehegtheid in hulle sosiale betrekkinge en omgang in die skool handhaaf sodat opvoedende onderwys effektief kan plaasvind.

Verder vind die skool sy bestemming in die ontslote logies analitiese funksie (Van Schalkwyk, 1986:145). Die onderwysers is primer daarop ingestel om in hulle opvoedende onderwys veral die kognitiewe potensiaal van kinders met inagneming van hulle indi- vidualiteit tot eer van God te ontsluit, sodat die leerlinge as goed gebalanseerde mense die skool sal verlaat.

2.4.3.1.4.5 Die individuele faset van die opvoedende onderwys in die skool

Die skool as 'n sekondere opvoedings- en samelewingsverband het 'n eie bevoegdheid wat deur geen ander samelewingsverband oorgeneem kan of mag word nie. Die skool maak die kind gereed vir die lewe en diens aan God deur die opvoedende onderwys (Postma, 1987:111).

2.4.3.1.4.6 Samevatting

Die skool as sekondere samelewingsverband het 'n duidelike opvoedende onderwystaak, soos dit aangetoon is in die voorgaande bespreking van die religieuse faset, die temporele faset, die modale faset asook die individuele faset van die opvoedende onderwys. Uit die voorafgaande kan die afleiding dus gemaak word dat die skool deur middel van die (opvoedende) onderwys 'n invloed uitoefen op die kind se lewe. Met ander woorde die skool moet onder alle omstandighede 'n opvoeder van die kind wees deur aansluiting te vind by die gees en rigting van die gesinsopvoeding.

2.4.4 Die kerk