• No results found

Die gekose metode van ondersoek vir hierdie navorsingsprojek

EKSPERIMENTELE GROEP KLERKSDORPSE KINDERS VAS TE STEL

4.3 NAVORSINGSONTWERP 1 Meetinstrument

4.3.1.4 Die gekose metode van ondersoek vir hierdie navorsingsprojek

In die ondersoek is van sowel kwantitatiewe as kwalitatiewe metodes gebruik gemaak. 4.3.1.4.1 Kwantitatiewe metodes

Daar is van kwantitatiewe metodes gebruik om 'n vergelyking te kan tref tussen die waardes wat aan sekere lewensopvattinge en invloede op die kinders deur die rolspelers soos die samelewingsverbande geheg word. Kwantitatiewe metodes is ook gebruik in die beskrywing van aspekte van die invloedmilieu van die kinders wat in die onder- soekgroep tydens die onderhoude en deur waarneming na vore gekom het.

4.3.1.4.2 Kwalitatiewe metodes

Omdat die opvoedingsinvloedkultuur van die kinders onder andere te doen het met oortuigings, gedragspatrone en aannames wat nie gemeet kan word nie (Sergiovanni & Starratt, 1988:105), is kwalitatiewe metodes gebruik om die opvoedingskultuur van die kinders te bestudeer. Kwalitatiewe metodes leen hulle daartoe om die innerlike oortuigings, die persepsies, die filosofie, die motiewe en die houdings van respondente te kan boekstaaf. Dit maak die metodes besonder geskik maak vir hierdie navorsing.

4.3.1.4.3 Etnografie

Etnografiese navorsing is die proses waardeur 'n wetenskaplike beskrywing verskaf kan word van opvoedingstelsels, -prosesse en -verskynsels in hulle spesifieke konteks (Wiersma,

1986:233). Volgens Erikson (1977:58-69) is etnografie 'n ondersoek wat deur mense uitgevoer word met ondervinding en kennis van antropologiese navorsing.

Verskillende etnografiese navorsingstegnieke kan gebruik word om inligting in te win en nie slegs op een tegniek staat te maak nie (Wolcott, 1988:192-193). Etnografiese navorsing is gerig op die alledaagse interaksie tussen mense en poog om te verklaar hoe mense se siening, beskrywing en verklarings daar uitsien in die konteks waarin hulle leef (Zimmerman & Wieder, 1972:289). Volgens Erikson (1973:10) is etnografiese navorsing nie slegs rapportering nie maar ook 'n tegniek van navraag gerugsteun deur 'n mening wat gebaseer is op 'n spesifieke situasie. Onderhoude is 'n belangrike tegniek om inligting te verkry uit die navorsing. Hargreaves (1972:21) se hieroor: "When a person speaks, the richest source of potential information becomes available."

4.3.1.4.3.1 Onderhoude as navorsingmetode

Persoonlike onderhoude is beplande gesprekke wat gevoer word met die doel om inligting in te win. Die metode word aangewend om waardevolle en betroubare inligting in te samel deur 'n beplande reeks vrae aan respondente te vra (Mouly, 1978:201).

Daar word hoofsaaklik van twee tipes onderhoude gebruik gemaak om ander metodes aan te vul, naamlik gestruktureerde en ongestruktureerde onderhoude. Met die gestruk- tureerde onderhoud word vrae vooraf beplan en word die volgorde daarvan vasgestel. Min ruimte word gelaat vir die herformulering van vrae. Normaalweg word by die soort onderhoud gebruik gemaak van gestandaardiseerde vraelyste wat ontwikkel is om

die tersaaklike inligting te gee wat maklik geklassifiseer en ontleed kan word (Kerlinger, 1975:481). Die ongestruktureerde onderhoud is meer buigsaam en informeel en word aangepas by die respondent en die omstandighede waaronder die onderhoud gevoer word. Die respondent is vry om op vrae uit te brei en sy eie menings te gee (De Wet, Monteith, Steyn & Venter, 1981:163).

In hierdie ondersoek is hoofsaaklik gestruktureerde onderhoude gevoer (aan die hand van gestruktureerde onderhoudskedules) met die volgende persone in die ondersoekgroep: kinders (bylae E, F, G, H, I, J, K, L en M), hulle ouers (bylae B), hulle predikante (bylae D) en hulle departementshoofde/onderwysers (bylae C).

4.3.1.4.3.2 Voordele van persoonlike onderhoude

• Die persoonlike onderhoud bied aan die navorser die geleentheid om beter, vollediger en geldige antwoorde te ontvang omdat die respondente beter gemo- tiveer kan word (Mouly, 1978:202).

• 'n Beter persentasie terugvoering kan verwag word. Terugvoering van tot 90% word as normaal beskou (Hopkins, 1976:149).

• Die soepelheid van persoonlike onderhoude dra by tot groter duidelikheid. Vraag- stelling kan gewysig word om vaaghede of onsekerhede van die respondente uit die weg te ruim (Sax, 1979:322, Landman, 1980:116).

• Volgens Lovell en Lawson (1970:114) kan die onderhoudvoerder inligting bekom van die respondent se houding, wat andersins nie moontlik was nie.

• Respondente se motivering kan gedurende die persoonlike onderhoud verhoog word. Sodra die respondente die onderhoudvoerder aanvaar as niebedreigend is hulle meer openlik en reguit (Sax, 1979:233).

4.3.1.4.3.3 Nadele van persoonlike onderhoude

• In vergelyking met ander ondersoekmetodes waar die onderhoudvoerder se teen- woordigheid nie vereis word nie, is finansiele uitgawes en tyd wat gepaard gaan met persoonlike onderhoude baie hoog (Lovell & Lawson, 1970:122). • As gevolg van die uitgawes in terme van geld en tyd word die navorser beperk

tot 'n klein aantal respondente (Borg, 1981:87, Landman, 1980:116).

