• No results found

Die gesin gesien vanuit 'n opvoedingsperspektief 1 Inleiding

2 TEORETIESE VERANTWOORDING: DIE PRINSIPIELE AARD VAN DIE

2.4 ENKELE SAMELEWINGSVERBANDE EN HUL PLEK IN DIE OPVOEDING 1 Inleiding

2.4.2 Die ouerhuis

2.4.2.2 Die gesin gesien vanuit 'n opvoedingsperspektief 1 Inleiding

Die huisgesin is daardie samelewingsverband waarin die ouers en kinders in liefde, harmonie, gehegtheid, verantwoordelikheid en lojaliteit, respek en toegeneentheid met mekaar behoort saam te lewe (Barnard, 1984:195).

In 'n gesin word die intiemste verhouding van liefdevolle verbondenheid tussen ouer en kind voltrek, en die ouers dra die primere verantwoordelikheid vir die liggaamlike, psigiese en sosiale welsyn van die kind. Die kwaliteit van die huweliks- en gesinsliefde maak van die gesin die mees ideale opvoedingsmilieu (Pretorius, 1981:45).

Die lede van die gesin vorm gesamentlik 'n hegte, intieme liefdesgemeenskap. Sonder die saambindendo band van die liefde tussen die ouers onderling en tussen die ouers en die kinders is 'n liefdesgemeenskap nie moontlik nie (Van Schalkwyk, 1981:91). Opvoeding is 'n verskynsel wat deur God in aanskyn geroep is in die vorm van 'n interaktiewe handeling tussen mense (Van der Walt & Dekker, 1983:117). Deur hierdie handeling word 'n ideale geleentheid geskep vir die ouer om die kind gereed te maak vir die lewenseise wat aan horn as volwasse mens gestel word. Die verbondsouer is tot hierdie opvoedingstaak in staat deur die genadige toerusting van God. Opvoeding is dus altyd 'n handeling tussen opvoeder (ouer) en opvoedeling (kind) en veronderstel besondere verhoudinge tussen die twee partye (Angenent, 1976:41).

Die voorafgaande dui op die ideale omstandighede vir die kind se opvoeding en kan dus nie veralgemeen word nie. Daar is ook faktore soos disharmonie, konflik en gebroke huwelike wat lei tot opvoedingbelemmering. Opvoedingsverwaarlosing vind soms plaas en dit impliseer dat die ouer (opvoeder) horn ontoereikend bemoei met sy kind, met ander woorde die ouer word deur bogenoemde faktore gekortwiek om sinvol betrokke te raak by sy kind se opvoeding (Pretorius, 1976:19).

As 'n liefdesgemeenskap is daar onder andere sekere kenmerke by die gesin sigbaar. Hierdie kenmerke kom in die volgende paragrawe ter sprake.

2.4.2.2.2 Eenheidsgemeenskap

Die verskillende lede van die gesin word deur die liefdesband so saamgebind tot eenheid dat hulle as gesin gesamentlik as eenheid in die samelewing kan optree (Van Schalkwyk, 1981:91). Verder het die gesin te doen met 'n inter-menslike verhouding op grond van die bloedgemeenskap en gekwalifiseer deur getrouheid aan mekaar waaruit die kinders voortspruit wat dan binne die gemeenskap natuurlikergewys opgeneem sal word en deel vorm van hierdie gemeenskap (Taljaard, 1963:91).

Die gesin is die mees natuurlike en primere gemeenskapstniktuur waarin die gesinslede saamwoon, -leef, -doen, -voel, -glo en streef (Barnard, 1982:2141).

2.4.2.2.3 Vormingsgemeenskap

Deur die liefde gebind, kan die gesinslede intiem verkeer, geestelik ontmoet en kom- munikeer en mekaar in die lewe bystaan. Deur die liefde word die gesinseenheid geskep en vorm en slyp die verskillende lede mekaar. Dit is dus 'n oefenskool vir die lewe self, waar ouers mekaar kan vorm en slyp, die ouers die kinders en omgekeerd, en so ook die kinders mekaar (Van Schalkwyk, 1981:91).

2.4.2.2.4 Opvoedingsgemeenskap

Die gesin is 'n opvoedingsgemeenskap in die sin dat dit 'n besondere situasie veronderstel waarin dit deel van die ouer se plig is om verantwoordelikheid te aanvaar om die kinders tot volwaardige volwassenheid te lei (Pistorius, 1971:32). Die opvoedingstaak van die ouers sluit die ontsluiting van die kind se hele aktstruktuur in (Schoeman,

2.4.2.2.5 Versorgingsgemeenskap

Die nievolwasse gesinslede is afhanklik van die volwasse lede vir hulle fisiese versorging. Die ouers moet die verantwoordelikheid van die fisiese versorging en beskerming van hulle kinders in liefde aanvaar. Dus is die gesin fundamenteel 'n versorgingsgemeenskap (Roos, 1978:53).

