• No results found

Moet kinders na die soort musiek luister? Wat is jou mening?

5 RESULTATE VAN DIE EMPIRIESE ONDERSOEK

HEDE RESPONDENT

5.5 KWALITATIEWE GEGEWENS VOLGENS RESPONSE VAN DIE KINDERS 1 Inleiding

5.5.2 Enkele fundamentele aspekte van die opvoedingsinvloede op die ondersoekgroep 1 Selfbeeld van die kind

5.5.2.5 Die invloed van musiek op die respondente 1 Inleiding

5.5.2.5.6 Moet kinders na die soort musiek luister? Wat is jou mening?

Met hierdie vraag is probeer om vas te stel of die puber op die een of ander manier bewus gemaak is van die invloed van die musiek op sy/haar lewe.

Die response van die kinders word woordeliks weergegee:

Al Nee, nie regtig nie; net so nou en dan omdat daar in die liedjies gevloek word.

A2 Kinders kan daarna luister, net nie te veel nie want dit kan slegte invloed op kinders he omdat hulle vuil taal gebruik.

A3 Het glad nie beswaar nie, al vloek hulle in die liedjies.

A4 Party kan 'n mens na luister maar nie almal nie omdat hulle lelike woorde gebruik in die liedjies.

A5 Ja en nee, omdat party titels lelike woorde in het. A6 Party is mooi en party is lelik.

Bl Weet nie.

B2 Nie noodwendig nie maar die meeste wel, want ander luister graag na rustiger musiek.

B3 Sal nie so se nie, maar gebalanseerd sal nie kwaad doen nie.

B4 Nee, kinders moet nie daarna luister nie want dit kan hulle negatief bei'nvloed.

B5 Daar kan daarna geluister word veral Techno; party van dit is lelik, daar word gevloek, lelik gepraat en gesing, byvoorbeeld oor seks. Dit is nie goed om daarna te luister nie.

B6 Na sekere liedjies kan geluister word, maar nie as lelike goed gesing word nie.

Cl Hang af van die Itedjie want deur party kan kinders satantsme aanleer. C2 Nie al die musiek nie, net dit wat skoon is.

C3 Ja, kan nie si eg doen nie.

C4 Party plate kan na geluister word maar nuwes wat uitgekom het, verkondig seks soos Short dick man.

C5 Kinders kan maar luister maar nie Heavy Metal waarop mense vloek nie want dit is nie goed vir kinders nie.

□ Afleiding

Die afleiding wat gemaak kan word uit die response is dat hulle wel deeglik bewus is van die invloed wat die musiek op hulle lewens kan uitoefen. Meer as 33% verwys na vuil taal wat gebesig word, en ander verwys na satanisme en seks. Die vier respondente wat meen dat daar gebalanseerd na geluister moet word is moontlik ook deeglik bewus van die invloed wat die musiek op hulle kan uitoefen.

5.5.2.5.7 Op sommige plate en CD's staan daar Parental advisory - explicit lyrics. Wat is die betekenis daarvan en word daar kennis van gedra?

Hierdie vraag is aan die respondente gestel om te probeer vasstel of hulle kennis dra van die beperking op die aankoop van sekere musiek en verder om te bepaal of die respondente wetend of onwetend blootgestel word aan die tipe musiek. Om dit te kan vasstel, word die kinders se response individueel weergegee.

Al Ek dra kennis daarvan en dit beteken dat ouers toestemming moet gee om na die musiek te luister.

A2 Nog nooit gesien of gehoor nie. A3 Weet nie daarvan nie.

A4 Weet nie daarvan nie.

A5 Nog nooit gesien nie maar ek dink dit beteken dat kinders nie daarna mag luister nie.

A6 Ek is nie heeltemal seker nie, dit is seker dat jou ma kan se of jy daarna kan luister.

Bl Weet nie.

B2 'n Kind mag nie daarna luister nie, slegs grootmense kan daarna luister omdat dit lelike woorde op het. 'n Kind mag nie die plate of CD koop nie maar as ek een wil he vra ek my ma om dit vir my te koop.

B3 Dit beteken dat die musiek net vir die grootmense gemaak is. B4 Jou ouers moet eers luister of jy daarna mag luister.

B5 Jou ouers moet jou toestemming gee om daarna te luister; my ouers sal nie maklik nie.

B6 Dit is nie eintlik vir kinders bedoel nie, meer vir grootmense. Ouers moet by wees as kinders daarna luister.

C2 Ek het nog nooit opgelet daarna nie.

C3 Net musiek met lelike taal op wat slegs deur mense ouer as 20 jaar gekoop mag word - ek vra soms my ma om dit vir my te koop. C4 Jou ouers moet kan se of jy dit kan luister - ek maak gebruik van

my ma om so 'n plaat te koop. C5 Ek is nie daarvan bewus nie. C6 Weet nie.

□ Afleiding

Dit is opvallend dat slegs een van die standerd 3-kinders (11-jariges) kennis dra van die beperking op die luister na die musiek. 'n Ander respondent was nie seker waaroor die beperking gaan nie en 'n derde persoon het geraai dat daar 'n beperking op is. Drie van die 11-jariges het geen kennis gedra van die beperking nie. Dat kinders in die ouderdomsgroep moontlik onwetend blootgestel kan word aan die tipe musiek is waarskynlik, tog kan die omgekeerde ook waar wees, naamlik dat hulle nie werklik daaraan blootgestel is soos ouer kinders nie.

Uit die groep van die 12-jariges het slegs een nie kennis gedra van die beperking nie. Vyf uit die ses respondente is bewus, of het op die een of ander wyse kennis gemaak met die beperking op die luister na musiek deur minderjarige kinders. 12-jariges skyn dus redelik goed ingelig te wees oor die tipe musiek. Daar is egter'n beperking op hulle geplaas deur die ouers, soos die respondente aandui.

Die helfte (drie respondente) dra geen kennis van die beperking nie. Die ander drie respondente dra wel kennis daarvan, maar twee van hulle het aangedui dat hulle van die CD's en musiek bekom deur middel van hulle ouers of 'n ouer persoon. Die gegewens van die 13- en 14-jariges dui daarop dat hulle wel blootgestel word aan die

invloed van die tipe musiek, soms met die goedkeuring van hulle ouers.