• Die gevaar bestaan dat die onderhoudvoerder sy gevolgtrekkings kompliseer deur sy persoonlike interpretasie daaraan te heg en sodoende die gegewens subjektief te beinvloed (Mouly, 1978:203).

• 'n Verdere nadeel is dat dit moeilik is om die betroubaarheid en geldigheid van 'n persoonlike onderhoud te kan bepaal (De Wet et al, 1981:163). • Met die evaluering van 'n persoon kan die vrygewigheidsfout ("halo"-effek)

of dat 'n persoon te streng geevalueer word, insluip (Ary, et al, 1972:178). 4.3.1.4.3.4 'n Vergelykende evaluering van die twee navorsingsmetodes

Om te bepaal watter navorsingsmetode die geskikste is om in die onderhawige navorsing te gebruik, is die twee metodes se voor- en nadele teenoor mekaar afgeweeg (tabel 4.1) en kortliks bespreek.

TABS. 4.1

Evaluering tussen vraelyste en persoonlike onderhoude

I „«™

?ER$00?O,IKK ONDEREOUDi;

Voordele Nadele Voordele Nadele

Ekonomies to.v. geld entyd.

Soms lae persentasie terugvoering - minder verteenwoordigende steekproef. Beter, geldiger en vollediger antwoorde. Uitgawes en tydbesteding is baie hoog. Groot aantal respondente kan betrek word. Svvak geformuleerde of dubbelsinnige vrae. Beter persentasie terugvoering. Beperk navorsing; klein aantal respondente. Hoer betroubaarheid a.g.v. anonimiteit. Greldigheid berus op vermoe of gewilligheid van respondente.

Dra by tot groter duidelikheid. Vaaghede deur herformulering van vrae uit die weg ruim.

Persoonlike

interpretasie kan lei tot subjektiwiteit.

Data meer vergelykbaar.

Moeilik om

motiveringspeil van respondent vas te stel - dus moeilik om geldigheid van respons te beoordeel.

Inligting kan bekom word uit houding van respondent.

Moeilik om betroubaarheid en geldigheid te bepaal.

Motivering kan verhoog word, lei tot openlikheid.

Vrygewigheidseffek of te streng evaluering kan insluip.

Uit tabel 4.1 kom die volgende faktore na vore wat kortliks met mekaar vergelyk word: Belangrike voordele van vraelyste is die feit dat vraelyste ekonomies is ten opsigte van geld en tyd wat daaraan bestee word, asook dat 'n groter aantal respondente betrek kan word as wat met persoonlike onderhoude die geval is. Sodanige ondersoek is gevolglik geldiger en 'n meer verteenwoordigende steekproef. Daarteenoor kom daar soms 'n lae persentasie response (vraelyste) terug en bied dus 'n minder verteenwoor­ digende steekproef. Persoonlike onderhoude as navorsingsmetode kan daarteenoor 'n beter persentasie terugvoering verseker.

Die feit dat met vraelyste die respondent anoniem bly, dra by tot eerliker en openliker antwoorde wat lei tot hoer betroubaarheid, maar indien die vrae swak geformuleer of dubbelsinnig gestel is, kan die interpretasie problematies wees. Dit kan betroubaarheid bei'nvloed. By persoonlike onderhoude word die navorser geleentheid gebied om beter, vollediger en geldiger antwoorde te ontvang, mits repondente die navorser (onderhoud- voerder) aanvaar. Die nadeel is egter dat die navorser se persoonlike interpretasie aan response gekoppel kan word wat die interpretasie van die gegewens subjektief kan bei'nvloed.

Aangesien respondente almal dieselfde vraelys beantwoord, is die data meer vergelykbaar, maar die motiveringspeil van die respondente kan nie maklik bepaal word nie. Dit kan die geldigheid van die response in die gedrang bring. Dit geld ook op 'n ander manier vir persoonlike onderhoude. Die geldigheid van vraelyste berus grootliks op die vermoe en gewilligheid van respondente. Geldigheid van persoonlike onderhoude kan verhoog word deur die respondente te motiveer en onduidelikhede uit die weg te ruim.

Nadat die twee metodes teen mekaar opgeweeg is, is bevind dat persoonlike onderhoude wat weekliks gedoen is die mees geskikte navorsingmetode is.

4.3.1.4.4 Etnograflese waarnemingstegnieke

Waarnemingstegnieke word gebruik om vas te stel hoe individue of groepe mense onder bepaalde omstandighede reageer. Die omstandighede kan of natuurlik of kunsmatig van aard wees (De Wet et al, 1981:164). Waarneming kan ook gebruik word om die geldigheid van 'n vraelys te toets (Galfo & Miller, 1970:45).

Etnografiese waarneming bestaan uit beskrywende en deelnemerwaarneming. Met beskry- wende waarneming (Sherman & Webb, 1988:85) word insig verkry in probleme ten opsigte van die onderwerp waarmee die navorser besig is. Deelnemerwaarneming is waarneming gedoen deur die navorser terwyl hy/sy meedoen aan dit waarmee die proef- persone onder waarneming besig is. Die navorser speel 'n dubbele rol deurdat hy/sy is in die situasie teenwoordig, maar tog eenkant staan om dit waar te neem.

In hierdie studie is daar onder meer van beskrywende waarneming gebruik gemaak. Daar is onder andere op die volgende gelet: die kinders se gedrag, hulle wellewendheid en hulle alledaagse optrede. Weens logistieke redes soos 'n gebrek aan tyd en sin- chronisering van die programme van die navorser en die respondente is daar slegs in 'n geringe mate van deelnemerwaarneming gebruik gemaak.