2.4.2.2.6 'n Gemeenskap vir geborgenheid

Die ouers skep die veilige vertrouens- en ankerruimte wat die kind toereikend kan toerus vir sy toetrede tot die lewe daarbuite. Die ouer vorm dus 'n brug tussen die intieme geborgenheidsruimte en 'n komplekse en saaklike samelewing (Bredenkamp, 1986:6-7). In die veiligheid en geborgenheid van die gesin waar die kind in liefde aanvaar word, leer die kind die leefwereld van die volwassene ken en ontdek daarin struktuur en orde. Die kind ontdek en aanvaar ook daarmee saam die gesin se kul- tuurwaardes (Pistorius, 1971:60).

Indien die lede van die huisgesin mekaar liefhet en aanvaar, bied dit vir hulle veiligheid, geborgenheid, beskerming en sekuriteit (Barnard, 1982:2142).

Die sosio-ekonomiese omstandighede van die gesin kan 'n belangrike rol speel in die skepping van 'n geborgenheidsruimte vir die kind. Die sosio-ekonomies begunstigde ouer dra by tot die kind se houding in die sosiale kringe waarin beweeg word. Mussen et al. (1974:504) voer aan dat "... socio-economically favored children are more likely to see their parents and their parents' friends engaged in intellectual work, as in the case of the son or daughter of a doctor, lawyer, architect, or engineer. Thus, middle-class parents are often intellectual models for identification, they not only encourage intellectual goals for the child, but also value them in their own lives. ... Lower-class parents, on the other hand, are less likely to engage in intellectual activities and, consequently, may fail to provide models for intellectual interests or mastery."

Die sosio-ekonomiese status van die gesin speel 'n belangrike rol in sommige kinders se ontwikkelingsverloop. Armoede kan die puber in 'n kroniese stresvolle situasie plaas waar hy 'n hoe risiko loop in die vorm van aanrandings, gesondheidsprobleme, swak persoonlikheidsontwikkeling, gedragsprobleme en swak verhoudings. 'n Swak ekonomiese status kan dus 'n negatiewe invloed op sommige pubers he (Garbers, 1979:33).

Pubers wat in 'n lae sosio-ekonomiese huis groot word, het 'n agterstand teenoor die samelewing, 'n agterstand wat eskaleer en nooit uitgewis word nie. Die kinders voel skaam en openbaar min selfvertroue teenoor hul portuurgroep. Vriende en 'n sosiale lewe word vermy uit vrees vir vernedering as gevolg van ekonomiese armoede (Rouse,

1980:104).

Volgens Behr (1979:4) toon ouers in lae sosio-ekonomiese omstandighede in die meeste gevalle geen of weinig belangstelling in die puber se prestasie nie, veral nie op akademiese gebied nie. Daar vind ook te min motivering plaas om 'n verantwoordelikheidsin ten opsigte van werk en plesier te kweek. Meestal word die puber eerder belemmer in sy pogings om sy doelwit te bereik en hierdie toestand veroorsaak konflik wat die puber moeilik kan verwerk.

2.4.2.3 Samevatting

God het in sy raadsplan die gesin of ouerhuis as primere samelewingsverband ingestel, soos aangetoon in 2.4.2.1.1. Uit die struktuur van die gesin blyk dit dat die ouers (volwassenes) as primere opvoeders van die kinders (onvolwassenes) verantwoordelikheid moet aanvaar om invloed op hulle kinders se opvoeding uit te oefen.

Indien 'n liefdesband die gesin bind tot 'n hegte eenheid word 'n eenheidsgemeenskap gevorm (vgl. 2.4.2.2.1). Vir sy opvoeding het die kind liefde nodig.

Die opvoederlike liefde wat in die gesin aanwesig is, behels die onvoorwaardelike aanvaarding van en verantwoordelikheid vir die kind deur horn te begelei tot volwassen- heid. Die liefde wat die kind beleef, laat horn geborge voel wat dus daarop dui dat die ouers 'n geborgenheidsruimte geskep het vir hulle kinders (Vaughan, 1971:20). Aangesien die gesin in vele opsigte 'n oefenskool vir die lewe is, veral gesien uit die oogpunt van karaktervorming van die kinders deur die ouers, en deur die kinders onderling op mekaar, bly die gesin onder alle omstandighede - ook in die moderne tye die opvoeder van die kinders (Van der Walt et al., 1977:225).

Die fundamenteelste grondslag van 'n Christelike opvoeding is die Christenouer wat die Here dien en self 'n Christus-gerigte voorbeeld stel. Enige samelewingsverband wat die liefdevolle saamwoon van die gesin versteur, ondergrawe die fundamenteelste grondstruktuur van 'n Christelike gemeenskap (Van der Walt et al., 1978:96). Die

vernaamste plig van die ouer bly dus steeds om sy kind te beinvloed deur horn te leer om in al sy doen en late God te eer en te verheerlik. Hier speel die sosio-ekonomiese omstandighede van die gesin ook 'n bepaalde rol in die opvoeding van die kind. 2.4.3 Die skool

2.4.3.1 Die aard en struktuur van die skool